Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 7 » Kleredrag

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseLang display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Kleredrag

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 7

Module 18

KLEREDRAG

1. WATTER?

Jy is na ‘n partytjie toe genooi. Die partytjie vind oor ‘n week plaas en jy sien reeds uit daarna. Jy begin ook reeds dink oor watter klere jy gaan aantrek.

Kyk nou na hierdie prente.

Figure 1
Figure 1 (Picture 1.png)

Kies een van die twee uitrustings waarin jy die beste sal voel. Kleur die uitrusting met jou gunsteling-kleur(e) in.

Werk nou saam in pare. Gesels met jou maat oor die uitrusting wat jy gekies het en ook oor die kleur(e) wat jy verkies. Verduidelik waarom jy van die klere hou en hoe jou gunstelingkleur(e) jou laat voel.

Jy en jou maat kan nou die volgende vrae vir mekaar vra:

  • Hoekom is ____ jou gunsteling-kleur?
  • Watter kleur sou jy graag jou kamermure wou verf?
  • Van watter kleur(e) hou jy regtig niks nie?

Die woorde in die raampie hieronder beskryf almal emosies en karaktereienskappe. Besluit watter woorde by watter kleure pas en skryf die woorde binne-in die reghoeke. Jy mag die woorde meer as een maal gebruik. ‘n Swart pen moet gebruik word. (Skryf die woorde vir die swart reghoek maar langsaan, bo of onder).

Figure 2
Figure 2 (Picture 9.png)

Maak seker dat jy die betekenisse van hierdie woorde ken.

Verdeel in julle groepe en bespreek hoekom sekere woorde beter by sekere kleure pas. Verskil julle baie of is daar baie ooreenkomste?

Gebruik nou kleurpotlode en druk die volgende gevoelens of emosies uit in kleur. Hierdie emosies sal ook ‘n definitiewe vorm en tekstuur hê:

Figure 3
Figure 3 (Picture 13.png)

Figure 4
Figure 4 (Picture 14.png)

Table 1
LU 5.1.1  

2. MONDELING

Jy en jou ma gaan winkel toe om vir jou klere vir die partytjie te gaan koop. Jy en jou ma stem nie altyd saam oor watter klere mooi is nie. Julle begin alreeds op pad na die winkelsentrum stry oor wat julle gaan koop.

Hieronder is ‘n tipiese reaksie van ‘n dertienjarige kind wat sy/haar sê vir sy/haar ouers sê. Kies die regte woorde tussen hakies en onderstreep hulle.

Wanneer gaan Pa en Ma ophou om altyd so aan my te (pla, lol, karring)! Ek dink ek is nou oud genoeg om my (uie, eier, eie) besluite te neem. Ek (ken, weet) hoe ek wil aantrek en ek weet waarvan ek (hoe, hou). Ek is die (enige, enigste) wat altyd so outyds aantrek en ek voel altyd so (yt, uit, eit). Julle sal moet begin om my te (betrou, vertrou, hertrou) om self te (kies, koes, koos).

Selfasssessering onder leiding van die opvoeder.

Table 2
LU 6.2.1  

3. STILLEES

Lees die volgende strokie en beantwoord dan die vrae met ‘n W(waar), O(onwaar) of OB(onvoldoende besonderhede).

Figure 5
Figure 5 (Picture 19.png)
Table 3
1. Die seun hou van moderne klere.  
2. Sy ma is baie streng.  
3. Sy ma dink net aan haarself en nie hoe hy voel nie  
4. Die seun is baie ongehoorsaam.  
5. Die ma kry haar sin.  
6. Die seun voel baie gelukkig  
7. Die meisie wil nie saam met die seun gesien word nie.  
8. Die seun blameer sy ma vir sy voorkoms.  
9. Die meisie dink hy lyk soos sy pa.  
10. Die seun gaan partytjie toe, al lyk hy outyds.  

4. WOORDESKAT EN SPELLING

WAT NOEM JY IEMAND WAT .....?

Luister hoe ‘n paar tieners reageer op die vraag hoe hulle sommige van hulle karaktereienskappe beskryf.

Figure 6
Figure 6 (Picture 21.png)

Hierdie karaktereienskappe kan met een woord beskryf word. Hierdie woorde kan almal in hierdie woordraaisel gekry word. Omkring die woorde en skryf hulle neer as die spreker.

Table 4
l t j a n k b a l i e b
m g r a p j a s g o w u
t s m u x o b s h p x l
r w b a n g b r o e k l
q n c v z s e x j q g e
a l l e e n l o p e r b
g o s c g r k b l s o a
I a k l a k o u s t o k
e z d v r t u d m u t y
x q u m l t s f n v b z
s e n u w e e b o l e a
c f i n q w a c e g k b

Help mekaar in julle groepe om die woorde te kry en by die regte praatborrel te plaas.

Leer die woorde se spelling en betekenisse.

Table 5
LU 3.7.5  

5. SKRIFTELIKE WERK

Julle gaan nou drie opdragte kry om uit te voer.

Skryf ‘n kort briefie oor ‘n denkbeeldige probleem wat jy met jou ma, pa, maat, suster, broer, opvoeder of iemand anders het. Gebruik ‘n skuilnaam!! (Die briefie moet ± 40 woorde wees).

Hierdie briefie word gestuur aan die “Probleemhoekie” van ‘n tydskrif waar ‘n oplossing vir jou probleem gegee word.

Julle briefies word deur die opvoeder opgeneem. Die opvoeder deel die briefies uit. Jy kry dus nou iemand anders se probleembriefie.

Table 6
LU 4.3  

Lees die briefie deur en kyk of daar enige foute is. (Taalfoute, spelfoute of punktuasie-foute). Skryf die briefie korrek oor – dus sonder enige foute.

Table 7
LU 4.6.4  

Jy gaan nou raad gee vir hierdie probleem. Skryf die raad neer. Skryf ook min of meer 40 woorde.

Table 8
LU 4.2  

Assessering van opdragte deur die opvoeder.

6. DEBAT

Julle klas gaan nou ‘n debat hou.

  • Kies die volgende: ‘n voorsitter;

‘n sekretaresse;

ses sprekers – drie sprekers is daarvoor en drie sprekers is daarteen;

‘n tydhouer

  • Julle opvoeder sal julle help. Onthou dat ander leerders ook ‘n spreekbeurt mag hê.

Die onderwerp:JUWELIERSWARE – AANVAARBAAR VIR SEUNS?

Table 9
LU 2.4  

Assessering

Table 10
LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.2 voer interaksie in die addisionele taal:
2.2.1 gebruik taal vir ‘n wye verskeidinheid funksies: gee uitdrukking aan menings en gevoelens, maak keuses, gee raad en maak voorstelle (soos Ek dink jy moet ...);
2.3 toon ontikkeling in die vermoë om kenmerke van gesproke taal te gebruik om te kommunikeer: woord- en sinaksent, intonasie, ritme;
2.4 begin sosiale en etiese kwessies debatteer.
LU 3
LEES EN ONDERSOEKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.4 lees vir inligting:
3.4.1 volg feitelike tekste (soos ‘n beskrywing van die proses om papier te maak);
3.4.2 lees eenvoudige diagramme, grafieke en tabelle;
3.5 ontleed advertensies en pamflette;
3.6 gebruik leesstrategieë:
3.6.1 pas gepaste leestegnieke op verskillende tekssoorte toe (soos: soeklees ‘n telefoongids; stiplees instruksies; vluglees ‘n koerant se opskrifte);
3.7 lees vir genot:
3.7.5 los woordraaisels op (soos blokkiesraaisels).
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.2 skryf een of twee paragrawe om ‘n proses te beskryf (soos hoe om ‘n motorband om te ruil);
4.2 skryf vir ‘n sosiale doel;
4.3 skryf vir persoonlike besinning;
4.4 skryf skeppend;
4.5 ontwerp mediatekste:
4.5.1 gebruik ‘n raam om ‘n eenvoudige advertensie te ontwerp;
4.6 benader skryf as ‘n proses:
4.6.4 gebruik kennis van grammatika en spelling om te redigeer.
LU 5
DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, te verwerk en te gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.1 gebruik taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen:
5.1.1 verstaan sommige begrippe uit ander leerareas en gebruik die woordeskat wat daarmee verband hou (soos ”handel” in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe);
5.2 gebruik taal om te dink:
5.2.1 stel en beantwoord meer komplekse vrae (soos: Wat sal gebeur as ...?);
5.3 versamel inligting en teken dit op verskillende maniere op:
5.3.2 doen eenvoudige navorsing en skryf ‘n verslag wat instrumente soos grafieke, tabelle, diagramme en statistiek insluit;
5.3.3 dra inligting van een modus na ‘n ander oor (soos gebruik inligting uit ‘n visuele of geskrewe teks om ‘n grafiek of tabel te skep of byskrifte by ‘n diagram te skryf).
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.2 spel bekende woorde korrek:
6.2.1 woorde wat dikwels verkeerd gespel word (soos: vriende, wêreld,vyftien, wanneer);
6.3 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.3.10 die ontkennende vorm (soos: Ek hou nie van brood nie; Niemand sal dit doen nie);
6.3.11 die verbinding van sinne met voegwoorde met die korrekte woordorde.

Memorandum

2.

  • karring
  • eie
  • weet
  • hou
  • enigste
  • uit
  • vertrou
  • kies

3.

1. waar 7. waar

2. waar 8. waar

3. waar 9. waar

4. onwaar 10. waar

5. waar

6. onwaar

Table 11
babbelkousEk praat sonder ophou!
grapjasEn ek hou baie daarvan om grappe te maak.
agieEk is baie nuuskierig.
tjankbalieEk huil baie maklik.
alleenloperEk hou daarvan om alleen te wees.
klakousEk kla altyd oor alles!
senuweebolEk is gedurig op my senuwees.
grootbekEk spog baie graag.
bullebakEk hou daarvan om ander kinders bang te maak en seer te maak.
bangbroekEk word maklik bang.
4.

Table 12
l t j a n k b a l i e b
m g r a p j a s g o w u
t s m u x o b s h p x l
r w b a n g b r o e k l
q n c v z s e x j q g e
a l l e e n l o p e r b
g o s c g r k b l s o a
i a k l a k o u s t o k
e z d v r t u d m u t z
x q u m l t s f n v b z
s e n u w e e b o l e a
c f i n q w a c e g k b

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks