Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Luister vir spesifieke inligting en kerngedagtes

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseLang display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Luister vir spesifieke inligting en kerngedagtes

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 8

Module 5

LUISTER VIR SPESIFIEKE INLIGTING EN KERNGEDAGTES

AKTIWITEIT 1

Om vir spesifieke inligting en kerngedagtes te luister

  • Luister terwyl die onderwyser die onderstaande stuk hardop lees.

Teks A

Studente omtower papierpulp tot kunstige meubels (aangepas uit “Die Burger”)

Die Ruth Prowse Kollege vir Kuns en Ontwerp in Woodstock span her­wonne papier in om sy deel te doen teen die toenemende werkloosheids­probleem wat groot kommer in die land se stedelike en plattelandse ge­biede wek.

Vir minstens 25 studente van die Kaapse Vlakte, en selfs so ver as Montagu, wat ’n paar jaar gelede nog werkloos en moedeloos was, het die woord “bemagtiging” ’n werk­likheid geword toe hulle by dié kollege se deure ingestap het. Geen eise behalwe ’n gewilligheid om hard te werk en ’n visie om bo hul omstandighede uit te styg, is aan die studente, wie se ouderdom van 16 tot 60 wissel, gestel nie.

Potte van papier

Die projek, genaamd Appropriate Paper Technology, behels die maak van voorwerpe soos stoele, potte en krale met papiermaché. Enige soort papier, van koerant tot karton, word verpulp, gevorm en dan geverf. Dit is maklik verwerkbaar en is volgens die skool se direkteur, Edwine Simon, van dieselfde gehalte as soortgelyke voorwerpe wat volgens konvensionele metodes gemaak word. Dit is selfs reënbestand. Die helder kleure van die voorwerpe, met tipies Afrika- en Suid-Afrikaans geïnspireerde patrone, dra daartoe by om hierdie produkte in kuns­werke te omtower. Dit neem sowat 180 uur om so ’n stoel te maak.

Die produkte gaan moontlik aanstaande jaar op ’n veiling verkoop word om ’n prys te bepaal, het Simon gesê. Volgens haar het die studente, wat bo verwagting goed gepresteer het in die kursus, self besluit hoe die eindproduk moet lyk.

Ten toon gestel

Die werke word tans ten toon gestel en kan deur die publiek by die kollege in Birkdalestraat, Woodstock, besigtig word.

Dié interkulturele projek is deur Simon en ’n dosent by die kollege, me. Simoné de Villiers, geïnisieer as ’n uitreikaksie na minder bevoorregte gemeenskappe. Die program strek oor ’n jaar en word deur die Kaapse Stadsraad gefinansier. Studente is in Julie verlede jaar betrek. Van hulle is reeds so bedrewe dat hulle na hulle gemeenskap kan teruggaan en hulle nuwe vaardighede daar oordra.

Die sukses van hierdie besonderse projek het daartoe gelei dat grafiese ontwerp-studente in hulle eerste jaar by die Kollege ook die kursus oor ses maande volg.

  • Beantwoord die volgende vrae elke keer in ’n netjiese volsin. Gebruik asb. sover moontlik jou eie woorde.

1. Op watter twee maniere help die papier-kunsprojek van die Ruth Prowse Kollege die mense én die omgewing?

2. Hoe word studente deur hierdie projek “bemagtig”?

3. Waarom word die stoele as “kunswerke” beskryf?

4. Wat moet die uiteenlopende groep studente uiteindelik met die kennis maak wat hulle in die kursus opgedoen het?

5. Watter gevolg het die sukses van hierdie projek vir ander studente aan die Kollege?

Table 1
         
  LU 1.2      
         

Aktiwiteit 2

Om die impak van spesifieke woorde, frases en sinne te verduidelik en taalvariëteite te herken en te aanvaar

Wanneer ons taal gebruik, wend ons dit aan om by die omstandighede te pas. Ons kies soms spesifieke woorde, frases of sinne om die luisteraar (of leser) te beïnvloed. Ons wil miskien die ontvanger van die boodskap oorreed om soos ons te dink. Daarom gebruik ons eerder emotiewe taal (oorredende taal) as feitelike taal. Kyk byvoorbeeld na die verskil in impak wat die volgende sinne het:

  • Jan het 125 kilometer per uur gery.
  • Jan het heeltemal te vinnig gery.

Die eerste sin stel bloot die feit, terwyl daar duidelik vooroordeel in die tweede sin uitgespreek word. In die tweede sin word die spreker se mening uitgespreek. (Die spreker in die eerste sin is objektief, terwyl die spreker in die tweede sin subjektief is.)

1. Vorm klein groepies (4 of 5 leerders) en kyk fyn na die leesstuk hierbo. Identifiseer ’n paar voorbeelde wat die verskil tussen feitelike en oorredende taal illustreer (m.a.w. objektiewe taal teenoor subjektiewe taal). Gesels oor hierdie verskynsel en gee voorbeelde uit jul alledaagse taalgebruik.

2. Skryf twee voorbeelde van elke tipe uit die teks neer:

  • oorredend / mening / subjektief:

  • feit / objektief:

3. Bly nog steeds in jul groepies. Julle moet nou ’n situasie uitspeel. Verbeel julle dat julle ook voorheen benadeelde, werklose mense is wat nou aan die Ruth Prowse Kollege studeer. Julle sit in die werklokaal waar julle besig is om kunstige voorwerpe te maak. Julle sit sommer oor koeitjies en kalfies en gesels terwyl julle werk. Hoe sal julle taal klink? Met watter aksent en dialek praat julle? Hou die inligting in gedagte wat in die voorafgaande teks verskaf is. Gebruik jou verbeelding en probeer so oortuigend optree as wat jy kan.

4. Maak nou ’n lys van ten minste vyf sleng- of dialekwoorde wat julle gebruik het, en verduidelik in “gewone” (Standaard-) Afrikaans wat die woorde beteken.

5. Hoe sou dit geklink het as hierdie studente in “Standaard-Afrikaans” gesit en gesels het? Sou dit lewensgetrou wees? Gee ten minste twee redes vir jou antwoord.

Table 2
                     
  LU 1.5           LU 1.6      
                     

Aktiwiteit 3

Om bewustheid en gebruik van styl te ontwikkel

  • Gaan nou terug na die leesstuk hierbo (teks A) vir ’n klompie taaloefeninge.

Idiomatiese Taalgebruik

Idiomatiese taal beteken nie die idiome wat in ’n taal voorkom nie, maar die korrekte manier waarop woorde saam gebruik word in vaste uitdrukkings. Dis idiomatiese taalgebruik wat aan elke taal sy unieke karakter gee, en op grond waarvan ’n mens kan sê iemand praat “reg” of “verkeerd”. So sê ’n mens bv. in Engels “take steps,” maar in Afrikaans “stappe doen.” In die leesstuk kry ons bv: “Sy deel . . . doen.

1. Haal nou uit die leesstuk nog moontlike vaste (idiomatiese) uitdrukkings wat jy kan raaksien en skryf hulle neer.

2. Gebruik hierdie vaste uitdrukkings in sinne.

Table 3
         
  LU 6.4.3      
         

Aktiwiteit 4

Om met woorde te werk (afleidings)

Afgeleide Woorde

In alle tale kry ons dit dat woorde aan mekaar verwant is omdat hulle van dieselfde woord (genoem die STAM) afgelei word/is. So is MAGtig, MAGteloos en onMAG bv. almal van een woord, nl. MAG, afgelei).

