Inside Collection: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 7
GESONDE EETGEWOONTES EN GENOEG OEFENING = GESONDE KINDERS ÉN VOLWASSENES
| AKTIWITEITE | WAT EK EET EN DRINK |
|
|
| Totaal van aktiwiteite waaraan ek deelneem: | Totaal van wat ek eet en drink: |
| LU 5.2.2 |
Die doel van hierdie tabel was sommer om jou geheue te verfris en om jou weer te laat besef wat jy alles doen, eet en drink.
Lees slegs die titel van die artikel hieronder. Waaroor dink jy gaan hierdie artikel? Sê gou vir jou maat. Lees nou die artikel hardop vir jou maat en luister terwyl hy/sy dit vir jou voorlees.
Kinders is Deesdae Lomp en Lui.
| LU 3.1.1 |
| Nuwe woorde: | |||||
| oorgewig | - | obese | sjokoladestafies | - | chocolate bars |
| teikens | - | targets | besparing | - | saving |
| bloedarmoede | - | anaemia | mediese koste | - | medical costs |
| hardlywigheid | - | constipation | |||
Algemene kennis: Wat is hoë cholesterol?
Lees die vrae hieronder en soeklees die artikel vir die antwoorde.
Ons jeug is lui,______________ en en hulle kan
as volwassenes ly aan siektes soos ________________ en
__________________.
Gesonde eetgewoontes sal voorkom dat kinders aan _____________,
_________________ en sal ly.
Vrugte en groente is (goedkoper; duurder, dieselfde) as sjokolade en
skyfies.
Gesonde eetgewoontes help jou om _________________ te wees en dus
sal jy die ____________selde besoek, omdat jy nie maklik _____________
sal word nie.
| Assessering deur ‘n maat onder leiding van die opvoeder | Totaal uit: |
|
| LU 5.2.1 |
Verdeel nou in groepe en bespreek die volgende vrae. Kies ‘n groepleier wat aan die res van die klas verslag sal doen oor julle groep se standpunte:
| LU 2.2.1 | |
| LU 2.4.4 |
![]() |
Skryf die sinne oor en voorsien dit van die regte leestekens en hoofletters;
: , “ ” ? !
| LU 6.3.14 |
Selfassessering onder leiding van die opvoeder.
DIREKTE REDE
In die direkte rede word die direkte woorde van die spreker aangehaal.
bv. Peter sê: “Ma, ek het al my huiswerk gedoen.”
Kyk mooi na die gebruik van die dubbelpunt : en die aanhalingstekens “ “
Bianca vra: “Kan ek jou help, Kate?”
Soms kom die spreker se naam na die aanhaling, bv.
“Ma, ek het my huiswerk gedoen,” sê Peter.
óf
“Kan ek jou help, Kate?” vra Bianca.
KONTROLELYS: DIREKTE REDE
| Ek het onthou om: | JA | NEE |
| die spreker se direkte woorde te skryf | ||
| ‘n dubbelpunt te gebruik net voordat die direkte woorde geskryf word | ||
| aanhalingstekens vir die direkte woorde te gebruik (aan die begin en einde) | ||
| ‘n komma te gebruik as ‘n persoon direk aangespreek word, bv. “Kate, waar is jou kospakkie?” |
HERSIENINGSOEFENING
Skryf die volgende sinne in direkte rede en gebruik die kontrolelys om seker te maak dat jy alles korrek doen.
![]() |
Hierdie seun se liggaamsdele kla teenoor mekaar. Die maag werk baie hard en die spiere werk glad nie. Jy en ‘n maat gaan elkeen ‘n liggaamsdeel wees wat met mekaar gesels. Vertel wat hulle makeer, hoe hulle voel, hoekom hulle so voel en wat moet gebeur om hulle beter te laat voel. Julle kan julle gesprek hieronder neerskryf as julle wil.
| LU 4.4.1 |
Julle gaan mekaar assesseer terwyl julle die dialoog vir die klas kom voordra.
Gebruik die assesseringsruit om mekaar te assesseer.
Jy is ‘n liggaamsdeel wat werklik deur jou “eienaar” misbruik word. Skryf ‘n brief aan jou eienaar waarin jy sê hoe ongelukkig jy voel en hoekom, en wat gaan gebeur as hy of sy nie iets daaraan doen nie.
Onthou julle nog hoe ‘n mens ‘n brief skryf?
Skryf asseblief drie paragrawe
Assessering deur die opvoeder.
| LU 4.2.1 |
| LU 2 |
| PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.2 voer interaksie in die addisionele taal: |
| 2.2.1 gebruik taal vir ‘n wye verskeidenheid funksies: gee uitdrukking aan menings en gevoelends, maak keuses, gee raad en maak voorstelle (soos: Ek dink jy moet …) |
| 2.2.2 neem deel aan rolspel in verskillende situasies wat verskillende soorte taalgebruik behels (soos formele en informele telefoongesprekke); |
| 2.4 begin sosiale en etiese kwessies debatteer: |
| 2.4.4 gee mening/standpunt en redes daarvoor (soos: Ek sê dit, want ...); |
| LU 3 |
| LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 3.1 lees ‘n teks (fiksie of nie-fiksie): |
| 3.1.1 identifiseer doel, teikengroep en konteks; |
| 3.4 lees vir inligting: |
| 3.4.1 volg feitelike tekste (soos ‘n beskrywing van die proses om papier te maak). |
| 3.7 lees vir genot: |
| 3.7.5 los woordraaisels op (soos blokkiesraaisels). |
| LU 4 |
| SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 4.1 skryf om inligting oor te dra: |
| 4.1.1 vul vorms en rooster in; |
| 4.1.3 gebruik inligting uit ‘n onderhoud en skryf ‘n verslag of gee ‘n beskrywing daarvan; |
| 4.2 skryf vir ‘n sosiale doel: |
| 4.2.1 skryf eenvoudige persoonlike briewe (soos: aanvaar ‘n uitnodiging, reageer op ‘n advertensie) en toon bewustheid van die kenmerke van die tekssoort; |
| 4.4 skryf skeppend: |
| 4.4.1 toon ontwikkelende vermoë om stories, gedigte en toneelstukke te skryf (soos deur dialoog by ‘n storie in te sluit); |
| 4.5 ontwerp mediatekste: |
| 4.5.1 gebruik ‘n raam om ‘n eenvoudige advertensie te ontwerp; |
| 4.6 benader skryf as ‘n proses: |
| 4.6.1 beplan ‘n skryfstuk volgens die doel, teikengroep en konteks; |
| 4.6.2 skryf ‘n konsepweergawe en lees en bespreek dit krities; |
| 4.6.4 gebruik kennis van grammatika en spelling om te redigeer. |
| LU 5 |
| DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 5.2 gebruik taal om te dink: |
| 5.2.1 stel en beantwoord meer komplekse vrae (soos: Wat sal gebeur as ...?) |
| 5.2.2 definieer en klassifiseer. |
2.
(a) Hulle kyk televisie. Hulle werk / speel op die rekenaar.
(b) aan sport
(c) onfiks, oorgewig, hartsiektes / longsiekte, kanker / tering
(d) bloedarmoede, hardlywigheid, hoë cholesterol
(e) goedkoper
(f) gesond, dokter, siek
(g) Dit is te gevaarlik.
3.
(a) Die dokter sê: “Goeiemôre, Mevrou, wat makeer vandag?”
(b) Die dame antwoord: “My voete is so seer!”
(c) Die dokter sê: “Dis geen wonder nie! U het die verkeerde skoene aan die verkeerde voete!”
Hersieningsoefening:
(a) Die dokter vra: “Kinders, eet julle gereeld vrugte?”
(b) “Nee, Dokter,” antwoord die kinders. “Ons verkies om lekkers en koekies te eet.”
(c) Moeder gee ‘n sug en sê: “Ai, as ek hulle net kan oortuig dat vrugte gesonder is!”
(d) “Hoekom is Ma so bekommerd?” vra die kinders. “Ons is baie gesond.”
(e) “Kyk Ma!” roep Themba. “Ek het groot spiere.”
Enige korrekte variasie kan aanvaar word.