Aktiwiteit 1
JAMES
My pa kla elke dag oor die telefoonrekening!
JANE
My ouers blameer my vriende as ek iets verkeerd doen.
RICUS
As ek soos my pa moet aantrek en na sy musiek moet luister, sal al my vriende dink ek is “weird”.
MARI
Ek wil nie universiteit toe gaan nie en my ouers kan die nie aanvaar nie.
MORNÉ
My ma kerm gedurig dat my sport té gevaarlik is.
OF
WENKE:
| LU 2.2 | ||||
Aktiwiteit 2
Die volgende gesprek vind Saterdagaand ongeveer sesuur tussen twee vriende, Mario en Janet, plaas. Hulle is in ’n groot winkelsentrum.
Janet: Hallo, Mario.
Mario: (Verbaas) Hallo, Janet. Lekker om jou hier raak te loop. Hoe gaan dit?
Janet: Goed. Het jy die film geniet?
Mario: Ja, ek het dit geniet. Dit wat een van die mooiste films wat ek al ooit gesien het.
Janet: (tergend) Ek het nie geweet jy is so romanties nie.
Mario: (Verskonend) Ja, ek het eintlik gehoor dat dit ’n geskiedkundige fliek is. Ek het nie besef dat daar so baie romantiek sou wees nie. Maar dit was nogtans mooi.Het jy dit ook goed gevind?
Janet: Man, dit was bietjie hartseer, maar ek het dit tog geniet.En Richard Gere is natuurlik so oulik!
Mario: Al kritiek wat ek het, is dat dit ’n bietjie lank aangehou het.
Janet: Vir my het dit nie saak gemaak nie. Die tyd het gevlieg!
Mario: (Begin aanstap)Dit was lekker om jou hier raak te loop. Verskoon my, asseblief. My vriende wag. Mooi aand verder!
Janet: Tot siens. Sien jou Maandag by die skool !
| LU 4.4 | ||||
Aktiwiteit 3
HOU DIE VOLGENDE IN GEDAGTE:
Indirekte rede:
Geen aanhalingstekens nie.Geen dubbelpunte nie.Let op die woordorde wat verander.
| LU 6.2 | ||||
Aktiwiteit 4
| KOLOM A | KOLOM B | |
| Bloed is dikker as water. | Verleë terugkeer | |
| Baantjies vir boeties | Besittings/geld waarvoor ’n mens nie self gewerk het nie, verloor jy maklik. | |
| Huis se kant toe staan. | Vir jou familie sal jy altyd meer doen as vir ander. | |
| Die appel val nie ver van die boom af nie. | Ver langs familie. | |
| Elke huis het sy kruis. | Dis ’n eienskap wat ’n mens in die familie kry.(Bv. rooi hare) | |
| Erfgeld is swerfgeld. | Die kind aard na sy pa/ma. | |
| Familie van Adam se kant af. | Poste vir familie verskaf. | |
| Met ’n blik aan sy stert huis toe kom. | Huis toe gaan. | |
| Dit is in die familie. | Elke huis het sy eie hartseer/probleme. |
| LU 6 | ||||
Aktiwiteit 5
Jou opstel moet uit 250 tot 300 woorde bestaan.
| LU 4.7 | ||||
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 LUISTER |
| Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.4 aandagtig luister tydens ’n bespreking. |
| LU 2 PRAAT |
| Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.2 interaksie voer in addisionele taal; |
| 2.3 ontwikkeling toon in die vermoë om kenmerke van die gesproke taal te gebruik en te kommunikeer; |
| 2.4 sosiale en etiese kwessies debatteer. |
| LU 3 LEES EN KYK |
| Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 3.1 fiksie- en nie-fiksieverhale lees; |
| 3.2 sommige elemente van die poësie verstaan; |
| 3.7 vir genot lees; |
| 3.8 sommige elemente van die poësie verstaan. |
| LU 4 SKRYF |
| Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 4.1 skryf om inligting oor te dra; |
| 4.4 skeppend skryf; |
| 4.7 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik. |
| LU 5 DINK EN REDENEER |
| Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 5.3 inligting versamel en dit op verskillende maniere opteken. |
| LU 6 Taalstruktuur en –gebruik |
| Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture, gebruik. |
AKTIWITEIT 2
Matriks vir funksionele skryf kan hier gebruik word.
AKTIWITEIT 3
Indirekte rede:
AKTIWITEIT 4
| KOLOM A | KOLOM B |
| Bloed is dikker as water. | Vir jou familie sal jy altyd meer doen as vir ander. |
| Baantjies vir boeties | Poste vir familie verskaf. |
| Huis se kant toe staan. | Huis toe gaan. |
| Die appel val nie ver van die boom af nie. | Die kind aard na sy pa/ma. |
| Elke huis het sy kruis. | Elke huis het sy eie hartseer/probleme. |
| Erfgeld is swerfgeld. | Besittings/geld waarvoor ‘n mens nie self gewerk het nie, verloor jy maklik. |
| Familie van Adam se kant af. | Ver langs familie. |
| Met ‘n blik aan sy stert huis toe kom. | Verleë terugkeer |
| Dit is in die familie. | Dis ‘n eienskap wat ‘n mens in die familie kry.(Bv. rooi hare) |
AKTIWITEIT 5
Die matriks vir opstelle (kreatiewe skryfwerk) mag hier gebruik word.