Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 8
AKTIWITEIT 1
Taal
Leestekens
1. Dink net: jy staan bo-op ’n hoë bult
2. Die bal rol ál vinniger, en vinniger, en vinniger.
3. Soos die bal teen die steilte afsnel, hop en bons jy rond binne-in
4. Die idee is dat, soos die bal rol, die persoon aan die binnekant – wat ’n Zorbonaut genoem word – teen die kant vasgedruk word.
5. Dit word nog nie in Suid-Afrika beoefen nie, maar wie weet, miskien sien jy binnekort ook dié blink strandballe.
6. En Zorbonauts wat dit al gedoen het, belowe die adrenalien-inspuiting is nie te versmaai nie.
7. dié rollery is ’n bisarre gevoel, maar dat die stadige rotasie darem verhinder . . .
8. Hy vra hoe laat dit is?
9. Hoe laat is dit, vra hy?
10. Is dit al laat genoeg? wil hy weet.
11. Net toe ek by die deur instap vra Oupa Kan ek asseblief nie die Huisgenoot kry want ek moet nog die blokkiesraaisel invul. En môre moet ek dit pos voeg hy by toe hy wegstap.
Spelling
12. oumas
13. oribitjie (dis ’n baie klein soort bok in SA)
14. Du Preeztjie
15. A span
16. heldeontvangs
17. garage-e
18. Terblanche-e
19. Du Toits
20. nommer 5 skoen
21. 10 liter melk
22. 10 liter houer
23. Markotter gedenkboek
24. dieët
25. spieël
26. finansieël
27. finansiële
29. betaal TV
| LU 6.1.2 | ||||
AKTIWITEIT 2
Skryf ’n DIALOOG tussen jou en enige van die uitvinders van die Zorb waarin julle ’n gesprek voer oor dié uitvinding
OF
Skryf ’n DIALOOG tussen jou en Leonardo da Vinci waarin jy met hom gesels oor enige van sy uitvindings.
| LU 4.1 | ||||
AKTIWITEIT 3
TEKS B
1 Die enigste “vreemde/onbekende woord in die gedig is “gier” in reël 3. In die HAT (Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal) staan by “gier” die volgende:
gier1, (-e) 1. Enigeen van enkele soorte dagroofvoëls, nl. die aasvoëls en die kraai. 2. Genadelose, skraapsugtige mens.
gier2, (-e) 1. Sterk begeerte, drang, drif. 2. Onredelike, wispelturige nuk. 3. Iets nuuts, ’n nuwigheid.
gier3, I ww. gegier 1. ’n Skril geluid uiter, skree, gil. 2. ’n Skerp en fluitende, gonsende geluid maak. II s.nw. (-e) Harde, skril geluid; skreeu, gil.
gier4, ww. (gegier) 1. a. Skuins ry op ’n brander – van ’n boot of ’n swemmer gesê. b. Branderplank ry. 2. In ’n skuins rigting afwyk.
2. Watter klere dra die skaatsplankryer (lees die gedig; moenie na die skets kyk nie!)
3. Waar ry hy met sy skaatsplank?
4. Watter woorde in die gedig beskryf die aksies wat hy op die skaatsplank uitvoer om die skaatsplank te laat beweeg?
5. Sê nou in jou eie woorde wat hy maak om die skaatsplank (vinniger) te laat beweeg.
6. Hoekom staan die deel in reël 2 – 3 tussen aandagstrepe?
7. Daar kom baie min leestekens in die eerste deel van hierdie gedig voor. Wat noem ons dié verskynsel?
8. Verduidelik nou deur op die inhoud van die gedig te let, waarom daar feitlik geen leestekens in die eerste paar reëls is nie.
9. Tot waar in die gedig BESKRYF die verteller die skaatsplankryer en wat hy doen?
10. Verduidelik waarom daar ’n dubbelpunt aan die einde van reël 4 voorkom.
11. Kyk na die rymskema van hierdie gedig.
11.1 Wat merk jy op?
11.2 Wat noem ons so ’n gedig waar daar baie min/geen rymwoorde is nie?
12. Wat bedoel die verteller wanneer hy/sy sê dat swaartekrag vir die skaatsplankryer “geen swaarte” het nie?
13. Watter ander woorde in die gedig sluit by hierdie gedagte aan?
14. Watter soort beeldspraak kry ons in die slotreël waar die verteller die skaatsplankryer ’n “windswael” noem?
15. Waarom gebruik die verteller juis dié beeld? Is ons deur die gedig daarop voorberei (kan ons dus sê die res van die gedig motiveer/ondersteun die keuse)? Verduidelik aan die hand van woorde/sinsnedes in die gedig waarom jy so sê.
16. Waarom spesifiseer die verteller ná “windswael” “van die aarde”?
17. Slaag die digter na jou mening daarin om die “boodskap” van die gedig, nl. die vryheid wat die skaatsplankryer ervaar, suksesvol oor te dra? Verduidelik waarom jy so sê.
| LU 3.6 | ||||
AKTIWITEIT 4
18. Kreatiewe reaksie op tekste
Ons het sekerlik al almal op, met of in so ’n “pret-ryding” gery of toertjes gedoen, of aan die een of ander vorm van adrenaliensport deelgeneem. Beskryf in ’n stelwerkstuk die GEVOEL wat jy tydens so ’n rit/sprong/toertjie ens. ervaar of ervaar het.
| LU 4.1 | ||||
AKTIWITEIT 5
TEKS C
MOENIE SO PLOETER, KRY ‘N SKOETER
Ryplanke (scooters) is die mees nuwerwetse vervoermiddel en beslis die in-ding op twee wiele. Dit is ’n topverkoper onder speelgoed. Jy kan nou ryplanke op jou eie webtuiste verkoop en 10% kommissie verdien! ’n Ryplank kos $130, en 10% daarvan is dus $13 – vir jou! Die gewilde Razor kos $95,00.
Rits!!! hierheen en Rits!!!!! daarheen – die ryplank is hier en stadig besig om Suid-Afrika oor te neem!
Volgens mnr Len Bradford bestuurder van Surf Wearhouse in Bellville is ryplanke ’n nuwe gier wat Amerikaners Australiërs en die Britte in vervoering het en waarvan die gewildheid ook in Suid-Afrika aan die toeneem is.
“Enige mens ouer as drie jaar en jonger as honderd jaar kan die ryplanke ry! Hulle is baie veiliger as skaatsplanke en jy hoef nie met beskermingsklere aan te ry nie,” het hy verlede week vertel.
Van die waaghalse en avontuurlustige ryplank-liefhebbers beoefen van die toertjies van skaatsplankryers.
“Die groot rede waarom mense die ryplank gebruik, is vir pret! Ryplanke is soos ’n fiets of ’n skaatsplank, net veel veiliger en nog lekkerder!” val hy ons opgewonde in die rede.
Die ryplanke word uit Amerika bestel en deur agente in Suid-Afrika verkoop. Daar is ’n verskeidenheid make van dié rygoed.
Van die make wat daar is, is die SL-1, die JD BUG en die Avalanche. Ryplanke kan enigiets van R400 tot meer as R1000 kos.
Een van die aantrekkingskragte van die gewilde tweewiel-ryding is dat dit heeltemal opvoubaar is. “In Engeland ry mense met hulle ryplanke na die stasie, vou dit eenvoudig toe en ry dan trein tot by die volgende stasie. Daar vou hulle weer die ryplank oop en ry verder werk toe!” het Len verduidelik.
In hierdie opsig is ryplanke ’n veilige en handige (en goedkoper) vervoermiddel.
Nog ’n lokaaspunt van dié klanklose bromponie sonder enjin is dat meisies nie agteroor hoef te sit nie. “Meisies kan ook ry. Dis gewoonlik die seuns wat altyd so vinnig soos die hel wil ry,” het Len gesê.
Seuns wat van spoed hou, kan ’n “redelike” spoed teen ’n afdraand kry.
“Die ryplanke verkoop soos soetkoek. Daar is seker meer as 5 000 ryplanke die afgelope seisoen in Suid-Afrika verkoop sedert die gier hier posgevat het. Dis die ideale Kersgeskenk,” volgens Len.
(Aangepas uit die Bylae tot Die Burger)
1. Beantwoord die volgende vrae oor die gegewe leesstuk streng volgens die opdragte.
1.1 Noem twee redes waarom mense ’n ryplank aanskaf. (3)
1.2 Waarom is ’n ryplank ’n geskikte vervoermiddel vir werkers in ’n stad? (3)
1.3 Wat beteken dit om te “ploeter” (die woord staan in die opskrif)? (2)
1.4 Wanneer kan ons sê iets is ’n “in-ding” (par. 1)? (2)
1.5 Sê in jou eie woorde wat dit beteken as iemand “rits”. (2)
1.6 Waarom is die eerste deel van par. 2 donker gedruk met so baie uitroeptekens? (2)
1.7 Haal VIER opeenvolgende woorde uit die leesstuk aan wat ’n ryplank beskryf. (2)
1.8 Waarom plaas die skrywer die woord “redelike” in die tweedelaaste paragraaf in aanhalingstekens? (2)
1.9 Verduidelik wat “kommissie” (par. 2) is. (1)
1.10 Sê wat ’n “agent” doen (par. 7) (1)
[20]
| LU 5.2.2 | ||||
AKTIWITEIT 6
Opsomming
| LU 3.4 | ||||
| LU 3 LEES EN KYK |
| Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 3.4 hoofgedagtes identifiseer en ’n opsomming maak; |
| 3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan bydra; |
| 3.6 begrip van ’n teks en die doel daarvan toon deur die intrige tema., hoofkarakter ens. te bespreek. |
| LU 4 SKRYF |
| Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 4.1 verskeidenheid verbeeldingstekste skryf; |
| 4.2 ’n verskeidenheid feitelike skriftelike tekste vir verskeie doeleindes lewer; |
| 4.4 die skryfproses saam met ander en individueel gebruik om tekste te skep. |
| LU 5 DINK EN REDENEER |
| Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 5.2 gebruik taal om te ondersoek:5.2.2 taal gebruik om te ondersoek en opsies te oorweeg. |
| LU 6 Taalstruktuur en –gebruik |
| Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 6.1 werk met woorde:6.1.2 basiese spelreëls gebruik om woorde te spel; |
| 6.1.5 ’n woordeboek gebruik om woordeskat na te vors; |
| 6.1.9 antonieme en sinonieme gepas binne konteks vind en gebruik; |
| 6.2 werk met sinne: 6.2.7 die aktief en passief verstaan en gebruik; |
| 6.2.10 leestekens doeltreffend gebruik; |
| 6.4 ’n bewustheid van en gebruik van styl ontwikkel. |
3. Behandel die volgende aspekte baie kortliks voor die leerders die vrae by hierdie oefening beantwoord. Dis ter wille van vaslegging tog sinvol om die opsies te herhaal wanneer u die leerders se werk nagaan.
LEESTEKENS
riglyne by gebruik van komma
riglyne by gebruik van aanhalingstekens
enkel-aanhalingstekens
riglyne by gebruik van uitroepteken
riglyne by gebruik van vraagteken
riglyne by gebruik van aandagstreep
riglyne by gebruik van dubbelpunt
1. dui aan dat uitbreiding/verduideliking volg
2. lys woorde/herhaling van die woord
3. tussen twee gesegdes (werkwoorde wat nie na dieselfde handeling verwys nie)
4. weerskante van ingevoegde sinsnede
5. voor maar, asook ná tussenwerpsel
6. tussen gesegdes
7. voor maar
8. Moenie? kry; dis nie ’n direkte vraag nie
9. Soos 1.3.9 – dis mos nie sy direkte woorde nie - nie aangehaal
10. Korrek; direkte vraag
11. Net toe ek by die deur instap, vra Oupa:“Kan ek asseblief die ‘Huisgenoot’ kry, want ek moet nog die blokkiesraaisel invul. En môre moet ek dit pos,” voeg hy by toe hy wegstap.
SPELLING
Dis sekerlik nie nodig dat u alle spelreëls met die leerders behandel nie; die onderstaande klompie is na my mening voldoende op graad 8-vlak. Lê asseblief klem daarop dat die reëls nooit in die eksamen gevra gaan word nie, maar dat kennis van die reëls beteken dat ’n leerder ook in ander gevalle die reël (waarskynlik) sal kan toepas.
12. oumas
13. oribi’tjie
14. Du Preeztjie
15. A-span
16. heldeontvangs (ook helde-ontvangs) maar dan nie a.g.v. moontlike verkeerde uitspraak nie, eerder makliker lees
17. garage’e
18. Terblanche’e
19. Du Toits
20. nommer 5-skoen
21. 10 liter melk (hoeveelheid liters word aangedui)
22. 10-liter-houer/10-literhouer (aanduiding van grootte)
23. Markotter-gedenkboek
24. dieet (geen klankverwarring moontlik
25. spieël (tradisioneel so gespel, hoewel ons dit net soos spier uitspreek
26. finansieel (geen klankverwarring moontlik)
27. finansiële
28. Ma-hulle
29. betaal-TV
Bepaal asb. self die lengte van die skryfstuk, puntegewig, datum van inlewering. Laat die leerders die raamwerk van die dialoog in groepsverband of individueel doen. Dalk ’n nuttige stuk vir die portefeulje.
TEKS B: Skaatsplankryer
Memorandum
1. Betekenis 1.1 – sweef; 2.1 effens buite konteks, maar tog haalbaar 4.1
2. Denimklere (die skets wys valhelm ens., maar dit staan nie in gedig).
3. teen ’n helling “afdraandpad”
4. “knoop” “ontknoop” “maak arms oop” “gier”
5. Beweeg met sy bene/trap kruis en dwars oor skaatsplank, swaai arms voor, agter en aan weerskante van hom verby (lyk of hy hom vasknoop en dan weer losknoop), sprei arms asof hy wil vlieg, staan dan laastens doodstil met oop arms op voortsnellende plank.
6. Ingevoegde sinsnede/verteller wil ons aandag vestig op die ekstase, gevoel van die ryer. Terselfdertyd ’n belangrike aanduiding van “rede”/”boodskap” van gedig. (Met hierdie inligting sal u sekerlik moet help.)
7. enjambement
8. Gedig lees vloeiend, sonder stiltes/onderbrekings – versterk beeld van ryer wat vloeiend beweeg.
9. “gier (bevry)” r. 4 (Gesels met die klas – indien u ’n skerp groep het – oor of “bevry” steeds beskryf, en of dit nie dalk al oorgaan na toepassing nie.)
10. Lei klimaks/toepassing in.
11.1 (feitlik) geen rymende woorde; miskien wel r. 1 en 5
11.2 vrye vers
12. Hy beweeg asof die aarde se AANTREKKINGSkrag (wat mense vashou) nie op hom ’n invloed het nie.
13. “vaart” en “gier” ook “bevry” en “-windswael”
14. metafoor
15. Wil iets van vry word, beweeg asof niks hom vashou nie, uitlig. Ja – kyk 2.6.2.
16. Die seun word nooit werklik vry, los van die aarde nie, moet die hele tyd op die aarde beweeg en nie soos swael in die lug nie.
17. Meestal ja, met die antw. van 2.6.2 as motivering. NB ook die woord “bevry” net voor die dubbelpunt is van belang. Ander siening met motivering moet ook aanvaar word.
18. Ook by hierdie stelwerkstuk moet u self die lengte en puntegewig bepaal, die leerders met die raamwerk help en ’n datum vir inlewering vasstel. Stel dit duidelik dat u veral soek na beskrywing van emosie/gevoelservaring. Leerders mag selfs hulle ervaring beskryf die eerste keer toe hulle fiets gery het.
TEKS C: Moenie so ploeter, kry ’n skoeter
1. WANNEER U MET HIERDIE TEKS BEGIN WERK, is die eerste opdrag hier die beantwoording van die stuk as begripstoets. Die leerders moet dus die stuk individueel
stillees en die gegewe vrae daaroor individueel skriftelik beantwoord. Die antwoorde moet u verkieslik self aan die hand van die onderstaande memorandum assesseer.
1.1 Ryplanke is groot pret, maar kan ook nuttig gebruik word om mee oor die weg te kom. (3)
1.2 Dis opvoubaar (kan selfs gedra word), gebruik min plek en ’n mens hoef dan nie te loop nie. (3)
1.3 swaarkry, sukkelend oor die weg kom (2)
1.4 iets wat gewild is, wat jy moet hê as jy in die tel wil wees (2)
1.5 vinnig rondbeweeg (2)
1.6 druk opwinding uit (2)
1.7 “klanklose bromponie sonder enjin” (2)
1.8 Nie almal verstaan die woord dieselfde nie - wat vir een mens (redelik) vinnig is, is vir ’n ander stadig. (2)
1.9 ’n deel van die verkoopsom wat die verkoper ontvang (1)
1.10 mense wat namens maatskappy produk verkoop (1)
2. Behandel met die leerders eers die basiese werkwyse by opsomming. Let daarop dat hierdie opsomming ’n puntsgewyse (en baie basiese soort) opsomming is. Moenie in te veel detail ingaan wat nie hier ter sake gaan wees nie. ASSESSEER ook hier die leerders individueel.