Inside Collection: Afrikaans Huistaal Graad 7
Meneer Kok En Die Krugermiljoene
Dit is Vrydagmiddag en die laaste periode van die dag. Buite is dit bloedig warm en meneer Kok kan sien dat die klomp voor hom met moeite konsentreer op die les waarmee hy besig is oor die laaste dae van die Tweede Vryheidsoorlog.
Hy bly ‘n oomblik stil, dan vra hy: ”Wie van julle het al gehoor van die Krugermiljoene?”
Nie ‘n dooie siel reageer nie. Dan probeer hy weer: “Ek het die afgelope vakansie by my broer op sy plaas naby Pelgrimsrus gekuier, en ons het op ‘n deel van die Krugermiljoene afgekom wat op die plaas begrawe is. Nou het ek tien miljoen rand se goud in die bank.”
Die klomp staar hom ongelowig aan. “Ag, Meneer jok sommer,” sê een van die seuns. “My oupa het gesê dat die president al die goud van die Transvaal vir die koningin van Holland gegee het.”
“Ja, Jaco, dit is maar een van die teorieë oor wat van die goud geword het.” Meneer Kok is verheug dat hy uiteindelik ‘n reaksie uit een van die leerders gekry het.
“Volgens die geskiedenismense het die president . . . terloops, wie was hy nou weer?”
“Paul Kruger, Meneer,” antwoord ‘n paar stemme tegelyk.
“Dis reg, maar wat was sy volle name?”
“Stephanus Johannes Paulus Kruger,” antwoord een van die dogters.
“Mooi!” sê mnr. Kok. “Wat val ‘n mens op van die name?”
Doodse stilte.
“Toe, dink ‘n bietjie,” por mnr. Kok. “Wat sê jy, Petrus Johannes de Wet?” Hy kyk na Peet de Wet wat heel agter in die klas sit. “Jy behoort te weet.”
“Dit is almal name uit die Bybel. Hulle was dissipels van Jesus,” reageer Peet versigtig.
“Mooi,” sê mnr. Kok. “Die boeremense was baie godsdienstig. Hulle het graag vir hul kinders Bybelname gegee.”
“Maar wag, ons dwaal af. Waar was ons nou weer? O ja, volgens oorlewering het Paul Kruger, die laaste president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, opdrag gegee dat die goud uit die Staatsmunt verwyder word voordat Pretoria deur die Britte beset sou word.
“Toe Lord Roberts, die bevelvoerder van die Britse magte, op 5 Junie 1900 Pretoria binnery, het hy slegs onverwerkte goud ter waarde van R230 000,00 in die Staatsmunt aangetref, en dit terwyl die totale goudproduksie van die Witwatersrand tussen 1884 en 1900 in vandag se geldwaarde R6 miljoen beloop het.
“Volgens die amptelike rekords het die ZAR in 1900 nie alleen 947 000 goue Krugerponde, maar ook ‘n groot hoeveelheid 1898-silwermuntstukke geslaan, maar slegs enkele van die 1900-ponde en nie ‘n enkele 1898-silwermunt bestaan meer vandag nie. Die afleiding kan dus gemaak word dat ‘n geweldige hoeveelheid van die betrokke munte net eenvoudig verdwyn het. Daar word geglo dat die vermiste munte maar slegs ‘n gedeelte van die Krugermiljoene uitmaak.”
Mnr. Kok is verlig om te sien dat almal in die klas nou die ene ore is. “Jou oupa is waarskynlik reg, Jaco,” gaan meneer Kok voort. “Sommige historici glo dat die president die goud saam met hom Holland toe geneem het. Toe dit duidelik word dat die ZAR nie die oorlog teen Engeland sou wen nie, is daar besluit dat Paul Kruger as banneling na Europa moes gaan. Koningin Wilhelmina van die Nederlande het ‘n skip, die Gelderland, gestuur om hom na Europa te bring.
"Die president het geweet dat hy niemand kon vertrou nie, selfs nie die persone wat die naaste aan hom was nie, gevolglik kon hy dit nie waag om vir sy vertrouelinge te vra om die goud êrens te begrawe nie. Hy self was te oud en swak om dit self te doen. Bowendien was dit te gevaarlik.
"Daar word gesê dat die president die goud saam met hom Holland toe geneem het sodat dit eendag aangewend kon word om sy land weer op te bou.
"Teen middernag is die goud uit die Staatsmunt verwyder met ‘n wa wat deur twee muile getrek is. Die vragte goud is op ‘n trein gelaai wat teen dagbreek uit Pretoria vertrek het. Die president het die trein op Middelburg ingewag.
"In die daaropvolgende maande is daar van die goud uitbetaal aan persone aan wie die staat geld geskuld het.
“Blykbaar is ‘n deel van die goud direk na die buiteland gestuur etlike maande voordat die president die ZAR verlaat het. In Julie 1900 het die stoomskip, die Bundersrath, dertig kiste onverwerkte goud vanaf Lourenço Marques na Hamburg in Duitsland vervoer. Hofrekords oor wat van die goud geword het, is tydens die Tweede Wêreldoorlog vernietig.
"‘n Verdere honderd kiste is blykbaar twee maande later ook deur ‘n Duitse skip na Duitsland geneem. Daar bestaan ook geen rekords daarvan nie.
"Kort voordat Kruger Nelspruit verlaat het op pad na Lourenço Marques, het hy twee wavragte met goudstawe na Spitzkop, ‘n uitgediende mynkamp in die Transvaalse Drakensberge tussen Belfast en Pelgrimsrus gestuur. Êrens tussen daardie berge en valleie, so word daar beweer, is die Krugermiljoene begrawe.
“’n Paar dae later het generaal Lucas Meyer na Swaziland vertrek. Uiteindelik het hy ‘n plek tussen Swart Pelosse en Witte Pelosse bereik waar hy by ‘n klompie muilwaens met bruin drywers aangesluit het. Op die waens was klein houtkiste bedek met seile. Daar was geen twyfel dat die kiste goudstawe bevat het nie. Nadat Meyer ‘n plek aangewys het waar die goud begrawe moes word, het hy na Nelspruit teruggekeer waar hy by die president aangesluit het. ‘n Paar dae later het Kruger die grens tussen Transvaal en Mosambiek oorgesteek op pad na Lourenço Marques.
“Teen daardie tyd was daar net ‘n paar kiste met muntstukke nog in besit van die Boeremagte by Lydenburg. Die laaste oorblywende goud het geleidelik minder geword namate die Boere te veld kom aanspraak maak het op hul vergoeding. Uiteindelik het daar niks van die goud oorgebly nie en is die legende van die fabelagtige goudskat gebore.
“Baie mense is nog steeds daarvan oortuig dat daar êrens tussen die bergtoppe en valleie van Mpumalanga, daar waar my broer se plaas is, ‘n ontsaglike skat wag om ontdek te word,” sluit meneer Kok sy verhaal oor die Krugermiljoene af. Net toe lui die klok, maar niemand roer nie. Almal kyk hom ongelowig aan. Met ‘n ondeunde vonkel in sy oë, sê hy: ”So, as ek een van die dae met my nuwe Merc by die skool aankom, wat gaan julle dink? Dag, klas, geniet julle naweek. Moenie te hard soek nie, hoor.”
Beantwoord die volgende vrae aan die hand van die leesstuk.
Skryf elkeen van die onderstaande woorde langs sy betekenis neer:
| Skatkis, | skatkamer, | skatryk, | oorskat, | onderskat, | skattig, | skattebol, | |||||||
| skatlam, | skattie, | skat, | skatlik, | skattig, | onskatbaar, | skatbaar, | skatter. | ||||||
_______________of ______________ .
en ______________
Veronderstel jy ontdek ‘n deel van die Krugermiljoene wat êrens begrawe lê. Maak ‘n lys van die dinge wat jy daarmee sal doen.
‘n Biografie is ‘n lewensbeskrywing van ‘n persoon, gewoonlik deur ‘n ander persoon gedoen. Daarteenoor kry ‘n mens ook ‘n outobiografie wat deur die persoon self oor homself geskryf is. Met ander woorde, hy vertel sy eie lewensverhaal.
‘n Biografie handel oor ‘n persoon se lewe. Gewoonlik is dit ‘n beroemde persoon soos ’n politikus, filmster, popster, sakeman of sportster. ‘n Biografie kan tydens ‘n persoon se lewe geskryf word, of nadat hy reeds dood is.
Hier volg ‘n paar biografiese besonderhede oor Paul Kruger:
![]() |
Volle name: Stephanus Johannes Paulus Kruger
Geboortedatum: 10 Oktober 1825
Geboorteplek: Op die plaas Bulhoek in die distrik Steynsburg
Hoogtepunte in sy lewe:
As jong seun vertrek hy saam met sy ouers op die Groot Trek. Hy het feitlik geen skoolopleiding gehad nie.
Hy was ‘n onverskrokke jagter en baie sterk en fors gebou.
Op 25-jarige leeftyd word hy as veldkornet gekies.
In 1857 was hy een van die opstellers van die grondwet van die Zuid-Afrikaansche Republiek.
1874 word hy lid van die Uitvoerende Raad van die Republiek.
Op 9 Mei 1883 word hy as die derde staatspresident van die Republiek in Pretoria ingesweer. Hy beklee die pos vir 19 jaar.
Toe goud aan die Witwatersrand ontdek is, het duisende vreemdelinge en fortuinsoekers na Johannesburg gestroom, en vir hierdie mense is baie gou stemreg geëis deur die Britse regering. Tydens die onderhandelings tussen Engeland en die ZAR het dit egter duidelik geword dat die Britte veral planne gehad het om die Transvaal sy onafhanklikheid te ontneem omdat hulle agter die goud van die Witwatersrand was.
Na vele onderhandelinge tussen Kruger en Milner van Brittanje, is daar uiteindelik oorlog teen Brittanje verklaar op 11 Oktober 1898.
In 1900 vertrek hy na Europa om hulp te kry teen die Britse magte.
Op 14 Julie 1904 sterf hy in Clarens, Switserland. Sy lyk word na Suid-Afrika gebring en op 16 Desember 1904 plegtig in Pretoria ter aarde bestel.
Binne die bestek van ongeveer 250 woorde het almal nou ‘n baie goeie beeld oor hoe Paul Kruger se lewe van 75 jaar verloop het. Julle het kennis geneem van die hoogtepunte en die laagtepunte in sy lewe.
Al is julle nog nie so oud soos wat Paul Kruger geword het nie, het julle al baie opwinding beleef en dinge ervaar wat julle altyd sal onthou.
Skryf nou elkeen jul eie lewensbesonderhede neer wat julle as belangrik geskou, byvoorbeeld al die belangrike datums in jul lewens, sport- en akademiese prestasies, ens. of gewoon net dinge wat julle baie goed onthou omdat dit lekker was.
Lees die leesstuk Mnr Kok en die Krugermiljoene weer aandagtig deur en voer die volgende opdrag uit deur ‘n kruisie oor die korrekte syfer te trek.
Wat beteken bloedig soos dit in paragraaf 1 gebruik word?
Waarna verwys die dooie siele in paragraaf 3?
“Hulle staar hom ongelowig aan” (paragraaf 4) beteken:
Om verheug te wees (paragraaf 5) beteken:
Wat is geskiedenismense (paragraaf 6)?
Waarna verwys die woord “mooi” in paragraaf 10?
As jy iemand aanpor (paragraaf 12), dan doen jy die volgende:
Hoekom noem mnr. Kok vir Peet de Wet op sy volle name (paragraaf 12)?
Persone die naaste aan jou (paragraaf 18) staan bekend as:
Wat is ‘n legende (paragraaf 25)?
| LU 3 |
| LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder : |
| 3.2 vir verskillende doeleindes hardop en stil lees deur gepaste leesstrategieë te gebruik (soos vluglees, soeklees, stiplees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleiding); |
| 3.9 die sosiale, kulturele, omgewings- en etiese kwessies in tekste (soos duidelik in aspekte soos inhoud, taal, kunswerk, karakterisering blyk), identifiseer en bespreek. |
| LU 4 |
| SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
SKATTE VAN ALLE SOORTE
Opdrag 1
(i) Paul Kruger
Opdrag 2
(i) onskatbaar
Opdrag 3
Om verbeeldingryk en kreatief te skryf
Opdrag 5