Inside Collection: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 7
Verdeel in julle groepe. Elke groep moet ‘n advertensie ontwerp vir kos, ‘n lekker, ‘n koekie, skyfies, koeldrank, ensovoorts. Julle kan self besluit wat julle wil adverteer. Dis ‘n nuwe produk en julle moet in die advertensie met behulp van byvoeglike naamwoorde beskryf hoe goed en lekker die produk is. Die byvoeglike naamwoorde moet in die vergelykende (of tweede) trap gebruik word. Hier is ‘n voorbeeld:
![]() |
Gebruik van die byvoeglike naamwoorde in die onderstaande oefening as julle wil. Voltooi die trappies hieronder.
| heerlik | heerlikste | |
| lekkerder as | ||
| groter as | ||
| gesonder as | ||
| varser as | ||
| brosser as | ||
| dikker as | ||
| smaakliker as | ||
| sappiger as | ||
| goed |
Kom ons verfris weer julle geheues oor TRAPPE VAN VERGELYKING.
| EEN KLINKER | EEN KLINKER + ’g’ | ||||||||||||||||
| dik | dikker as | dikste | sag | sagter as | sagste | ||||||||||||
| dun | dunner as | dunste | lig | ligter as | ligste | ||||||||||||
| vet | vetter as | vetste | sleg | slegter as | slegste | ||||||||||||
| KLINKERS | DUBBELE KLINKERS + ‘g’ | ||||||||||||||||
| skoon | skoner as | skoonste | laag | laer as | laagste | ||||||||||||
| laat | later as | laatste | leeg | leër as | leegste | ||||||||||||
| geel | geler as | geelste | hoog | hoër as | hoogste | ||||||||||||
| droog | droër as | droogste | |||||||||||||||
| DUBBELE KLINKERS OF KONSONANTE |
|
||||||||||||||||
| vuil | vuiler as | vuilste | |||||||||||||||
| koel | koeler as | koelste | DUBBELE KLINKERS +’d’ | ||||||||||||||
| koud | kouer as | koudste | |||||||||||||||
| breed | breër as | breedste | |||||||||||||||
| WOORDE EINDIGENDE OP ‘r’ | ou d | ouer as | oudste | ||||||||||||||
| ver | verder | verste | |||||||||||||||
| lekker | lekkerder as | lekkerste | WOORDE EINDIGENDE OP ‘s’ | ||||||||||||||
| los | losser as | losste | |||||||||||||||
| boos | boser as | boosste | |||||||||||||||
| EEN KLINKER + ‘f’ | fluks | flukser as | flukste | ||||||||||||||
| grof | growwer as | grofste | |||||||||||||||
| laf | lawwer as | lafste | EEN KLINKER + ‘nk’ | ||||||||||||||
| muf | muwwer as | mufste | lank | langer as | langste | ||||||||||||
| jonk | jonger as | jongste | |||||||||||||||
| DUBBELE KLINKER ‘f’ | UITSONDERINGS | ||||||||||||||||
| doof | dower as | doofste | goed | beter as | beste | ||||||||||||
| braaf | brawer as | braafste | baie | meer as | meeste | ||||||||||||
| gaaf | gawer as | gaafste | bietjie | minder as | minste | ||||||||||||
| kwaad | kwater | kwaadste | |||||||||||||||
| nuut | nuwer | nuuste | |||||||||||||||
Voltooi nou die volgende oefening deur die regte vorm van die woorde tussen hakies te skryf.
Die man is _____________as sy broer.
Is kool ______________as brokkoli?
Die brood is die___________-wat ek nog geëet het.
Die Franse brood is ___________-as die gewone brood.
Draf maak jou______________as om te stap.
Dis _________ om vars vrugte te eet as om ingemaakte vrugte te eet.
Water is die_________vloeistof om te drink.
Sjokolade maak mens ____________ as brood.
Die _____________mense kan brood bekostig.
‘n Mens eet ontbyt baie________________as middagete.
| LU 6.5.3 |
Ons het nou gelees, gesels en geskryf oor kos, gesonde en ongesonde eetgewoontes. Tog is daar wêreldwyd baie mense wat min of glad nie kos het om te eet nie.
Die onderstaande leesstuk vertel julle meer van hongersnood en die oorsake daarvan. Luister terwyl julle opvoeder dit hardop voorlees. Daarna kan jy en ‘n maat dit vir mekaar hardop voorlees.
| Nuwe woorde: | |||||
| hongersnood | - | famine | oorlog | - | war |
| tekort | - | shortage | slagvelde | - | battlefields |
| siektes | - | diseases | armoede | - | poverty |
| droogtes | - | drought | uitvoer | - | export |
| vloede | - | floods | vernietig | - | destroy |
| verbou | - | grown | |||
Wat is Hongersnood?
Hongersnood is ‘n ernstige tekort aan voedsel. Daar is miljoene mense in die wêreld wat nie genoeg kos het om te eet nie en daarom kan hul nie gesond bly nie. Hulle word swakker en sterf uiteindelik as gevolg van ondervoeding of siektes.
Daar is drie dinge wat hongersnood veroorsaak. Soms is dit een, twee, of al drie wat tegelykertyd hongersnood veroorsaak. Kom ons kyk na die drie oorsake afsonderlik.
Die weer
Die meeste mense dink droogtes veroorsaak dat gesaaides nie kan groei nie, omdat daar nie reën is nie. Hulle vergeet dat vloede net so skadelik is. Vloede kan gesaaides wegspoel en so vernietig.
Oorlog
Oorlog verander dikwels die boere se plase in slagvelde. Die boere kan nie saai of oes nie, of hulle vlug van hulle plase af om die gevegte te vermy.
Armoede
In die arm lande is kos baie duur. Mense is te arm en het nie geld om die duur kos te koop nie. Dikwels is daar nie kos om te koop nie, want die voedsel wat in dié lande verbou word, word uitgevoer.
Kyk na die kaart. Op hierdie kaart word die wêreld verdeel met die dik streep. Die lande bokant die streep is die lande van die Noorde. Hulle is die ryk lande. Die lande onder die streep is die lande van die Suide. Baie van hierdie lande is arm.
Hoewel daar hongersnood in die lande van die Noorde kan voorkom, is dit in baie van die lande in die Suide waar hongersnood voorkom.
![]() |
Beantwoord nou die volgende vrae:
Kies die korrekte woorde tussen hakies en skryf hulle neer:
(4 x ½) = 2
(2)
____________verander boere se plase in slagvelde.
Boere kan nie____________of_________ en daarom is daar nie
kos nie. Die ___________ veroorsaak ook dat hulle hulle plase verlaat.
(4 x ½) = 2
(2)
(2)
TOTAAL: 10
Assessering deur opvoeder
| LU 3.4.1 |
Julle het nou gelees van voedsel en van kos. Hierdie twee woorde het dieselfde betekenis. ‘n Mens kry in elke taal woorde wat dieselfde beteken. ‘n Mens kan dit ook sinonieme noem.
Soek die woorde in B wat dieselfde betekenis as die woorde in A het en verbind hulle.
| A | B |
| vader | eensaam |
| kos | gesin |
| vriend | present |
| lorrie | pa |
| snaaks | voedsel |
| alleen | ma |
| praat | gelukkig |
| familie | maat |
| geskenk | vragmotor |
| moeder | gratis |
| verniet | gesels |
| bly | komies |
| LU 6.6.2 |
Hierdie twee kinders ly aan siektes weens ernstige tekorte aan voedsel. Ons noem hierdie siektes dieetafwykings (eating disorders).
Daar is nog ‘n hele paar ander dieetafwykings soos byvoorbeeld:
Dié siektes se oorsake kan fisies óf emosioneel wees.
Kies enige van die bogenoemde siektes of afwykings en doen navorsing daaroor in die biblioteek of selfs op die internet. Julle kan kies of julle individueel, in pare of groepe wil werk.
Die mondeling moet oudiovisueel aangebied word. Jy moet dit dus aanbied sodat jou maats meer oor die onderwerp hoor én sien. Hier is ‘n paar voorstelle:
Jy moet meer oor die volgende sê en dit toelig met visuele hulpmiddels:
Ken julle enige van die volgende skokkende feite?
Hou ‘n klasbespreking om te besluit of julle as klas enige verskil aan hierdie tragiese feite kan maak.
Assessering
| LU 3 |
| LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 3.1 lees ‘n teks (fiksie of nie-fiksie): |
| 3.1.1 identifiseer doel, teikengroep en konteks; |
| 3.4 lees vir inligting: |
| 3.4.1 volg feitelike tekste (soos ‘n beskrywing van die proses om papier te maak). |
| 3.7 lees vir genot: |
| 3.7.5 los woordraaisels op (soos blokkiesraaisels). |
| LU 6 |
| TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 6.1 hersien grammatika wat in die vorige grade gedek is; |
| 6.2 spel bekende woorde korrek: |
| 6.2.2 woorde met enkel- en dubbelvokale en -konsonante (soos: boom, bome; pen, penne); |
| 6.2.4 algemene afkortings (soos: mnr., mev., me., mej., afkortings vir maande en dae); |
| 6.3 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer: |
| 6.3.14 leestekens (punt, komma, vraagteken, uitroepteken, aanhalingstekens). |
Memorandum
2.
(1) maerder
(2) slegter
(3) varsste
(4) langer
(5) moeër
(6) beter
(7) beste
(8) vetter
(9) meeste
(10) vroeër
4.(1)
(a) tekort
(b) ondervoeding
(c) drie
(d) weer
(2)
(a) Gedurende droogtes reën dit te min.
(b) Vloede laat gesaaides wegspoel.
(3) oorlog, saai, oes, gevegte
(4)
(a) Kos is baie duur en hulle het nie genoeg geld nie.
(b) Die voedsel word uitgevoer.
(5)
(a) ryk
(b) Afrika
5.
.