Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 8
AKTIWITEIT 1
Om
LU 6.4
1. Voltooi nou die volgende beleefde versoeke in jou eie woorde:
1.1 Sal julle asseblief
1.2 Mag ons
1.3 Mevrou Smith, mag Jan
1.4 Mamma, mag ek maar
1.5 Sipho, sal jy
| LU 6.4 | ||||
AKTIWITEIT 2
Om
LU 6.4
1. Maak sinne deur die woorde in die regte volgorde te plaas:
1.1 pligsgetrou ons by die huis doen ons skoolwerk saans
1.2 per bus ek gaan volgende week Kaapstad toe
1.3 speel ons span elke jaar teen hulle baie hard…in Pretoria
1.4 elke dag werk toe gaan per trein die man
1.5 baie vinnig ons pap ons eet soggens altyd
| LU 6.4 | ||||
AKTIWITEIT 3
Om
LU 6.1
1. Kyk na die volgende sinne wat op die werk in Aktiwiteit 1 gebaseer is. Die skryftekens in die vetgedrukte woorde het ’n sekere funksie (of werk). Die funksie word elke keer kortliks verduidelik. Jul onderwyser sal verder verduidelik.
1.1 Die bose fee het iets gesê toe sy na die baba gekyk het.
1.2 Daar is 12 feë na die partytjie genooi.
1.3 Die hoofkarakter is óf ’n mens óf ’n dier.
1.4 Die prinses het eers ná 100 jaar wakker geword.
a) Ons het eers ná agtuur by die huis gekom. (“Ná” het altyd met tyd te doen.)
b) Ek moet eers na my ma toe gaan voor ek na die winkel toe kan stap.
1.5 Alle ma’s vertel vir hulle kinders sprokies.
1.6 Ons sal om sewe-uur skool toe gaan.
2. Voeg die nodige skryftekens in die volgende sinne in. Skryf met ’n helder ink en onderstreep die woorde waarin die leestekens voorkom:
2.1 Ons het almal tot na tweeuur die oggend gesit en gesels, maar toe kom roep ons pas ons om na ons huis te gaan.
2.2 Mag ek maar hierdie lee blikkie kry
2.3 Die skoolhoof dink of Piet of Jan het die ruit gebreek, maar ek se vir jou, dit was nog Piet, nog Jan.
2.4 My ouma dink ek en my susters is nog babas en sy maak baie reels waaraan ons gehoorsaam moet wees.
2.5 Daar is geen water in die lee dam nie. Dis ’n baie droe jaar vanjaar.
| LU 6.1 | ||||
AKTIWITEIT 4
Om
| LU 6.1 | LU 6.2 |
1. Kyk na die vetgedrukte woorde:
2. Maak nou van elk van die volgende woorde nog een woord deur ’n voor- of agtervoegsel by te voeg. Skryf dan ’n sin waarin jy die nuwe woord gebruik, en onderstreep die nuwe woord:
2.1 vriendelik
2.2 koning
2.3 tuin
2.4 boos
2.5 speel
3 Weet jy wat ’n telwoord is? Dis maklik: ’n telwoord is ’n woord wat jy gebruik as jy tel. Dit is dus die naam van ’n getal.
3.1 Daar is vyftien spelers in ’n sokkerspan, maar net elf in ’n netbalspan.
3.2 Die dertiende fee was ’n bose fee.
3.3 Ons klas het ses-en-twintig leerders en een onderwyser.
3.4 My pa kry op die dertigste dag van die maand sy geld.
| LU 6.1 | LU 6.2 | |||||||||
AKTIWITEIT 5
Om
LO 6.1
1. Kyk na die onderstreepte woorde en gee die korrekte afkorting vir elk. Nommer hulle 1.1 tot 1.5.
Respekteer WATER – SPAAR dit!
Suid-Afrika is ’n droë land waar ons versigtig met ons water moet werk. Ons moet goed sorg vir ons riviere deur hulle skoon te hou. Ons moet byvoorbeeld nooit papiere , bottels, blikkies ensovoorts in ’n rivier stort nie.
Ons behoort krane altyd styf toe te draai. Een kraan wat drup kan 60 liter water per dag mors. Meneer Jacobs, ons onderwyser, sê daar is baie mense in ons land wat nie eers ’n kraan in hul huis het nie.
Water is baie kosbaar.
2. Gebruik elkeen van die volgende afkortings in ’n kort sinnetjie om te wys dat jy weet hoe om dit te gebruik: (Indien nodig, en waar gepas, kan jy dit met ’n hoofletter begin.)
2.1 asb.
2.2 bl.
2.3 dr.
2.4 m.a.w.
2.5 str.
| LU 6.1 | ||||
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 LUISTER |
| Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.1 stories verstaan en waardeer, asook dié wat deur medeleerders vertel word; |
| 1.2 mondelinge tekste verstaan. |
| LU 2 PRAAT |
| Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.1 vertaal en tolk; |
| 2.2 interaksie in addisionele taal voer; |
| 2.5 ’n onderhoud voer. |
| LU 3 LEES EN KYK |
| Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 3.1 fiksie en nie-fiksie verhale lees; |
| 3.2 sommige elemente van die poësie verstaan; |
| 3.4 vir inligting lees; |
| 3.7 vir genot lees; |
| 3.8 begrip van die gebruik van naslaanwerke toon. |
| LU 4 SKRYF |
| Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 4.1 skryf om inligting oor te dra; |
| 4.2 vir ’n sosiale doel skryf; |
| 4.4 skeppend skryf; |
| 4.5 mediatekste ontwerp. |
| LU 5 DINK EN REDENEER |
| Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, te verwerk en te gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 5.1 taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen gebruik; |
| 5.2 taal gebruik om te dink; |
| 5.3 inligting versamel en op verskillende maniere opteken. |
| LU 6 Taalstruktuur en –gebruik |
| Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 6.1 bekende woorde korrek spel; |
| 6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer; |
| 6.3 taalverskynsels hanteer soos |
| 6.3.2 soorte sinne;6.3.3 enkelvoudige sinne;6.3.6 die ontkennende vorm; |
| 6.4 woordeskat uitbrei; |
| 6.5 begrip van 5 000 tot 7 500 alledaagse woorde binne konteks teen die einde van graad 8 demonstreer. |
AKTIWITEIT 2
1. Sinne:
1.1 Ons doen ons skoolwerk saans pligsgetrou by die huis.
1.2 Ek gaan volgende week per bus Kaap toe.
1.3 Ons span speel elke jaar baie hard teen hulle in Pretoria. (OF: … in Pretoria teen hulle.)
1.4 Die man gaan elke dag per trein werk toe.
1.5 Ons eet altyd soggens ons pap baie vinnig. (OF: Ons eet ons pap altyd soggens baie vinnig.)
AKTIWITEIT 3
1. Skryftekens
2.
2.1 ná twee-uur pa’s
2.2 leë ?
2.3 óf óf sê nóg nóg
2.4 reëls
2.5 leë droë
AKTIWITEIT 4
1. Voor- en agtervoegsels
2. Eie sinne met gekose voor- en agtervoegsels
3.
3.1 vyftien, elf
3.2 dertiende
3.3 ses-en-twintig een
3.4 dertigste
AKTIWITEIT 5
1. Afkortings:
1.1 S.A.
1.2 bv.
1.3 ens.
1.4 l
1.5 Mnr.
2. Afkortings in eie sinnetjies:
2.1 asseblief
2.2 bladsy
2.3 dokter OF doktor (verduidelik verskil)
2.4 met ander woorde
2.5 straat