Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 8
Aktiwiteit 1
Om vir inligting en genot te lees
Dit is nogal vreemd om te dink dat daar soogdiere in die see kan wees. Maar, soos julle weet, is daar tog sulke diere, ook aan die Kaapse kus.
Kaapse Pelsrobbe swem dikwels in die Tafelbaai-hawe rond, of in die Alfred-kom, en hulle is veral in die teel-seisoen in groot getalle op Duikereiland en Robeiland te sien. Toeriste onderneem graag bootuitstappies om hulle te gaan besigtig.
Die Noorkapper-walvis is die walvisspesie wat die meeste in die Kaapse waters voorkom. Die koeie is gemiddeld 14 meter lank, terwyl die bulle ongeveer 12 meter lank is. Die gemiddelde lengte van ’n pasgebore kalfie is 6 meter. ’n Mens sien hulle vanaf Julie tot November tussen Muizenberg en die Strand, maar die beste plek om hulle dop te hou, is langs Walkerbaai by Hermanus.
Die Kaapse Dolfyn (Eng.: Dusky Dolphin) is die algemeenste dolfynspesie aan die kus van die Kaapse Skiereiland en hulle is omtrent twee meter lank. Hierdie dolfyn het ’n gepunte snoet, m.a.w. nie ’n langerige bek nie, en ’n swart vin wat agterlangs konkaaf is.
Hierdie diere word deur Natuurbewaring beskerm en ons moet hulle met groot respek bejeën en sorg dat hulle nie op enige manier leed aangedoen word nie, want hulle is deel van ons erfenis.
| LU 3.7 | LU 3.4 | |||||||||
Aktiwiteit 2
Om vir ’n sosiale doel te skryf, deur byvoorbeeld ’n mediateks te ontwerp
![]() |
Kinders help protesmuur bou
KAAPSTAD. – Suid-Afrikaanse kinders kan vanjaar die eerste keer leerders uit 14 ander lande help om ’n protesmuur teen walvisjag op te rig.
Dié muur sal bestaan uit poskaarte wat die leerders self gemaak het, en gaan in Junie by die vergadering van die Internasionale Walviskommissie in Berlyn opgerig word.
Dit vorm deel van ’n bewusmakingsveldtog van die Internasionale Fonds vir Dierewelsyn (Ifaw).
Volgens me. Christina Pretorius, woordvoerder van Ifaw, bestaan die projek uit opvoedkundige stelle wat ’n video, leermateriaal oor walvisse en inligting oor die poskaartprojek insluit. Skole kan die stelle gratis bekom. Bel me. Christina Pretorius by tel. 021-4242086 vir nog inligting of e-pos haar by cp@unity.co.za.
Bron: Die Burger, 29 Januarie 2003(Let wel: Effens gewysig: e-posadres is fiktief.)
Advertensie-ontwerp:
| LU 4.2 | LU 4.5 | |||||||||
Aktiwiteit 3
Om die vermoë om in Afrikaans te vertaal en om skeppend in Afrikaans te kan skryf, te oefen
Plan to rescue seabirds from longline death
Officials of the Department of Environmental Affairs and Tourism are planning to reduce the large number of seabirds that are killed by longline fishermen. It is especially albatrosses and petrels that are accidentally hauled in by fishing vessels belonging to the four companies that fish for hake, tuna, swordfish and sharks. Researchers estimate that 44 000 albatrosses are killed annually by one fishing company alone. The document that sets out the rescue plan is available on the department’s website at www.environment.gov.za.
Bron: Cape Times, 17 Januarie 2003
| LU 2.1 | LU 4.4 | |||||||||
Aktiwiteit 4
Om in Afrikaans oor ’n gegewe onderwerp te praat, inligting te versamel en dit op te teken
Een van die mees opwindende seewedvaarte is die Kaap na Rio-wedvaart wat gewoonlik in Januarie plaasvind.
Doen dit rofweg op ’n aparte vel wat ingevoeg kan word, en skryf die finale poging in die spasie hieronder!
| LU 5.1 | LU 5.3 | |||||||||
Aktiwiteit 5
Om die "dubbele nie" in ontkennende sinne te gebruik
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 LUISTER |
| Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.1 stories verstaan en waardeer, asook dié wat deur medeleerders vertel word; |
| 1.2 mondelinge tekste verstaan. |
| LU 2 PRAAT |
| Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.1 vertaal en tolk; |
| 2.2 interaksie in addisionele taal voer; |
| 2.5 ’n onderhoud voer. |
| LU 3 LEES EN KYK |
| Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 3.1 fiksie en nie-fiksie verhale lees; |
| 3.2 sommige elemente van die poësie verstaan; |
| 3.4 vir inligting lees; |
| 3.7 vir genot lees; |
| 3.8 begrip van die gebruik van naslaanwerke toon. |
| LU 4 SKRYF |
| Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 4.1 skryf om inligting oor te dra; |
| 4.2 vir ’n sosiale doel skryf; |
| 4.4 skeppend skryf; |
| 4.5 mediatekste ontwerp. |
| LU 5 DINK EN REDENEER |
| Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, te verwerk en te gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 5.1 taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen gebruik; |
| 5.2 taal gebruik om te dink; |
| 5.3 inligting versamel en op verskillende maniere opteken. |
| LU 6 Taalstruktuur en –gebruik |
| Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 6.1 bekende woorde korrek spel; |
| 6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer; |
| 6.3 taalverskynsels hanteer soos |
| 6.3.2 soorte sinne;6.3.3 enkelvoudige sinne;6.3.6 die ontkennende vorm; |
| 6.4 woordeskat uitbrei; |
| 6.5 begrip van 5 000 tot 7 500 alledaagse woorde binne konteks teen die einde van graad 8 demonstreer. |
AKTIWITEIT 1
Opsomming in eie woorde sover moontlik – geen hofies – een paragraaf.
Die opvoeder kan vooraf riglyne gee: soek die hoofgedagte in elke paragraaf en gee dit weer in vloeiende prosa (m.a.w. nie puntsgewys nie).
AKTIWITEIT 2
1. Die opvoeder sal, indien nodig, moet verduidelik wat ‘n e-posboodskap is. Die belangrikste aspek is dat dit kort en bondig moet wees en dat die voordeel daarvan die onmiddellikheid van die kommunikasie is. Aangesien hierdie ‘n bestelling is, moet die nodige afleweringsadres gegee word. Hier is dan die geleentheid om oor posadres, woonadres en werkadres te praat. ‘n Mens sou interessantheidshalwe ook die SMS-kultuur kon aanraak.
2. Voor die leerders self ‘n advertensie kan ontwerp, moet daar eers aktiwiteite rondom advertensie plaasvind om hulle op te skerp t.o.v. die voorkoms en inhoud van ‘n goeie advertensie. Hou dit eenvoudig en fokus op uitleg, grafika en kopie.
Die Ikapa-advertensies is treffend en sluit goed aan by die onderwerp; dit kan dus met vrug gebruik word. Wys op konsepte soos die logo en slagspreuke om die “produk” te vestig. Laat leerlinge vooraf voorbeelde klas toe bring om dit eers te ontleed en te bespreek. Laat hulle oor hul gunsteling-advertensies praat en sodoende uitpluis waarom die advertensies “werk”.
AKTIWITEIT 3
Eie vertaling. Die opvoeder moet vooraf vir die leerders verduidelik dat ‘n goeie vertaling die gees van die oorspronklike teks moet weergee en dat dit idiomaties korrek moet wees. Hierdie teks het nie ruimte vir nuansering nie, aangesien dit ‘n feitelike berig is. Daar kan aan die leerders verduidelik word dat die vertaling van ‘n literêre teks, soos bv. ‘n gedig, baie meer kreatiwiteit verg. Leerders word hier aangemoedig om woordeboeke te gebruik en indien nodig moet daar aan hulle verduidelik word hoe om naslaanboeke te benut. Die gebruik van die internet as bron moet ook aangeraak word.
AKTIWITEIT 4
Groepwerk. Die opvoeder stel riglyne vir die groep sodat groepleer optimaal benut kan word.
Vir bronne kan na die internet, asook na ou koerante (Januarie 2003) verwys word.
Ander leerareas word hier betrek. Die geleenthede vir kreatiwiteit is legio.
AKTIWITEIT 5
1. Ontkennende vorm
a) Mense is nie vir walvisse bang nie.
b) Daar is nie vissersbote in Houtbaai nie.
c) Dolfyne is nie aggressiewe diere nie.
d) Ek het nie geweet dat walvisse soogdiere is nie.
e) Mens mag nie net soveel krewe vang as wat jy wil nie.
a) Mense is bang vir walvisse.
b) Daar is vissersbote in Houtbaai.
c) Dolfyne is aggressiewe diere.
d) Ek het geweet dat walvisse soogdiere is.
e) ’n Mens mag net soveel krewe vang as wat jy wil.
Voorbeelde:
a) Was jy al ooit op Robbeneiland?
b) Glo jy nog steeds dat Van Hunks en die duiwel ’n rookwedstryd gehou het?
c) Gaan julle soms Hermanus toe om na die walvisse te kyk?
d) Is daar êrens in die see ’n snoek wat 100kg weeg?
e) Speel jy altyd saam met die dolfyne as hulle so lekker in die water baljaar?
| LU 6.3 |