Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Afrikaans Huistaal Graad 8 » Sosiale geregtigheid

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseLang display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Sosiale geregtigheid

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 8

Module 4

SOSIALE GEREGTIGHEID

AKTIWITEIT 1

Sosiale geregtigheid

Hierdie verhaal is meer as 75 jaar gelede geskryf, toe omstandighede baie anders as vandag was. Waarna ons nou gaan kyk, is die twee karakters: ’n wit seun, Patrys, en ’n bruin volwasse man, Moos. Die tema van hierdie oefening is SOSIALE GEREGTIGHEID, en ons gaan kyk na die verhouding tussen hulle en hoe die letterkunde van daardie tyd wit en bruin uitgebeeld het. Sjoe, klink darem hoog en moeilik, nè? Maar ons gaan dit op só ’n manier doen dat jy uiteindelik by ’n antwoord sal kan uitkom.

  • JULLE GAAN IN GROEPE WERK, EN JULLE GAAN MET DIE TEKS WERK.
  • Die bedoeling is dat julle in julle groep na sekere aspekte gaan kyk en daaroor gesels en argumenteer en op die ou end by ’n siening (ons noem dit ’n gemotiveerde siening) uitkom.

Lekker werk!

  • GEBRUIK DIE TEKS – VERWYS DUS NA DIE INHOUD EN WOORDE/SINSNEDE AS BEWYSE – EN KYK NA DIE VOLGENDE:
  • Hoe word Patrys voorgestel? Bv.: Wat weet hy alles? Wat kan hy alles doen? en so meer.
  • Hoe word Moos voorgestel? Wat weet hy alles? Wat kan hy alles doen? ens.
  • Hoe is die verhouding tussen die twee? Hoe praat hulle met mekaar? Wat dink hulle van mekaar? Wie is die meerdere en hoekom, en wie is die mindere, en hoekom?
  • Hoe behandel Patrys vir Moos, en omgekeerd?

(Onthou dat die skrywer - ons moet eintlik mos sê die VERTELLER - die twee karakters só teken.)

  • NOU MOET JULLE ‘N BELANGRIKE STANDPUNT INNEEM:
  • Het die letterkunde (en dan nou spesifiek hierdie verhaaltjie) teen bruin mense gediskrimineer/bruin mense as minder menswaardig voorgestel? Motiveer jou antwoord.
  • Dink jy dit was doelbewus so?
Table 1
         
  LU 2.4      
         

AKTIWITEIT 2

  • Lees die volgenge gedig: Lied van die fietsers deur Antjie Krog. Dit verskyn in Senior Keur, Tafelberg 1992.
  • BEANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE OOR DIE GEDIG:

1 Wat noem ons ’n gedig wat geen vaste struktuur of rymskema het nie? (1)

2 As ons sê dat die gewone dinge wat ’n gedig bymekaar hou, soos ’n vaste struktuur en rym, in hierdie gedig ontbreek, moet die digter tog iets anders gebruik om die gedig sy eenheid te laat behou. Noem minstens TWEE (verstegniese) middele wat die digter in hierdie gedig gebruik om dit te doen. (2)

3 Beskryf kortliks hoe die fietsers lyk. (3)

4 Noem minstens drie verskille tussen die vyfde fietser en die ander. (3)

5 Haal enige twee vergelykings uit die gedig aan. (2)

6 Sê nou wat by elk van hierdie twee vergelykings met mekaar vergelyk word. (4)

7 Skryf enige twee metafore uit strofes 2 en 3 neer. (2)

8 Verduidelik wat die volgende twee sinsnedes beteken: (4)

  • “konakwaberge al langs sy rug af”

  • “’n roeispaan in sy lag”

9 Is hierdie metafore geslaag (pas hulle m.a.w. binne die konteks van die gedig)? Motiveer waarom jy so sê.

10 Wat sê str. 2 en 3, waar ons lees van berge, baaie, pampano’s en riviere, vir ons van die vyfde fietser se omswerwinge? (2)

11 Haal ’n bewys uit die gedig aan dat die fietsers ’n ruk lank vertoef het waar die verteller was. (1)

12 Verduidelik die volgende sinsnedes: (4)

  • “sy skadu ontbind in die verte”

  • “ek verloor hom”

13 Sê wat die laaste reël van die gedig beteken. (1)

14 Verduidelik waarom hierdie reël alleen staan. (1)

[30]

Table 2
         
  LU 3.5      
         

TEKS A

En nou: die waterfiets!

(a) ______ gedink jy kan met ’n fiets OP water ry? In water, ja, en (b) ______ moet jy dan seker maar (c) ______ neem met die feit dat jy gaan nat word, ja. Maar óp die water? Aikona!

En tog is dit presies wat ’n Thailandse ontwerper, mnr. Pravit Yongvanoch, se jongste ontwerp (d) ______: ’n fiets waarmee jy op water ry. En nie sommer vir die pret nie, o nee. Pravit het vandeesweek sy (e) ______bekend (f) ______ en gesê dis ’n goedkoop en omgewingsvriendelike manier om verkeersknope te (g) ______. Dis boonop goeie oefening.

Hy wil dié fiets op groot skaal (h) ______ en in Thailand en moontlik ook Amerika verkoop.

Of Suid-Afrika hierdie ontwerp ooit sal sien of gebruik, is te betwyfel, aangesien ons land geen riviere as waterweë gebruik nie. Maar wie weet, met die mens se onbeperkte (i) ______ is dit dalk net moontlik dat ons (j) ______ ‘n nuwe sportsoort: waterfietsrenne, gaan aanskou.

AKTIWITEIT 3

  • VIR HIERDIE OEFENING GAAN ONS GEWOON DIE ONTBREKENDE WOORDE UIT DIE PARE IN DIE LYS HIERONDER KIES. KIES BY ELKE NOMMER DIE WOORD WAT JY DINK DIE BESTE PAS EN SKRYF JOU ANTWOORD IN DIE BETROKKE SPASIE NEER.

WOORDELYS

(a) ooit / al / nog

(b) sekerlik / boonop / beslis

(c) geneë / genoeë / verlief

(d) behels / beteken

(e) vonds / ontdekking / uitvinding

(f) gestel / gemaak / geword

(g) ontwyk / voorkom / ontduik

(h) patenteer / vervaardig / fabriseer

(i) lewenslus / kreatiwiteit / vindingrykheid

  1. (a) huidig / eersdaags / aanstons
  • KEN JULLE DIE BETEKENIS VAN DIE WOORDE WAT JULLE NIE GEBRUIK HET NIE? SLAAN DIE WOORDE WAT JULLE GLAD NIE KEN NIE, IN ‘N WOORDEBOEK NA EN MAAK ‘N KORT VERKLARENDE SINNETJIE MET ELKEEN SODAT JULLE DIE WOORD KEN EN IN DIE TOEKOMS KAN GEBRUIK.
Table 3
         
  LU 6.1.9      
         

AKTIWITEIT 4

  • STEL ‘N STROOIBILJET SAAM WAARIN JULLE DIE OPENING VAN ‘N NUWE TERREIN VIR SULKE PRETGOED IN JULLE DORP ADVERTEER OF SO ‘N NUWEGIER BEKENDSTEL.
  • Werk eers in ’n groep saam om die volgende te bepaal
  • Wat julle gaan adverteer
  • Wie die teikengehoor is
  • Hoe julle dié gehoor gaan bereik (taalgebruik, program vir die dag ens.)
  • Die stelwyse van die stuk sodat die leser die opening/bekendstelling sal wil bywoon
  • Stel nou elkeen ’n strooibiljet saam.
Table 4
         
  LU 4.4      
         

Assessering

Table 5
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit word bewys as die leerder:
2.4 ’n verskeidenheid basiese interaksievaardighede toon deur aktief aan groepbesprekings deel te neem;
2.5 mondelinge aanbiedings met redelike akkuraatheid en kreatiwiteit doen.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer
Dit word bewys as die leerder:
3.4 hoofgedagtes identifiseer en ’n opsomming maak;
3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan bydra;
3.6 begrip van ’n teks en die doel daarvan toon deur die intrige tema., hoofkarakter ens. te bespreek.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit word bewys as die leerder:
4.1 verskeidenheid verbeeldingstekste skryf;
4.2 ’n verskeidenheid feitelike skriftelike tekste vir verskeie doeleindes lewer;
4.4 die skryfproses saam met ander en individueel gebruik om tekste te skep.
LU 6 Taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit word bewys as die leerder:
6.1 werk met woorde:6.1.2 basiese spelreëls gebruik om woorde te spel;
6.1.5 ’n woordeboek gebruik om woordeskat na te vors;
6.1.9 antonieme en sinonieme gepas binne konteks vind en gebruik;
6.2 werk met sinne: 6.2.7 die aktief en passief verstaan en gebruik;
6.2.10 leestekens doeltreffend gebruik;
6.4 ’n bewustheid van en gebruik van styl ontwikkel.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

Hier haal ons die tema van sosiale geregtigheid op. Leerders moet dit in groepe bespreek deur na die teks te verwys en te argumenteer en op die ou end met ’n standpunt na vore te kom. U sal baie duidelike riglyne moet gee oor sake waarop hulle moet let, in aansluiting by wat in die module gegee word. Tydens die groepbesprekings moet u in die klas rondbeweeg en individuele bydrae in die groep assesseer met behulp van departementele assesseringstabelle. Gee genoeg tyd [m.i. maklik 2 – 3 lesure] vir (1) bespreking in die groep, en (2) terugvoering en verdere argumente tussen groepe.

AKTIWITEIT 2

Lied van die fietsers

Behandel die gedig as vrye vers. Verwys na enjambement, alliterasie, herhaling (refrein), beelde, beeldspraak (vergelyking en metafoor en die geslaagdheid daarvan), reëllengtes, oop spasies in reëls ens. MOENIE te diep op die gedig ingaan nie, aangesien die leerders net vergelykings, metafore en aanhalings ter motivering van INHOUD uit die gedig moet kan haal.

  • Laat leerders daarna die gegewe vrae individueel beantwoord en bepunt dit vir hul portefeulje.

1. vrye vers (1)

2. enige twee van: ritme, herhaling, beelde, tipografie (oneweredige vorm van reëls) (2)

3. moulose hemde/grandpa vests, skewe pette, rugsakke op rug, bry soos Swartlanders (?) (3)

4. bruin; swart, dromerige oë; mooier as ander; kom lank ná hulle daar aan (enige drie) (3)

5. “vreemd soos sigeuners met ’n swartlandse bry”“rugsakke wat klou soos ape”“skaduwee . . . delikaat soos ’n web”“skaduwee oor sy . . . fiets . . . soos ’n alarm om juwele” (enige twee korrek aangehaal) (2)

6. Fietsers vgl. met sigeuners wat vreemd is/praat.Rugsakke word met ape vgl. wat vasklou.Skaduwee vgl. met ’n fyn spinnerak.Sy skaduwee wat oor fiets is, vgl. met ’n alarm om juwele (bv. in kluis). (2 x 2 = 4)

7. “konakwaberge al langs sy rug af”“baaie in sy hande”“pampano’s in sy swart o딓’n roeispaan in sy lag” (enige 2 korrek aangehaal) (2)

8. Rugwerwel met werwelpunte laat dink aan berg(reeks)/ loop soos ’n bergreeks teen sy rug af.Lag klink soos water wat kabbel. (2 x 2 = 4)

9. Geslaag – beelde wat gebruik word, skakel met reis/geografiese verskynsels/dinge wat binne die RUIMTE (milieu) van die gedig lê.

10. Het al baie gereis/baie plekke gesien of besoek. (2)

11. “in ’n paar uur” (1)

12. Verteller kan nie meer die fietser of sy skaduwee sien nie.Hy ry weg (saam met die ander). (2 x 2 = 4)

13. staan alleen (1) met . . .

14. Sê (beklemtoon) dat verteller hom nooit weer gesien het nie. (1) (2)

[30]

  • PLAAS IN PORTEFEULJE AS INDIVIDUELE GESKREWE RESPONS OP EMOTIEWE TEKS

AKTIWITEIT 3

TEKS A: Die waterfiets

Sekerlik selfverduidelikend

  • (a) ooit (b) boonop (c) genoeë (d) behels (e) uitvinding (f) gestel (g) ontduik (h) vervaardig (i) vindingrykheid (j) eersdaags

Laat leerlinge hier mondelings terugvoering gee.

AKTIWITEIT 4

Groepwerk aanvanklik nadat u die strooibiljet behandel het – dalk is dit raadsaam om enkele voorbeeld van sulke biljette bymekaar te maak en as leerstof te gebruik. NB in die behandeling: teikengehoor, taal wat by gehoor pas, genoeg inligting om nuuskierig te maak, inligting oor tyd, plek, ens. Baie belangrik: oorredend van aard – lesers moet oorreed/oortuig word om te gaan. Help asseblief met die raamwerk.

  • Kom ooreen oor datum, formaat, puntegewig ens.

PLAAS IN PORTEFEULJE AS FUNKSIONELE / KREATIEWE SKRYFSTUK

Collection Navigation

Content actions

Download module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks