Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax_CNX

You are here: Home » Content » Afrikaans Huistaal Graad 8 » Om met woorde te werk en woordeskat uit te brei

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseLang display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Om met woorde te werk en woordeskat uit te brei

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 8

Module 10

Om met woorde te werk en woordeskat uit te brei

AKTIWITEIT 1

Om met woorde te werk en woordeskat uit te brei

Table 1
         
  LU 6.1.7      
         
  • Gaan nou weer terug na die drie berigte in Module 9. Stel spanne saam in julle klas en hou ’n vasvra oor woorde wat vir julle “vreemd” of “onbekend” is. (Wenk: moenie vra dat iemand moet verduidelik wat ’n woord beteken nie; vra liewer hoe ’n mens dit in ’n sin gebruik, of ’n teenoorgestelde, ens.) Laat die onderwyser as skeidsregter optree. Teken al die woorde aan wat jy nie ken nie, en gaan slaan die betekenis daarvan in ’n woordeboek na.

Intensiewe vorme

  • In Teks C staan daar in die opskrif: “dolleë”/dolleeg. Só ’n vorm van ’n woord noem ons ’n INTENSIEWE VORM, en dis dikwels nie moontlik om te verstaan wat die eerste deel beteken nie, omdat hierdie verskynsel ’n baie ou verskynsel is in die tale waarvan Afrikaans familie is. Maar dis nogtans interessant om hierdie vorme te ken en te gebruik – dis ’n manier om jou taal kleurvol te maak.
  • Skryf intensiewe vorme vir die volgende woorde neer (die woorde kom uit die tekste):

verlig

koud

heet (warm – teks D)

wakker

kaal

styf

lam

  • Baie van die woorde het meer as een intensiewe vorm en word by verskillende betekenisse van die woord gebruik.
  • Kom ons keer die speletjie om:
  • Gee woorde waarvan die intensiewe vorm met die volgende deel begin:

skreeu

blits

dood (baie meer as net een)

AKTIWITEIT 2

Om met sinne te werk en direkte en indirekte rede, aktief en passief te oefen

Table 2
                     
  LU 6.2.7           LU 6.2.8      
                     
  • Nou gaan ons weer met sinne werk. Julle onthou mos nog die Direkte en Indirekte rede en Aktief en Passief, of hoe?

1. Skryf nou die volgende sinne in die Aktief (bedrywende vorm) of Passief (lydende vorm):

1.1. Hy is teen sewe-uur bevry.

1.2. By die hospitaal is hy glo vir beroerte behandel.

1.3. Niks word van sy beroerte en behandeling vermeld nie.

1.4. Seling het die slang losgeskop, waarna dit deur die kantoor is.

1.5. Die man het glo Maandagaand by die NG Kerk se pastorie probeer inbreek. (Die polisie gebruik hierdie sin dikwels in die Passief wanneer hulle nog nie weet wie die skuldige is nie.)

1.6. Die betrokke hospitaal het gister op versoek van Die Burger Melanie se lêer uitgehaal.

1.7. Die polisie het ’n natuurbewaarder ontbied.

2. Die volgende sinne uit die drie tekste is in die Direkte of Indirekte Rede. Skryf elkeen in die ander vorm oor.

2.1 “Toe ek wakker skrik, was ek kaal en het in ’n laai in die hospitaal se lykshuis gelê."

2.2 Sy seun het bevestig dat hy sy pa dié dag hospitaal toe geneem en vier dae later weer gaan haal het.

2.3 Die superintendent het gesê die lêer wys hy is die vorige jaar laas daar behandel.

AKTIWITEIT 3

Om ’n teks te ondersoek en die styltegnieke, tema, intrige, karakterbeelding en ander elemente te verstaan

Table 3
                                             
  LU 1.3           LU 1.5           LU 2.2           LU 2.5      
                                             
                                             
  LU 3.1           LU 3.2           LU 3.3           LU 3.5      
                                             
  • Lees die verhaal Die Wors deur Hennie Aucamp wat verskyn in sy debuutbundel, Een Somermiddag en uitgegee is deur Tafelberg-uitgewers en reageer op die letterkundige en ander vrae wat daaroor gestel word.
  • Beantwoord nou die vrae nadat jy die bespreking/inligting bokant elke vraag deeglik deurgelees en verstaan het.

