Inside Collection: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 7
Ve___________ ; ke ____________
Af__________ ; vr ______________
So_______ ; k________ of s __________
Onthou julle nog die voornaamwoorde? Ons gebruik hulle mos in die plek van mense se name. Dit is die persoonlike voornaamwoorde. Hulle kan ook aandui aan wie iets behoort. Dit is die besitlike voornaamwoorde.
| Ek eet die kos. | Dis my kos. | Die kos is myne. |
| Jy eet die kos. | Dis jou kos. | Die kos is joune. |
| Hy eet die kos. | Dis sy kos. | Die kos is syne. |
| Sy eet die kos. | Dis haar kos. | Die kos is hare. |
| Ons eet die kos. | Dis ons kos. | Dis kos is ons s’n. |
| Julle eet die kos. | Dis julle kos. | Die kos is julle s’n. |
| Hulle eet die kos. | Dis hulle kos. | Die kos is hulle s’n. |
Gebruik voornaamwoorde in die plek van die vetgedrukte woorde:
| LU 6.2.4 |
Luister na die advertensie vir Jungle Oats wat julle opvoeder gaan voorlees. Beantwoord dan die vrae wat die opvoeder gaan stel. Die opvoeder sal eers die vrae voorlees sodat julle sal weet waarna om te luister. Nadat hy of sy die leesstuk voorgelees het, sal hy/sy die vrae weer herhaal sodat julle dit kan beantwoord. Skryf SLEGS DIE ANTWOORDE.
Selfassessering onder leiding van die opvoeder.
| LU 1.1.1 |
Verdeel in groepe van twee. Elkeen van julle gaan die volgende vrae aan jou maat stel. Na aanleiding van die antwoorde gaan jy meer aan die klas kom vertel van jou maat se eetgewoontes.
Voltooi nou die vraelys deur die vrae te vra en dan die antwoorde aan te teken.
Hou jy van:
Vertel nou jou maat se eetgewoontes aan die klas, bv.
Laledi eet gewoonlik roosterbrood en drink tee vir ontbyt. Sy eet gewoonlik
ontbyt om sewe-uur. Sy bring gewoonlik kos skool toe. Sy sit ‘n kaastoebroodjie,
‘n appel of ‘n piesang, ‘n koekie en ‘n bottel met water in haar kosblik. Soms koop
sy vir haar ‘n pakkie aartappelskyfies by die snoepwinkel. Laledi hou baie van
____________ en___________, maar nie van __________ nie.
| LU 1.1.2 |
| LU 4.1.3 |
Ruil nou jou skriftelike werk om met jou maat s’n. Gebruik die onderstaande assesseringsruit om mekaar se werk te assesseer. Gebruik die volgende simbole:
| Altyd: * | Dikwels: + | Soms: 0 | Glad nie: – |
| ALTYD | DIKWELS | SOMS | GLAD NIE | |
| Hoofletters waar nodig | ||||
| Punktuasie waar nodig | ||||
| Goeie sinne en korrekte woordorde | ||||
| Korrekte spelling van woorde | ||||
| Inhoud is goed en onderhoudend | ||||
| Paragrawe is goed beplan |
In die volgende woordraaisel kom die name van verskillende kossoorte en woorde wat met kos en etenstye verband hou, voor. Hulle kan horisontaal, vertikaal of diagonaal gelees word. Slaan eers die Afrikaanse woorde vir die onderstaande woorde na en skryf hulle langs die Engelse woorde neer. Daarna kan jy hulle in die woordraaisel soek. Kyk of jy hulle kan raaksien en omkring hulle.
potato breakfast
apricot supper
strawberry cereal
broccoli coffee
cauliflower tea
cucumber soup
peach bread
orange fruit
salad vegetables
egg dessert
bacon
| A | P | P | E | L | K | O | O | S | Q | V | E |
| A | B | E | I | E | R | Y | Z | L | L | R | T |
| R | C | R | F | O | S | T | Q | A | O | U | N |
| T | D | S | F | P | Q | E | R | A | O | G | E |
| A | N | K | O | R | X | E | S | I | K | T | O |
| P | A | E | K | O | M | K | O | M | M | E | R |
| P | G | R | S | P | E | K | P | P | O | G | G |
| E | E | D | B | R | O | K | K | O | L | I | L |
| L | R | O | V | E | Z | O | N | T | B | Y | T |
| Z | E | O | N | V | I | L | E | M | O | E | N |
| X | G | R | A | A | N | K | O | S | N | Y | W |
| Y | W | B | L | K | E | T | E | D | N | A | A |
Leer die woorde se betekenisse en spelling!
Ons het by no. 4 na die DIREKTE REDE gekyk.
Die INDIREKTE REDE is wanneer jy mense se woorde oorvertel.
Voorbeeld 1: Alice se ma vra: “Wat wil jy eet?”
Indirekte rede: Alice se ma vra wat sy wil eet.
Voorbeeld 2: Alice antwoord: “Ek wil sop eet.”
Indirekte rede: Alice antwoord dat sy sop wil eet.
óf
Alice antwoord sy wil sop eet.
Onthou, as jy dat gebruik, verander die woordorde. As jy dat weglaat, bly die woordorde dieselfde.
Voorbeeld 3: Ronnie vra vir Benny: “Het ons genoeg kos?”
Indirekte rede: Ronnie vra vir Benny of hulle genoeg geld het.
Voorbeeld 4: “Ek sal gaan seker maak.”
Indirekte rede: Benny antwoord dat hy sal gaan seker maak.
óf
Benny antwoord hy sal gaan seker maak.
Skryf die volgende sinne oor in die indirekte rede.
Assessering
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.1 verstaan en waardeer stories, asook dié wat deur medeleerders vertel word: |
| 1.1.1 reageer persoonlik en krities, stel en beantwoord vrae; |
| 1.1.2 evalueer die manier waarop die storie vertel is en gee terugvoering. |
| LU 4 |
| SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 4.1 skryf om inligting oor te dra: |
| 4.1.1 vul vorms en rooster in; |
| 4.1.3 gebruik inligting uit ‘n onderhoud en skryf ‘n verslag of gee ‘n beskrywing daarvan; |
| 4.2 skryf vir ‘n sosiale doel: |
| 4.2.1 skryf eenvoudige persoonlike briewe (soos: aanvaar ‘n uitnodiging, reageer op ‘n advertensie) en toon bewustheid van die kenmerke van die tekssoort; |
| 4.4 skryf skeppend: |
| 4.4.1 toon ontwikkelende vermoë om stories, gedigte en toneelstukke te skryf (soos deur dialoog by ‘n storie in te sluit); |
| 4.5 ontwerp mediatekste: |
| 4.5.1 gebruik ‘n raam om ‘n eenvoudige advertensie te ontwerp; |
| 4.6 benader skryf as ‘n proses: |
| 4.6.1 beplan ‘n skryfstuk volgens die doel, teikengroep en konteks; |
| 4.6.2 skryf ‘n konsepweergawe en lees en bespreek dit krities; |
| 4.6.4 gebruik kennis van grammatika en spelling om te redigeer. |
| LU 6 |
| TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 6.1 hersien grammatika wat in die vorige grade gedek is; |
| 6.2 spel bekende woorde korrek: |
| 6.2.2 woorde met enkel- en dubbelvokale en -konsonante (soos: boom, bome; pen, penne); |
| 6.2.4 algemene afkortings (soos: mnr., mev., me., mej., afkortings vir maande en dae); |
| 6.3 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer: |
| 6.3.14 leestekens (punt, komma, vraagteken, uitroepteken, aanhalingstekens). |
1.
1. vegetariër
2. afskaffer
3. soettand
4. kelner
5. vraat
6. kok of sjef
2.
(a) Hy
(b) hare
(c) Sy
(d) syne
(e) jou
(f) ons, ons s’n
(g) julle s’n
(h) hul(le)
3.
(a) hawermout
(b) minerale / vitamiene / proteïne / vesel (enige twee)
(c) energie
(d) ontbyt
(e) nee
(f) vyf minute
(g) melk, suiker, room, vars vrugte, droëvrugte, heuning (enige drie)
6.
| A | P | P | E | L | K | O | O | S | Q | V | E |
| A | B | E | I | E | R | Y | Z | L | L | R | T |
| R | C | R | F | O | S | T | Q | A | O | U | N |
| T | D | S | F | P | Q | E | R | A | O | G | E |
| A | N | K | O | R | X | E | S | I | K | T | O |
| P | A | E | K | O | M | K | O | M | M | E | R |
| P | G | R | S | P | E | K | P | P | O | G | G |
| E | E | D | B | R | O | K | K | O | L | I | L |
| L | R | O | V | E | Z | O | N | T | B | Y | T |
| Z | E | O | N | V | I | L | E | M | O | E | N |
| X | G | R | A | A | N | K | O | S | N | Y | W |
| Y | W | B | L | K | E | T | E | D | N | A | A |
7.
(a) Jacob vra vir Stella of sy baie gemorskos eet.
(b) Stella antwoord dat sy dit baie graag eet.
(c) Damian vra vir Samantha of sy nou haar appel gaan eet.
(d) Samantha antwoord dat dit eintlik haar middagete is.
(e) Jacky vra vir Kay hoe laat sy / hy ontbyt eet.
(f) Kay antwoord dat sy / hy nie ontbyt eet nie.
(g) Wilf vra vir Kelly of hy / sy genoeg oefening kry.
(h) Kelly sê dat hy / sy nie van enige oefening hou nie.
(i) Doreen vra vir Jolissa of sy genoeg vars vrugte eet.
(j) Jolissa antwoord dat vrugte haar gunstelingkos is.