Inside Collection: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 7
1.Stillees
Het jy al van ‘n VVV gehoor? VVV is die afkorting vir ‘n vreemde vlieënde voorwerp. Hierdie vlieënde voorwerp is nie naastenby soos een van die vervoermiddels wat ons in die vorige leereenheid behandel het nie. Nou wat is dit dan?
| NUWE WOORDE | |||||
| voorwerp | object | natuurlike verskynsels | natural objects | ||
| opspoor | detect | gekskeerdery | hoax | ||
| verklaar | explain | oëverblindery | hallucinations | ||
| ruimteskip | spaceship | onsin | nonsense | ||
| ruimtewese | alien | verregaande | outrageous | ||
| wetenskaplike | scientist | ontvoer | abduct | ||
| spioeneer | spy | ||||
‘n VVV is ‘n lig of voorwerp in die lug wat nie verklaar kan word nie. Sommige VVV’s word nie met die menslike oog gesien nie, maar word deur radar opgespoor.
Dit is belangrik om te onthou dat meer as 90% van die VVV’s wel geïdentifiseer word. Dis dikwels vliegtuie, satelliete, planete of weerballonne. Wat is die ander 10% dan? Die mees romantiese teorie is dat VVV’s die ruimteskepe van ruimtewesens is wat op die aarde spioeneer. Sommige wetenskaplikes glo egter dat VVV’s in werklikheid natuurverskynsels in die atmosfeer is, byvoorbeeld wolke. Ander glo dis ‘n gekskeerdery of oëverblindery.
Die meeste wetenskaplikes dink VVV’s is onsin, veral die stories oor mense wat sê hulle is deur ruimtewesens ontvoer. Daar is heelwat sulke stories wat verregaande klink. Maar hoe verklaar die wetenskap hierdie raaisel? Dis die eintlike vraag!
![]() |
Assessering onder leiding van die opvoeder.
10
My totaal uit
| LU 3.4.1 |
2. LIDWOORDE
Kyk weer na die leesstuk by no.1. Onderstreep die woorde ‘n en die.
Ons noem ‘n en die lidwoorde. Jy sal agterkom ons gebruik lidwoorde voor naamwoorde. Die lidwoord ‘n word vir een ding gebruik bv. ‘n lig. Die lidwoord die word vir een ding én meer as een ding gebruik: die lig, die ligte. As ons die gebruik, is dit ‘n spesifieke ding of dinge waarvan gepraat word.
Onthou, ‘n word nooit met ‘n hoofletter geskryf nie. As jy ‘n sin met ‘n begin, word die tweede woord met ‘n hoofletter geskryf, bv.
‘nMens kan dit nie verklaar nie.
Wanneer ons ‘n sin met die begin, word die met ‘n hoofletter geskryf, bv.
Die mens kan dit nie verklaar nie.
Vul ‘n of die by die volgende sinne in:
_______Vliegtuig word dikwels aangemeld as ________VVV, veral in
___________nag wanneer ________ mens net ligte kan sien. _______ligte van
________helikopter kan _________ mens maklik verwar, omdat helikopters in
________lug kan hang.
| LU 6.3.5 |
3. BOODSKAPPE
![]() |
| LU 5.3.3 |
Verklaring van die boodskap:
Hierdie boodskap is ‘n rekenaarboodskap. Dit is in 1974 gestuur aan ‘n groep sterre in die ruimte. Dit bevat inligting oor ons sonnestelsel en bevat ook ‘n voorstelling van die mens. Kan jy die “mens” raaksien? Dit sal egter 24 000 jaar duur voordat hierdie boodskap sy bestemming sal bereik.
Dit klink ‘n bietjie baie lank om te wag vir ‘n moontlike “antwoord” op hierdie boodskap.
Dis nou julle beurt om ‘n boodskap te stuur. Julle boodskappe kan nou nie so ver gestuur word nie! Julle boodskappe moet geskik wees om in ‘n tydkapsule begrawe te word.
Wat is ‘n tydkapsule? Dit is ‘n houer wat voorwerpe en inligting van die huidige tyd bevat en dan begrawe word. Hierdie tydkapsule sal dan hopelik in die verre toekoms opgegrawe word sodat mens kan sien hoe mense in die verlede geleef en gelyk het!
![]() |
Elkeen van julle moet die volgende voorberei:
Skryf asseblief die volgende. Die datum word eerste geskryf:
| LU 4.6.1 |
Ruil nou jou “lewenskets” om met jou maat s’n. Julle gaan mekaar se skryfwerk assesseer.
Vul een van die volgende in by elke kategorie:
| ALTYD (alles is korrek); | BAIE GEREELD (enkele foute); |
| NIE GEREELD (baie foute, benodig oefening); | SELDE (te veel foute, het hulp nodig) |
| Begin sinne en name met hoofletters. | |
| Begin sinne en name met hoofletters. | |
| Woorde is korrek gespel. | |
| Woordorde is korrek. | |
| Goeie, verstaanbare Afrikaans. |
Geassesseer deur:
| LU 4.6.4 |
Elke leerder kry nou ‘n beurt om die inhoud van sy of haar tydkapsule aan die klas voor te dra.
Assessering deur die opvoeder
| LU 2.2.1 |
4. HOOFTYE VAN DIE WERKWOORD
In Module 1 het julle ‘n bietjie hersiening van die Verlede Tyd gedoen. Kom ons kyk weer daarna.
Werkwoorde sê mos wat ons doen.
Ons kan werkwoorde op drie maniere gebruik:
Ons het by no.8 met al drie die tye kennis gemaak:
Ons beskryf in die teenwoordige tyd en iemand sal in die toekomende tyd lees hoe ons in die verlede tyd geleef het.
| Verlede tyd (het ge-) | Teenwoordige tyd | Toekomende tyd (sal) |
| Ek het gelees. | Ek lees. | Ek sal lees. |
| Jy ………………………………… | Jy luister. | Jy ………………………………… |
| Die seun ………………………….. | Die seun dans. | Die seun ………………………….. |
| Ons ……………………………….. | Ons loop ver. | Ons ……………………………….. |
Selfassessering onder leiding van die opvoeder.
ONTHOU: in die verlede tyd verander die volgende woorde.
| wil | wou | |
| moet | moes | |
| sal | sou | |
| kan | kon |
| bv. Ons wil gaan. | Ons wou gaan. | |
| Ons moet bly. | Ons moes bly. | |
| Ons sal ry. | Ons sou ry. | |
| Ons kan hoor. | Ons kon hoor. |
| Verlede tyd (het ge-) | Teenwoordige tyd | Toekomende tyd (sal) |
| Hy ………………………… | Hy wil lees. | Hy sal wil lees. |
| Sy ………………………… | Sy kan nie gaan nie. | Sy ………………………… |
| Almal ……………………… | Almal moet huiswerk doen. | Almal ……………………… |
| Ek …………………………. | Ek sal luister. | (Geen toekomende tyd) |
Selfassessering onder leiding van opvoeder.
ONTHOU: woorde wat met be-, ge-, het-, er-, ont- en ver- begin, kry nie ‘n ge- in die verlede tyd nie.
| VOORBEELDE | |
| besluit - | Ons het besluit om te gaan slaap. |
| gedra - | Ons het ons goed gedra. |
| herhaal - | Die opvoeder het die vraag herhaal. |
| erken - | Ek het dadelik erken dat ek ‘n fout begaan het. |
| ontvang - | Die wenner het ‘n prys ontvang. |
| verlang - | Die kind het na sy ouers verlang. |
| LU 6.1 | LU 6.3.8 |
Party werkwoorde bestaan uit twee dele, soos:
| inpak | uithaal | inklim | ||
| in + pak | uit + haal | in + klim |
In die toekomende tyd word die woorde aanmekaar geskryf:
In die teenwoordige tyd word die woorde geskei:
In die verlede tyd word die werkwoord weer een woord, maar die ge- kom tussen die twee dele.
![]() |
ONTHOU:
| Is word was: | Die kind is siek. | Die kind was siek. |
| Het word het gehad: | Ek het griep. | Ek het griep gehad. |
| LU 6.3.8 |
| LU 2 |
| PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 2.1 vertaal: |
| 2.1.1 vertel stories uit die huistaal oor in die addisionele taal; |
| 2.2 voer interaksie in die addisionele taal: |
| 2.2.1 gebruik taal vir ‘n wye verskeidenheid funksies: gee uitdrukking aan menings en gevoelens, maak keuses, gee raad en maak voorstelle (soos: Ek dink jy moet …) |
| 2.2.2 neem deel aan rolspel in verskillende situasies wat verskillende soorte taalgebruik behels (soos formele en informele telefoongesprekke); |
| 2.3 toon ontwikkeling in die vermoë om kenmerke van gesproke taal te gebruik om te kommunikeer: woord- en sinsaksent, intonasie, ritme. |
| LU 3 |
| LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 3.4 lees vir inligting: |
| 3.4.1 volg feitelike tekste (soos ‘n beskrywing van die proses). |
| LU 4 |
| SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 4.1 skryf om inligting oor te dra: |
| 4.1.2 skryf een of twee paragrawe om ‘n proses te beskryf (soos hoe om ‘n motorband om te ruil); |
| 4.1.3 gebruik inligting uit ‘n onderhoud en skryf ‘n verslag of gee ‘n beskrywing daarvan; |
| 4.6 benader skryf as ‘n proses: |
| 4.6.1 beplan ‘n skryfstuk volgens die doel, teikengroep en konteks; |
| 4.6.4 gebruik kennis van grammatika en spelling om te redigeer. |
| LU 5 |
| DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 5.1 gebruik taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen: |
| 5.1.1 verstaan sommige begrippe uit ander leerareas en gebruik die woordeskat wat daarmee verband hou (soos “vervoer” in Aardrykskunde); |
| 5.3 versamel inligting en teken dit op verskillende maniere op: |
| 5.3.1 kies relevante inligting en skryf aantekeninge (identifiseer kernwoorde en –sinne, stel ‘n lys belangrike punte saam); |
| 5.3.3 dra inligting van een modus na ‘n ander oor (soos gebruik inligting uit ‘n visuele teks om ‘n geskrewe teks te skryf). |
| LU 6 |
| TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 6.1 hersien grammatika wat in die vorige grade gedek is; |
| 6.2 spel bekende woorde korrek: |
| 6.2.4 algemene afkortings (soos: mnr., mev., me., mej., afkortings vir maande en dae); |
| 6.3 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer: |
| 6.3.2 alledaagse voorsetsels in vaste en vrye verbindings; |
| 6.3.5 determineerders (soos: ‘n, die); |
| 6.3.8 die gebruik van die teenwoordige-, verlede- en toekomendetydsvorm; |
1.(b)
(i) Waar
(ii) Waar
(iii) Onwaar
(iv) Onwaar
(v) Onwaar
(vi) Waar
(vii) Waar
(viii) Onwaar
(ix) Waar
(x) Onvoldoende besonderhede
2. 'n Vliegtuig word dikwels aangemeld as 'n VVV, veral in die nag wanneer 'n mens net ligte kan sien. Die ligte van 'n helikopter kan 'n mens maklik verwar, omdat helikopters in die lug kan hang.
4.
(a) Jy het geluister. Jy sal luister.
Die seun het gedans. Die seun sal dans.
Ons het ver geloop. Ons sal ver loop.
(b) Hy wou lees.
Sy kon nie gaan nie. Sy sal nie kan gaan nie.
Almal moes huiswerk doen. Almal sal huiswerk moet doen.
Ek sou luister.