Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 8
AKTIWITEIT 1
Om geskrewe taal in digvorm te verstaan en te waardeer
| LU 1.1 | LU 1.5 | LU 3.1 | LU 3.5 | ||||||||||||||||||||
| LU 3.6 | |||||||||||||||||||||||
Teks A
Lees Klara Majola deur D J Opperman. Dit verskyn in Engel uit die klip uitgegee deur TAFELBERG.
1. Vertel in een sin wat Klara Majola gedoen het en wat sy oorgekom het.
2. ’n Mens sê darem nie gewoonlik: iemand vergader hout nie, maar veel eerder: iemand maak hout bymekaar. Waarom het die digter dan hier vergader gebruik?
3. Watter woord in strofe 1 berei ons voor dat iets buite ons verwagting gebeur het?
4. Tot dusver (strofe 1) het die verteller twee keer die naam Klara Majola net so gebruik, maar nou, in strofe 2 voeg hy “klein” by. Watter effek bereik hy/probeer hy oordra met dié woord?
5. Wat beteken bros (kapok)? Waarom, dink jy, gebruik die verteller dié woord, en sê hy nie maar net “kapok” nie?
6. Hoewel die gebeure in die Bokkeveld afspeel (die gebied agter Ceres), kry “Bokkeveld” in die gedig ’n ander betekenis ook. [Ons sê die woord roep ’n ander betekenis op]. Wat kan dié woord nog hier beteken?
7. In strofe 2 gebruik die verteller ’n pragtige beeld wanneer hy na Klara verwys. Watter soort beeldspraak gebruik hy?
8. Bespreek die beeld in die laaste twee reëls van strofe 2 en besluit veral oor die volgende:
As ons by so ’n vraag antwoord dat dit werk, sê ons dis ’n GESLAAGDE VERGELYKING (of metafoor, of watter beeldspraak dit ook al is).
9. Lees nou weer die hele gedig en kyk dan spesifiek na strofe 3.
10. Waarna verwys ”koue geweld” hier binne die konteks van die gedig, en spesifiek in hierdie strofe?
11. In strofe 2 gebruik die verteller die woorde “bros kapok”. Waarom verander hy dan nou en gebruik “koue geweld”? (Sê dit meer?)
12. Waar is die verteller nou?
13. Het “Bokkeveld” hier nog dieselfde twee betekenismoontlikhede as in strofe 2? Verduidelik jou antwoord.
14. In die laaste reël kry ons ’n pragtige TEENSTRYDIGHEID/PARADOKS wanneer die verteller sê Klara het “warm . . . verkluim.”
15. Ons kry in hierdie strofe ook ’n woord waarmee die verteller homself teenoor Klara stel. Skryf die woord neer.
16. Die verteller kom tot ’n sekere ontdekking oor homself in die slotstrofe. Skryf dit in een sin neer.
17. Verduidelik nou waarom die verteller die naam “Klara Majola” so baie in die gedig herhaal.
18. Skryf die rymskema van die gedig neer.
19. Wat noem ons dié soort rympatroon?
AKTIWITEIT 2
Om taal in verskillende kontekste met mekaar te vergelyk en begrip te toon vir die onderskeie aanwendings daarvan
1. die aanbieding
2. die inhoud
3. die gevolg
AKTIWITEIT 3
Om ’n ervaring in die vorm van ’n gedig, met gepaste aanwending van die korrekte styl en woordkeuse, weer te gee
| LU 4.1 | LU 4.3 | |||||||||
Om die tipiese taal en styl van ’n bepaalde soort teks waar te neem en in ’n eie skryfstuk toe te pas
| LU 4.1 | LU 4.4 | |||||||||
Teks B
Inbreker sit elf uur vas in skoorsteen – van dolleë huis (uit Die Burger)
’n Aspirant-inbreker op Citrusdal het met die nagtelike gebeier van die kerkklok op die agtergrond oor sy sondes besin terwyl hy bykans elf uur lank in ’n skoorsteen vasgesit het.
Die man het glo Maandagaand by die NG Kerk se pastorie probeer inbreek, maar nadat hy feitlik ál die ruite met ’n baksteen stukkend geslaan het, en hom telkens teen stewige diefwering vasgeloop het, het ta ‘n plan gemaak.
Hy het die saak uit ’n ander hoek benader en besluit om, soos wolf in die sprokie van die drie varkies, dié baksteenhuis deur die skoorsteen binne te glip.
Volgens kapt. Hilda Conradie van die plaaslike polisiekantoor was daar dié keer nie net ’n kinkel in die kabel nie, maar ook een in die skoorsteen. “Of sy hand gegly het en of hy laat los het, is nie duidelik nie, maar hy het afgegly in die skoorsteen tot waar dit ’n draai na links maak, en daar het hy bly sit.”
Die man het later aan die polisie vertel hy het gehoor hoe die kerkklok die ure aftel. “Hy was teen agtuur al daar en het om hulp geroep, maar niemand het gehoor nie. Hy het moed opgegee omdat hy nie kon asem kry nie. Hy kon elke uur die klok hoor slaan en teen vieruur die oggend het hy weer begin skreeu.”
Volgens Conradie het mense hom douvoordag op pad werk toe gehoor. “Hulle het van die pad af gevra wie hulle moet roep. Hy was só verlig dat hy dadelik gesê het hulle moet die polisie ontbied.”
Hy is teen sewe-uur bevry – en moes hoor die huis staan al lank leeg.
Ds. Dirk Burger, wat in die huis gewoon het, het verlede jaar afgetree en die huis staan al sedert November leeg.
Teks C
Pasiënt word glo in lykshuis wakker(uit Die Burger)
Mnr. George Melanie, ook bekend as oom George, was onlangs baie koud toe hy ná behandeling vir ’n beroerte tot sy ontsteltenis in die hospitaal se lykshuis wakker word.
Melanie het vertel sy seun het op ’n ____hete dag met hom na ’n Bolandse hospitaal gejaag het nadat hy skielik siek begin voel het. By die hospitaal is hy glo vir beroerte behandel en het hy sy bewussyn verloor.
“Toe ek wakker skrik, was ek kaal en het in ’n laai in die hospitaal se lykshuis gelê.
“Ek het verpleegsters daar naby oor my dood hoor praat. My hele lyf was styf en my bene het koud gekry. Toe ek hulle beweeg, het een dit gesien en van die skrik het hulle uitgehardloop.
“Ek het geroep en daar was mense wat my kom help het en gesorg het dat ek behandeling kry,” het hy gister aan Die Burger vertel.
Hy was baie dankbaar dat hy darem sy tagtigste verjaardag vroeër vandeesmaand kon vier. Sy seun het bevestig dat hy sy pa dié dag hospitaal toe geneem en vier dae later weer gaan haal het.
Die betrokke hospitaal het gister op versoek van Die Burger Melanie se lêer uitgehaal. Niks word van sy beroerte en behandeling vermeld nie. Die superintendent het gesê die lêer wys hy is die vorige jaar laas daar behandel.
Teks D
Slang se kind laat man groot skrik (Uit Die Burger)
Mnr. Petrus Seling het ’n skrikaanjaende ondervinding gehad toe hy eers op ’n boomslang getrap en die slang daarna om sy bene gekrul het. Hy het hom glo ____lam geskrik.
Volgens Seling was die slang langer as hyself.
Seling, wat slegs drie maande gelede na die riooluitvalwerke oorgeplaas is, vertel toe hy by die sifdeur van die kantoorgebou op die terrein uitstap, het hy ’n geluid gehoor en die volgende oomblik bo-op die boomslang getrap.
Soos blits het die slang om sy bene gekrul. Seling het die slang losgeskop, waarna dit deur die kantoor is en in die stoorkamer tussen die sakke gaan skuiling soek het.
Die polisie het ’n natuurbewaarder ontbied, wat saam met ’n helper die slang met twee stokke gevang en in die veld gaan vrylaat het.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 LUISTER |
| Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 1.1 na uitdagende verbeeldings- en informatiewe mondelinge tekste luister en dit waardeer; |
| 1.2 aandagtig luister vir spesifieke inligting en kerngedagtes en gepas reageer; |
| 1.3 verstaan hoe bekende mondelinge tekste gestruktureer is en die kenmerkende eienskappe daarvan beskryf; |
| 1.5 die spreker se redes vir die keuse van spesifieke woorde, frases en sinne identifiseer om die luisteraar te beïnvloed en die impak daarvan verduidelik; |
| 1.6 verskillende taalvariëteite, soos verskillende aksente en dialekte, herken en aanvaar en die taal van verskillende groepe bespreek. |
| LU 3 LEES EN KYK |
| Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 3.1 ’n wye verskeidenheid tekssoorte spontaan en dikwels vir genot en inligting lees en persoonlike reaksie op die tekssoorte bespreek; |
| 3.2 lees hardop en stil vir verskillende doeleindes deur gepaste leesstrategieë te gebruik; |
| 3.3 die doel, teikengroepe en konteks van tekste bespreek; |
| 3.4 begrip van informatiewe tekste toon; |
| 3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan bydra; |
| 3.6 toon begrip van ’n teks, die doel daarvan en hoe dit met eie leefwêreld skakel deur die intrige, temas, waardes, karakters en ruimte/agtergrond te bespreek; |
| 3.8 krities op tekste reageer. |
| LU 4 SKRYF |
| Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 4.1 ’n verskeidenheid verbeeldingstekste skryf; |
| 4.2 ’n verskeidenheid feitelike skriftelike en multimodale tekste lewer; |
| 4.3 basiese vaardighede in spesifieke skryf-tegnieke gepas vir ’n tekssoort toon; |
| 4.4 die skryfproses saam met ander en individueel gebruik om tekste te skep. |
AKTIWITEIT 1
1. Klara het een koue skemeraand uitgegaan om haar blinde pa te gaan haal wat heeldag houtjies bymekaargemaak het, maar het in die donkerte verdwaal en het daardie nag verkluim.
2. pas binne die rym en ritme van die gedig
3. “maar”
4. wys op haar fisiese kleinheid, maar ook haar broosheid/druk bejammering uit
5. sag/breekbaarwil op die verskriklikheid wys dat iets so sag die dood kan veroorsaak/sou ook kon sê die woord is ’n verdere projeksie van Klara se weerloosheid
6. “Bokveld toe” beteken ook doodgaan.
7. vergelyking: Klara se (bruin) lyk wat inmekaargetrek is, word vergelyk met ’n wingerdstok (wat ook mos nooit reguit is nie)
8. Ja – daardie streek is o.m. bekend vir vrugtreboerdery, waaronder druiwe.Ja – kyk by 7Ja – ons kan byna sien hoe Klara lyk.
9. nou nie meer waar dit gebeur het nie, vertel ook nie meer nie (maar pas toe), kan enige tyd wees, nie noodwendig tydens of kort na gebeure nie
10. steeds na verkluim/koue/feit dat koue die mens kan doodmaak, maar wyer ook – na enige vorm van onnatuurlike dood
11. Ja – kyk ook antwoord by 10.
12. enige plek – nie gebind aan streek (die Bokkeveld)
13. nee – slegs betekenis van “dood”
14. met ’n hart vol (warm van) liefde in die koue gesterf
15. “maar”
16. Besit nie so ’n opofferende liefde soos Klara nie.
17. Wil die naam laat insink.Noem van naam roep telkens die heldedaad op.Daar is sekere sangerigheid in naam wat by ritme van gedig pas.
18. abab cdcd efef
19. kruisrym/gekruisde rym
AKTIWITEIT 2
Laat u lei deur wat die leerders sê. NB dat hulle tog uitkom by: feitelike teenoor emotiewe gegewens, sinne en paragrawe teenoor reëls en strofes met bepaalde rym, bou en ritme; berig gee niks meer, terwyl gedig ook met toepassing van gegewens werk
U sou selfs met ‘n wakker klas die gedig in berigvorm kon laat skryf (of van die berig ’n gedig laat maak) as kontrole om te sien of hulle die verskille in aanbieding raakvat.
AKTIWITEIT 3
U moet asb. self die lengte van die gedig en enige ander vereistes wat u wil stel, bepaal, ook die puntetoekenning en datum van inlewering.
Sien na en gebruik vir portefeulje.
AKTIWITEIT 4
Laat u lei deur leerders se bespreking.
Ook hier besluit u self oor die lengte van die skryfstuk, verleen vooraf hulp en gee leiding in die klas. Bepaal ook die puntegewig wat die skryfstuk gaan dra en gebruik dit vir die leereder se portefeulje.