Dopper Joris en Sy Seiltjie
Onder ‘n boompie by die watersloot
Sit Spekie met haar Joris en vry:
Hy praat van koperledekante
En ‘n skimmelhings wat sy sal ry.
Hy sê dat sy oorlede paatjie
Hom duisend hamels en ‘n ram
-‘n opregte Franse ram – gegee het,
En ‘n woonhuis by die middeldam.
‘n Wa en span met soetveld-osse
‘n Spikkelspan. En hulle trek tog, reg!
En hul bulk, ja, nes die ware duiwel,
Nes die wind trek hulle van die staanplek weg!
En twee sterk koperhoepel-emmers
Het oorlede paatjie ook gegee,
En ‘n ring wat maatjie opgetel het
Toe paatjie siek was by die see.
En ‘n borsspeld vol met rooi klippies,
En ‘n perdesweep met ‘n koperknop,
En ‘n teepot met drie silwer voetjies,
En die deksel het ‘n duif daarop.
En ‘n klok en dertien riempiestoele,
‘n Bulsak en ‘n ledekant,
Twee ingelegde geelhouttafels,
En ‘n prentjie met die plae van Egipteland.
En ook nog ‘n spul met romlary,
‘n Kar op vere en ‘n fariseen,
En ‘n Bybel wat maatjie eens gekoop het
Van die smous Aaron Oepl Behn.
Maar, tog makeer ek nog een ding;
Dit maak my, Spekie, siek van smart:
My wa is sonder buiteseiltjie!
Wil jy my seiltjie wees, my hart?
Pulvermacher (Adam de Smidt)Uit: Het Volksblad, 1873
Joris en Spekie is nooi en kêrel. Dit is Sondagmiddag en Joris het by haar gaan kuier. Hulle sit langs die watersloot onder ‘n boom en gesels.
Joris wil dolgraag met Spekie trou, maar hy weet nie hoe om vir haar te vra nie want hy het nie die selfvertroue van ‘n stadsjapie nie.
Maar Joris is nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie. Hy dink as hy haar kan beїndruk met al die besittings wat hy van sy pa geërf het, dat sy met hom sal trou, want hy is mos ‘n ryk man!
Ewe beskeie begin hy al sy besittings opnoem, maar hoe meer goed hy opnoem, hoe meer kry sy opgewondenheid die oorhand oor hom, en babbel hy voort.
Dan, in die slotstrofe kom die verrassing: Joris vra vir Spekie om met hom te trou!
Lees die gedig aandagtig deur en beantwoord die volgende vrae:
Groepeer die besittings onder die volgende hofies:
Diere
Voertuie
Huishoudelike items
Losgoed
Geboue
In die inskrywing hieronder in die verklarende woordeboek kom daar vyf idiome voor. Skryf eers die idioom neer, en dan die betekenis daarvan.
speek, (s), speke. Hout- of ysterstut, styl of verbinding tussen naaf en veiling; daar is ‘n ~ LOS, daar is iets verkeerd, nie in die haak nie; die ONDERSTE ~ kom ook bo, elke mens kry sy kans; die armste kan ook ryk word; iem. met ‘n OU ~ doodslaan, gesê as uiting van minagting en ergernis; jou speke ROER, jou haas, gou maak; ‘n ~ in die WIEL steek, teëwerk, dwarsboom.
speek, (w), ge-, Van speke voorsien, speke insit.
speek’been, …bene. Buitenste been van die arm.
speek’beenslagaar, .. are. Voorarmbeenslagaar.
speek’beentjies. 1. Lang, maer beentjies. 2. Persoon met lang, maer bene.
Hoekom is die vroulike karakter in die gedig se naam Spekie?
Kom ons hou konsert. Almal gaan ‘n beurt kry.
Die klas verdeel in groepe van drie en elke groep kry geleentheid om die gedig voor te dra.
Leerder 1 is die verteller.
Leerder 2 is Joris.
Leerder 3 is Spekie.
‘n Prys vir die groep wat die dawerendste applous ontvang!
Dopper Joris en Sy Seiltjie
Verteller: Onder ‘n boompie by die watersloot
Sit Spekie met haar Joris en vry:
Hy praat van koperledekante
En ‘n skimmelhings wat sy sal ry.
Spekie: Hy sê dat sy oorlede paatjie
Hom duisend hamels en ‘n ram
‘n opregte Franse ram – gegee het,
En ‘n woonhuis by die middeldam.
‘n Wa en span met soetveld-osse
‘n Spikkelspan.
Joris: En hulle trek tog, reg!
En hul bulk, ja, nes die ware duiwel,
Nes die wind trek hulle van die staanplek weg!
En twee sterk koperhoepel-emmers
Het oorlede paatjie ook gegee,
En ‘n ring wat maatjie opgetel het
Toe paatjie siek was by die see.
Spekie: En ‘n borsspeld vol met rooi klippies,
Joris: En ‘n perdesweep met ‘n koperknop,
Spekie: En ‘n teepot met drie silwer voetjies,
En die deksel het ‘n duif daarop.
Joris: En ‘n klok en dertien riempiestoele,
‘n Bulsak en ‘n ledekant,
Spekie: Twee ingelegde geelhouttafels,
En ‘n prentjie met die plae van Egipteland.
Verteller: En ook nog ‘n spul met romlary,
‘n Kar op vere en ‘n fariseen,
En ‘n Bybel wat maatjie eens gekoop het
Van die smous Aaron Oepl Behn.
Joris: Maar, tog makeer ek nog een ding;
Dit maak my, Spekie, siek van smart:
My wa is sonder buiteseiltjie!
Wil jy my seiltjie wees, my hart?
Teen hierdie tyd is almal vertroud met die inhoud van die gedig.
Hier volg ‘n paar opdragte. Kies een en voer dit uit.
Jy is òf Joris òf Spekie.
Dopper Joris is ‘n tipiese voorbeeld van ‘n volksgedig.
Wat is ‘n Volksgedig?
Uit: Gids by D.J. Opperman se Senior Verseboek, T.T. Cloete, Tafelberg 1981
Wanneer ons die gedig lees, lyk dit of die digter oor die vryer of vir of namens die vryer praat, want hy praat in die derdepersoonsvorm, maar die toonaard of spreekstem is dié van die vryer self.
Wat sou jy sê is die hoofdoel van ‘n volksgedig?
![]() |
Skryf ‘n paragraaf oor die toonaard of spreekstem van hierdie gedig.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 2 |
| PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder : |
| 2.5 mondelinge aanbiedings op ‘n kreatiewe wyse doen: |
| LU 3 |
| LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder : |
| 3.2 vir verskillende doeleindes hardop en stil lees deur gepaste leesstrategieë te gebruik (soos vluglees, soeklees, stiplees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleiding); |
| 3.9 die sosiale, kulturele, omgewings- en etiese kwessies in tekste (soos duidelik in aspekte soos inhoud, taal, kunswerk, karakterisering blyk), identifiseer en bespreek. |
| LU 4 |
| SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder : |
| 4.1 verskeie verbeeldingstekste skryf: |
| 4.1.1 gee uitdrukking aan verbeelding, idees en gevoelens oor die self en ander; |
| 4.1.2 verken die kreatiewe en speelse gebruik van taal en die skryf van verhalende en beskrywende opstelle, dagboekinskrywings, vriendskaplike briewe, gedigte, strokiesverhale, limerieke en liedjies. |
| 4.3 basiese vaardighede in spesifieke skryftegnieke gepas vir ‘n tekssoort toon |
| 4.3.3 gebruik ruimte en rym in gedigte; |
| 4.3.4 toon volgorde in prosedures. |
| LU 5 |
| DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder : |
| 5.1 taal gebruik vir dink en redeneer: |
| 5.1.3 oorweeg twee moontlikhede en besluit watter een die beste keuse is; |
| 5.4 kreatief dink: |
| 5.4.1 visualiseer, voorspel, fantaseer en empatiseer om betekenis te skep en probleme op te los. |
| LU 6 |
| TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 6.2 met sinne werk: |
| 6.2.1 identifiseer en gebruik die volgende in konteks; |
| 6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel: |
| 6.4.3 gebruik idiomatiese uitdrukkings en taalidioom gepas; |
Opdrag 1
(i) Onder ‘n boompie by die watersloot.
1. Duisend hamels
Voertuie
Huishoudelike items
Losgoed
Geboue
Opdrag 2
(a) (i) Die onderste speek kom ook bo.
(ii) Elke mens kry sy kans, of, die armste kan ook ryk word.
(b) (i) Iemand met ‘n ou speek doodslaan.
(ii) ‘n Uiting van minagting en ergenis.
(c) (i) Jou speke roer.
(ii) Jou haas, gou maak.
(d) (i) ‘n Speek in die wiel.
(ii) teëwerk, dwarsboom
(e) (i) Daar is ‘n speek los.
(ii) Daar is iets verkeerd.
Opdrag 3
Om ‘n mondelinge voordrag te lewer
Opdrag 5
‘n Volksgedig is ‘n eenvoudige, populêre gedig wat deur gewone mense geniet kan word. Dit moet ‘n liefde vir die taal en die letterkunde onder die mense (volk) aanmoedig.
UITDAGING!
Toonaard het betrekking op hoe iets of iemand klink. Die spreekstem is die verteller, of die persoon wat praat. In die gedig is die hoofkarakter, Joris, in gesprek met Spekie. Hy is baie opgewonde. Hy is, trouens, in ekstase as hy al die goed opnoem. Hy is ook taamlik onbeholpe as hy sy liefdesverklaring doen.Onthou, hy is ‘n plat boer wat sy meisie wil beïndruk met sy besittings.