AKTIWITEIT 1
Om vir spesifieke inligting en kerngedagtes te luister
Teks A
Studente omtower papierpulp tot kunstige meubels (aangepas uit “Die Burger”)
Die Ruth Prowse Kollege vir Kuns en Ontwerp in Woodstock span herwonne papier in om sy deel te doen teen die toenemende werkloosheidsprobleem wat groot kommer in die land se stedelike en plattelandse gebiede wek.
Vir minstens 25 studente van die Kaapse Vlakte, en selfs so ver as Montagu, wat ’n paar jaar gelede nog werkloos en moedeloos was, het die woord “bemagtiging” ’n werklikheid geword toe hulle by dié kollege se deure ingestap het. Geen eise behalwe ’n gewilligheid om hard te werk en ’n visie om bo hul omstandighede uit te styg, is aan die studente, wie se ouderdom van 16 tot 60 wissel, gestel nie.
Potte van papier
Die projek, genaamd Appropriate Paper Technology, behels die maak van voorwerpe soos stoele, potte en krale met papiermaché. Enige soort papier, van koerant tot karton, word verpulp, gevorm en dan geverf. Dit is maklik verwerkbaar en is volgens die skool se direkteur, Edwine Simon, van dieselfde gehalte as soortgelyke voorwerpe wat volgens konvensionele metodes gemaak word. Dit is selfs reënbestand. Die helder kleure van die voorwerpe, met tipies Afrika- en Suid-Afrikaans geïnspireerde patrone, dra daartoe by om hierdie produkte in kunswerke te omtower. Dit neem sowat 180 uur om so ’n stoel te maak.
Die produkte gaan moontlik aanstaande jaar op ’n veiling verkoop word om ’n prys te bepaal, het Simon gesê. Volgens haar het die studente, wat bo verwagting goed gepresteer het in die kursus, self besluit hoe die eindproduk moet lyk.
Ten toon gestel
Die werke word tans ten toon gestel en kan deur die publiek by die kollege in Birkdalestraat, Woodstock, besigtig word.
Dié interkulturele projek is deur Simon en ’n dosent by die kollege, me. Simoné de Villiers, geïnisieer as ’n uitreikaksie na minder bevoorregte gemeenskappe. Die program strek oor ’n jaar en word deur die Kaapse Stadsraad gefinansier. Studente is in Julie verlede jaar betrek. Van hulle is reeds so bedrewe dat hulle na hulle gemeenskap kan teruggaan en hulle nuwe vaardighede daar oordra.
Die sukses van hierdie besonderse projek het daartoe gelei dat grafiese ontwerp-studente in hulle eerste jaar by die Kollege ook die kursus oor ses maande volg.
1. Op watter twee maniere help die papier-kunsprojek van die Ruth Prowse Kollege die mense én die omgewing?
2. Hoe word studente deur hierdie projek “bemagtig”?
3. Waarom word die stoele as “kunswerke” beskryf?
4. Wat moet die uiteenlopende groep studente uiteindelik met die kennis maak wat hulle in die kursus opgedoen het?
5. Watter gevolg het die sukses van hierdie projek vir ander studente aan die Kollege?
| LU 1.2 | ||||
Aktiwiteit 2
Om die impak van spesifieke woorde, frases en sinne te verduidelik en taalvariëteite te herken en te aanvaar
Wanneer ons taal gebruik, wend ons dit aan om by die omstandighede te pas. Ons kies soms spesifieke woorde, frases of sinne om die luisteraar (of leser) te beïnvloed. Ons wil miskien die ontvanger van die boodskap oorreed om soos ons te dink. Daarom gebruik ons eerder emotiewe taal (oorredende taal) as feitelike taal. Kyk byvoorbeeld na die verskil in impak wat die volgende sinne het:
Die eerste sin stel bloot die feit, terwyl daar duidelik vooroordeel in die tweede sin uitgespreek word. In die tweede sin word die spreker se mening uitgespreek. (Die spreker in die eerste sin is objektief, terwyl die spreker in die tweede sin subjektief is.)
1. Vorm klein groepies (4 of 5 leerders) en kyk fyn na die leesstuk hierbo. Identifiseer ’n paar voorbeelde wat die verskil tussen feitelike en oorredende taal illustreer (m.a.w. objektiewe taal teenoor subjektiewe taal). Gesels oor hierdie verskynsel en gee voorbeelde uit jul alledaagse taalgebruik.
2. Skryf twee voorbeelde van elke tipe uit die teks neer:
3. Bly nog steeds in jul groepies. Julle moet nou ’n situasie uitspeel. Verbeel julle dat julle ook voorheen benadeelde, werklose mense is wat nou aan die Ruth Prowse Kollege studeer. Julle sit in die werklokaal waar julle besig is om kunstige voorwerpe te maak. Julle sit sommer oor koeitjies en kalfies en gesels terwyl julle werk. Hoe sal julle taal klink? Met watter aksent en dialek praat julle? Hou die inligting in gedagte wat in die voorafgaande teks verskaf is. Gebruik jou verbeelding en probeer so oortuigend optree as wat jy kan.
4. Maak nou ’n lys van ten minste vyf sleng- of dialekwoorde wat julle gebruik het, en verduidelik in “gewone” (Standaard-) Afrikaans wat die woorde beteken.
5. Hoe sou dit geklink het as hierdie studente in “Standaard-Afrikaans” gesit en gesels het? Sou dit lewensgetrou wees? Gee ten minste twee redes vir jou antwoord.
| LU 1.5 | LU 1.6 | |||||||||
Aktiwiteit 3
Om bewustheid en gebruik van styl te ontwikkel
Idiomatiese Taalgebruik
Idiomatiese taal beteken nie die idiome wat in ’n taal voorkom nie, maar die korrekte manier waarop woorde saam gebruik word in vaste uitdrukkings. Dis idiomatiese taalgebruik wat aan elke taal sy unieke karakter gee, en op grond waarvan ’n mens kan sê iemand praat “reg” of “verkeerd”. So sê ’n mens bv. in Engels “take steps,” maar in Afrikaans “stappe doen.” In die leesstuk kry ons bv: “Sy deel . . . doen.”
1. Haal nou uit die leesstuk nog moontlike vaste (idiomatiese) uitdrukkings wat jy kan raaksien en skryf hulle neer.
2. Gebruik hierdie vaste uitdrukkings in sinne.
| LU 6.4.3 | ||||
Aktiwiteit 4
Om met woorde te werk (afleidings)
Afgeleide Woorde
In alle tale kry ons dit dat woorde aan mekaar verwant is omdat hulle van dieselfde woord (genoem die STAM) afgelei word/is. So is MAGtig, MAGteloos en onMAG bv. almal van een woord, nl. MAG, afgelei).
1. Gaan soek nou in die leesstuk woorde wat van die volgende woorde/stamme afgelei is:
1.1 wen/herwin
1.2 toeneem
1.3 werk
1.4 moed
1.5 mag
1.6 kultuur
1.7 inisiatief
1.8 vaardig
2. Kan jy nog ander woorde (jou eie) van bogenoemde stamme aflei?Skryf hulle by bogenoemde, maar in ’n ander kleur.
| LU 6.6 | ||||
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 LUISTER |
| Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 1.2 vir spesifieke inligting luister en gepas reageer; |
| 1.5 die impak van spesifieke woorde, frases en sinne verduidelik; |
| 1.6 taalvariëteite herken en aanvaar. |
| LU 2 PRAAT |
| Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| LU 5 DINK EN REDENEER |
| Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 5.2 inligting uit ’n wye verskeidenheid bronne vind; |
| 5.3 inligting uit ’n wye verskeidenheid bronne verkry en verwerk. |
| LU 6 Taalstruktuur en –gebruik |
| Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 6.1 werk met woorde:6.1.9 verstaan en gebruik algemene sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme, een woord vir ‘n omskrywing en klanknabootsende woorde gepas binne konteks; |
| 6.2 werk met sinne:6.2.7 gebruik die aktief (bedrywende vorm) en passief (lydende vorm) en verstaan wanneer elkeen gepas is; |
| 6.2.8 verander sinne doeltreffend van die direkte na die indirekte rede, en anders om, met die korrekte gebruik van punktuasie, bywoorde en voornaamwoorde; |
| 6.4 ’n bewustheid van en gebruik van styl ontwikkel: |
| 6.6 met woorde werk (afleidings). |
AKTIWITEIT 1
1. Leerder se eie volsinne.
AKTIWITEIT 2
1. objektiewe / subjektiewe taal
Talle voorbeelde – moet feitlik wees.
2. Tipies Kaapse, Bolandse of bv. Swartlandse aksent asook eiesoortige woordeskat – beklemtoon die variasie wat bestaan t.o.v. Afrikaans. Register: waar pas ‘n spesifieke soort taal. Die onderwyser kan verskynsels soos sleng, jargon en Standaard-Afrikaans bespreek en voorbeelde van leerders kry.
3. Voorbeelde van sleng met Standaardafrikaanse” verduidelikings.
4. Dit sou nie eg wees nie, want hierdie sprekers het waarskynlik nie ‘n sterk akademiese agtergrond nie, en hulle is in ‘n informele situasie.
AKTIWITEIT 3
1. Eie voorbeelde, bv. “span herwonne papier in” ... talle voorbeelde.
2. Eie sinne.
AKTIWITEIT 4
1. Afleidings
2. Eie woorde in ander kleur.
AKTIWITEIT 5
1. Bedrywende vorm
2. ‘n Mens gebruik dit as jy die klem wil verskuif van die persoon na die aksie, m.a.w. as jy dit minder persoonlik wil maak.