Inside Collection: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 7
1. WAARHEEN?
Hier is ‘n basiese straatplan:
![]() |
Volg hierdie instruksies en kyk waar jy uitkom:
Begin by die skool
Stap op in Aandblomstraat.
Draai links in Kerkstraat.
Stap verby die park en draai links in Hoogweg.
Stap tot by die poskantoor.
Skuins oorkant die poskantoor is waar jy wil wees.
Begin by die kafee.
Stap links in Roosstraat.
Stap tot op die hoek van Vleistraat.
Draai regs in Vleistraat.
Die plek waar jy wil wees, is op die hoek van Hoogweg
| LU 3.4.2 |
Teken nou die volgende plekke in op die basiese straatplan waar jy dink dit die beste sal pas.
![]() |
Verdeel in pare. Vra vir jou maat waar dié plekke op sy/haar kaart is en merk hulle met ‘n sleutel volgens sy/haar instruksies. Besluit self wat die sleutels gaan wees. Teken die sleutels langs die plekke hierbo.
| LU 5.3.3 |
2. HOE SAL JY REIS?
Jy het die instruksies op papier uitgevoer.Daar is verskillende maniere om by ‘n plek te kom. Hoe jy daar kom, hang af van waarheen jy gaan!
Werk in pare en beantwoord die volgende vrae mondelings in volsinne. Altwee moet ‘n beurt kry om die vrae te stel en te beantwoord,
bv. Hoe sal jy reis as jy Kanada toe wil gaan?As ek Kanada toe wil gaan, sal ek per vliegtuig reis.
Hoe sal jy reis _____
1. _______ as jy winkel toe wil gaan?
2. _______ as jy na ‘n eiland toe wil gaan?
3. _______ as jy by jou maat wil gaan kuier?
4. _______ as jy Amerika toe wil gaan?
5. _______ as jy by familie in ‘n ander provinsie wil gaan kuier?
6. _______ as jy in die woestyn is?
7. _______ as jy Europa toe wil gaan?
8. _______ as jy op ‘n wildplaas is waar daar nie juis paaie is nie?
9. _______ as jy met vakansie gaan?
10. _______ as jy iemand van ‘n berg af moet red?
| LU 5.2.1 |
3. IDIOMATIESE UITDRUKKINGS
Leer en onthou hierdie idiomatiese uitdrukkings
1. ry met Jan Tuisbly se karretjie – bly by die huis
2. gou op jou perdjie – word gou kwaad
3. daar is ‘n slang in die gras – iets is verkeerd
4. as die kat weg is, is die muis baas – as die baas weg is , doen almal wat hulle wil
5. die appel val nie ver van die boom nie – aard na sy ouers
6. hy het lang vingers – hy steel
7. hy is nog nat agter die ore – hy is nog baie jonk
8. iets vir ‘n appel en ‘n ei koop - baie goedkoop koop
9. ‘n mondvol tande – weet nie wat om te sê nie
10. sy oë is groter as sy maag – hy skep meer kos in as wat hy kan eet
11. voor op die wa – glad nie skaam nie
12. bokant my vuurmaakplek – te moeilik vir my
| LU 2.3 |
4. MONDELING
WAARHEEN GAAN JY MET VAKANSIE?
Jy beplan jou vakansie. Jy gaan die volgende dinge moet beplan en in ag neem.
5. LUISTERLEES
Luister baie mooi terwyl julle opvoeder ‘n kort leesstuk oor ‘n vakansiebestemming minstens twee maal hardop voorlees.
Beantwoord nou die vrae wat oor die leesstuk handel. Skryf slegs die antwoorde. Spelling is nie nou belangrik nie.
1. Tussen watter berge lê Zermatt?
(1)
2. In watter land is Zermatt?
(1)
3. Vul in: Motors kan nie daar ry nie, want die strate is te
(1)
4. Geen __________ of __________ word in Zermatt toegelaat nie.
(2)
5. Waarmee reis besoekers na die dorpie?
(1)
6. Watter twee vervoermiddels vervoer besoekers van die stasie af?
___________karre en ________- karre.
(2)
7. Hoe kan voetgangers daar voel?
(1)
8. Die lug is mooi skoon in Zermatt. Daar is dus geen nie.
(1)
| Totaal: |
|
| LU 1.2.1 |
6. SKRIFTELIKE WERK
Blaai deur ou tydskrifte of deur reisbrosjures en soek gepaste prentjies om ‘n poskaart mee te maak.
Skryf nou die poskaart vir jou maat. Vertel baie kortliks van jou vakansie en wat jy sien en doen.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.2 verstaan mondelinge tekste (soos oorvertellings, sportkommentaar): |
| 1.2.1 beantwoord vrae wat toenemend moeilik word; |
| 1.3 luister vir spesifieke inligting. |
| LU 2 |
| PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.2 voer interaksie in die addisionele taal: |
| 2.2.1 gebruik taal vir ‘n wye verskeidinheid funksies: gee uitdrukking aan menings en gevoelens, maak keuses, gee raad en maak voorstelle (soos Ek dink jy moet ...); |
| 2.3 toon ontikkeling in die vermoë om kenmerke van gesproke taal te gebruik om te kommunikeer: woord- en sinaksent, intonasie, ritme; |
| 2.4 begin sosiale en etiese kwessies debatteer. |
| LU 3 |
| LEES EN ONDERSOEKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 3.4 lees vir inligting: |
| 3.4.1 volg feitelike tekste (soos ‘n beskrywing van die proses om papier te maak); |
| 3.4.2 lees eenvoudige diagramme, grafieke en tabelle; |
| 3.5 ontleed advertensies en pamflette; |
| 3.6 gebruik leesstrategieë: |
| 3.6.1 pas gepaste leestegnieke op verskillende tekssoorte toe (soos: soeklees ‘n telefoongids; stiplees instruksies; vluglees ‘n koerant se opskrifte); |
| 3.7 lees vir genot: |
| 3.7.5 los woordraaisels op (soos blokkiesraaisels). |
| LU 4 |
| SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 4.1 skryf om inligting oor te dra: |
| 4.1.2 skryf een of twee paragrawe om ‘n proses te beskryf (soos hoe om ‘n motorband om te ruil); |
| 4.2 skryf vir ‘n sosiale doel; |
| 4.3 skryf vir persoonlike besinning; |
| 4.4 skryf skeppend; |
| 4.5 ontwerp mediatekste: |
| 4.5.1 gebruik ‘n raam om ‘n eenvoudige advertensie te ontwerp; |
| 4.6 benader skryf as ‘n proses: |
| 4.6.4 gebruik kennis van grammatika en spelling om te redigeer. |
| LU 5 |
| DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, te verwerk en te gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 5.1 gebruik taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen: |
| 5.1.1 verstaan sommige begrippe uit ander leerareas en gebruik die woordeskat wat daarmee verband hou (soos ”handel” in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe); |
| 5.2 gebruik taal om te dink: |
| 5.2.1 stel en beantwoord meer komplekse vrae (soos: Wat sal gebeur as ...?); |
| 5.3 versamel inligting en teken dit op verskillende maniere op: |
| 5.3.2 doen eenvoudige navorsing en skryf ‘n verslag wat instrumente soos grafieke, tabelle, diagramme en statistiek insluit; |
| 5.3.3 dra inligting van een modus na ‘n ander oor (soos gebruik inligting uit ‘n visuele of geskrewe teks om ‘n grafiek of tabel te skep of byskrifte by ‘n diagram te skryf). |
VIR DIE OPVOEDER
Die leesstuk vir die luisterlees-oefening by no. 19.
Zermatt is ‘n pragtige dorpie tussen die Alpe-berge in Switzerland. Die strate is baie nou en geen motors kan daar ry nie Baie jare gelede het Zermatt se inwoners besluit om nooit motors en vragmotors in die dorpie toe te laat nie. Besoekers los hulle motors onder in die vallei en reis dan verder per trein. Wanneer hulle by die stasie kom, word hulle vervoer deur perdekarre of elektriese karretjies. Daar is dus geen verkeer in die strate nie. Voetgangers is veilig en daar is geen geraas of besoedeling nie.
5.
1. Die Switserse Alpe
2. Switserland
3. nou
4. motors, vragmotors
5. per trein
6. perde, elektriese
7. veilig
8. besoedeling