Julle kan dankbaar wees dat julle nie moes skoolgaan in die tydperk tussen 1837 tot aan die begin van die vorige eeu nie. As jy dan in ‘n klaskamer sou inloer, sou jy dalk die volgende toneeltjie gesien het:
![]() |
‘n Dogter staan op ‘n driebeenstoeltjie in die hoek van die klas. Op haar kop is ‘n keëlvormige hoed met die letter “D” daarop geskryf. ‘n Seun is besig om sy boek met inkkolle te bemors. Hy sien nie dat die onderwyser al hoe nader kom nie - die rottang al swaaiende in sy hand.
![]() |
Hierdie tydperk word die Victoriaanse Tydperk genoem. Wie weet dalk hoekom dit so genoem word? Ja, dit was toe Koningin Victoria in Engeland regeer het. Hoewel ons meer te wete gaan kom van skole in Engeland gedurende die Victoriaanse Tydperk, het ons oupagrootjies en oumagrootjies baie van hierdie omstandighede in skole in ons land ervaar.
(a) Wat dink jy sal jou onderwyser of onderwyseres te sê hê oor jou en jou klasmaats se gedrag? Gestel jy is die klasonderwyser, watter klagtes sal jy hê?Gesels in julle groepe daaroor, die groepleiers doen verslag aan die res van die klas..
(b) Kontrolelys
| JA | NEE | |
| Ek begin al die sinne met hoofletters | ||
| Ek gebruik punktuasie | ||
| Ek druk myself duidelik uit | ||
| Ek skryf in goeie Afrikaans | ||
| LU 2.4.2 | |
| LU 2.4.3 |
1. NOG STEEDS DIE VICTORIAANSE KLASKAMER
Lees net wat ‘n onderwyser uit die Victoriaanse tyd te sê gehad het :
‘n Onderwyser moet mos wondere verrig. My salaris is £15 per jaar. Ek is vandag weer aangerand deur ouers wat kwaad is omdat hulle kinders moet skoolgaan. Hulle wil eerder hê die kinders moet gaan werk en geld verdien, al is hulle net nege jaar oud.
Ek het ook ‘n brief van George Watkins se ma ontvang. Sy sê dat sy my neus van my gesig gaan verwyder omdat ek haar kind gestraf het. Ek begin môre met bokslesse. Ek moet myself kan verdedig!
Weet julle dalk waarvoor die £ gebruik word?
Die volgende sinne oor ‘n Victoriaanse klaskamer klink baie kort en stomp. Verbind die sinne met die woorde tussen hakies. Ons noem hulle voegwoorde.
(a) Die mure lyk aaklig. Hulle is elf jaar gelede geverf. (omdat)
(b) Die vensters sit baie hoog. Leerders kan nie by vensters uitloer nie. (sodat)
(c) Daar is ‘n groot geraas. Klaskamers word deur gordyne van mekaar geskei. (want)
(d) Daar is inkpotjies op die banke. Daar is leie op die banke. (en)
| LU 6.3.11 |
2. ‘N GEDIGGIE
Die volgende gediggie is in ‘n ou boek uit daardie tydperk opgespoor.
![]() |
(a) Lees die gediggie hardop in die groep. Elkeen kry ‘n beurt om dit voor te lees.
(b) Gesels in die groep oor die volgende:
Hoe voel hierdie kind?
Hoe voel die onderwyser?
Julle het seker van die volgende woorde gebruik:
Kind: bang, onseker, ongelukkig, moedeloos
Onderwyser: kwaad, ongeduldig, ontevrede, woedend
Ons noem hierdie woorde emosies. Emosies beskryf ons gevoelens of hoe ons voel. Kan julle aan nog woorde dink wat emosies beskryf?
| LU 5.2.1 |
(c) Woordsoek
Daar is tien woorde wat emosies beskryf in hierdie blok. Soek hulle en kleur elke woord met ‘n ander kleur in. Skryf hulle dan neer.
Lees die letters van links na regs
| Z | W | O | N | S | E | K | E | R | Q | X | Z | Y |
| L | R | K | B | A | N | G | T | B | C | F | H | L |
| A | L | L | E | E | N | L | F | I | M | Q | U | W |
| B | O | N | G | E | L | U | K | K | I | G | R | S |
| S | T | R | P | Q | Z | K | L | K | W | A | A | D |
| B | V | R | O | L | I | K | M | R | Q | S | V | Z |
| D | G | K | O | U | H | A | R | T | S | E | E | R |
| G | E | D | U | L | D | I | G | V | S | M | Q | P |
| L | T | O | P | G | E | W | O | N | D | E | M | A |
| G | E | L | U | K | K | I | G | R | A | F | L | K |
| LU 3.7.5 |
(d) Voltooi nou die volgende sinne deur ‘n emosiewoord in te vul en die rede te verskaf.
Ek voel ____________ wanneer _______________ .
Ek voel ___________ wanneer _____________ .
Ek voel _____________ wanneer ________________ .
| LU 5.2.2 |
3. SPEL
Gedurende die Victoriaanse tydperk het kinders baie hard gewerk vir baie min geld. Selfs klein kindertjies wat maar sewe jaar oud was, het gewerk. Dit het veroorsaak dat nie al die kinders skoolgegaan het nie, terwyl ander baie dikwels afwesig was omdat hulle gewerk het.
Lees hierdie briefie wat ‘n dogtertjie geskryf het.
Beste Meester Brians
Ek wil net se hoekom ek afwesig was. Ek plant elke oggend voor skool aartappels, maar moes gisteroggend teen ‘n hoe koppie uitklim. My moee kniee kon my nie tot by die skool bring nie, en ek is jammer dat ek skool gemis het.
Ek weet dis ‘n reel dat ons elke dag in die klas moet wees en dat u ons elke dag in die klas wil he. Dit het ook begin reen en ek kon nerens droë klere kry nie.
Die uwe
Monica Harper
Kan jy agterkom watter woorde ‘n kappie (^) of ‘n deelteken (") moet kry? Vul hulle in. Voltooi die kolomme hieronder en leer die woorde.
(Die ontbrekende woorde is almal in Monica se briefie)
| Kappie | Deelteken |
| lê | vroeër |
| wêreld | seël |
| skêr | |
| blêr | |
| môre | |
| LU 6.2.3 |
| LU 2 |
| PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.2 voer interaksie in die addisionele taal: |
| 2.2.1 gebruik taal vir ‘n wye verskeidenheid funksies: gee uitdrukking aan menings en gevoelens, maak keuses, gee raad en maak voorstelle (soos: Ek dink jy moet ...); |
| 2.2.2 neem deel aan rolspel in verskillende situasies wat verskillende soorte taalgebruik behels (soos formele en informele telefoongesprekke); |
| 2.3 toon ontwikkeling in die vermoë om kenmerke van gesproke taal te gebruik om te kommunikeer: woord- en sinsaksent, intonasie, ritme; |
| 2.4 begin sosiale en etiese kwessies debatteer: |
| 2.4.2 betrek ander by die bespreking (soos: Wat dink jy?); |
| 2.4.3 onderbreek die bespreking op ‘n hoflike wyse (soos: Verskoon my ...); |
| LU 5 |
| DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 5.1 gebruik taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen: |
| 5.1.1 verstaan sommige begrippe uit ander leerareas en gebruik die woordeskat wat daarmee verband hou (soos “handel” in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe); |
| 5.2 gebruik taal om te dink: |
| 5.2.1 stel en beantwoord meer komplekse vrae (soos: Wat sal gebeur as ...?); |
| 5.2.2 definieer en klassifiseer. |
| LU 6 |
| TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 6.1 hersien grammatika wat in die vorige grade gedek is; |
| 6.2 spel bekende woorde korrek: |
| 6.3 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer: |
| 6.3.8 die gebruik van die teenwoordige-, verlede- en toekomendetydsvorm; |
| 6.3.11 die verbinding van sinne met voegwoorde met die korrekte woordorde. |
1. Dit is vir die geldeenheid, die Pond, gebruik.
(a) Die mure lyk aaklig, omdat hulle elf jaar gelede geverf is.
(b) Die vensters sit baie hoog sodat leerders nie by vensters kan uitloer nie.
(c) Daar is 'n groot geraas, want klaskamers word deur gordyne van mekaar geskei.
(d) Daar is baie inkpotjies en leie op die banke.
2. (c)
3.