Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Afrikaans Huistaal Graad 7 » Die skrywer Alphonse Daudet

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseLang display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 
Die skrywer Alphonse Daudet

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 7

Module 16

Die skrywer Alphonse Daudet

Alphonse Daudet (1840 – 1892) was een van Frankryk se bekendste skrywers.

Hy is in Provence op die Franse platteland gebore waar hy sy kinderjare deurgebring het. In hierdie tyd het hy ‘n lewenslange liefde vir die mense van hierdie streek ontwikkel.

Op 16-jarige leeftyd moes hy skool verlaat vanweë huislike omstandighede. Hy het na Parys vertrek waar hy by sy broer, ‘n joernalis, gaan bly het.

Kort na sy aankoms het hy begin om vir homself naam te maak as skrywer van gedigte, romans en toneelstukke.

Vanweë sy swak gesondheid a.g.v. die ontberings wat hy moes verduur gedurende die eerste twee jaar van sy verblyf in Parys, het hy dikwels na die Franse platteland gereis om te gaan rus en aan te sterk. Tydens hierdie periodes het hy stof versamel vir die kortverhale, of te wel briewe, wat in 1869 sou verskyn in sy bundel, Poskaarte uit my meul.

Die Muil van Avignon is een van die kortverhale wat in Poskaarte uit my meul opgeneem is.

Sy skryfwerk is veral gekenmerk deur deernis en empatie waarmee hy die karakters in sy verhale uitgebeeld het, en ook sy beskrywing van die andersheid van die mense, plekke en dinge in die verhale.

Trouens, hy is daarvan beskuldig dat hy alles en almal verromantiseer het in sy skryfwerk.

Opdrag 1:

Om die skrywer se woordgebruik te verduidelik

[LU 3.1.1]

Alponse Daudet se skryfwerk is gekenmerk deur deernis en empatie. Hy is ook daarvan beskuldig dat hy alles en almal verromantiseer het in sy skryfwerk.

Gebruik ‘n verklarende woordeboek om hierdie woorde te verduidelik:

  • deernis
    1. (i) empatie
    2. (ii) romantiseer
  • Skryf ook die betekenis neer van die volgende:
    1. (i) karakteriseer
    2. (ii) prosa
    3. (iii) poëties

hoofstuk 2

‘n Goeie voorbeeld hiervan was die merkwaardige verhaal van Tistet Vedene. Vroeg reeds was Tistet Vedene ‘n regte klein niksnuts. Sy vader, die goudsmid, het hom weggejaag omdat hy te lui was om te werk. Boonop het hy die ander leerjongens gedurig in die moeilikheid laat beland. Ses maande lank het hy in die strate van Avignon rondgedwaal, veral naby die pous se paleis. Die klein vabond het lank reeds planne beraam om die pous se muil te gebruik tot sy voordeel.

Op ‘n dag toe die pous alleen gaan ry het op sy muil, het hy die karnallie raakgeloop. Die knaap het vol bewondering uitgeroep: “Heilige Vader, wat ‘n pragtige muil!” Hy het die muil gestreel en gesê: “Selfs die keiser van Duitsland se muil is nie mooier nie!” Hy het liefderyk in die muil se oor gefluister: “My juweel, my skat, my kosbare pêrel!” Die pous was diep ontroer. Hy het by homself gedink: “Wat ‘n oulike seun! Kyk hoe gaaf is hy teenoor my muil!” En raai wat gebeur die volgende dag? Tistet het sy ou, geel baadjie verruil vir ‘n koorhemp met ‘n kantkraag en ‘n pers mantel. Hy het een van die pous se koorknape geword. Dit was ‘n voorreg wat slegs bedoel was vir seuns uit die adelstand. Sy gekonkel het vrugte afgewerp, maar dit was maar net die begin.

Toe hy eers in die pous se diens was, het hy voortgegaan om sy speletjie te speel. Hy was astrant teenoor almal behalwe die pous se muil. Teenoor haar was hy baie sorgsaam. Hy het gedurig vir haar hawer en lusern aangedra, en dan het hy seker gemaak dat die pous hom sien. So het dit dan gebeur dat die pous besluit het om die versorging van die muil aan Tistet op te dra. Hy het hom toegelaat om die bak kruiewyn elke aand vir die muil te neem. Hieroor was die kardinale baie suur.

Maar dit het die arme muil duur te staan gekom. Net voor dit tyd was vir die wyn, het Tistet se koorvriende ook hul opwagting gemaak. Met hul koorhemde en mantels het hulle in die hooi kom baljaar. Dan, as Tistet opdaag met die wyn, het die marteling van die arme dier eers begin.

Die gegeurde wyn waarvoor die muil so lief was, het die nare Tistet tot by haar neus gebring om te ruik. Maar oomblikke later het die koorknape dit opgedrink. Dan het hulle soos duiweltjies geword. Die een het haar ore getrek en ‘n ander een het haar stert getrek. Hulle het wydsbeen op haar rug gespring, en hul pette oor haar oë getrek.

Maar sy was nie verniet die pous se muil nie. Sy het kalm gebly al wou sy so graag een van hulle ‘n skop gee. Elke keer as Tistet agter haar staan, kon sy voel hoe haar hoewe begin jeuk. Sy wou veral vir hom een harde skop gee omdat hy sulke nare poetse op haar gebak het.

Eendag het hy haar in die kloktoring van die paleis opgeneem tot heel bo. Die arme muil het byna gesterf van vrees. Sy moes ‘n uur lank om en om die trappe klim. Toe sy eindelik bo kom, het Avignon ver, ver onder haar gelê. Die mense was so groot soos miere. Die arme muil het so hard begin balk dat elke ruit van die paleis begin bewe het.

Die pous het na buite gehardloop: “Wat makeer? Wat doen hulle aan my arme muil?

Tistet was in die binnehof. Hy het gemaak asof hy huil.

“Vader, dit is vreeslik! Dis is u muil wat in die kloktoring opgeklim het!”

“Wat! Op haar eie?” het die pous verskrik gevra.

“Ja, Vader,” antwoord Tistet. “Op haar eie!”

“Grote genade!” roep die pous. “Het sy dan mal geword? Kom dadelik af, jou lawwe dier!”

Maar die vraag was “Hoe?”. Trappe op was maklik, maar trappe af sou sy net haar bene breek. Terwyl sy verskrik in die toring gewag het, het sy gedink: “Wag maar, Tistet. As ek hier afkom, gaan jy die skop van jou lewe kry.”

Met ‘n katrol, toue en ‘n draagbaar het hulle die muil laat afsak grond toe. Dit was nie vir haar lekker om in die lug rond te swaai voor al die mense nie. Almal het vir haar gelag.

Daardie nag het sy nie ‘n oog toegemaak nie. Sy het net gedink aan Tistet Vedene en die skop wat sy vir hom die volgende dag sou gee.

Dit sou ‘n magtige skop wees.

(word vervolg)

Opdrag 2:

Om basiese vaardighede in spesifieke skryftegnieke te toon

[LU 4.3]

Dwarsdeur die verhaal was daar altyd jolyt, pret en plesierigheid. Maar daar het ‘n wending ingetree. Iets treurigs het gebeur. Wat was dit

In hierdie aflewering bereik die verhaal sy hoogtepunt of klimaks.

Wat is die hoogtepunt van die verhaal?

Opdrag 3:

Om in ‘n groep aan ‘n bespreking deel te neem

[LU 2.4]

Vorm groepe. Lees die hoofstuk baie noukeurig. Elkeen in die groep kry ‘n beurt om ‘n paragraaf hardop voor te lees.

Bespreek nou die volgende vrae:

  1. Hoe het Tistet Vedene daarin geslaag om in die pous se goeie boekies te kom?
  2. Hoe het hy teenoor die muil opgetree?
  3. Hoe het sy gedrag verander teenoor die muil wanneer sy maats kom speel het?
  4. Beskryf eerstens die muil se gevoelens wat sy ervaar het toe Tistet Vedene haar tot bo-op die toring geneem het. Bespreek dan hoe sy gevoel het toe die mense haar moes terugbring aarde toe.
  5. Soek woorde in die uittreksel wat vir ons meer vertel van Tistet Vedene.

Onthou die reëls van groepwerk is die volgende:

  1. Neem beurte om te praat. Almal kan nie gelyk praat nie.
  2. Bly by die onderwerp.
  3. Vra vrae wat betrekking het op die onderwerp van bespreking.
  4. Luister na ander se idees en reageer met hoflikheid en respek daarop.
  5. Verskaf gebalanseerde en opbouende terugvoer aan die res van die klas.

Opdrag 4:

Om vrae te beantwoord na aanleiding van die teks wat gelees is

[LU 3.1]

Trek ‘n kruisie in die gepaste blokkie na elke stelling:

Table 1
  JA NEE
Tistet Vedene was ‘n boelie.    
Die pous het hom laat bluf deur Tistet.    
Tistet se gekonkel het vrugte afgewerp.    
Tistet was net astrant teenoor die muil.    
Hy was traag om die muil kos te gee.    
Die pous alleen het elke aand vir die muil haar kruiewyn geneem.    
Die muil het gehou van die poetse wat Tistet op haar gebak het.    
Die muil het byna gesterf van vrees toe Tistet haar by die kloktoring opgeneem het.    
Die pous was ontstel deur die gebeure.    
Tistet was ‘n baie eerlike seun.    

Woordsoorte

Voornaamwoorde word gebruik wanneer ons nie die name van persone of dinge wil noem nie. Ons kan sê: “Gee vir Sarel Sarel se toebroodjies.” Dit is egter makliker om te sê: “Gee vir Sarel sy toebroodjies,” of “Gee vir hom sy toebroodjies.”

Sulke woorde wat mense en dinge aandui, word voornaamwoorde genoem.

Nog voorbeelde:

  • Ek sien hom aankom.
  • Dit is my CD wat hy geleen het.
  • Hierdie boek is nie myne nie, maar syne.
  • Persoonlike voornaamwoorde

Hulle is veral die volgende:

Ek, jy en u moet almal teenwoordig wees.

Wie is dit daardie?

Hy en sy is nooi en kêrel.

Ons gaan eers by julle kuier en dan by hulle.

Verskoon my.

Onse Vader, laat U wil geskied.

Opdrag 5:

Om sinne te maak waarin voornaamwoorde voorkom

[LU 6.2.2]

Maak soveel sinne as wat jy kan:

Table 2
KarelHyDie slagterDaardie man iswas ‘n kollega‘n kennis‘n buurman‘n familielid‘n kêrel‘n swaer‘n werkgewer‘n vyand van myhaarjou neefElsiejullehullejouhom
  • Betreklike voornaamwoorde

Die belangrikste betreklike voornaamwoorde is:

wat, wie, wie se, waaronder, waarop

Hulle word gebruik ná die selfstandige naamwoord. Hulle het betrekking op die mense, diere of dinge wat direk voor hulle staan.

Die man wat daar sit, is my oom.

Die man wie se motor gesteel is, is my oom.

Die sambreel waaronder ons sit, verskaf koelte.

Die stoel waarop jy sit, is ‘n antiek.

Die mense aan wie ek die grap vertel het, het gelag.

Opdrag 6:

Om betreklike voornaamwoorde in sinne te gebruik

[LU 6.2.2]

Onderstreep die regte woord tussen hakies:

  • Die man (wie/wat) daar woon.
  • Die kat (wie/wat) kleintjies gekry het.
  • Die bal (wie/wat) oor die muur gehop het.

Vul die regte betreklike voornaamvoorde in:

  • Die seun _____________daar staan, sing ook in die koor.
  • Die man __________ motor omgeval het, is in die hospitaal.
  • Is dit die mes __________ jy jou gesny het?
  • Die fiets __________ ek gekoop het, is rooi.
  • Dit is Peet __________ se broer oorsee is.
  • Die glas _________ jy drink, is gebars.
  • Die vrou met ____________ ek gepraat, werk saam met my ma.
  • Die rolskaatse ________ ek R100,00 betaal het, is gesteel.
  • Waar is die hond ___________ aanhoudend blaf?
  • Die huis ___________ ons woon, is oud.
  • Besitlike voornaamwoorde

Ma wil my hemp, jou broek en sy trui was.

Ons klere is baie modieus, maar hulle klere is outyds.

Die vetgedrukte woorde in hierdie sinne dui op besittings.

Opdrag 7:

Om die korrekte voornaamwoorde in te vul

[LU 6.2.2]

Vul die korrekte voornaamwoorde in:

  1. Sy sê dit is __________ tas.
  2. As jy sê dis jou boek, dan moet dit seker maar _________ wees.
  3. Ek was elke dag ________ hare.
  4. Dit is my pen. Ek skryf al jare _________ .
  5. As die sakrekenaar aan haar behoort, dan is dit __________ .
  6. Dit is nie myne nie. dit is _________ .
  7. Watter boeke is __________ s’n?

Assessering

Table 3
LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend en gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 idees en gevoelens verbeeldingryk en met hulp en ondersteuning verbeeldingryk kommunikeer deur gebruik te maak van uitgesoekte tekstipes (stories, grappe, dramas):
2.2 idees, feite en opinies duidelik, akkuraat en samehangend kommunikeer met behulp van ‘n beperkte reeks feitelike en mondelinge tekste (bv. besprekings en bondige argumente):
2.3 basiese vaardighede in uitgesoekte mondelinge tekssoorte demonstreer:
2.3.1 mondelinge beskrywings akkuraat in volgorde plaas;
2.3.2 logiese argumente aanbied;
2.4 basiese interaktiewe vaardighede demonstreer deur aktiewe deelname in groepbesprekings, gesprekke, onderhoude en debatte, en terwyl dit gedoen word:
2.4.1 belangrike sake aanspreek;
2.4.3 ander se opinies respekteer en erken;
2.4.4 eie standpunt verduidelik;
2.4.5 kritiek lewer;
2.4.7 sensitiwiteit toon vir ander se gevoelens;
2.5 mondelinge aanbiedings akkuraat en kreatief aanbied met die nodige aandag aan:
2.5.1 duidelike en hoorbare uitspraak;
2.5.2 pousering;
2.5.3 afwisseling vir tempo en volume;
2.5.4 doel en gehoor;
2.5.5 liggaamshouding en -taal.
LU 3
LEES EN BESIGTIGDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 spontaan lees, dikwels vir plesier en inligting oor ‘n wye reeks tekstipes wat bestudeer is:
3.3 die doel, gehoor en konteks van ‘n teks identifiseer:
3.4 begrip toon van die teks, die doel daarvan en die verwantskap met sy eie lewe, deur die tema, karakters en waar die verhaal afspeel, te bespreek.
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 ‘n uitgesoekte reeks verbeeldingryke tekste skryf:
4.1.1 verbeelding, idees en gevoelens van die self en ander uit te druk;
4.3 basiese vaardighede in spesifieke skryftegnieke wat gepas is vir ‘n tekssoort toon:
4.4.2 kreatiewe en speelse gebruik van taal d.m.v. vertellende en beskrywende opstelle te verken;

Memorandum

Opdrag 1

(a)

(i) Deernis: Innige medelye; jammerte.

  1. (i) Empatie: Meevoeling met, inlewing van dit wat ‘n mens waarneem.
  2. (ii) Romantiseer: ‘n Romantiese voorstelling gee aan iets.
  3. (iii) Medelye: Jammerte, meegevoel.
  4. (iv) Menslikheid: Mensliewendheid.

(b)

(i) Karakteriseer: Die kenmerkende besonderhede van ‘n persoon beskryf.

  1. (i) Prosa: ‘n Teks wat deur ‘n persoon geskryf is, m.a.w. die gebruik van woorde om iets te sê of te vertel. ‘n Storie wat ‘n persoon geskryf het, is ‘n stuk prosa.
  2. (ii) Poëties: Digterlik. (Poësie is gedigte of digkuns).

Opdrag 2

Tistet Vedene is aangestel om die pous se muil te versorg. Hy was egter baie naar en ongeskik tenoor die muil. Hy en sy vriende het die muil geterroriseer.

Hy het die muil in die toring opgeneem en verneder voor die inwoners van Avignon.

Selfs die pous het begin om sy muil te wantrou.

Opdrag 3

om in ‘n groep aan ‘n bespreking deel te neem

Opdrag 4

Ja, ja, ja, nee, nee, ja, nee, ja, ja, nee.

Opdrag 5

Daar is geen verkeerde moontlikhede nie.

Opdrag 6

(a)

1. Die man wat daar woon.

2. Die kat wat kleintjies gekry het.

3. Die bal wat oor die muur gehop het.

(b)

1. Die seun wat daar staan _______

2. Die man wie se motor ._________

3. Is dit die mens waarmee _________ ?

4. Die fiets wat ek gekoop het ________

5. Dit is Peet wie se broer ____________

6. Die glas waaruit jy drink _________

7. Die vrou met wie ek praat _________

8. Die rolskaatse waarvoor ek__________

9. Waar is die hond wat _________ ?

10. Die huis waarin ons woon_______

Opdrag 7

  1. Sy sê dit is haar tas.
  2. ______dan moet dit seker maar joune wees.
  3. Ek was elke dag my hare.
  4. Ek skryf al jare daarmee.
  5. ________dan is dit hare.
  6. _______dit is syne (of hare).
  7. Watter boeke is ons s’n?

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to: