Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 8
AKTIWITEIT 1
Om met taal te werk, korrekte vorme en afleidings te gee, die gebruik van lees- en skryftekens te demonstreer, woordeskat uit te brei en omskrywings in een woord raak te vat
| LU 6.1.2 | LU 6.1.3 | LU 6.1.6 | LU 6.1.7 | ||||||||||||||||||||||||
| LU 6.2.1 | LU 6.2.10 | ||||||||||||||||||||||||||
Teks A
Gestremde stap ver vir SA kankerpasiënt(uit Die Burger)
1) LONDEN - Mnr. Peter (Buddy) Geldenhuys, wat oor die hele wêreld bekendheid ______ het as “Suid-Afrika se gestremde langafstandman,” het pas hier aangekom nadat hy ____ ’n staptog van sowat 5 000 km deur Europa vir ’n Suid-Afrikaanse kanker(ly/lei)ertjie geld ______ het.
2) Geldenhuys (59), wat die _____ vyf jaar sowat 17 000 km op wêreldstaptog afgelê het, het sy ____ (waarmee hy pas klaargemaak het) tog op 29 Maart 2002 in Napels, Italië begin en deur Switserland, Oostenryk, Duitsland, België, Luxemburg en Frankryk gestap.
3) Hy het verlede Saterdag ___ veerboot die Engelse Kanaal _______ na Dover, waar DieBurger hom in die hande gekryhet. Dié naweek het hy tot by Canterbury gestap en hoop om môre _____ Londen aan te kom. Dit sal beteken hy sal die tog van 5 000 km _____ 225 dae voltooi.
4) Geldenhuys het elke dag _____ 30 km met ’n Bybel, ’n rugsak van 35 kg, die Suid-Afrika vlag omhoog, ’n ekstra stel krukke en water, gestap om geld in te samel vir jong Lauren Banfield, ’n leukemie-pasiëntvan Benoni.
5) Fanconi anemie –’n vorm van beenkanker –is op drie jaarouderdom by Lauren diagnose. Die siekte veroorsaak dat die beenmurg (só dat dit nie meer sy doel dien nie)raak en nie meer die noodsaaklike bloedsel-elemente wat in die bloedstroom vrygestel moet word, produknie. Die gevolg is dat het die pasiënt ’n gevaarlik lae bloedplaatjie- en witbloedliggaamtelling.
6) Lauren het ’n tydjie gelede ’n beenmurgskenker in Duitsland gekry. Operasies op haar het reeds sowat R500 000 ____. Die laaste vyf jaar het Geldenhuys sowat R220 000 vir leukemie-pasiënte ingesamel en hy raam dat hy op sy Europese tog sowat R70 000 vir Lauren ingesamel het. Sy leuse is: “Dit kán gedoen word.”
7) Geldenhuys kan net met krukke loop nadat ’n rugoperasie sowat tien jaar gelede skeefgeloop het en hy permanent verlam en deel gestrem is.
8) Geldenhuys van Orange Grove, Johannesburg, het in 1998 van Chicago in die noorde van Amerika na New York en Washington aan die ooskus en toe na Los Angeles en San Francisco aan die weskus gestap. Dit het hom _____ ses maande geneem om dié afstand af te lê.
9) “Ek wil mense motiveer. Daar is mense wat nie ’n fisiese gestrem____ het nie, maar ’n gees een. Ek wil beklemtoon dat ’n mens (enigeiets/enige iets/enigiets/enig iets kan _____ as jy besluit jy gaan,” sê hy.
Opskrif
1. Hoe kan ons aandui dat ver in die opskrif “baie ver” beteken?
Paragraaf 1
2. Waarom staan die naam (Buddy) tussen hakies?
3. Verskaf een woord wat dieselfde beteken as oor die hele wêreld.
4. Voltooi die vaste/idiomatiese uitdrukking: hy het bekendheid .........................
5. Verduidelik waarom die woorde “Suid-Afrika se gestremde langafstandman” in aanhalingstekens voorkom.
6. Waar is hier waarna hierdie woord verwys?
7. Vul die korrekte voorsetsel in: hy het ......................... ’n staptog (iets gedoen).
8. Gee die korrekte spelling wat hier pas: kankerlyertjie/kankerleiertjie. Weet jy wanneer om watter een van die twee woorde te gebruik?
9. Voltooi die vaste/idiomatiese uitdrukking: hy het geld .........................
Paragraaf 2
10. Gee een woord wat hier pas en dieselfde beteken as: die laaste vyf jaar.
11. Gee die meervoud van wêreldstaptog.
12. Verskaf een woord vir die hele omskrywing: (waarmee hy pas klaargemaak het).
Paragraaf 3
13. Vul die ontbrekende voorsetsel (een woord!) in: hy het ....................... veerboot (gereis).
14. Voltooi die vaste/idiomatiese uitdrukking: hy het die kanaal......................... (van die een kant na die ander kant gereis/gevaar).
15. Gee een woord vir in die hande gekry wat hier gaan pas.
16. Wat beteken diésoos dit hier gebruik word?
17. Skryf die ontbrekende voorsetsel neer: hy hoop om môre ................ Londen aan te kom.
18. Vul die ontbrekende woord in: hy het die staptog .................225dae afgelê.
Paragraaf 4
19. Vul ’n woord hier in wat dieselfde beteken as: sowat/omtrent: ......................................
20. Gee die korrekte vorm van Suid-Afrika wat hier gaan pas: .........................................
21. Verduidelik waarom daar so baie kommas in hierdie paragraaf is.
22. Skryf die verkleinwoord van pasiënt neer.: ..................................................
Paragraaf 5
23. Wat is die doel/nut/funksie van die aandagstrepe in die eerste sin?
24. Skryf een woord neer waarmee ons drie jaar hier kan vervang:
25. Gee die korrekte (werkwoord) vorm van diagnose:
26. Verskaf een woord waarmee ons die omskrywingsó dat dit nie meer sy doel dien nie hier kan vervang.
27. Gee die korrekte (werkwoord) vorm van produk om hierdie sin te voltooi.
28. Verskaf een woord wat dieselfde beteken as die gevolg is dat.
29. Watter woord moet in die plek van die koppelteken by bloedplaatjie- staan?
Paragraaf 6
30. Skryf een woord neer wat ons in die plek van ’n tydjie gelede kan gebruik.
31. Voltooi die tweede sin deur die korrekte (idiomatiese) werkwoord in te skryf: haar operasies het al by die R500 000 _____ .
32. Skryf ’n ander woord neer wat ons hier ken gebruik wat dieselfde as raam beteken.
33. Verduidelik waarom daar ’n dubbelpunt ná is:gebruik word.
34. Watter verskil is daar tussen Dit kan gedoen word en Dit kán gedoen word?
Paragraaf 7
35. Skryf die korrekte vorm van deel neer wat hier sal pas:
Paragraaf 8
36. Skryf een woord neer wat hier gaan pas en wat beteken: min of meer.
Paragraaf 9
37. Skryf die korrekte vorm van gestrem, wat na die toestand verwys, neer.
38. Gee die korrekte vorm van gees wat hier sal pas.
39. Watter van die volgende vier voorbeelde is korrek gespel enigeiets / enige iets / enigiets / enig iets? Omkring die korrekte(s).
40. Vul die ontbrekende vaste (idiomatiese) werkwoord neer wat hier gebruik word en wat beteken: om te oorwin.
AKTIWITEIT 2
Om homonieme te gebruik
| LU 6.1.9 | ||||
oor :
as :
pas :
geld :
van :
hoop :
tog :
stel :
om :
jong :
vorm :
gevolg :
lae :
kan :
net :
| LU 6 Taalstruktuur en –gebruik |
| Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 6.1 werk met woorde: |
| 6.1.2 gebruik basiese spelreëls en ’n verskeidenheid spelstrategieë om onbekende woorde te spel; |
| 6.1.3 gebruik hoofletters en skryftekens korrek en doeltreffend (kappie, koppelteken, deelteken, afkappingsteken en aksentteken); |
| 6.1.6 met woorde werk (korrekte vorme en afleidings); |
| 6.1.7 woordfamilies en woorde oor dieselfde onderwerp gebruik om woordeskat in konteks te ontwikkel; |
| 6.1.9 algemene sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme, een woord vir ’n omskrywing verstaan en gebruik; |
| 6.2 werk met sinne: |
| 6.2.1 met sinne werk en woordsoorte in konteks identifiseer en gebruik; |
| 6.2.7 die aktief en passief gebruik en verstaan wanneer elkeen gepas is; |
| 6.2.8 sinne doeltreffend van die direkte na die indirekte rede verander en omgekeerd; |
| 6.2.10 gebruik punktuasie doeltreffend (punt, komma, dubbelpunt, kommapunt, vraagteken, uitroepteken, aandagstreep, hakies, aanhalingstekens, skuinsstreep); |
| 6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel. |
AKTIWITEIT 1
Hierdie eerste twee aktiwiteite is ’n lywige taaloefening, waarin hersiening gedoen word, maar ook enkele nuwe dinge geleer word – een woord i.p.v. omskrywing, korrekte voorsetsels ens.
1. vér (Die woord kan natuurlik doodgewoon ook met ’n kappie gespel word, maar dit het dan nog steeds nie die betekenis van “baie ver” nie.)
2. nie sy regte/doopnaam nie, maar ’n bynaam
3. wêreldwyd
4. verwerf
5. word so genoem/ waarskynlik verwys koerante reeds lankal na hom op hierdie manier
6. Londen
7. op/tydens
8. lyer – ly het met seerkry/swaarkry te doen; ander lei beteken voorloop
9. ingesamel
10. afgelope
11. wêreldstaptogte
12. jongste
13. per
14. oorgesteek
15. opgespoor
16. hierdie
17. in
18. binne/in
19. ongeveer
20. Suid-Afrikaanse
21. lys dinge word gegee
22. pasiëntjie
23. lig inligting uit/belangrike inligting staan tussen
24. driejarige
25. gediagnoseer
26. ondoeltreffend
27. produseer
28. gevolglik
29. telling
30. onlangs
31. gekos
32. skat/bereken
33. direkte rede /inligting volg
34. eerste een: gewone stelling; tweede beklemtoon (selfs bo verwagting)
35. gedeeltelik
36. naastenby
37. gestremdheid
38. geestelike
39. enigiets
40. baasraak/regkry
AKTIWITEIT 2
Laat u lei deur die leerders se antwoorde, maak seker dat hulle verstaan en help met ander moontlikhede as die gewoon voor-die-hand-liggendes.