Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 8 » Om vir inligting te lees

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseLang display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Download
x

Download collection as:

  • PDF
  • EPUB (what's this?)

    What is an EPUB file?

    EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

    Downloading to a reading device

    For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(what's this?)" link.

  • More downloads ...

Download module as:

  • PDF
  • EPUB (what's this?)

    What is an EPUB file?

    EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

    Downloading to a reading device

    For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(what's this?)" link.

  • More downloads ...
Reuse / Edit
x

Collection:

Module:

Add to a lens
x

Add collection to:

Add module to:

Add to Favorites
x

Add collection to:

Add module to:

 

Om vir inligting te lees

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 8

Module 5

OM VIR INLIGTING TE LEES

Aktiwiteit 1

Om vir inligting en genot te lees

  • Lees die volgende teks en voer die opdrag uit soos aangedui:

Dit is nogal vreemd om te dink dat daar soogdiere in die see kan wees. Maar, soos julle weet, is daar tog sulke diere, ook aan die Kaapse kus.

Kaapse Pelsrobbe swem dikwels in die Tafelbaai-hawe rond, of in die Alfred-kom, en hulle is veral in die teel-seisoen in groot getalle op Duikereiland en Robeiland te sien. Toeriste onderneem graag bootuitstappies om hulle te gaan besigtig.

Die Noorkapper-walvis is die walvisspesie wat die meeste in die Kaapse waters voorkom. Die koeie is gemiddeld 14 meter lank, terwyl die bulle ongeveer 12 meter lank is. Die gemiddelde lengte van ’n pasgebore kalfie is 6 meter. ’n Mens sien hulle vanaf Julie tot November tussen Muizenberg en die Strand, maar die beste plek om hulle dop te hou, is langs Walkerbaai by Hermanus.

Die Kaapse Dolfyn (Eng.: Dusky Dolphin) is die algemeenste dolfynspesie aan die kus van die Kaapse Skiereiland en hulle is omtrent twee meter lank. Hierdie dolfyn het ’n gepunte snoet, m.a.w. nie ’n langerige bek nie, en ’n swart vin wat agterlangs konkaaf is.

Hierdie diere word deur Natuurbewaring beskerm en ons moet hulle met groot respek bejeën en sorg dat hulle nie op enige manier leed aangedoen word nie, want hulle is deel van ons erfenis.

  • Som die inligting wat in die bogenoemde teks gegee word, in ongeveer 65 woorde op. Dit moet in vloeiende prosavorm wees, m.a.w. dit moet nie puntsgewys neergeskryf word nie, maar soos ‘n kort storietjie.
Table 1
                     
  LU 3.7           LU 3.4      
                     

Aktiwiteit 2

Om vir ’n sosiale doel te skryf, deur byvoorbeeld ’n mediateks te ontwerp

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

Kinders help protesmuur bou

KAAPSTAD. – Suid-Afrikaanse kinders kan vanjaar die eerste keer leerders uit 14 ander lande help om ’n protesmuur teen walvisjag op te rig.

Dié muur sal bestaan uit poskaarte wat die leerders self gemaak het, en gaan in Junie by die vergadering van die Internasionale Walviskommissie in Berlyn opgerig word.

Dit vorm deel van ’n bewusmakingsveldtog van die Internasionale Fonds vir Dierewelsyn (Ifaw).

Volgens me. Christina Pretorius, woordvoerder van Ifaw, bestaan die projek uit opvoedkundige stelle wat ’n video, leermateriaal oor walvisse en inligting oor die poskaartprojek insluit. Skole kan die stelle gratis bekom. Bel me. Christina Pretorius by tel. 021-4242086 vir nog inligting of e-pos haar by cp@unity.co.za.

Bron: Die Burger, 29 Januarie 2003(Let wel: Effens gewysig: e-posadres is fiktief.)

  • Skryf die teks van ’n e-posboodskap wat jy namens jou klas aan me. Pretorius wil stuur om die materiaal wat hierbo genoem word, te bestel.

Advertensie-ontwerp:

  • Soek ’n paar voorbeelde van treffende, eenvoudige advertensies en bring hulle saam skool toe. Jy moet ’n bietjie dink oor hoekom hulle vir jou “werk”.
  • Verbeel jou dat jou skool ook aan die walvisprojek deelneem.
  • Ontwerp nou ’n eenvoudige advertensie waarin jy leerlinge uitnooi om aan te sluit by die skool se Walvisprojek. Skep ’n naam vir die projek en gee al die nodige inligting op ’n bondige, maar treffende wyse. Die advertensie kan ook geïllustreer word om dit aanskoulik te maak. Dit moet op ’n aparte vel ingevoeg word.
Table 2
                     
  LU 4.2           LU 4.5      
                     

Aktiwiteit 3

Om die vermoë om in Afrikaans te vertaal en om skeppend in Afrikaans te kan skryf, te oefen

  • Vertaal die volgende nuusberiggie in Afrikaans. Jy mag woordeboeke gebruik.

Plan to rescue seabirds from longline death

Officials of the Department of Environmental Affairs and Tourism are planning to reduce the large number of seabirds that are killed by longline fishermen. It is especially albatrosses and petrels that are accidentally hauled in by fishing vessels belonging to the four companies that fish for hake, tuna, swordfish and sharks. Researchers estimate that 44 000 albatrosses are killed annually by one fishing company alone. The document that sets out the rescue plan is available on the department’s website at www.environment.gov.za.

Bron: Cape Times, 17 Januarie 2003

Table 3
                     
  LU 2.1           LU 4.4      
                     

Aktiwiteit 4

Om in Afrikaans oor ’n gegewe onderwerp te praat, inligting te versamel en dit op te teken

Een van die mees opwindende seewedvaarte is die Kaap na Rio-wedvaart wat gewoonlik in Januarie plaasvind.

  • Vorm groepe van vier of vyf leerders en samel inligting in oor hierdie wedvaart.
  • Bied dit in die klas aan en maak dit so aanskoulik moontlik deur ook van visuele materiaal gebruik te maak. Foto’s, prente, roetekaarte, koerant- en tydskrifmateriaal, poskaarte en sketse, plakkate of modelle kan onder andere nuttig te pas kom.
  • Skryf bondige aantekeninge wat dan aan die ander leerders verskaf kan word. Gebruik hofies om die verskillende afdelings in te deel.

Doen dit rofweg op ’n aparte vel wat ingevoeg kan word, en skryf die finale poging in die spasie hieronder!

Table 4
                     
  LU 5.1           LU 5.3      
                     

Aktiwiteit 5

Om die "dubbele nie" in ontkennende sinne te gebruik

  • In Afrikaans word die “dubbele nie” in die ontkennende vorm gebruik. Kyk byvoorbeeld na die volgende sinne uit die voorafgaande gedeeltes:
  • Dit is egter nie net buitelandse toeriste wat hier kom baljaar nie.
  • Hy het homself nie voorgestel nie.
  • Die bote kan tog nie in die winter warmwees nie, want die see en wind is koud.
  • Hierdie dolfyn het ’n gepunte snoet, m.a.w. nie ’n langerige bek nie.
  • Skryf nou die volgende sinne oor in die ontkennende vorm.

Assessering

Table 5
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 stories verstaan en waardeer, asook dié wat deur medeleerders vertel word;
1.2 mondelinge tekste verstaan.
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 vertaal en tolk;
2.2 interaksie in addisionele taal voer;
2.5 ’n onderhoud voer.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 fiksie en nie-fiksie verhale lees;
3.2 sommige elemente van die poësie verstaan;
3.4 vir inligting lees;
3.7 vir genot lees;
3.8 begrip van die gebruik van naslaanwerke toon.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra;
4.2 vir ’n sosiale doel skryf;
4.4 skeppend skryf;
4.5 mediatekste ontwerp.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, te verwerk en te gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.1 taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen gebruik;
5.2 taal gebruik om te dink;
5.3 inligting versamel en op verskillende maniere opteken.
LU 6 Taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 bekende woorde korrek spel;
6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer;
6.3 taalverskynsels hanteer soos
6.3.2 soorte sinne;6.3.3 enkelvoudige sinne;6.3.6 die ontkennende vorm;
6.4 woordeskat uitbrei;
6.5 begrip van 5 000 tot 7 500 alledaagse woorde binne konteks teen die einde van graad 8 demonstreer.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

Opsomming in eie woorde sover moontlik – geen hofies – een paragraaf.

Die opvoeder kan vooraf riglyne gee: soek die hoofgedagte in elke paragraaf en gee dit weer in vloeiende prosa (m.a.w. nie puntsgewys nie).

AKTIWITEIT 2

1. Die opvoeder sal, indien nodig, moet verduidelik wat ‘n e-posboodskap is. Die belangrikste aspek is dat dit kort en bondig moet wees en dat die voordeel daarvan die onmiddellikheid van die kommunikasie is. Aangesien hierdie ‘n bestelling is, moet die nodige afleweringsadres gegee word. Hier is dan die geleentheid om oor posadres, woonadres en werkadres te praat. ‘n Mens sou interessantheidshalwe ook die SMS-kultuur kon aanraak.

2. Voor die leerders self ‘n advertensie kan ontwerp, moet daar eers aktiwiteite rondom advertensie plaasvind om hulle op te skerp t.o.v. die voorkoms en inhoud van ‘n goeie advertensie. Hou dit eenvoudig en fokus op uitleg, grafika en kopie.

Die Ikapa-advertensies is treffend en sluit goed aan by die onderwerp; dit kan dus met vrug gebruik word. Wys op konsepte soos die logo en slagspreuke om die “produk” te vestig. Laat leerlinge vooraf voorbeelde klas toe bring om dit eers te ontleed en te bespreek. Laat hulle oor hul gunsteling-advertensies praat en sodoende uitpluis waarom die advertensies “werk”.

AKTIWITEIT 3

Eie vertaling. Die opvoeder moet vooraf vir die leerders verduidelik dat ‘n goeie vertaling die gees van die oorspronklike teks moet weergee en dat dit idiomaties korrek moet wees. Hierdie teks het nie ruimte vir nuansering nie, aangesien dit ‘n feitelike berig is. Daar kan aan die leerders verduidelik word dat die vertaling van ‘n literêre teks, soos bv. ‘n gedig, baie meer kreatiwiteit verg. Leerders word hier aangemoedig om woordeboeke te gebruik en indien nodig moet daar aan hulle verduidelik word hoe om naslaanboeke te benut. Die gebruik van die internet as bron moet ook aangeraak word.

AKTIWITEIT 4

Groepwerk. Die opvoeder stel riglyne vir die groep sodat groepleer optimaal benut kan word.

Vir bronne kan na die internet, asook na ou koerante (Januarie 2003) verwys word.

Ander leerareas word hier betrek. Die geleenthede vir kreatiwiteit is legio.

AKTIWITEIT 5

1. Ontkennende vorm

a) Mense is nie vir walvisse bang nie.

b) Daar is nie vissersbote in Houtbaai nie.

c) Dolfyne is nie aggressiewe diere nie.

d) Ek het nie geweet dat walvisse soogdiere is nie.

e) Mens mag nie net soveel krewe vang as wat jy wil nie.

a) Mense is bang vir walvisse.

b) Daar is vissersbote in Houtbaai.

c) Dolfyne is aggressiewe diere.

d) Ek het geweet dat walvisse soogdiere is.

e) ’n Mens mag net soveel krewe vang as wat jy wil.

  • Kyk nou na die volgende voorbeelde:

Voorbeelde:

  • Het jy al ooit ’n regte walvis gesien?Nee, ek het nog nooit ’n regte walvis gesien nie.
  • Gaan jy soms in die vakansie see toe?Nee, ek gaan nooit in die vakansie see toe nie.
  • Is daar altyd wolke op Tafelberg?Nee, daar is nie altyd wolke op Tafelberg nie.OFNee, daar is nooit wolke op Tafelberg nie.(Let wel: Die twee sinne hierbo het nie dieselfde betekenis nie. Verstaan jy hoe die betekenis verskil?)
  • Is Van Hunks nog steeds op Tafelberg?Nee, Van Hunks is nie meer op Tafelberg nie.
  • Is hier êrens ’n plek waar ’n mens kreef kan koop?Nee, daar is nêrens ’n plek waar ’n mens kreef kan koop nie.
  • Skryf nou ontkennende antwoorde op die volgende vrae. Begin elke sin met “Nee, “:

a) Was jy al ooit op Robbeneiland?

b) Glo jy nog steeds dat Van Hunks en die duiwel ’n rookwedstryd gehou het?

c) Gaan julle soms Hermanus toe om na die walvisse te kyk?

d) Is daar êrens in die see ’n snoek wat 100kg weeg?

e) Speel jy altyd saam met die dolfyne as hulle so lekker in die water baljaar?

Table 6
         
  LU 6.3      

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Reuse / Edit:

Reuse or edit collection (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.

| Reuse or edit module (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.