Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 8 » Begrip vir mondelinge tekste

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseLang display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Begrip vir mondelinge tekste

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 8

Module 4

BEGRIP VIR MONDELINGE TEKSTE

Aktiwiteit 1:

Om mondelinge tekste te verstaan en om bekende woorde korrek te spel

  • Luister aandagtig terwyl jou onderwyser die volgende leesstuk hardop lees:

Een van die groot trekpleisters vir toeriste na Suid-Afrika is die pragtige strande al langs ons kus. Dit is egter nie net buitelandse toeriste wat hier kom baljaar nie, maar ook Suid-Afrikaners wat van heinde en verre kom om die see en son te geniet.

Kaapstad, die oudste stad in Suid-Afrika, word ook “Die Moederstad” genoem. Vir eeue lank al word die skoonheid van Kaapstad en die Kaapse Skiereiland besing. Op sy vaart om die wêreld in die sestiende eeu het Sir Francis Drake in sy dagboek onder meer van die Kaap geskryf: “A most stately thing, and the fairest Cape we saw in the whole cirmcumference of the earth.”

Kaapstad en die Skiereiland het ook ander name gekry. Bartolomeus Dias het dit in 1486 “Die Kaap van Storms” genoem, nadat hy en sy drie skepe vir 13 dae lank in woeste storms moes probeer oorleef. Maar op ’n meer positiewe noot het hy en Koning Juan II van Portugal dit tog ook “Die Kaap van Goeie Hoop” genoem, omdat die seevaarders hoopvol was dat hulle die seeroete na Oos-Indië om die Kaap sou vind. Nog ’n naam is “Die Herberg van die See” (“The Tavern of the Seas”), omdat Kaapstad al eeue lank as ’n rusplek en vriendelike hawe vir moeë seevaarders dien.

1. Beantwoord die volgende vrae wat op die voorafgaande stuk gebaseer is in volsinne:

a) Wat is buitelandse toeriste?

b) Waarom word Kaapstad “Die Moederstad” genoem?

c) Wat het die ou seevaarders probeer bereik tydens hul ontdekkingstogte?

d) Wie het eerste om die Kaap geseil: Sir Francis Drake of Bartolomeus Dias?

e) Hoe het Drake oor die Kaap gevoel?

f) Hoe het Dias gevoel? Noem twee gevoelens wat hy ervaar het.

g) Waarom word “storms” in hierdie stuk op een plek met ’n kleinletter geskryf, en op ’n ander plek met ’n hoofletter?

h) Waarom is daar ’n deelteken op die tweede e in “moeë”? Hoekom is daar dan net een e in “droë”?

d) As “skepe” aan die einde van ’n reël gestaan het en jy moes dit afkap deur ’n koppelteken te gebruik, hoe sou jy dit afkap?

Table 1
                     
  LU 1.2           LU 6.1      
                     

Aktiwiteit 2

Om ’n onderhoud te voer

  • Kies een van jou klasmaats om die volgende aktiwiteit saam met jou te doen:
  • Verbeel julle dat een van julle ’n matroos op een van Dias se drie skepies was wat in die stormweer vasgevang was. Die ander een is sy vriend in Portugal. Die matroos is nou weer veilig tuis ná ’n lang en baie angswekkende vaart.
  • Kies vir julle elkeen ’n tipies-Portugese naam.
  • Die vriend vra die matroos uit oor al sy wedervaringe en die matroos vertel met die nodige emosie en liggaamstaal van sy avonture. Die vriend moet ’n paar relevante vrae stel en nie net in die algemeen vra hoe dit gegaan het nie. Hy moet ten minste vyf vrae stel waarop die matroos kan antwoord.
  • Trek een of twee kledingstukke aan wat julle soos karakters uit daardie tyd sal laat lyk. Hoe dink jy het ’n matroos in daardie tyd gelyk?
Table 2
         
  LU 2.5      
         

Aktiwiteit 3

Om in Afrikaans te kan dink en om woordeskat uit te brei

  • Skryf ’n definisie van elk van die volgende woorde soos hulle in bogenoemde stuk gebruik word, met ander woorde in hierdie konteks. Jy mag naslaanboeke gebruik, maar probeer om die definisie in jou eie woorde te skryf:
  • ’n trekpleister

  • skoonheid

  • ’n skiereiland

  • ’n herberg (met ’n kleinletter, m.a.w. nie as deel van die naam “Die Herberg van die See” nie)

  • ’n dagboek

  • Ken jy dalk ’n ander betekenis van “trekpleister”? Indien wel, skryf dit hier neer. Indien nie, probeer uitvind!

Table 3
         
  LU 5.2      
         

Aktiwiteit 4

Om stories te verstaan en waardeer

Van Hunks en die duiwel

  • Daar is baie mites en legendes omtrent Kaapstad. Een van hulle is die legende van Van Hunks en die duiwel:

Lank, lank gelede wou die Kapenaars ’n verklaring vind vir die digte wolk wat soms oor Tafelberg hang.

Daar het ’n storie ontstaan van ’n seerower, ene Van Hunks, wat tussen Duiwels-piek en Tafelberg in ’n kothuisie gewoon het. Op ’n dag het ’n vreemdeling by sy huisie opgedaag. Die vreemde man was deftig uitgevat en het ’n mooi hoed gedra. Hy het homself nie voorgestel nie, maar vir Van Hunks vir ’n bietjie pyp-tabak gevra. Van Hunks nooi hom toe in, en gee vir hom tabak om sy pyp mee te stop. Terwyl hulle so sit en rook, spog Van Hunks dat niemand soveel kan rook as hy nie. Daar en dan daag die vreemdeling vir Van Hunks uit om ’n “rook-wedstryd” met hom te hê. Hulle sou kyk wie die meeste kon rook. Hulle verdeel die tabak, en begin rook.

Teen die volgende oggend was die hele berg toe onder die rook. Skielik stamp die vreemdeling sy hoed per ongeluk van sy kop af. Wat sien Van Hunks? Die man het horings op sy kop! Die vreemdeling was toe al die tyd die duiwel! Skielik is daar ’n donderslag en beide Van Hunks en die duiwel verdwyn. Tot vandag toe het niemand hulle nog ooit weer gesien nie. Maar as die wolk so swaar oor Tafelberg hang, sê die Kapenaars: “Ou Van Hunks en die duiwel stook vandag weer!”

Bron: http://www.wcape.school.za/mickle/town/natasha.htm

Umlindi Wemingizimu: Die Bewaker van die Suide

  • Daar is baie stories oor die Kaap.

Volgens ’n Afrika-legende het Qamata die wêreld geskape. Maar Nganyamba, ’n nare monster wat onder die see lê en slaap, het probeer om te verhoed dat Qamata droë land maak. Om vir Qamata in sy stryd teen Nganyamba by te staan, het Djobela, die eenogige aardgodin, vier groot reuse gemaak; een om elke rigting te bewaak: noord, suid, oos en wes. Ná groot gevegte is die reuse egter uiteindelik verslaan. Voor hulle dood is, het hulle vir Djobela gevra om hulle in berge te verander sodat hulle hul werk kon voortsit. Umlindi Wemingizimu (Die Bewaker van die Suide) het toe Tafelberg geword. Tot vandag toe hou Tafelberg nog wag oor die suide.

Bron: http://www.cybercapetown.com/CapeTown/myth.php

  • Verdeel in groepe van vier en werk saam aan hierdie aktiwiteit. Vind nog ’n legende, gedig, mite of storie oor die Kaap deur in naslaanboeke of op die internet te soek, of deur ouer mense daaroor uit te vra. Hierdie stories kan met Kaapstad en omgewing (bv. die see, vissermanne, Tafelberg, die Kasteel of mense uit die geskiedenis) verband hou. Probeer om verhale van verskillende Suid-Afrikaanse bevolkingsgroepe te kry, sodat daar diversiteit is. Vertel dan die verhaal aan die res van die klas. Maak ook ’n mooi plakkaat wat later as klasversiering gebruik kan word. Sorg dat elke lid van die groep ’n bepaalde taak het.
  • Die groepe wat luister terwyl hul maats vertel, moet dan vrae vra, die storie evalueer en terugvoering gee. Jul onderwyser sal leiding gee met hierdie deel van die aktiwiteit.
Table 4
         
  LU 1.1      
         

Aktiwiteit 5

Om sommige elemente van die poësie te verstaan

  • Lees die volgende twee gedigte aandagtig en voer die opdragte uit wat volg:

Gedig A

Jan Dolos van Dwarskersbos

vang visse in ’n tros;

as ’n vis eers pik

aan Jan se hoek

dan kom hy nooit weer los.

Die vetste snoek aan Jan se hoek

dié bak hy op ’n plaat;

hy eet sy kop

en alles op

en die kat kry net die graat.

Uit: R.K. Belcher: Sit om jou dassie. Kaapstad: Die Kinderpers van SA. Met vriendelike vergunning van die digter

Gedig B

Vissersboot

Die rye vissersbote van Houtbaai

lê lange nagte rusteloos en dobber

teen gladgespoelde houte van die kaai

tot eindelik met die rooi koms van die more

hul weer die ver, blink velde sal verken

en weer teen skemer terugkeer soos tevore.

Wintermaande word met die gewaai

van reën en wind die bote skoongemaak

en warm vasgeanker teen die kaai,

maar soms gebeur dit dat met hooggety

een skielik op ’n nag sy toue breek,

die oop see invaar en vir goed wegbly.

Uit: R.K. Belcher: Ver Land. Kaapstad/Pretoria: HAUM. Met vriendelike vergunning van die digter

Woordverklarings:

tros : bondel vrugte (bv ’n tros druiwe)

graat : die beentjies van ’n vis se liggaam

dobber : op en af beweeg op die water

skemer : halfdonker

verken : ’n terrein bespied of ondersoek

kaai : sterk muur waarlangs skepe vasgemeer kan word

hooggety : hoogwater

invaar : ingaan / inbeweeg per boot of skip

  • Lees albei gedigte hardop. Watter een is die mees ritmiese, A of B?

Gedig A:

a) Vervang die woord “pik” deur ’n ander woord met dieselfde betekenis.

b) Waarom dink jy het die digter besluit om “pik” in die gedig te gebruik? Wat sê “pik” alles vir jou?

c) Wat beteken dit as daar gesê word dat Jan Dolos “visse in ’n tros” vang? Verduidelik in jou eie woorde.

d) Is Jan Dolos ’n goeie visserman?

e) Gee twee redes (uit die gedig) vir jou antwoord.

f) Is Jan lief vir snoek? Haal aan uit die gedig om jou antwoord te staaf.

g) Skryf die woorde neer wat met mekaar rym in die gedig. Hulle hoef nie almal aan die einde van ’n versreël te staan nie. Skryf dit so:

_________rym met __________

__________ rym met _____________

______________ rym met_____________

______________rym met ______________

______________rym met ____________

_______________rym met ____________

(Doen net soveel as jy kan.)

h) Een van die tegnieke wat in poësie gebruik word om ’n gedig meer “musikaal” te maak (mooi te laat klink), is om sekere woorde wat naby mekaar staan, met dieselfde klank te laat begin, bv. “Die wind waai woes”. (Die w-klank word herhaal.) Dit word alliterasie genoem. Skryf een voorbeeld van alliterasie neer uit die gedig.

Gedig B:

a) In reël 2 word daar gesê dat die bote snags “rusteloos” is. Kan ’n boot rusteloos wees?

b) Verduidelik wat bedoel word as daar gesê word dat hulle “rusteloos dobber”.

c) Wat is die “ver, blink velde” wat deur die bote verken word?

d) Kyk na die woorde “warm vasgeanker”. Die bote kan tog nie in die winter warm wees nie, want die see en wind is koud. Wat word met hierdieuitdrukking bedoel?

e) Is daar ’n ander woord wat jy in die plek van “warm” kon gebruik?

f) Wat word bedoel met “die rooi koms van die môre”?

g) Hoekom dink jy het die digter besluit om “lange nagte” te sê in plaas van lang nagte?

h) Hier kom ’n moeilike vraag: Kan jy aan ’n rede dink waarom daar in hierdie gedig van ’n boot as “hy” gepraat word, en nie as “sy” nie? Dis tog gebruiklik om bote en skepe die vroulike vorm te gee. (Miskien kan die volgende woorde as leidraad dien: Die boot is rusteloos, hy verken die ver velde, hy breek sy toue, hy vaar die oop see in, hy bly vir goed weg. Met ander woorde, die boot reageer nie soos ’n dooie objek nie, maar asof hy ’n lewe of ’n wil van sy eie het …) Lewer kommentaar oor hierdie aspek van die gedig as jy kan.

Table 5
         
  LU 3.2      

Assessering

Table 6
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 stories verstaan en waardeer, asook dié wat deur medeleerders vertel word;
1.2 mondelinge tekste verstaan.
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 vertaal en tolk;
2.2 interaksie in addisionele taal voer;
2.5 ’n onderhoud voer.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 fiksie en nie-fiksie verhale lees;
3.2 sommige elemente van die poësie verstaan;
3.4 vir inligting lees;
3.7 vir genot lees;
3.8 begrip van die gebruik van naslaanwerke toon.
LU 6 Taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 bekende woorde korrek spel;
6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer;
6.3 taalverskynsels hanteer soos
6.3.2 soorte sinne;6.3.3 enkelvoudige sinne;6.3.6 die ontkennende vorm;
6.4 woordeskat uitbrei;
6.5 begrip van 5 000 tot 7 500 alledaagse woorde binne konteks teen die einde van graad 8 demonstreer.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

1. (a) Dit is toeriste wat van ander lande kom (van buite die land waar hulle tans besoek aflê).

(b) Dit word so genoem omdat dit die oudste stad in die land is.

(c) Hulle wou die seeroete na Indië vind.

(d) Dias het eerste om die Kaap geseil.

(e) Hy was oorstelp deur die skoonheid daarvan; hy het dit bewonder.

(f) Hy het nie daarvan gehou nie (was bang), maar hy was ook hoopvol.

(g) Wanneer dit met ‘n kleinletter geskryf word, verwys dit bloot na storms in die algemeen, maar dit word met ‘n hoofletter geskryf as dit deel van ‘n naam is.

(h) In moeë wys die deelteken op die tweede e dat dit die begin van ‘n nuwe lettergreep is: moe/ë; in droë is daar net een e omdat dit nie droe (uitspraak) is nie, maar dro (soos in droog). Die lettergrepe is dro/ë.

(i) Ek sou dit so afkap: ske / pe.

AKTIWITEIT 2

Die aktiwiteite moet sinvol wees en daarom moet die opvoeder leiding gee. Vrae moet relevant wees (leerders moet aangemoedig word om ‘n bietjie navorsing te doen oor omstandighede in daardie tyd) en die opvoeder moet toesien dat toon, register en liggaamstaal aanpas by die geleentheid. Hulp kan ook vooraf gegee word met formulering van vrae.

Leerders kan vooraf gevra word om visuele materiaal saam te bring (bv. prente van skepe, matrose, seerowers, skeepswrakke) uit daardie tyd. As daar Portugese klasmaats is, kan hulle help met die kies en uitspreek van name. Vrae oor die koskultuur, godsdiensgebruike, ens., van die Portugese, kan gestel word om sodoende kruiskulturele aktiwiteite en belangstelling te stimuleer.

Die rolspel kan kreatiwiteit en pret in die klaskamer stimuleer.

AKTIWITEIT 3

  • trekpleister
  • skoonheid
  • skiereiland
  • herberg
  • dagboek

Let wel: Hier is ‘n gulde geleentheid om die gebruik van metaforiese taal aan te raak: trekpleister (twee betekenisse, afhangende van die konteks).

Ook woorde met meer as een betekenis, bv. skoonheid, herberg (naamwoord / werkwoord). Die belangrikheid van konteks kan uitgewys word met die gebruik van hierdie woorde en ook ander voorbeelde.

AKTIWITEIT 4

1. Verduidelik wat ‘n legende en ‘n mite is. Ons land se rykdom in terme van diversiteit kan beklemtoon word. Hier is ‘n geleentheid vir aktiwiteite oor die verskillende leerareas heen, bv. kuns en kultuur (die plakkaat), geskiedenis, aardrykskunde, omgewingsleer.

2. Groepleer en self- en eweknie-evaluering word hier bevorder. Die opvoeder gee leiding.

AKTIWITEIT 5

Die eerste stap is om bewus te wees van die feit dat gedig A eintlik ‘n kindergedig is, terwyl gedig B meer “volwasse” is en deur die volwasse leser op ‘n metaforiese vlak geïnterpreteer sal word (nl. dat die boot ‘n metafoor is vir ‘n mens, en die “wegbreek” ‘n proses van verwydering – emosioneel, geestelik of fisies – kan wees). Die leerders kan dit egter op die mees basiese vlak interpreteer, en dit sal slegs in die laaste vraag wees waar ‘n ontwikkelde leser moontlik sal insien dat daar nog ‘n betekenislaag is.

Gedig A is baie meer klankryk en ritmies, en dit is die elemente waarop gekonsentreer sal word, bv. rym, ritme, klanke. Leerders kan aangemoedig word om die ritme te “klap” of die gediggie te probeer te sing, of dit in beweging uit te druk.

1. A is meer ritmies.

2. a) Enige geskikte woord.

b) “Pik” beskryf die kort beweginkies wat die vis maak wanneer hy aan die aas byt. Moedig die leerders aan om saam te praat oor hoe dit voel as ‘n vis so liggies aan die aas byt. Die woord “klink” ook soos die beweging – kort, lig.

c) Dit beteken dat hy baie vang. Dis nie noodwendig waar dat hy ‘n klomp met een slag uittrek nie, maar dit suggereer dat hy baie visse vang. (Vgl. hoe vissermanne soms ‘n bossie visse aan ‘n stukkie seegras vasmaak; bv bokkoms – dan is dit as ‘t ware ‘n “tros” visse.) Wys op die metafoor.

d) Ja, hy is ‘n goeie visserman.

e) Hy vang baie visse (“tros”) en as ‘n vis eers byt, kom hy nie los nie.

f) Ja, hy is lief vir snoek, want hy eet alles op.

g) Enige korrekte rymwoorde uit die gedig.

h) Dolos / Dwarskersbos of vang / visse

3. Gedig B

a) Nee, net ‘n mens of dier kan rusteloos wees.

b) Hulle wip op en neer in die water – dis taamlik stormagtig / daar is baie branders / die wind waai en dit maak kabbels in die water.

c) Dit is die diepsee. (Verduidelik die beeldspraak.)

d) Dit beteken hulle is stewig / veilig vasgemaak.

e) “stewig” (Wys daarop dat dit nie dieselfde gevoelswaarde het as “warm” met al sy konnotasies nie.)

f) Dit verwys na die sonsopkoms wanneer die son rooi is.

g) Dit versterk die gevoel van die lengte van die tyd, maar dit is ook ter wille van die metrum gedoen. (Moenie terminologie gebruik nie, maar wys daarop.)

h) Die boot kry menslike eienskappe; dit versimboliseer ‘n mens wat sy bande met iets of iemand breek. Dis dus metafories.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks