Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 8
Aktiwiteit 1
Om inligting uit ’n wye verskeidenheid bronne te vind en verkry
| LU 5.2 | LU 5.3 | |||||||||
Aktiwiteit 2
Om idees, feite en menings oor uitdagende onderwerpe duidelik en akkuraat oor te dra, om basiese praatvaardighede te toon en om idees en gevoelens op ’n kreatiewe en doeltreffende wyse oor te dra
Teks a
Suid-Afrika se unieke blikkitare nou wêreldwyd gewild (aangepas uit Die Burger)
Elf maande gelede het die bekende jazzmusikant Jimmy Dludlu die ramkie die eerste keer in die Waterfront gesien. Hy het dit opgetel, gespeel en wou onmiddellik self een hê. Nou, ses maande ná die geboorte van Afri-Can, word die tradisie van egte Afrikamusiek voortgesit en die elektriese blikkitaar selfs na Amerika en Kanada uitgevoer.
David Kramer was erg bekommerd toe sý instrument een jaar by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn ’n paar uur soek was. Die ramkie was immers deel van sy aanbieding van Karoo Kitaar Blues. Danksy ’n oplettende sekerheidswag is die kitaar met sy bierdoppies vir knoppies buite die Burgersentrum opgetel en kon die vertonings voortgaan. Kramer was ’n tevrede man.
Valiant Swart kan nie uitgepraat raak oor sy Blikkies nie. “My BP Super Turps met Windhoek-bierdoppies (vir klank) gaan oral saam met my.”
Volgens mnr. Graeme Wells van Afri-Can in Bellville stroom bestellings vir dié eg Suid-Afrikaanse produk in. “Veral buitelanders is gek daarna. Dis ’n tradisie wat al die laaste honderd jaar gewild is onder veral die swart bevolking. Die blikkitaar het ’n unieke klank, van akoesties-elektries tot staalsnaar-elektries.”
Wells het gesê die ramkies word gemaak om in elkeen se individuele smaak te val. “Kramer wou ’n blik hê met ’n erg gebruikte voorkoms, en Dozi het een met die Suid-Afrikaanse vlag daarop.”
Klante kan ook hulle eie blikke verskaf. Die prys van die eindproduk wissel tussen R899 en R3 500.
Besoek ook die webwerf www.africanguitars.com
1. Bespreek die kenmerke van blikkitare soos in die leesstuk aangebied. Bespreek ook hoe ’n blikkitaar van ’n gewone kitaar verskil.
2. Noem die inligting wat die leesstuk gee op grond waarvan ’n mens kan sê die blikkitare is uniek.
3. Rolspel en onderhoudvoering: Verbeel julle dat een van julle ’n radiojoernalis is wat ’n onderhoud met ’n bekende musikant soos Jimmy Dludlu, Valiant Swart of Karen Zoid moet voer. Die onderhoud word op ’n tienerprogram uitgesaai. Stel gepaste vrae aan die musikant (jou maat). Wanneer jy die vrae opstel, kan jy aan kwessies dink soos vroueregte, kritiek, die kwaliteit van Afrikaanse musiek, die kwistige gebruik van Engelse woorde op musiekprogramme soos Geraas! en popsterre as rolmodelle. Skryf jou vrae hier neer, maar moenie na jou notas kyk terwyl jy die onderhoud voer nie. Jy moet goed voorbereid wees.
4. Kies een van die volgende onderwerpe en reël onder leiding van jul onderwyser ’n debatsbespreking daaroor:
Skryf basiese aantekeninge hier neer:
5. Identifiseer kenmerke wat tot die sukses van jou eie kommunikasie bydra. Skryf alles neer wat jy as goeie eienskappe van jou kommunikasievermoë in die aktiwiteite hierbo beskou.
| LU 2.2 | LU 2.3 | LU 2.4 | LU 2.5 | LU 2.6 | ||||||||||||||||||||||||
Aktiwiteit 3
Om met sinne te werk (direkte en indirekte rede)
Wanneer ons wil neerskryf presies wat iemand sê (sy DIREKTE woorde dus), noem ons dit die DIREKTE REDE, en wanneer ons deur ’n (derde) persoon die strekking van iemand se woorde weergee, staan dit bekend as die INDIREKTE REDE.
Die sigbaarste verskil tussen die twee maniere van woorde weergee sien ons aan die aanhalingstekens (in die direkte rede) en die gebrek aan aanhalingstekens (indirekte rede).
Ander verskille kom voor in
1. Valiant Swart kan nie uitgepraat raak oor sy Blikkies nie. “My BP Super Turps met Windhoek-bierdoppies (vir klank) gaan oral saam met my.”
2. Volgens mnr. Graeme Wells van Afri-Can in Bellville stroom bestellings vir dié eg Suid-Afrikaanse produk in.
3. Wells het gesê die ramkies word gemaak om in elkeen se individuele smaak te val.
| LU 6.2.8 | ||||
Aktiwiteit 4
Om met woorde te werk (sinonieme, antonieme en homonieme)
1. Gee ander woorde (sinonieme) vir die volgende woorde in die leesstuk. Jy kan ook in ’n woordeboek of tesourus naslaan as jy wil. Onthou, dit moet binne die konteks van die leesstuk pas.
1.1 knap
1.2 gelief
1.3 opteken
1.4 gegewens
1.5 wyle
1.6 treintrajek
1.7 verwyl
1.8 skeppende
2. Verskaf nou woorde wat die teenoorgestelde beteken as die volgende woorde uit die leesstuk (antonieme).
2.1 knap
2.2 latere
2.3 gewoonlik
2.4 fantasiewêreld
2.5 versier
2.6 kosbare
2.6 eenvoudige
3. Maak nou sinne met die volgende woorde uit die leesstuk (maar met ’n ander betekenis as in die leesstuk)
3.1 knap
3.2 skaal
3.3 modelle
3.4 wyle
3.5 ware
3.6 sin
| LU 6.1.9 | ||||
Aktiwiteit 5
Om ’n wye verskeidenheid tekssoorte vir genot en inligting te lees
Teks b:
Op my ou ramkietjie – C Louis Leipoldt
Op my ou ramkietjie
Met nog net een snaar
Speel ek in die maanskyn,
Deurmekaar.
Ek sing van Adam
En Eva se val,
Van die ou paradys.
“Halfpad mal!”
So sê die mense
Wat my hoor speel
As die skemer my wang soen
Soos ferweel.
As die maan my aanhoor,
En die sterre knik,
Dan speel ek kordaat voort, In my skik.
Wat gee ek om mense Wat sê ek’s mal,As die varings my aanhoor
By die wal?
Wat om my vrinde –
Wat nooit nie verstaan –
As die sterre my toeknik,
En die maan?
Op my ou ramkietjie
Met nog net een snaar
Speel ek in die maanskyn,
Deurmekaar.
Teks c
Teks d
Honiball knap met sy hande (aangepas uit “Die Burger”)
Die strokieskunstenaar T. O. Honiball, wat wyd onder veral die ouer geslag bekend en gelief was vir sy strokieskarakters Jakkals en Wolf, Oom Kaspaas en Adoons-hulle, was ook knap met die maak van miniatuurvoorwerpe.
In die voortuin van mnr. N. Krumm by Negende Laan 64, Boston, Bellville, staan ’n windpomp van so 2 m hoog, met die naam Poegaai op sy stert, wat Honiball vir sy eie voortuin gemaak het toe hy en sy vrou, Essie, nog in die huis op die hoek van Agste Laan en Gladstonestraat in Boston gewoon het. Krumm het die windpomp by ’n latere eienaar van die eiendom gekry. Dit is volgens skaal gemaak en geen onderdeel is vasgesweis nie; alles is met klinknaels vasgeheg.
Krumm wil meer oor Honiball se handewerk uitvind en dit opteken. Hy wil ook ’n geelkoperplaat aan die windpomp aanbring waarop die nodige gegewens gegraveer is.
Fred Mouton, spotprenttekenaar van Die Burger, wat ook in Boston woon, vertel dat hy wyle Honiball baie goed geken het. Honiball het ’n werkwinkel gehad waarin hy allerlei miniatuurvoorwerpe gemaak het. Hy het dit gewoonlik as geskenke weggegee. Hy het ’n hele kamer met ’n Duitse miniatuurtreintrajek ingerig nadat hy eers die landskap gebou het. Dit was ’n ware fantasiewêreld in die kleine waar Honiball ure kon verwyl.
Toe hy en Essie later aan die Valsbaaise kus gewoon het, het Honiball ook daar ’n werkkamer gehad waar hy modelle gebou het wanneer hy nie geteken het nie. Selfs die talle briewe wat hy aan bewonderaars geskryf het, is met sy strokieskarakters versier. Dit is vandag kosbare Africana as die mense dit bewaar, sê Mouton.
Honiball het ook sy eie rolprente met ’n eenvoudige Cine-kamera gemaak en dit met sy kunswerke aangevul tot wonderbaarlike kykmateriaal. Hy was ’n wonderlike mens met soveel skeppende kunstalent en ’n fyn sin vir humor, volgens Mouton.
Teks e
’n Fragment uit “Tot lof van ons hande” – Chris Barnard
JY MAAK ‘N STOEL
Om mee te begin, is die keuse van hout nogal belangrik. Inheemse dennehout is te sag en kleurloos om ’n uitdaging te wees. Stinkhout is te duur vir ’n arm skrynwerker. Kiaat is dus my keuse. Moeilik om mee te werk, ja: die grein is geneig om plek-plek lelik te verander, maar as jy dit versigtig en met die nodige geduld en respek hanteer, is jou loon soveel groter.
As jy nou klaar besluit het oor die afmetings van jou stoel, mnr. Retief, begin jy die hout in die gewenste diktes en lengtes saag. ’n Skerp saag is ’n voorvereiste. Enige regdenkende mens werk eerder in ’n kantoor voordat hy met ’n stomp saag aan ’n ordentlike stuk kiaat begin saag.
Nadat jy ’n rukkie gesaag het, begin jy jou kiaat ruik – warm en duur en ryk soos net kiaat kan. Jy saag ritmies en sonder om te forseer, al op die merklyn langs, vorentoe en terug, vorentoe en terug, terwyl die soetbruin saagsels inreën na jou toe, en wegreën, en inreën na jou toe, en weg.
Klaar gesaag, elke balkie, elke poot, elke sportjie na sy maat, begin die skaafwerk. Dis byna onnodig om te sê: daardie skaaflem moet insgelyks skerp wees. ’n Stomp skaaf, soos ’n stomp saag, is ’n skrynwerker se ondergang.
Jy skil die vlamrooi hout in papierdun stroke af. Die skaafsels peul om jou hande uit – met elke leunslag vorentoe nog ’n soet kiaatlok wat uitkrul uit jou regterhand en afval na jou voete toe – totdat jy enkeldiep daarin staan en die balkie glad en vierkantig in jou hande lê.
Jy hou dit vas, jy ruik daaraan, en saam met die geur van die hout ruik jy soveel ander geure: van vroeër hout, van ou lym, van olie en politoer. Jy ruik tot jy vol is daarvan, vol van die geure wat net ’n houtwerkkamer kan hê, mnr. Retief.
Dan begin jy weer van voor af meet, beplan en pas, meet, tot elke tap akkuraat geteken is, en jou beitel – jou vlymskerp beitel – presies weet wáár hy moet inbyt in die grein. En klaar getap, kook jy jou lym en smeer in en voeg; klamp die stoel stuk vir stuk vas.
Ná ’n dag of twee kan jy gaan losskroef, afskuur, en die olie loop uithaal – oplaas, salig, die lappie in die olie doop en die rooibruin hout begin insmeer, en kyk hoe die vlamme opstaan uit die hout, en gloei.
Dan, uiteindelik, is die stoel klaar. En joue. Jou eie. En meer nog: jou eie handewerk. En wanneer jy die eerste keer daarop gaan sit, onthou jy elke afsonderlike stuk hout – hoe dit aanvanklik gelyk het, hoe dit nou lyk; en jy onthou elke tap, hoe elkeen gepas het, met watter een jy die meeste gesukkel het, watter een sommer dadelik gepas het. Jy ken daardie stoel soos jy net jou eie hart ken. En die stoel weet dit.
Uit:Chriskras, Tafelberg 1972.
| LU 3.1 | ||||
Aktiwiteit 6
Om te verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan bydra
1. Noem drie opvallende verskille tussen die twee gedigte.
2. Skryf kortliks in jou eie woorde hoe die hoofkenmerke en struktuur van elke gedig by die inhoud daarvan aanpas. Dis nie so moeilik soos dit lyk nie – kyk na wat jy in a) gesê het en bou daarop.
3. Watter een van die twee gedigte is meer op stemming en atmosfeer gerig? Gee redes vir jou antwoord.
4. Watter een fokus meer op die “boodskap”?
5. Wat word ’n gedig wat uit vier versreëls bestaan (soos teks D), genoem?
| LU 3.5 | ||||
| LU 2 PRAAT |
| Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 2.1 idees en gevoelens op ’n kreatiewe en ekspressiewe manier gebruik; |
| 2.2 idees, feite en menings oor uitdagende onderwerpe duidelik en akkuraat oordra; |
| 2.3 basiese praatvaardighede toon; |
| 2.4 om basiese interaksievaardighede te toon; |
| 2.5 om idees en gevoelens op ’n kreatiewe en doeltreffende wyse oor te dra; |
| 2.6 om kenmerke te identifiseer en te bespreek wat tot die sukses van eie kommunikasie bydra. |
| LU 3 LEES EN KYK |
| Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 3.1 ’n wye verskeidenheid tekssoorte vir genot en inligting lees; |
| 3.4 begrip toon van informatiewe tekste; |
| 3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan bydra; |
| 3.6 begrip toon van ’n teks; |
| 3.7 tegnieke ontleed wat in geskrewe tekste gebruik word om ’n spesifieke effek te bereik. |
| LU 5 DINK EN REDENEER |
| Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 5.2 inligting uit ’n wye verskeidenheid bronne vind; |
| 5.3 inligting uit ’n wye verskeidenheid bronne verkry en verwerk. |
| LU 6 Taalstruktuur en –gebruik |
| Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 6.1 werk met woorde:6.1.9 verstaan en gebruik algemene sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme, een woord vir ‘n omskrywing en klanknabootsende woorde gepas binne konteks; |
| 6.2 werk met sinne:6.2.7 gebruik die aktief (bedrywende vorm) en passief (lydende vorm) en verstaan wanneer elkeen gepas is; |
| 6.2.8 verander sinne doeltreffend van die direkte na die indirekte rede, en anders om, met die korrekte gebruik van punktuasie, bywoorde en voornaamwoorde; |
| 6.4 ’n bewustheid van en gebruik van styl ontwikkel: |
| 6.6 met woorde werk (afleidings). |
AKTIWITEIT 1
1. Groepwerk – beplanning van navorsingsonderwerp. Die rol van die onderwyser is kardinaal in terme van leiding gee. Daar moet struktuur wees.
2. Elke lid van groep het sekere rol. Raamwerk moet sinvol wees.
3. Verwysingstegnieke en –konsensies: die verkorte Harvardmetode word baie algemeen gebruik en dit kan nuttig wees om dit aan hulle bekend te stel (basies; nie te veel nie). ‘n Baie nuttige nuwe publikasie om te gebruik is Müller, Dalene. 2003. Skryf Afrikaans van A tot Z. Kaapstad: Pharos Woordeboeke.
4. Stal projekte uit.
AKTIWITEIT 2
1. Praatvaardighede. Onderwyser gee leiding, veral tydens debatvoering – struktuur en prosedure is belangrik.
Die woord “uniek” is prominent hier. Gebruik die geleentheid om oor “absolute” te gesels: kan iets “baie uniek” wees? Soek nog voorbeelde van hierdie soort woorde.
AKTIWITEIT 3
1. Direkte en indirekte rede. LW: Verskeie moontlikhede antwoorde.
‘n Mens kan hier ‘n bietjie oor inleidende woorde gesels, bv. in sin b) kan ‘n mens die woord “entoesiasties” ná “sê” invoeg, ens.
AKTIWITEIT 4
1. Sinonieme
2. Antonieme
3. Homonieme
Eie sinne.
AKTIWITEIT 5
1. Lees vir genot en inligting.
a) Verskille: lank / kort (kompak)
B= Meer musikaal
B= “ouer” – kyk woordgebruik (bv. ferweel, vriende)
B= meer opvallende beeldspraak (bv. die skemer my wang soen, die man my aanhoor – personifikasie)
b) Eie insigte