Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 8
Aktiwiteit 1
Om tegnieke te ontleed wat in geskrewe tekste gebruik word om ’n spesifieke effek te bereik
1. Aan die einde van strofe 2 lees ons dat die verteller/musiekmaker sê die mense beskou hom as “halfpad mal”. Is daar enige gedeeltes in die gedig wat vir ons ’n aanduiding gee of die mense reg of verkeerd is? Haal hulle aan.
2. Wat bedoel die verteller met “as die skemer my wang soen” in strofe 3?
3. Wat sê die woorde “soos ferweel” van sy ervaring van die buitelug?
4. Watter soort ATMOSFEER word in die gedig opgeroep?
5. Watter MIDDELE het die digter gebruik om dié atmosfeer te skep?
6. Hierdie gedig is reeds lank gelede getoonset (van musiek voorsien) en is een van die bekendste Afrikaanse gedigte wat gereeld deur ernstiger kunstenaars gesing word. Probeer vasstel waarin die SANGERIGHEID van die gedig lê.
7. Die laaste strofe is ’n presiese herhaling van die eerste. Ons sê dit gee aan die gedig ’n “SIKLIESE GANG” (siklus = sirkel); dit rond die gedig af. Watter ander bydrae lewer die slotstrofe tot die geheel van die gedig (die inhoud, die atmosfeer, die boodskap, ens.)?
8. Wat beteken “kordaat” in strofe 4?
9. Haal woorde uit die gedig aan wat aandui hoe die verteller oor sy eie musiek voel. Kyk nou na die Opperman-gedig (teks D).
1. Wie is aan die woord in die gedig?
2. Hoe weet jy dit? (Motiveer jou antwoord uit die gedig.)
3. Hoe noem ons dié soort beeldspraak (waar ’n “lewelose” ding byna “menslike” eienskappe kry, en bv. kan praat)?
4. Waarom maak die digter van hierdie tegniek gebruik in die gedig?
5. Verduidelik wat reël 1 beteken.
6. Wat probeer die verteller by ons tuisbring wanneer hy verwys na “die sterre, wolke, kolle van die son”?
7. Wat is die “vogte van die aarde”?
8. Wat is “harpuis”?
9. Dink jy hierdie beeld is toepaslik in die gedig? Motiveer jou antwoord. (Vind uit wat die doel van harpuis is by ’n boom.)
10. Wat gebeur op die ou end met hierdie denneboom, volgens dié gedig?
11. Is dit ’n waardige of vernederende einde vir die boom? Verduidelik jou antwoord uit die gegewens wat in die gedig voorkom.
12. Wat, dink jy, probeer die digter by die leser tuisbring met hierdie gedig?
| LU 3.7 | ||||
Aktiwiteit 2
Om begrip te toon van informatiewe tekste
Identifiseer die hoofgedagtes en skryf hulle puntsgewys, maar in volsinne, neer. Daar moet nie meer as ses kort sinne wees nie.
| LU 3.4 | ||||
Aktiwiteit 3
Om begrip te toon van ’n teks en om tegnieke te ontleed wat in geskrewe tekste gebruik word om ’n spesifieke effek te bereik
Volgens die Letterkundige Sakwoordeboek is ’n essay “’n korter prosageskrif waarin ’n literêre, godsdienstige, estetiese, politieke of sosiale probleem op persoonlike en pittige wyse behandel word.”
By “Skets” lees ons: “’n kort prosastuk wat van ’n staties-beskrywende aard is (’n persoon, toneel of situasie) en waarin ontwikkeling nie ter sake is nie.”
Dit beteken dat ’n essay/skets ’n kort stukkie prosa is, maar nie ’n storie vertel nie. Belangrik by ’n essay/skets is die knap en fyn taalgebruik vir die oordra van gewaarwording/effek. Sommige sketse/essays is byna in dieselfde sterk beeldende taal as ’n gedig geskryf, dus baie “mooier” (meer poëties) as wat ’n mens normaalweg sal skrywe.
Enkele voorbeelde uit die fragment is die volgende:
1. Skryf hierdie drie sinne in gewone Afrikaans oor.
2. In hierdie gedeelte uit die langer skets beskryf die skrywer hoe om ’n stoel te maak.
2.1 Skryf die dele neer waarin hy beskryf hoe jy ’n stoel maak.
2.2 Verander nou hierdie sinne in instruksies soos wat jy vir iemand sal verduidelik hoe om ’n stoel te maak.
2.3 Deur gebruik te maak van een of twee voorbeelde uit 2.1 en 2.2, dui aan hoe die taal van die skets meer poëties is as die taal waarin jy instruksies gee.
| LU 3.6 | LU 3.7 | |||||||||
Aktiwiteit 4
Om ’n verskeidenheid feitelike skriftelike en multimodale tekste vir verskeie doeleindes te lewer
1. Verduidelik stap vir stap hoe jy die instrument gemaak het (skryf dit neer).
2. Teken die ontwerp daarvan (om die tegniese aspekte uiteen te sit).
3. Maak ’n pamflet met relevante maar bondige bewoording waarin jy die nuwe instrument bekendstel en adverteer.
HIERDIE OEFENING MOET OP APARTE VELLE GEDOEN WORD EN DAN INGEVOEG WORD. DIT KAN VIR JOU PORTEFEULJE GEBRUIK WORD.
| LU 4.2 | ||||
Aktiwiteit 5
Om basiese vaardighede in spesifieke skryftegnieke gepas vir ’n tekssoort te toon
Skryf ’n kort gediggie oor jou nuwe instrument. Probeer om eenvoudige beeldspraak te gebruik.
| LU 4.1 | ||||
Aktiwiteit 6
Om taal te gebruik om te ondersoek, inligting te verwerk en kreatief te dink
Navorsingsprojek
Uit die leesstukke in hierdie module is dit duidelik dat ’n mens met redelik min moeite tog die omgewing kan help koester en bewaar eerder as om net nog afval en rommel by te voeg. Ons het gelees dat jy selfs kuns kan skep uit afval en rommel.
1. Gaan bepaal in jou omgewing watter probleem daar bestaan met afval en rommel wat mense soms skep.
2. Beplan saam in die groep wat gedoen kan word dat hierdie een produk nie meer ’n probleem is nie. Gaan besluit saam oor ’n oplossing, iets waarvoor hierdie produk gebruik kan word sodat dit op ’n ander manier tot sy reg kan kom (die studente van die Ruth Prowse Kollege het bv. papier herwin en daarvan kunswerke gemaak).
3. Beplan hoe jy hierdie oplossing gaan gebruik om werk vir mense te skep. Skryf jou konsepweergawe neer.
4. Op die ou end moet jy die produk bemark. Dit beteken dat jy mense moet gaan oortuig om die produk te koop. Daarvoor moet jy met iemand by ’n afsetpunt gaan gesels. Skryf kort aantekeninge neer ter voorbereiding (bv. wat jy die persoon gaan vra).
| LU 4.4 | LU 5.3 | |||||||||
Aktiwiteit 7
Om ’n verbeeldingsteks te skryf
| LU 4.1 | ||||
Aktiwiteit 8
Om idees en gevoelens op ’n kreatiewe en ekspressiewe manier te gebruik en om ’n verskeidenheid multimodale tekste te gebruik
1. Rolspeel die onderhoud met die amptenaar.
2. Stel ’n plakkaat saam waarin jy jou produk adverteer.
DIE BRIEF KAN VIR JOU PORTEFEULJE GEBRUIK WORD EN DIE PLAKKAAT KAN DIE KLASKAMER VERSIER.
| LU 2.1 | LU 4.2 | |||||||||
| LU 2 PRAAT |
| Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 2.1 idees en gevoelens op ’n kreatiewe en ekspressiewe manier gebruik; |
| 2.2 idees, feite en menings oor uitdagende onderwerpe duidelik en akkuraat oordra; |
| 2.3 basiese praatvaardighede toon; |
| 2.4 om basiese interaksievaardighede te toon; |
| 2.5 om idees en gevoelens op ’n kreatiewe en doeltreffende wyse oor te dra; |
| 2.6 om kenmerke te identifiseer en te bespreek wat tot die sukses van eie kommunikasie bydra. |
| LU 3 LEES EN KYK |
| Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 3.1 ’n wye verskeidenheid tekssoorte vir genot en inligting lees; |
| 3.4 begrip toon van informatiewe tekste; |
| 3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan bydra; |
| 3.6 begrip toon van ’n teks; |
| 3.7 tegnieke ontleed wat in geskrewe tekste gebruik word om ’n spesifieke effek te bereik. |
| LU 4 SKRYF |
| Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 4.1 ’n verbeeldingsteks skryf; |
| 4.2 ’n verskeidenheid feitelike skriftelike tekste vir verskeie doeleindes lewer; |
| 4.4 taal gebruik om te ondersoek. |
| LU 5 DINK EN REDENEER |
| Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 5.2 inligting uit ’n wye verskeidenheid bronne vind; |
| 5.3 inligting uit ’n wye verskeidenheid bronne verkry en verwerk. |
AKTIWITEIT 1
1. Teks C
2. Teks D
AKTIWITEIT 2
1. Hoofgedagtes: Eie woorde
AKTIWITEIT 3
1. Eie sinne
2. a) en b) – eie keuse uit stuk en eie sinne (instruksies) in feitelike taal – nie poëties.
AKTIWITEIT 4
Eie aanbieding. Duidelike aanwysings is belangrik.
AKTIWITEIT 5
Eie gediggie: rym, beeldspraak ens. Noodsaaklik om aan te dui dat leerder weet wat die verskil tussen ‘n gedig en gewone prosa is.
AKTIWITEIT 6
Navorsingsprojek
AKTIWITEIT 7
Vorm van brief – amptelik – bondig en duidelik. Geen oorbodige inligting nie. Toon: saaklik.
AKTIWITEIT 8
Eie rolspel en plakkaat.