1. Wie, dink jy, is die teikengehoor van hierdie verhaal (op watter ouderdomsgroep as leser is hierdie verhaal gemik)?

2. Verduidelik of en hoe die taal, inhoud en karakters by die teikenlesers aanpas.

  • Hierdie verhaal bestaan uit vier dele, wat van mekaar geskei word in die teks. In elk van die dele, buiten in die derde deel, wat handel oor die seuns wat vir Danie en Pen weghardloop, is daar verskillende karakters/groepe karakters wat in KONFLIK met mekaar verkeer (soms meer as een soort konflik binne dieselfde deel).

3. Die eerste deel handel oor Wimpie, Tatties (Flossie) en hulle konflik met Bet.

3.1 Hoe word Bet voorgestel? (Haal bewyse uit die teks.)

3.2 Noem al die redes waarom die twee seuns nie van hulle taak en van die sog hou nie.

3.3 Is daar ooit sprake van ’n ander konflik in hierdie deel buiten tussen die twee seuns en Bet? Verduidelik jou antwoord.

3.4 Wat leer ons van Wimpie se karakter in hierdie deel?

3.5 En van Tatties s’n?

4. Die tweede deel: die aankoms van die Sagies

4.1 Kan jy uit die teks bewyse kry dat ons op konflik voorberei word wanneer ons lees van die Sagies se aankoms? Verduidelik.

4.2 Lees weer mooi die paragrawe in hierdie deel waar vertel word van die Sagies se aan­koms. Uit wie se oog kyk die verteller wanneer hy die aankoms beskryf: Wimpie se mense of die Sagies? Waarom dink jy is dit so?

5. Die seuns

  • Die hoofmoment / belangrikste konflik in die verhaal is dié tussen Wimpie en Tatties (en dalk nog een) aan die een kant, en Danie en Pen aan die ander kant.

5.1 Hoe word die leser voorberei dat daar ’n konflik tussen hierdie karakters gaan ontstaan? (Hier moet jy weer vroeër in die verhaal gaan lees.)

5.2 Hoe verskil die twee groepe karakters van mekaar?

5.3 Reeds vroeër in die verhaal word die leser voorberei dat Wimpie met ’n plan vorendag gaan kom om sy regmatige deel op te eis. Waaruit kan ons dit aflei?

5.4 Hoe oud is hierdie seuns omtrent? Kyk of jy jou antwoord uit die verhaal kan motiveer.

5.5 Wat verwag die leser gaan gebeur wanneer Wimpie en Tatties vir Danie en Pen probeer ontglip?

6. Aan die einde gebeur iets wat die leser hoegenaamd nie verwag nie: een van die karakters “draai” teen die ander in sy groep Hierdie verskynsel noem ons IRONIE – wanneer iets gebeur wat ons juis nie verwag nie.

  • Verduidelik nou in een kort paragrafie (drie tot vier sinne) die ironie in die slot van die verhaal.

7. Kan jy nou volledig verduidelik waarom die titel van die verhaal Die wors is, en of dit ’n gepaste titel is?

AKTIWITEIT 4

Om op sinvolle en akkurate wyse inligting mondeling oor te dra

  • Jy het sekerlik al self in jou lewe iemand probeer uitoorlê/was self die “slagoffer” van so ’n spulletjie. Gaan berei nou ’n kort mondelinge stuk voor en kom vertel die klas van jou ervaring. (Jy kan selfs saam met ’n maat of twee hierdie episode mondeling rolspeel.)
Table 4
                                             
  LU 2.1           LU 2.2           LU 2.3           LU 2.5      
                                             

AKTIWITEIT 5

Om taal te lees vir die waardering van die estetiese daarin

Table 5
                       
    LU 1.6           LU 2.1      
                       
                                             
  LU 3.1           LU 3.3           LU 3.5           LU 3.8      
                                             
  • Voer die opdragte daaroor uit.
  • Lees die gedig Ek is oek important deur Peter Snyders, dit kom voor in ‘n Ordinary mens. Dit is uitgegee deur TAFELBERG.

1. Hierdie gedig bestaan uit een enkele sin in dialektiese Afrikaans geskryf. Skryf die sin waaruit die gedig bestaan, in Standaardafrikaans neer.

2. Gesels in groepe oor watter woorde/uitdrukkings nie-standaard is nie.

3. Sal die gedig dieselfde trefkrag hê indien dit in Standaardafrikaans geskryf is?Waarom nie?

4. Wie is die verteller in die gedig? Motiveer jou antwoord uit die gedig self.

5. Ons kan uit die vorm van die gedig agterkom/aflei dat die verteller kwaad is (kyk maar hoe elke reël as ’t ware ’n kort, driftige veeg met ’n besem voorstel). Watter woord(e) sê verder dat die verteller kwaad is?

  • Hierdie gedig, anders as byvoorbeeld Klara Majola, het geen rymskema of strofes nie. Ons noem so ’n gedig ’n VRYE VERS. Tog is daar baie ander tegnieke wat die gedig aanmekaar hou.

6. Hoe maak die digter van herhaling gebruik om die gedig te bind?

7. Skryf neer wat die mense alles rondgegooi het. Het dit nou nog enige nut vir iemand?

8. Kyk ’n bietjie na die wyse waarop “r o n d g e g o o i” geskryf is. Is daar ’n bepaalde rede hiervoor? [Ons kan ook vra: pas dit binne die konteks van die gedig?]

9. Tot watter gevolgtrekking kom die verteller aan die einde van die gedig?

10. Wie is in sy oë die belangrikste: “julle” of “ek”? Waarom sê jy so – en motiveer uit die konteks en nie uit jou eie gevoel nie.

AKTIWITEIT 6

Om vir spesifieke inligting en kerngedagtes te luister

Table 6
                     
  LU 1.2           LU 5.3      
                     
  • Luister terwyl die onderwyser die onderstaande stuk hardop lees.

Teks A

Kinders skryf eie handves op internasionale beraad oor kinderregte op Somerset-Wes

Die toekoms van en besluite oor die kind kan net deur die kind self bepaal en ge­neem word! Dis die boodskap wat meer as 200 kinders in een stem uitgebring het op die Internasionale Spitsberaad oor die Regte van Kinders in Suid-Afrika.

Volgens mnr. David Fortune, woordvoerder van Molo Songololo, sal die handves van kinderregte wat hier deur die kinders tussen die ouderdomme van 12 en 17 self geskryf word, aan die Konferensie vir Volwassenes oor Kinderregte voorgelê word.

Mnr. Thabo Mbeki het op die amptelike ope­ning van die beraad gesê kinders se be­lange moet aan die bopunt van die politie­ke agenda geplaas word. ’n Kinderverteen­woordiger is gister tydens die afsluiting van die beraad deur die kinders self aangewys. Caroline Kryne (17) van Suid-Gauteng het gesê die doel van die beraad was nie net vir kinders om hul stemme te laat hoor nie, maar ook om veral ouers se oë oop te maak. “Ek sal hierop voort­bou en die beskerming van die kind beklem­toon,” het Caroline gis­ter aan JIP gesê.

Caroline het ook haar gevoel oor die behan­deling van straatkinders sterk uitgespreek. Sy het gesê hoewel daar regte vir die straat­kind moet wees, moet daar ook voorsiening ge­maak word vir die “toekomstige straat­kind.”

Vir Sindokuhle Zondi (12) en Nokuthuno Cebekhulu (13) van Pietermaritzburg word die kind die meeste op opvoed­kun­dige gebied afgeskeep. “Van ons skole het nie eens ’n biblioteek of ’n en­kele re­kenaar nie. Dalk sal die handves hierdie probleme oplos.”

Mev. Scholastica Kimaryo van Unicef het gister die versekering gegee dat die hand­ves ’n werklikheid sal word en “ek sal persoonlik die boodskap hier aan die Verenigde Nasies oordra.”

Die handves is opgestel uit die verslae van die onderskeie werkwinkels wat die afgelope paar dae vir die kinders gehou is. Die kinders het ten tyde hiervan hulle idees en oplossings oor onder meer op­voeding, straatkinders, gesinslewe, mis­handeling en kinderarbeid in dié hand­ves saamgevat. Die idees is oorgedra in verstaanbare mediums soos musiek, op­voerings en gedigte.

Die handves, wat vandag amptelik aan­geneem word, bestaan uit ’n voorrede en afdelings wat handel oor die oortreding van kinderregte, die basiese regte van die kind, alle vorms van geweld, die kind in gesinsverband, gesondheid en welsyn, die reg op opvoeding, kinder­arbeid en straat­kinders.

(aangepas uit Die Burger)

  • Beantwoord nou die volgende vrae in jou eie woorde en in volsinne, tensy anders gevra.

1. Haal drie woorde aan wat aandui dat die konferensiegangers waarskynlik almal saamgestem het dat net kinders alleen oor die regte en toekoms van die kind kan besluit.

2. Wat gaan gebeur met die Handves van Kinderregte wat saamgestel is?

3. Wat beteken dit as iets “aan die bopunt van die (politieke) agenda” geplaas word?

4. Waar, dink jy, gaan die kinderverteenwoordiger haar stem laat hoor?

5. Sê in jou eie woorde waaroor Caroline baie sterk voel.

6. Wat, dink jy, bedoel sy met haar verwysing na “die toekomstige straatkind"?

7. Watter aanduiding kry ons uit die inhoud van die leesstuk (buiten die naam “Internasio­na­le . . .” in par. 1) dat dit nie ’n spitsberaad vir Suid-Afrikaners alleenlik was nie?

8. Verduidelik die proses wat by die spitsberaad plaasgevind het totdat die finale verslag opgestel is.

9. Wat is ’n “voorrede”?

10. Daar word in die artikel veral na drie terreine verwys waaroor van die konferensiegangers wat in die koerant aangehaal word, baie sterk voel. Skryf slegs hierdie drie terreine neer.

11. Watter ander afdelings kom nog in die Handves voor?

AKTIWITEIT 7

Om te debatteer en saam te besin oor die regte van kinders in ’n skool

Table 7
                                                         
  LU 2.1           LU 2.2           LU 2.3           LU 2.4           LU 2.5      
                                                         
                                                         
  LU 5.1           LU 5.2           LU 5.3           LU 5.4           LU 5.5      
                                                         
  • Hoewel ons nie by hierdie spitsberaad oor kinderregte kon wees nie, sit ons tog almal saam as graad 8-leerders van een skool. Elkeen het ’n bepaalde siening oor watter regte hy/sy en ander rolspelers in die skool en klaskamer het of behoort te hê.
  • Vorm groepe van ses tot sewe leerders en doen die volgende:
  • identifiseer die rolspelers in die skool wat by opvoeding betrokke is;
  • identifiseer die verskillende terreine waarin julle opgevoed word.
  • Gesels nou oor die regte wat elke rolspeler/groep rolspelers op elke terrein het en watter regte hulle behoort te hê.
  • Kyk na sake soos:
  • Het alle leerders dieselfde regte (binne julle skool)?
  • Moet alle leerders dieselfde regte hê?
  • Wat is die verskil tussen “regte” en “voorregte”?
  • Moet leerders wat nie wil saamwerk om aan ander hulle regte te gee nie, steeds dieselfde regte hê, of moet daar anders teen hulle opgetree word?
  • Hoe word daar opgetree teen oortreders van regte in julle skool?
  • Hoe kan daar opgetree word teen sulke oortreders?

AKTIWITEIT 8

Om ’n eie Handves van die Regte van Leerders binne die skool saam te stel

Table 8
                     
  LU 4.2           LU 4.4      
                     
  • Elke groep werk nou, nadat die hele klas se menings oor die onderskeie sake aangehoor is, aan ’n plakkaat met die titel: Handves van die Regte van Leerders aan . . . (Skool se naam).
  • Onthou om al die terreine en regte waaroor julle in julle groep/die klas gesels het, in die dokument te vervat.
  • Hierdie plakkate kan uiteindelik teen die aanplakbord in die klas/kennisgewingbord van die skool aangebring word.

Assessering

Table 9
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit word bewys as die leerder:
1.1 na uitdagende verbeeldings- en informatiewe mondelinge tekste luister en dit waardeer;
1.2 aandagtig luister vir spesifieke inligting en kerngedagtes en gepas reageer;
1.3 verstaan hoe bekende mondelinge tekste gestruktureer is en die kenmerkende eienskappe daarvan beskryf;
1.5 die spreker se redes vir die keuse van spesifieke woorde, frases en sinne identifiseer om die luisteraar te beïnvloed en die impak daarvan verduidelik;
1.6 verskillende taalvariëteite, soos verskillende aksente en dialekte, herken en aanvaar en die taal van verskillende groepe bespreek.
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit word bewys as die leerder:
2.1 idees en gevoelens op ’n kreatiewe en ekspressiewe manier met ’n groot mate van selfvertroue en met beperkte ondersteuning oordra deur ’n verskeidenheid mondelinge tekssoorte te gebruik;
2.2 idees, feite en menings oor uitdagende onder­werpe duidelik en akkuraat en met groter samehang oordra deur ’n verskeidenheid feitelike, mondelinge tekssoorte te gebruik;
2.3 basiese praatvaardighede in ’n verskeidenheid tekssoorte toon;
2.4 ’n verskeidenheid basiese interaksievaardig­hede toon deur aktief aan groepbesprekings, gesprekke, debatte en ondersoeke deel te neem;
2.5 mondelinge aanbiedings met redelike akkuraatheid en kreatiwiteit doen.
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die este­tiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit word bewys as die leerder:
3.1 ’n wye verskeidenheid tekssoorte spontaan en dikwels vir genot en inligting lees en per­soonlike reaksie op die tekssoorte bespreek;
3.2 lees hardop en stil vir verskillende doeleindes deur gepaste leesstrategieë te gebruik;
3.3 die doel, teikengroepe en konteks van tekste bespreek;
3.4 begrip van informatiewe tekste toon;
3.5 verduidelik hoe die hoofkenmerke en struktuur van verskillende tekssoorte tot die funksie daarvan bydra;
3.6 toon begrip van ’n teks, die doel daarvan en hoe dit met eie leefwêreld skakel deur die intrige, temas, waardes, karakters en ruimte/agtergrond te bespreek;
3.8 krities op tekste reageer.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit word bewys as die leerder:
4.1 ’n verskeidenheid verbeeldingstekste skryf;
4.2 ’n verskeidenheid feitelike skriftelike en multi­modale tekste lewer;
4.3 basiese vaardighede in spesifieke skryf-tegnieke gepas vir ’n tekssoort toon;
4.4 die skryfproses saam met ander en individueel gebruik om tekste te skep.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit word bewys as die leerder:
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik;
5.2 taal gebruik om te ondersoek;
5.3 inligting verwerk;
5.4 kreatief dink;
5.5 taal gebruik om te besin.
Table 10
LU 6 Taalstruktuur en –gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit word bewys as die leerder:
6.1 werk met woorde:
6.1.2 gebruik basiese spelreëls en ’n verskeidenheid spelstrategieë om onbekende woorde te spel;
6.1.3 gebruik hoofletters en skryftekens korrek en doeltreffend (kappie, koppelteken, deelteken, afkappingsteken en aksentteken);
6.1.6 met woorde werk (korrekte vorme en afleidings);
6.1.7 woordfamilies en woorde oor dieselfde on­derwerp gebruik om woordeskat in konteks te ontwikkel;
6.1.9 algemene sinonieme, antonieme, homonie­me, homofone, paronieme, een woord vir ’n omskrywing verstaan en gebruik;
6.2 werk met sinne:
6.2.1 met sinne werk en woordsoorte in konteks identifiseer en gebruik;
6.2.7 die aktief en passief gebruik en verstaan wanneer elkeen gepas is;
6.2.8 sinne doeltreffend van die direkte na die indirekte rede verander en omgekeerd;
6.2.10 gebruik punktuasie doeltreffend (punt, komma, dubbelpunt, kommapunt, vraag­teken, uitroepteken, aandagstreep, hakies, aanhalingstekens, skuinsstreep);
6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

  • Behandel intensiewe vorme, wys op die enkele gevalle waar dié vorme twee woorde is, ens. Met ’n sterk klas kan u dalk die leerders ’n bietjie laat navorsing doen oor die oorspronklike betekenis van baie van die eerste dele van die vorme.
  • doodverlig, yskoud, snikheet/snikhete, wawyd wakker, poedelkaal, stokstyf, boeglam
  • skreeulelik, blitsvinnig, doodbang/-benoud/-verlig ens.

AKTIWITEIT 2

Bloot hersieningsoefening

Aktief/passief

1. Hulle/Die polisie het hom teen sewe-uur bevry.

2. Hulle/die hospitaal/verpleegpersoneel/dokter het hom glo vir beroerte behandel.

3. Die lêer meld/noem/sê niks van sy beroerte en behandeling nie.

4. Seling het die slang mos geskop, waarna dit deur die kantoor geseil/weggeseil/weggekom/ gevlug het.

5. Daar is glo Maandagaand by die NG Kerk se pastorie probeer inbreek.

6. Die lêer is gister op versoek van Die Burger deur die betrokke hospitaal uitgehaal.

7. ’n Natuurbewaarder is deur die polisie ontbied.

Direkte/Indirekte rede

8. Hy sê hy het kaal in ’n laai in die lykshuis van die hospitaal wakker geskrik.

9. Sy seun het gesê: “Ja, ek het beslis/definitief my pa daardie dag hospitaal toe geneem en hom vier dae later/daarna weer gaan haal.

10. Die superintendent het gesê: “Die lêer wys die man is verlede jaar laas hier behandel.”

AKTIWITEIT 3

  • Lees die verhaal aan die klas voor/laat leerders self hardop lees (vir punte) of u kan selfs ’n rolverdeling hê met die verskillende karakters en ’n verteller. Laat dele van die verhaal dramatiseer vir meer effek.

1. Sekerlik hoofsaaklik jong tieners

2. eenvoudige taal, leefwêreld van tienerseuns opgeroep, karakters self is om en by daardie ouderdom

3.1 lelik/gevaarlik/besete (varke van Gadara) skelm, log “homp vleis”

3.2 koud/ver om te stap/doen dit al te lank/, sog is vir hulle iets vreesliks, wreed/slinks

3.3 Ja – wanneer Wimpie vir Tatties die laaste keer die dikmelk laat gooi – effense weerstand by Tatties, maar Wimpie praat dit goed met sy gladde mond.

3.4 oorheersend/leier/vinnig met plannetjies/probeer altyd loskom

3.5 onderdanig/doen maar mee

4.1 Ja – Willemses hou nie van Sagies – gedurige verwysings na hulle sukkelende bestaan en asery, gaste onwelkom, veral die Sagies.

4.2 Wimpie-hulle s’n – leser moet die Sagies sien soos hulle hulle sien sodat ons simpatie met Wimpie hulle het.

5. Sluit aan by voorafgaande, “nie dat hulle oorloop van liefde vir mekaar nie!”ook die inleiding tot die gesels – minagtende verwysing na Tatties.twee plaasseuns en maats op hulle plaas, teenoor twee broers, een ouer en een jongerOuer broer baie baasspelerig (amper soos Wimpie), dus verwag ons ’n soort “leierskapstryd”.Jongste boetie onderdanig, byna soos Tatties – dus eerder passiewe karakters in konflikVerwys weer na hoe hy Tatties uitoorlê het met die gee van die laaste dikmelk± 13, 14 – Wimpie nog op plaasskool (seker tot st 5, 6 - gr 7/8) terwyl Danie ’n bietjie ouer is – reeds in dorpskool, en Pen natuurlik effens jonger.dat die seuns tog maar op hulle gaan afkom/die wors in die hande gaan kry wat Wimpie weggesteek het toe hulle gaan hout soek het

6. Flossie was die hele tyd een van die bondgenote – saamgegaan as hulle Bet versorg, is daar om Tatties te “troos” toe Danie minagtend na hom verwys, maar noudat die maats hulle regmatige deel van die wors kry en kan geniet, is dit juis hy wat die wors opgeëet het sodat die seuns niks kry nie - en hulle het juis van die Sagie-broers af weggevlug sodat húlle nie van die wors moet kry nie.

7. Die hele verhaal en konflik tussen die verskillende karakters draai eintlik om die wors, wie se reg dit is om daarvan te eet en al die planne om juis daardie reg te kan uitoefen. Ja, beslis ’n gepaste titel, want dit verklap niks van die verrassende slot nie.

AKTIWITEIT 5

  • Behandel eers die gedig sonder om na die vrae te verwys. Laat leerders die gedig voorlees. Dit kan selfs ’n projek wees waar groepe die gedig kan dramatiseer/rolspeel. Hierdie gedig lei hom ook tot ’n bespreking of twee, drie: Wie is belangrik (er): die ryk morsjorse of die arm (e) straatveërs en skoonmakers en karweiers van huisvullis?

1. As al julle rykaards julle geld uitgegee en julle piesangskille in die slootjie gegooi het, julle buskaartjies stukkend geskeur en op die grond laat val het, julle wyn en koeldrank gedrink het en die leë bottels en blikkies sommer in die stegies neergesit het en julle visgrate en (halfgeëte vrugte en stukkende boksies oral neergegooi het, kom ek en maak alles skoon. Daarom is ek ook belangrik.

2. Leerders verskaf self antwoorde.

3. Beslis nie – kyk maar net na die sin en woorde: die ritme, atmosfeer en hele stemming van die gedig sal verander.

4. straatveër – “dan kom ek en maakie wêreld weer skoon”

5. “geldgatte”, “bustikkets soes confetti gestrooi”, “vrot vrugte”

6. Noem alles byna gelyk op “en julle . . .” “en julle . . .”Hierdie woorde staan ook elke keer op dieselfde plek in die reël.

7. piesangskille, gebruikte buskaartjies, leë bottels en blikkies, halfgeëte vrugte, leë boksiesNee, geen nut vir enigeen – is net maar rommel

8. Nie teen mekaar soos normaalweg nie – wil dalk iets wys/visualiseer hoe die rommel gestrooi is.

9. Hy is belangrik omdat hy ander mense se gemors opruim.

10. “Ek” – hy maak agter “belangrike/ryk” mense skoon.

AKTIWITEIT 6

Kinders se eie volsinne moet die volgende inhoud oordra:

1. “in een stem”

2. Gaan aan die Konferensie vir Volwassenes oor Kinderregte oorhandig word, ook in die parlement en die VN bespreek word.

3. een van die belangrikste dinge waaraan die parlement aandag moet gee / Parlement moet heel eerste hieraan aandag gee

4. by die Konferensie vir Volwassenes oor Kinderregte en waarskynlik ook in die parlement

5. mishandeling van kinders (“beskerming van die kind”) en die lot van straatkinders, getal straatkinders van die toekoms

6. Wil waarskynlik hê daar moet iets gedoen word sodat daar minder/geen straatkinders is.

7. Verteenwoordiger van Unicef/VN was daar (Unicef – VN se arm wat met opvoeding van kinders werk).

8. Kinders het in groepe oor aspekte van kinderregte gepraat, hulle idees / sieninge oorgedra met musiek / deur gedigte en dramatisering, waarna die verslae van die onderskeie groepe gebruik is om die finale verslag saam te stel.

9. inleidende hoofstuk

10. kindermishandeling, straatkinders, opvoeding

11. oortreding van kinderregte, die kind in die gesin, gesondheid, welsyn, kinderarbeid(Dis belangrik dat leerders nie weer al die afdelings noem nie, maar dié vraag is juis daarop gerig om te kyk of hulle verstaan dat “beskerming van kinders” met kindermishaneling, en dus geweld te doen het.)

AKTIWITEIT 7

  • Hierdie aktiwiteit kan ’n verfrissende en selfs insiggewende gesprek word en u en die leerders met nuwe oë na mekaar, ander onderwysers en skoolpersoneel laat kyk en waardeer. Dalk is die tyd ryp dat leerders mekaar aanspreek oor lasposte, moeilikheidmakers ens. wat dissipline ondermyn ens. Hierdie soort besprekings kom meesal by oplossings uit en bly nie vassteek by beskuldigings nie. Dis o.m. u taak om die leerders te begelei na oplossings en om verder te gaan as net ander die skuld te gee. So maak ons van hulle “groter” mense.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks