Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax_CNX

You are here: Home » Content » Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 8 » Hulpwerkwoorde in sinne

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseLang display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Hulpwerkwoorde in sinne

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 8

Module 9

HULPWERKWOORDE EN SINNE

AKTIWITEIT 1

Om

  • hulpwerkwoorde in beleefde versoeke korrek te gebruik

LU 6.4

  • Wat is ’n beleefde versoek? Ons het vroeër van lewenswaardes gepraat. Om beleefd te wees, beteken om beskaafd en ordentlik op te tree. ’n Mens stel ’n versoek wanneer jy iemand vra om iets te doen.
  • Ons gebruik dikwels hulpwerkwoorde in beleefde versoeke. (’n Hulpwerkwoord is presies wat die naam sê: dit help die werkwoord.) Kyk na die volgende voorbeelde:
  • Ek kan Afrikaans praat. : kan = hulpwerkwoord (hele werkwoord.= kan praat)
  • Wil jy nou slaap? : wil = hulpwerkwoord (hele werkwoord = wil slaap)
  • Ek moet nou loop. : moet = hulpwerkwoord (hele werkwoord = moet loop)
  • Mag ek jou help? : mag = hulpwerkwoord (hele werkwoord = mag help)
  • Ek sal more Kaap toe gaan. : sal = hulpwerkwoord (hele werkwoord = sal gaan)
  • ’n Mens gebruik dikwels ’n hulpwerkwoord soos “mag” en “kan” in versoeke (bv. wanneer jy iemand beleefd vra om iets te doen).

1. Voltooi nou die volgende beleefde versoeke in jou eie woorde:

1.1 Sal julle asseblief

1.2 Mag ons

1.3 Mevrou Smith, mag Jan

1.4 Mamma, mag ek maar

1.5 Sipho, sal jy

Table 1
         
  LU 6.4      
         

AKTIWITEIT 2

Om

  • alledaagse bywoorde in die korrekte volgorde te gebruik

LU 6.4

  • ’n Bywoord is ’n woord wat iets meer omtrent die werkwoord sê. Kyk na die volgende voorbeelde:
  • Mary rus nou. (Die bywoord nou vertel jou wanneer Mary rus. Dis ’n bywoord van tyd.)
  • Die kinders hardloop vinnig. (Die bywoord vinnig vertel jou hoe die kinders hardloop. Dis ’n bywoord van wyse.)
  • John sit binne. (Die bywoord binne vertel jou waar John sit. Dis ’n bywoord van plek.)
  • In Afrikaans moet ’n mens bywoorde altyd in ’n sekere volgorde in ’n sin plaas: TYD, WYSE, PLEK.
  • KYK: Die hond speel altyd heerlik buite. (altyd = tyd; heerlik = wyse; buite = plek)
  • LET WEL: Die “bywoord” kan uit meer as een woord (’n sinsnede) bestaan, bv.
  • Die mense stap elke oggend vinnig stasie toe.

1. Maak sinne deur die woorde in die regte volgorde te plaas:

1.1 pligsgetrou ons by die huis doen ons skoolwerk saans

1.2 per bus ek gaan volgende week Kaapstad toe

1.3 speel ons span elke jaar teen hulle baie hard…in Pretoria

1.4 elke dag werk toe gaan per trein die man

1.5 baie vinnig ons pap ons eet soggens altyd

Table 2
         
  LU 6.4      
         

AKTIWITEIT 3

Om

  • skryftekens korrek en doeltreffend te gebruik

LU 6.1

  • Ons gaan nou kyk hoe sekere skryftekens in Afrikaans gebruik word.
  • In hierdie module is daar woorde wat met die volgende skryftekens geskryf word:
  • die kappie ( bv. ê)
  • die deelteken, (bv. ë)
  • die aksentteken (bv. é, á, ó)
  • die afkappingsteken (bv. ‘s)
  • die koppelteken (bv. twee-uur)

1. Kyk na die volgende sinne wat op die werk in Aktiwiteit 1 gebaseer is. Die skryftekens in die vetgedrukte woorde het ’n sekere funksie (of werk). Die funksie word elke keer kortliks verduidelik. Jul onderwyser sal verder verduidelik.

1.1 Die bose fee het iets gesê toe sy na die baba gekyk het.

  • Die kappie op die e wys dat ’n mens dit op ’n sekere manier uitspreek sodat “sê” anders klink as “se”.

1.2 Daar is 12 feë na die partytjie genooi.

  • Die deeltekens wys dat die woord uit twee dele (lettergrepe) bestaan: fe/e.

1.3 Die hoofkarakter is óf ’n mens óf ’n dier.

  • Die aksentteken op die letter “o” wys dat ’n mens die letter ’n bietjie harder of duideliker uitspreek om klem daarop te lê.

1.4 Die prinses het eers 100 jaar wakker geword.

  • Die aksentteken op die letter “a” wys dat ’n mens die letter ’n bietjie harder of duideliker uitspreek om klem daarop te lê. Kyk hoe verskil die volgende twee sinne en hoe die aksentteken gebruik word:

a) Ons het eers ná agtuur by die huis gekom. (“” het altyd met tyd te doen.)

b) Ek moet eers na my ma toe gaan voor ek na die winkel toe kan stap.

1.5 Alle ma’s vertel vir hulle kinders sprokies.

  • Die afkappingsteken wys dat dit ’n “lang” a-klank is.

1.6 Ons sal om sewe-uur skool toe gaan.

  • Die koppelteken wys dat dit eintlik een woord is, maar dit help jou om die woord makliker te lees en te verstaan.

2. Voeg die nodige skryftekens in die volgende sinne in. Skryf met ’n helder ink en onderstreep die woorde waarin die leestekens voorkom:

2.1 Ons het almal tot na tweeuur die oggend gesit en gesels, maar toe kom roep ons pas ons om na ons huis te gaan.

2.2 Mag ek maar hierdie lee blikkie kry

2.3 Die skoolhoof dink of Piet of Jan het die ruit gebreek, maar ek se vir jou, dit was nog Piet, nog Jan.

2.4 My ouma dink ek en my susters is nog babas en sy maak baie reels waaraan ons gehoorsaam moet wees.

2.5 Daar is geen water in die lee dam nie. Dis ’n baie droe jaar vanjaar.

Table 3
         
  LU 6.1      
         

AKTIWITEIT 4

Om

  • alledaagse voor- en agtervoegsels te gebruik om woordeskat uit te brei
  • telwoorde te herken
Table 4
LU 6.1 LU 6.2

1. Kyk na die vetgedrukte woorde:

  • Dit was ’n dramatiese affêre toe die dertiendefee begin praat.
  • Die ongeluk het die arme prinses getref.
  • Die bakker het doodstil gaan staan.
  • Sy was die mooiste meisie in die hele land.
  • In sommige van hierdie woorde is daar AGTERVOEGSELS, bv. dramatiese, dertiende, prinses, mooiste.
  • Daar is ook ’n VOORVOEGSEL in die woord ongeluk.
  • Kan jy sien dat ’n voorvoegsel vooraan ’n woord staan en ’n agtervoegsel agteraan ’n woord?
  • Kan jy ook sien dat dit die woord se betekenis verander?
  • Dit beteken dat ’n mens meer woorde kan vorm deur van voor- en agtervoegsels gebruik te maak.
  • So brei jy jou woordeskat uit.
  • JOU ONDERWYSER SAL JOU ‘N BIETJIE MEER HIEROOR VERTEL

2. Maak nou van elk van die volgende woorde nog een woord deur ’n voor- of agtervoegsel by te voeg. Skryf dan ’n sin waarin jy die nuwe woord gebruik, en onderstreep die nuwe woord:

2.1 vriendelik

2.2 koning

2.3 tuin

2.4 boos

2.5 speel

3 Weet jy wat ’n telwoord is? Dis maklik: ’n telwoord is ’n woord wat jy gebruik as jy tel. Dit is dus die naam van ’n getal.

  • Onderstreep die telwoorde in die volgende sinne:

3.1 Daar is vyftien spelers in ’n sokkerspan, maar net elf in ’n netbalspan.

3.2 Die dertiende fee was ’n bose fee.

3.3 Ons klas het ses-en-twintig leerders en een onderwyser.

3.4 My pa kry op die dertigste dag van die maand sy geld.

Table 5
                     
  LU 6.1           LU 6.2      
                     

AKTIWITEIT 5

Om

  • alledaagse afkortings korrek te gebruik

LO 6.1

  • Ons sluit hierdie module met ’n kort leesstukkie af wat oor die omgewing handel. Een van ons verantwoordelikhede is om die omgewing met respek te behandel.

1. Kyk na die onderstreepte woorde en gee die korrekte afkorting vir elk. Nommer hulle 1.1 tot 1.5.

Respekteer WATER – SPAAR dit!

Suid-Afrika is ’n droë land waar ons versigtig met ons water moet werk. Ons moet goed sorg vir ons riviere deur hulle skoon te hou. Ons moet byvoorbeeld nooit papiere , bottels, blikkies ensovoorts in ’n rivier stort nie.

Ons behoort krane altyd styf toe te draai. Een kraan wat drup kan 60 liter water per dag mors. Meneer Jacobs, ons onderwyser, sê daar is baie mense in ons land wat nie eers ’n kraan in hul huis het nie.

Water is baie kosbaar.

2. Gebruik elkeen van die volgende afkortings in ’n kort sinnetjie om te wys dat jy weet hoe om dit te gebruik: (Indien nodig, en waar gepas, kan jy dit met ’n hoofletter begin.)

2.1 asb.

2.2 bl.

2.3 dr.

2.4 m.a.w.

2.5 str.

Table 6
         
  LU 6.1      
         

Assessering

Table 7
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 stories verstaan en waardeer, asook dié wat deur medeleerders vertel word;
1.2 mondelinge tekste verstaan.
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 vertaal en tolk;
2.2 interaksie in addisionele taal voer;
2.5 ’n onderhoud voer.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 fiksie en nie-fiksie verhale lees;
3.2 sommige elemente van die poësie verstaan;
3.4 vir inligting lees;
3.7 vir genot lees;
3.8 begrip van die gebruik van naslaanwerke toon.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra;
4.2 vir ’n sosiale doel skryf;
4.4 skeppend skryf;
4.5 mediatekste ontwerp.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, te verwerk en te gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.1 taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen gebruik;
5.2 taal gebruik om te dink;
5.3 inligting versamel en op verskillende maniere opteken.
LU 6 Taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 bekende woorde korrek spel;
6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer;
6.3 taalverskynsels hanteer soos
6.3.2 soorte sinne;6.3.3 enkelvoudige sinne;6.3.6 die ontkennende vorm;
6.4 woordeskat uitbrei;
6.5 begrip van 5 000 tot 7 500 alledaagse woorde binne konteks teen die einde van graad 8 demonstreer.

Memorandum

AKTIWITEIT 2

1. Sinne:

1.1 Ons doen ons skoolwerk saans pligsgetrou by die huis.

1.2 Ek gaan volgende week per bus Kaap toe.

1.3 Ons span speel elke jaar baie hard teen hulle in Pretoria. (OF: … in Pretoria teen hulle.)

1.4 Die man gaan elke dag per trein werk toe.

1.5 Ons eet altyd soggens ons pap baie vinnig. (OF: Ons eet ons pap altyd soggens baie vinnig.)

AKTIWITEIT 3

1. Skryftekens

2.

2.1 ná twee-uur pa’s

2.2 leë ?

2.3 óf óf sê nóg nóg

2.4 reëls

2.5 leë droë

AKTIWITEIT 4

1. Voor- en agtervoegsels

2. Eie sinne met gekose voor- en agtervoegsels

3.

3.1 vyftien, elf

3.2 dertiende

3.3 ses-en-twintig een

3.4 dertigste

AKTIWITEIT 5

1. Afkortings:

1.1 S.A.

1.2 bv.

1.3 ens.

1.4 l

1.5 Mnr.

2. Afkortings in eie sinnetjies:

2.1 asseblief

2.2 bladsy

2.3 dokter OF doktor (verduidelik verskil)

2.4 met ander woorde

2.5 straat

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks