Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax_CNX

You are here: Home » Content » Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 7 » Stillees

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseLang display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Stillees

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 7

Module 12

STILLEES

1.Verdeel nou in pare

Elkeen kry ‘n beurt om die instruksies hieronder te gee en ook uit te voer.

  • Klap jou hande drie keer.
  • Vou jou arms.
  • Staan op jou tone vir vyf tellings.
  • Raak jou knieë.
  • Plaas jou linkerhand agter jou kop.
  • Spring eenbeentjie op jou regterbeen.
  • Raak jou linkeroor met jou regterduim.
  • Marsjeer op die plek ….. links, regs, links, regs….
  • Maak jou regteroog toe en glimlag.
  • Sit jou hande in jou sye.
  • Rek jou oë so wyd oop as moontlik. Hou vir vyf tellings.
  • Draai twee maal in die rondte.
  • Rek en strek jou uit soos ‘n kat.
  • Plaas jou linkerhand op jou regterskouer en jou regterhand op jou linkerskouer.

Voeg enige vyf aksies by!

Voel jy moeg? Hopelik nie. Dit was glad nie strawwe oefening nie! Elkeen van ons moet egter daagliks oefening kry en/of aktief wees!

Stillees

Lees en bestudeer die onderstaande feite en diagram en beantwoord dan die vrae deur W (Waar), O (Onwaar), of OB (onvoldoende bewyse) te skryf.

Hoekom is oefening so belangrik?

  • Oefening is ook ‘n manier waarop mens kan ontspan.
  • Gereelde oefening is noodsaaklik vir die korrekte groei en ontwikkeling van die liggaam.
  • Oorgewig by kinders is nie altyd die gevolg van te veel eet nie, maar ook die gevolg van te min oefening.
  • Kinders wat dikwels aktief is, is gewoonlik gelukkige kinders.

Stem jy saam, WAAR of ONWAAR?

Table 1
  1. (a) Oefening kan jou help om te ontspan.
 
  1. (a) Jy sal glad nie groei as jy nie oefening kry nie.
 
  1. (a) Oorgewig is alleenlik die gevolg van te min oefening.
 
  1. (a) Aktiewe kinders is gelukkige kinders.
 
  1. (a) ‘n Mens verbrand die meeste kilojoules as jy vinnig hardloop.
 
  1. (a) Sokkerspelers verbrand meer kilojoules per uur as swemmers.
 
  1. (a) Dansers verbrand minder kilojoules per uur as fietsryers.
 
  1. (a) Wanneer jy slaap, verbrand jy 35 kiljojoules minder per uur as wanneer jy lees.
 
  1. (a) Dis beter oefening om te hardloop eerder as om te swem.
 
  1. (a) Jy kan ook binnenshuis genoeg oefening kry.
 
Table 2
Selfassessering onder leiding van opvoeder Totaal uit:
 
10
Table 3
LU 3.4.1  

Jy het by nommer 2 instruksies gegee en uitgevoer. ‘n Resep is niks anders as instruksies hoe om iets voor te berei nie.

Hier is ‘n resep vir Aarbei-joghurtskommel.

Lees die hele resep hardop vir jou maat voor en luister terwyl hy/sy dit vir jou voorlees.

Aarbei-joghurtskommel

Bestanddele:

250 ml (1 koppie) melk

15 ml (1 eetlepel) roomys

125 ml ( 1212 size 12{ { { size 8{1} } over { size 8{2} } } } {} koppie) aarbeigeur-joghurt

Metode:

  1. Gooi al die bestanddele in ‘n houer.
  2. Klits die melk, roomys en joghurt tot lig en skuimerig.
  3. Skink dit dadelik in ‘n lang glas.
  4. Drink die melkskommel en geniet dit.
  1. (a) Jy wil graag vir jouself ‘n melkskommel maak en besluit dat jy die resep môre sal probeer (toekomstige tyd). Voltooi die volgende sinne:
  1. (i) Ek sal al die bestanddele
  2. (ii) Ek sal die melk,

  1. (i) Ek sal dit dadelik
  2. (ii) Ek sal
  3. (iii) Skryf nou dieselfde sinne in die verlede tyd oor, asof jy vir ‘n maat verduidelik hoe jy dit gedoen het.

Begin so:

  1. (i) Ek het al die bestanddele
  2. (ii) Ek het die melk,

  1. (i) Ek het dit dadelik
  2. (ii) Ek het

Onthou die volgende:

Ons gebruik ‘het’ en ‘ge-‘ vir die verlede tyd en ‘sal’ vir die toekomende tyd.

  • Ek lees ‘n boek.
  • Ek het ‘n boek gelees.
  • Ek sal ‘n boek lees.

ONTHOU: woorde wat met be-, ge-, her-, ont-, ver-, en mis- begin, kry nie ‘n ge-in die verlede tyd nie.

VOORBEELDE:

  • besluit – Ons het besluit om te gaan draf.
  • gebruik – Hy het min bestanddele gebruik.
  • herhaal – Mnr. Nel het die instruksies herhaal.
  • erken – Ek het dadelik erken dat ek verkeerd was.
  • ontmoet – Hulle het die sportster ontmoet.
  • verstaan – Hy het die opdrag verstaan.
  • misbruik – Julle het hom net misbruik.

ONTHOU:

is word was – Sy is siek. – Sy was siek.

is word sal wees – Ek is bly. – Ek sal bly wees.

het word het gehad – Hy het nuwe skoene. – Hy het nuwe skoene gehad.

het word sal hê – Hy het nuwe skoene. – Hy sal nuwe skoene hê.

BAIE BELANGRIK:

‘n Werkwoord + Voorsetsel word aanmekaar geskryf in die toekomende tyd:

Ek tel die boek op.

Ek sal die boek optel.

‘n Werkwoord + Voorsetsel word aanmekaar geskryf met ’n -ge- tussen die twee dele in die verlede tyd.

Ek tel die boek op.

Ek het die boek opgetel.

ONTHOU JULLE NOG?

In die verlede tyd verander die volgende hulpwerkwoorde:

moet moes wil wou

kan kon sal sou

Skryf nou die volgende sinne eers in die verlede tyd oor en daarna in die toekomende tyd.

Table 4
Teenwoordige tyd Verlede tyd Toekomende tyd
  1. Ek is moeg.
   
  1. Hy hardloop vinnig.
   
  1. Hulle het sterk spiere.
   
  1. Sy pak haar sportklere in.
   
  1. Jy ontvang ‘n goue medalje.
   
  1. Hy gedra hom.
   
  1. Ek moet luister.
   
  1. Ons kan swem.
   
  1. Hulle maak die deur toe.
   
  1. Hulle wil speel.
   
Table 5
LU 6.1  

SELFASSESSERING: TYE VAN DIE WERKWOORD

Merk af (jy kan selfs later weer afmerk)

 Ek verstaan nie verlede of toekomende tyd nie.

 Ek verstaan net een van die twee tye, naamlik (verlede/toekomende) tyd.

 Ek is nog onseker en het hulp nodig.

 Ek verstaan die werk, maar moet nog op my eie oefen, want ek neem lank om die sinne te skryf.

 Ek verstaan die werk en kan die sinne skryf, maar maak nog onnodige foute.

 Ek voel ek verstaan die werk en kan dit doen nadat ek dit geoefen het.

 Ek kan tye van die werkwoord met gemak doen, sonder enige hulp.

Mondeling

INSTRUKSIES

Jy het ‘n keuse:

  1. (a) Gee instruksies vir ‘n reeks oefeninge.
  2. (b) Gee instruksies hoe om ‘n sekere resep voor te berei.

Jy moet weer saam met ‘n maat werk. Vir die reeks oefeninge moet jou maat gemaklike klere aantrek. Jou instruksies moet duidelik wees sodat jou maat presies weet wat hy of sy moet doen. (Daar moet drie verskillende oefeninge gedoen word).

Vir die resep moet jy al die bestanddele, mengbak, lepels, ens. saambring. Jou instruksies moet duidelik wees sodat jou maat presies weet wat hy of sy moet doen. Hou dit eenvoudig.

Table 6
LU 2.2.2  

Skriftelike werk

Skryf nou jou instruksies of resep hieronder neer:

Ruil jou instruksies/resep om met jou maat s’n en assesseer sy/haar werk.

Table 7
  GLAD NIE SOMS DIKWELS ALTYD
Duidelike instruksies        
Goeie taalgebruik        
Hoofletters waar nodig        
Punktuasie waar nodig        
Goeie sinsbou (korrekte woordorde)        
Korrekte spelling        
Maklik uitvoerbaar        

Geassesseer deur

Table 8
LU 4.6.1  
LU 4.6.2  
LU 4.6.4  

Assessering

Table 9
LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.2 voer interaksie in die addisionele taal:
2.2.1 gebruik taal vir ‘n wye verskeidenheid funksies: gee uitdrukking aan menings en gevoelends, maak keuses, gee raad en maak voorstelle (soos: Ek dink jy moet …)
2.2.2 neem deel aan rolspel in verskillende situasies wat verskillende soorte taalgebruik behels (soos formele en informele telefoongesprekke);
2.4 begin sosiale en etiese kwessies debatteer:
2.4.4 gee mening/standpunt en redes daarvoor (soos: Ek sê dit, want ...);
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 lees ‘n teks (fiksie of nie-fiksie):
3.1.1 identifiseer doel, teikengroep en konteks;
3.4 lees vir inligting:
3.4.1 volg feitelike tekste (soos ‘n beskrywing van die proses om papier te maak).
3.7 lees vir genot:
3.7.5 los woordraaisels op (soos blokkiesraaisels).
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.1 vul vorms en rooster in;
4.1.3 gebruik inligting uit ‘n onderhoud en skryf ‘n verslag of gee ‘n beskrywing daarvan;
4.2 skryf vir ‘n sosiale doel:
4.2.1 skryf eenvoudige persoonlike briewe (soos: aanvaar ‘n uitnodiging, reageer op ‘n advertensie) en toon bewustheid van die kenmerke van die tekssoort;
4.4 skryf skeppend:
4.4.1 toon ontwikkelende vermoë om stories, gedigte en toneelstukke te skryf (soos deur dialoog by ‘n storie in te sluit);
4.5 ontwerp mediatekste:
4.5.1 gebruik ‘n raam om ‘n eenvoudige advertensie te ontwerp;
4.6 benader skryf as ‘n proses:
4.6.1 beplan ‘n skryfstuk volgens die doel, teikengroep en konteks;
4.6.2 skryf ‘n konsepweergawe en lees en bespreek dit krities;
4.6.4 gebruik kennis van grammatika en spelling om te redigeer.

Memorandum

2.

(a) W (f) O

(b) O (g) W

(c) O (h) O

(d) W (i) OB

(e) W (j) OB

3. (a)

(i) … in ‘n houer gooi.

(ii) … roomys en jogurt klits tot dit lig en Skuimerig is.

(iii) … in ‘n lang glas skink.

(iv) … die melkskommel drink en dit geniet.

(b)

(i) … in ‘n houer gegooi.

(ii) … roomys en jogurt geklits tot dit lig en skuimerig was.

(iii) … in ‘n lang glas geskink.

(iv) … die melkskommel gedrink en dit geniet.

Table 10
  Teenwoordige tyd Verlede tyd Toekomende tyd
1. Ek is moeg. Ek was moeg. Ek sal moeg wees.
2. Hy hardloop vinnig. Hy het vinnig gehardloop. Hy sal vinnig hardloop.
3. Hulle het sterk spiere. Hulle het sterk spiere gehad. Hulle sal sterk spiere hê.
4. Sy pak haar sportklere in. Sy het haar sportklere ingepak. Sy sal haar sportklere inpak.
5. Jy ontvang ‘n goue medalje. Jy het ‘n goue medalje ontvang. Jy sal ‘n goue medalje ontvang.
6. Hy gedra hom. Hy het hom gedra. Hy sal hom gedra.
7. Ek moet luister. Ek moes luister. Ek sal luister.
8. Ons kan swem. Ons kon swem. Ons sal kan swem.
9. Hulle maak die deur toe. Hulle het die deur toegemaak. Hulle sal die deur toemaak.
10. Hulle wil speel. Hulle wou speel. Hulle sal wil speel.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks