Inside Collection: Afrikaans Huistaal Graad 7
Hierdie boek het in 1932 verskyn. In die voorwoord vra die skrywer dat ons, die lesers, van ons daaglikse sorge vergeet en saam met hom in ons verbeelding die toekoms invlieg om by die kinders van die toekoms te gaan kuier en te sien hoe hulle die lewe op die aarde geniet. Die verhaal speel in 2034 af!
Om sewe-uur die volgende oggend loop die elektriese wekker met 'n geweldige geraas af. Elke vyf minute herhaal hy die wrede gerammel. Baie onwillig kruip Piet uit sy bed uit met 'n amper onweerstaanbare lus om die ellendige wekker uit die venster te smyt.
Op weg badkamer-toe kyk Piet op die weerberigplaat wat in die gang hang. Hierdie plaat vang die draadlose golwinge op wat vanuit Bouveteiland uitgesaai word. Die eiland is die Suid-Afrikaanse suidelike weerkundige pos vanwaar weervoorspellings en berigte na alle dele van Suid-Afrika en na skepe op see uitgesaai word. Die weerplaat in elke huis, kantoor, see- en lugskip is dus in direkte verbinding met die meteorologiese pos in die verre suidpoolstreke. Die boer, sakeman, reisiger en pieknieker kan dus vooruit planne maak.
"Dit gaan mooi weer wees," sê Piet binnensmonds en hardloop toe na Tom toe wat hy op die ou manier wakker maak. In sy slapende vriend se gesig gooi hy 'n glasvol kou water en toe nael hy die gang af na sy eie kamer toe. Maar Tom ja vlak agter hom aan met 'n groot kan water wat hy soos 'n besetene deur die lug swaai.
Na ontbyt stap die twee maters na die vliegloodse in die tuin. Elke loods is sowat die grootte van 'n motorhuis waarvan die deure outomaties oopskuiwe wanneer 'n vliegtuig daarvoor staan. Die vliegmasjien vou dan sy vlerke teen die lyf, loop die loods in, waarna die deure weer outomaties toeskuiwe.
Piet ontsluit die loodsdeure, klim in sy masjien, druk 'n knoppie en die tweesitplek-eendekker skuif langsaam na buite, en ontvou sy vlerke soos 'n jong adelaar wat klaar staan om weg te spring vir 'n vlug oor berg en dal.
"Sy lyk eersteklas, nè," sê Tom.
"Ja, nie 'n slegte duifie nie," antwoord Piet. "Klim in man, en laat ons opstryk, dis amper half-nege."
In 'n oogwink sit Tom naas sy vriend. Daar is effens 'n trilling, die skroef skeur deur die lug en die vliegmasjientjie skiet loodreg van die aarde die lugruim in. Tot sowat duisend voet bo die dennebome van Pinelands styg hulle. Vir 'n oomblikkie dartel die masjien daar in die sonskyn en skiet toe in aller yl Kaapstad-toe.
Uit: August van Oordt, Seuns van die wolke, Nasionale Pers, 1932.
Die lug is amper verduister deur honderde verskillende soorte lugvaartuie, afwisselend van reusagtige lugskepe wat wêrelddeel met wêrelddeel verbind, tot klein lugfietse bestuur deur skoolseuns wat tussen die verkeer heen dartel soos muggies tussen 'n swerm swaels, alleen in hierdie geval word die muggies nie ingesluk nie want die skoolseuns is te rats en kom amper nooit in botsing met hul groot lugmaters nie, - die seuns van hierdie eeu is mos gebore met vlerkies op die skouers en met draadloos in die ore!
Onder die gewemel in die lug is daar ook te vinde arbeiders en artieste; prokureurs en professore; winkeliers en finansiers; stadsklerke en gewone klerke; vrugteboere en veeboere; kleremakers en tiksters; staatsamptenare en dokwerkers; hoog en laag; wit en swart; ja, geheel Kaapland se kosmopolietiese bevolking is in die hemelblou bo en om ou Tafelberg se grys rotswande wat reeds deur die eeue heen die mag van stormwind en weer trotseer.
Dis nie alleen van Kaapstad se voorstede dat die mense gereeld werk-toe kom nie, maar ook vanuit Stellenbosch, Wellington, Malmesbury, Caledon, Worcester en omstreke, en selfs van Clanwilliam, Swellendam, Montagu, Laingsburg en van nog verder.
"Pasop, Piet!" skree Tom. Maar dis te laat. 'n Geweldige stamp met 'n skrapende klank laat die vliegmasjien bewe en tril van end tot end.
Wat beteken die volgende woorde?
Piet kyk oor sy skouer heen en sien 'n torpedo-vliegkar wat met sy neus vas teen die stert van Piet se masjien gedruk is. In die torpedokar sit 'n opgewonde en ontstelde ou heer wat om hom heen kyk asof hy vanuit 'n ander planeet neergestort is.
Hierdie torpedo-lugkarre is baie in gebruik omdat hulle so handig is. Die sakeman gebruik die torpedokar vir sy vlugte na en van kantoor. Hierdie kar, soos sy naam beduie, is gebou in die vorm van 'n groot torpedo en is voorsien van een of twee sitplekke; wiele om mee te land en ook vir gewone padgebruik; 'n kragtige, deur elektrisiteit gedrewe, skroef; sterk soekligte vooraan en 'n stuurrad soos die van die outydse motorkar, maar wat ook die skroef en roer kontroleer.
"Ekskuus, seuns!" skree die ou heer terwyl hy sy masjien so gou moontlik agteruit laat loop en sodoende van die vliegtuig losruk. "Ek is jammer, baie jammer, maar nou net gons die draadloos in my ore dat 'n sekere Nu-Yorkse firma, waarin ek aandele het, bankrot gegaan is. Van die skrik verloor ek beheer oor my masjien met die gevolg soos julle nou gesien en gevoel het.
"Stryk neer op my kantoor. Ek is meneer Sokkie, bestuurder van die 'Oorkurkvervaardigingsmaatskappy, Beperk,' Loopstraat, Kaapstad. My werktuigkundiges sal die deuk in jul masjien regmaak; die firma se naambord is vanuit die lug te sien. Tot weersiens."
"Goed, dankie meneer, tot weersiens," antwoord Piet.
"Dis die tweede keer binne die laaste maand," sê Piet, "dat die senuweeagtige ou swaap moeilikheid veroorsaak. Die vorige keer het hy een van die lugkonstabels amper tot die grond geboor. Hy was dié slag op pad huis-toe. Die heerlike vars lug trek hy tot diep in sy longe en hy dink aan die dae dertig jaar gelede toe hy en sy nooientjie daar bo in die wolke gaan vry het. Skielik, egter, uit die oneindige lugruim, sny die skel stem van sy vrou deur sy ore: 'Jan, moenie die pond wors vergeet nie.' Die arme ou vent ry toe reguit teen 'n lugkonstabel vas."
"Wat was die vonnis?" vra Tom.
"O, die magistraat het hom skuldig bevind en vir 'n tydperk van twee agtereenvolgende weke is sy vlieglisensie teruggetrek."
Hulle is nou vlak bo die sentrale deel van Kaapstad en in die middel van die geweldige stroom lugverkeer wat onophoudelik tussen die stad en die groot lugskipstasie bo-op Tafelberg vloei.
"Nee wat, ek dink nie dat dit nodig is om by ou Sokkie aan te gaan nie. Die masjien is nie so danig erg beskadig nie. Dis maar net tyd vermors. Laat ons liewers by die lugstasie aangaan.”
Uit: August van Oordt, Seuns van die Wolke, Nasionale Pers, 1932.
of
Piet maak toe - vlak bo Adderleystraat - 'n paar kringduike deur die reeks vliegtuie heen, en vlieg toe met sierlike draaie in die rigting van die hoogste punt van die Kloofhoekkant van Tafelberg, sny raaklings langs die laaste deel van die yslike rotwand bekend as die "Arrow Face"-klim, net onderkant die ou sweefspoorstasie wat lankal bankrot gegaan en in die lug in geblaas was, glip om die hoek en so na die boonste deel van Fonteinkloof. Daar sweef hy so 'n rukkie bo die westelike vlak van die berg en stryk toe neer voor die groot lugstasie geleë in die middel van die sentraalvlak van Tafelberg, ten ooste van die top van Platklipkloof. Die stasie is goed verskole en geheel onsigbaar van onder uit die stad. Ook is die stasiegebou artistiek en in harmonie met sy omgewing opgetrek.
Die drukte by die stasie is geweldig. Twee kolossale lugskepe het net aangekom: een van Nu-Seeland op weg na Santiago om vandaar verder na Nu-York, oor Nederlands- en Brits Guiana, te gaan; die ander een van Nu-Siberië, oor Persië op weg na die Suidpoolstreke - die mineraalryke Antartika. Die hele stasie is nou in rep en roer. Swaar belaaide elektriese krane dreun en kreun onder hul laste; outomatiese bagasie-verskuiwers is besig om trommels, koffers, sakke, kiste, alles en nogwat in 'n ry skeute te stoot. Hierdie skeute of tonnels, hoewel uit sig, lei nietemin tot in die hart van Kaapstad daar ver onder.
"Hallo, Lien-Tsieng. Waar gaan jy heen?" vra Piet aan 'n Chinese student wat hul op een van die groot landing-stellasies ontmoet.
"Peking-toe," antwoord die Chinees, "my lesings is môre klaar, maar ek gaan reeds met vandag se Suid-Afrikaanse lugpos China-toe."
"Dis jammer, Tsieng, want nou mis jy die groot wedren na die noorde."
"Dit maak nie saak nie. Ek sal my vanuit Peking of op reis per draadloos aansluit en dus alles sien. Totsiens kêrels, tot volgende jaar." En die jong Chinees stap op die leertjie en klim gou-gou in sy kajuit want die groot lugskip het reeds sy elektriese sirene geblaas sodat die hele stad - ja amper die hele Skiereiland - weet dat dit op die punt staan om te vertrek op sy lang reis halfpad die wêreld om.
is (par. 2)
(par. 2)
Merk die korrekte antwoord.
Waarvoor staan die afkorting SAL?
Hoe word die bagasie vanaf die lugstasie bo-op die berg vervoer tot in die middestad? (par. 2)
"Tom, het jy ooit besef hoeveel studente ons in ons Suid-Afrikaanse universiteite het wat uit amper alle oorde van die wêreld kom? Daar is Chinese, Japanese, Laplanders, Skandinawiërs, Finne, Amerikane, Hollanders, Engelse, Grieke en nog ander wat na Suid-Afrika toe kom om allerlei vakke te bestudeer, maar vernaamlik medisyne op Rondebosch en landbou op Stellenbosch."
"Ja, ek het," antwoord Tom. "In die noorde het ons, behalwe die nasies wat jy reeds genoem het, jongkêrels uit Australasië, Indië en die Suid-Amerikaanse republieke. En in my klas is daar selfs 'n vent uit die Suid-Shetland-eilande. Die meeste van hulle spesialiseer in mynwese op die Rand en in Bantoetale of in politieke filosofie op Pretoria."
"Komaan, Tom. Dis hier so 'n oorvermoordende geraas dat 'n man nie maklik oor ons universiteite kan filosofeer nie. Laat ons maar weer in ons ou duifie klim."
Onderwyl hy dit sê, stap die twee vriende na die plein buite die stasie waar hul vliegmasjien tussen 'n menigte ander lugvaartuie staan.
In 'n oogwink is die masjien bo die groot wolk van die suidoostewind wat, soos reeds deur die eeue heen, as 'n ontsaglike, skuimende waterval oor Tafelberg se kruin stort en deur die strate van Kaapstad bulder.
Dis asof die ou suidoostewind, soos hy deur die draadwerk van die vliegtuig suis en fluit, met 'n uitdagende stem die mensdom toeroep:
"Kom, eeu der wetenskap! Komaan, manne van vernuf, van kennis, van snelheid; manne van onvermoeide navorsing en uitvinding! Julle wat die aarde en die watere en die hemele oorrompel. Kom, doen wat julle kan - my sal julle nooit oorwin nie. Vry en ongestoord sal ek my sneeuwit mantel oor Tafelberg sprei en die prag-kranse en rotswande van hierdie monument Gods, - wat reeds deur ontelbare eeue heen, wind en weer trotseer - uit alle krag en met liefde bewaak, vir ewig en vir altyd."
|
oorverdowende lawaai |
|
tussen baie ander |
|
van heinde en verre |
|
binne ‘n ommesientjie |
|
eeu van die wetenskap |
|
die mense aanspreek |
”Kom, eeu van die wetenskap!
| LU 2 |
| PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder : |
| 2.1 idees en gevoelens op ‘n ekspressiewe manier met selfvertroue en met redelike ondersteuning oordra deur geselekteerde mondelinge tekssoorte te gebruik (soos verhale, grappies, dramas); |
| 2.4 basiese interaksievaardighede toon deur aktief aan groepbesprekings, gesprekke, onderhoude en debatte deel te neem: |
| 2.4.3 gee erkenning aan ander se menings. |
| LU 3 |
| LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder : |
| 3.1 ‘n verskeidenheid tekssoorte dikwels spontaan vir genot en inligting lees, persoonlike reaksies beskryf en die soort tekste wat hy/sy geniet, bespreek. |
| 3.2 vir verskillende doeleindes hardop en stil lees deur gepaste leesstrategieë te gebruik (soos vluglees, soeklees, stiplees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleiding); |
| LU 4 |
| SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder : |
| 4.1 verskeie verbeeldingstekste skryf: |
| 4.1.1 gee uitdrukking aan verbeelding, idees en gevoelens oor die self en ander; |
| 4.1.2 verken die kreatiewe en speelse gebruik van taal en die skryf van verhalende en beskrywende opstelle, dagboekinskrywings, vriendskaplike briewe, gedigte, strokiesverhale, limerieke en liedjies. |
| 4.2 verskeie feitelike skriftelike en multimodale tekste (tekste met druk en beelde) vir verskeie doeleindes skep deur, waar gepas, visuele beelde en ontwerpe in ooggetuieverslae, plakkate, advertensies, boekresensies, resepte, en instruksies vir speletjies te gebruik. |
| LU 5 |
| DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder : |
| 5.1 taal gebruik vir dink en redeneer: |
| 5.1.1 lei betekenis af verduidelik die skrywer se bedoeling deur geskrewe, visuele en mondelinge tekste oor die kurrikulum heen te interpreteer. |
| 5.1.2 verduidelik oorsaak en gevolg; |
| 5.1.4 ontwikkel en gee uitdrukking aan ‘n duidelike eie mening; |
| 5.3 inligting verwerk: |
| 5.3.4 besin krities deur idees te deel en te vergelyk. |
In hierdie leereenheid word Seuns van die wolke deur August van Oordt as grondteks gebruik. Hierdie boek het amper tien jaar na Loeloeraai verskyn. Die verhaal het ‘n opvallende stadsgevoel teenoor Loeloeraai se landelike tekstuur.
Lees die uittreksel saam met die leerders. Wys op die verouderde taalgebruik en die spelling van woorde. Laat die leerders gesels oor hoe hulle dag begin in teenstelling met Piet en Tom s’n.
Opdrag 1
Vra die volgende vrae:
pendel: gereeld van jou woonplek na jou werkplek toe ry
pendelaar: ‘n persoon wat gereeld van sy woonplek na sy werkplek toe ry
pendeltuig: ‘n ruimtetuig wat ontwerp is om van die aarde na die ruimte en terug te beweeg
Opdrag 2
Skriftelike opdrag
Opdrag 3
Laat die groepe ‘n woordeboek raadpleeg indien nodig. Laat hulle, waar moontlik, van hul ervarings op ‘n lughawe vertel wat by die teks aansluit.
Opdrag 4
Die kerngedagte van hierdie opdrag is om die leerders te laat dink. Hoeveel hulle reg het, is nie noodwendig van belang nie. Lei die leerders in hierdie aktiwiteit.