Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Afrikaans Huistaal Graad 9 » Om tekste vir inligting te lees

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseLang display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Download
x

Download collection as:

  • PDF
  • EPUB (what's this?)

    What is an EPUB file?

    EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

    Downloading to a reading device

    For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(what's this?)" link.

  • More downloads ...

Download module as:

Reuse / Edit
x

Collection:

Module:

Add to a lens
x

Add collection to:

Add module to:

Add to Favorites
x

Add collection to:

Add module to:

Om tekste vir inligting te lees

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 9

Module 5

OM TEKSTE VIR INLIGTING TE LEES

Aktiwiteit 1:

Om te verseker dat die taalvaardighede in die vorige module, bemeester is

  • Lees die onderstaande artikel en doen dan die opdragte.

SEINE VAN DIE SKU OTTERS

Natuurbewaarders van Kaapse-Natuurbe­waring in die Goukamma-natuurreservaat naby Knysna hou die bewegings van twee jong otters, Wesley en Otto, fyn dop.

Hulle is albei groototters, wat in die riviere en langs die kuslyn van Suid-Afrika leef. Hulle is spesiaal omdat hulle deel is van ’n navorsings­projek oor hierdie skaam waterdiere in die Tuin­roete.

Omdat ’n mens otters maar min sien, het veeartse klein radiosenders in Wesley en Otto ingeplant sodat die navorser Natalie Baker hul bewegings kan volg.

Nou waarom al die moeite doen om dae lank op die Groenvlei, ’n varswatermeer, in ’n bootjie te sit of langs die Goukamma-rivier spore te soek?

Navorsers wil vasstel waar hierdie skaam diere slaap en eet, hoe hulle sosiale struk­tuur werk, hoe hulle rondtrek en watter kos hul verkies.

Volgens natuurbewaarders lyk dit of die groot­otters in die omgewing al hoe minder geword het, want

  • die ongerepte riviere en kusgebiede waar hulle hou, word al hoe meer besoedel en ontwikkel; en sommige boere maak die otters dood as hulle hoenders vang.

Hierdie navorsing sal help om goeie besluite te neem oor hul bewaring en te keer dat hulle bedreig word.

’n Groototter is die grootste roofdier wat in die Kaapse waters hou en weeg tot 16 kg.

Hy het nie kloue soos ander roofdiere nie, maar gebruik sy voorpote soos hande om sy prooi te vang en dit dan met sy sterk kake te eet. Hy verkies krappe, vis, paddas, seekat en selfs klein voëls en klein soogdiere soos muise.

Webbe wat tussen sy tone versteek is, werk soos paddavoete sodat hy vinniger kan swem. ’n Otter het ’n lang, stokkerige snorbaard, ’n platterige stert, klein oortjies en wit merke op sy bruin pels.

Wil jy meer weet oor die otter­projek? Loer by www.Capenature.org.za en klik op “biodiversity”.

Uit: KleinBurger, November 2002

  • Verskaf die lydende vorm van die volgende sinne.

1. Veeartse het klein senders in die twee otters ingeplant.

2. Hy verkies krappe en vis.

3. Natuurbewaarders moet goeie besluite oor hul bewaring neem.

  • Verbind die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies.

1 Otters se voortbestaan is in gedrang. Hulle natuurlike habitat word besoedel. (omdat)

2. Die Natuurlewevereniging wil meer van hulle sosiale struktuur weet. Veeartse het radiosenders in die otters ingeplant. (dus)

3. Die otter gebruik sy voorpote soos hande. Hy het nie kloue soos ander roofdiere nie. (aangesien)

  • Maak ’n sin met die homofoon van die volgende.

1. seine

  • Verskaf die meervoud van die volgende.

1. kus .................................................. en ..................................................

2. meer ..................................................

3. projek ..................................................

4. struktuur ..................................................

5. radio ..................................................

Table 1
         
  LU 6.1      
         
Aktiwiteit 2:

Om:

  • ’n verskeidenheid tekste vir inligting te kan lees;
  • te kan beskryf hoe hoofkenmerke en struktuur van ’n tekssoort bydra tot die funksie daarvan;
  • krities op tekste te kan reageer; en
  • Afrikaans te kan gebruik om te dink en te redeneer.
  • Dit is ‘n respons op letterkunde, in hierdie geval poësie, en dit gaan definitief in jou portefeulje gebruik word!
  • Dis wat jy gaan doen:
  • Kies drie gedigte wat oor diere handel.

Moenie die digter se naam vergeet nie, en onthou, jy mag nie ’n gedig sommer net fotostateer nie. Jy sal dit moet oorskryf, want daar is kopiereg daarop.

  • Maak ’n illustrasie van elke gedig van hoe jy die inhoud verstaan.
  • Toon aan watter een jou gunstelinggedig is en beantwoord dan die volgende vrae oor hierdie gedig.

1. Waarom hou jy van hierdie gedig?

2. Wat is jou gunsteling versreël(s) en hoekom is dit jou keuse?

3. Wat is die toon van die gedig? Bewys jou antwoord.

4. Haal treffende beelde uit die gedig aan en bespreek hulle geslaagdheid.

5. Wat is die tema van die gedig?

  • Jou geskrewe gedeelte moenie meer as 150 woorde wees nie. Jou onderwyser sal aan jou ’n matriks waarvolgens jy beoordeel gaan word, gee.
Table 2
                                             
  LU 3.1           LU 3.5           LU 3.8           LU 5.1      
                                             
Assessering

Table 3
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer
Dit word bewys as die leerder:
3.1 ‘n wye verskeidenheid tekssoorte lees, persoonlike reaksies vergelyk en gemotiveerde aanbevelings vir ander gee;
3.4 begrip van ‘n wye verskeidenheid informatiewe tekste toon: hoofgedagtes identifiseer en opsommings maak, idees evalueer, die geldigheid van argumente beoordeel, verskillende standpunte bespreek, en tussen menings en feite onderskei;
3.5 verskillende tekssoorte bespreek en verduidelik hoe die hoofkenmerke daarvan tot die funksie van die teks bydra;
3.8 krities op tekste reageer.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik
Dit word bewys as die leerder:
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik:
  • denk- en redenasievaardighede, identifisering van skrywer se standpunt en perspektief, oorsaak ontleed, redenasies wat logika duidelik maak en/of reaksies en teenkanting antisipeer, argumente en alternatiewe, feite om argumente te staaf, eie ervaring om standpunt te verduidelik, vrae, afleiding en analise vir kreatiewe en probleemoplossende denke;

5.2 taal gebruik om te ondersoek:
  • vrae oor nasionale vraagstukke bv MIV/VIGS, herken dubbelsinnigheid, verkeerde gebruik van bewyse, moontlikhede bevraagteken en oorweeg, uitbreiding van bronne en metodes om inligting te vind, toenemend ingewikkelde projekte;
5.3 inligting verwerk.
LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer
Dit word bewys as die leerder:
6.1 met woorde werk:
  • spelreëls en –strategieë, eie spellys vir moeilike woorde, gebruik van hoofletters en skryftekens, die woordeboek en tesourus gebruik, afleiding, samestelling en alledaagse voor- en agtervoegsels gebruik om woordeskat uit te brei, woordfamilies en woorde oor dieselfde onderwerp gebruik om woordeskat uit te brei, die leen van woorde deur tale en die ontstaan van nuutskeppings verstaan, sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme verstaan en gebruik, alledaagse afkortings en anonieme gebruik.;
6.2 met sinne werk:
  • voornaamwoorde, hoofwerkwoorde, medewerkwoorde en deelwoorde, adjektiewe, bywoorde, voegwoorde, determineerders, telwoorde, tussenwerpsels, voorsetsels, grammatikale verskil tussen die funksie van sinsoorte, gebruik van sinsdele soos onderwerp, gesegde, direkte en indirekte voorwerp, bywoordelike en byvoeglike bepalings, hoofsinne en bysinne, tydsvorme, woordorde, aktiewe en passiewe vorm, verandering van sinne van direkte na indirekte rede en andersom, ontkennende vorm, punktuasie.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

Seine van die sku otters

Lydende vorm:

1. Klein senders is deur die veeartse in die twee otters ingeplant.

2. Krappe en vis word deur hom verkies.

3. Goeie besluite oor hul bewaring moet deur natuurbewaarders geneem word.

Voegwoorde:

1. Otters se voortbestaan is in gedrang omdat hulle natuurlike habitat besoedel word.

2. Die Natuurlewevereniging wil meer van hul sosiale struktuur weet; dus het veeartse radiosendes in die otters ingeplant.

3. Die otter gebruik sy voorpote soos hande, aangesien hy nie kloue soos ander roofdiere het nie.

Homofoon:

1. Dis nie myne nie, maar syne.

Meervoude:

1. kusse en kuste

2. mere

3. projekte

4. strukture

5. radio’s

As die leerders probleme met hierdie werk het, moet u teruggaan na module1.

AKTIWITEIT 2

Respons op teks

  • U sal moet help en verskillende digbundels klas toe bring. Help hulle waar u kan.
  • Gee aan hulle die matriks sodat hulle presies weet waarvoor hulle bepunt gaan word.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

Reuse / Edit:

Reuse or edit collection (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.

| Reuse or edit module (?)