1. Gaan soek nou in die leesstuk woorde wat van die volgende woorde/stamme afgelei is:

1.1 wen/herwin

1.2 toeneem

1.3 werk

1.4 moed

1.5 mag

1.6 kultuur

1.7 inisiatief

1.8 vaardig

2. Kan jy nog ander woorde (jou eie) van bogenoemde stamme aflei?Skryf hulle by bogenoemde, maar in ’n ander kleur.

Table 4
         
  LU 6.6      
         

Assessering

Table 5
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit word bewys as die leerder:
1.2 vir spesifieke inligting luister en gepas reageer;
1.5 die impak van spesifieke woorde, frases en sinne verduidelik;
1.6 taalvariëteite herken en aanvaar.
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit word bewys as die leerder:
5.2 inligting uit ’n wye verskeidenheid bronne vind;
5.3 inligting uit ’n wye verskeidenheid bronne verkry en verwerk.
LU 6 Taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit word bewys as die leerder:
6.1 werk met woorde:6.1.9 verstaan en gebruik algemene sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme, een woord vir ‘n omskrywing en klanknabootsende woorde gepas binne konteks;
6.2 werk met sinne:6.2.7 gebruik die aktief (bedrywende vorm) en passief (lydende vorm) en verstaan wanneer elkeen gepas is;
6.2.8 verander sinne doeltreffend van die direkte na die indirekte rede, en anders om, met die korrekte gebruik van punktuasie, bywoorde en voornaamwoorde;
6.4 ’n bewustheid van en gebruik van styl ontwikkel:
6.6 met woorde werk (afleidings).

Memorandum

AKTIWITEIT 1

1. Leerder se eie volsinne.

  1. a) Afvalmateriaal word benut. / Werk word geskep deurdat hulle as potensiële entrepreneurs bemagtig word.
  2. b) Hulle leer nuwe vaardighede aan.
  3. c) Elke stoel is uniek en kunstig versier (Afrikaans).
  4. d) Hulle moet hul verworwe vaardighede in hul gemeenskap aanwend en werk skep.
  5. e) Selfs studente in grafiese ontwerp volg die kursus – dit het dus ‘n nuwe dimensie geskep.

AKTIWITEIT 2

1. objektiewe / subjektiewe taal

  1. a) groepwerk – bespreking – onderwyser moet leiding gee met paar eie voorbeelde.
  2. b) ... bo verwagting goed gepresteer ... / ... hierdie besonderse projek ... (opinie) Enige ander aanvaarbare voorbeelde, bv. Selfs so ver as Montagu

Talle voorbeelde – moet feitlik wees.

2. Tipies Kaapse, Bolandse of bv. Swartlandse aksent asook eiesoortige woordeskat – beklemtoon die variasie wat bestaan t.o.v. Afrikaans. Register: waar pas ‘n spesifieke soort taal. Die onderwyser kan verskynsels soos sleng, jargon en Standaard-Afrikaans bespreek en voorbeelde van leerders kry.

3. Voorbeelde van sleng met Standaardafrikaanse” verduidelikings.

4. Dit sou nie eg wees nie, want hierdie sprekers het waarskynlik nie ‘n sterk akademiese agtergrond nie, en hulle is in ‘n informele situasie.

AKTIWITEIT 3

1. Eie voorbeelde, bv. “span herwonne papier in” ... talle voorbeelde.

2. Eie sinne.

AKTIWITEIT 4

1. Afleidings

  1. a) herwonne
  2. b) toenemende
  3. c) werkloos(heidsprobleem)
  4. d) moedeloos
  5. e) bemagtiging
  6. f) (inter)kulturele
  7. g) (ge)inisieer
  8. h) vaardighede

2. Eie woorde in ander kleur.

AKTIWITEIT 5

1. Bedrywende vorm

  1. a) Hulle verpulp, vorm en verf enige soort papier.
  2. b) Hulle gaan dit moontlik aanstaande jaar op ‘n veiling verkoop om ‘n prys te bepaal.
  3. c) Die publiek kan die werke by die Kollege besigtig.
  4. d) Hulle het in Julie verlede jaar studente betrek.

2. ‘n Mens gebruik dit as jy die klem wil verskuif van die persoon na die aksie, m.a.w. as jy dit minder persoonlik wil maak.

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks