Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 9
Aktiwiteit 1:
Om te verseker dat die taalvaardighede in die vorige module, bemeester is
SEINE VAN DIE SKU OTTERS
Natuurbewaarders van Kaapse-Natuurbewaring in die Goukamma-natuurreservaat naby Knysna hou die bewegings van twee jong otters, Wesley en Otto, fyn dop.
Hulle is albei groototters, wat in die riviere en langs die kuslyn van Suid-Afrika leef. Hulle is spesiaal omdat hulle deel is van ’n navorsingsprojek oor hierdie skaam waterdiere in die Tuinroete.
Omdat ’n mens otters maar min sien, het veeartse klein radiosenders in Wesley en Otto ingeplant sodat die navorser Natalie Baker hul bewegings kan volg.
Nou waarom al die moeite doen om dae lank op die Groenvlei, ’n varswatermeer, in ’n bootjie te sit of langs die Goukamma-rivier spore te soek?
Navorsers wil vasstel waar hierdie skaam diere slaap en eet, hoe hulle sosiale struktuur werk, hoe hulle rondtrek en watter kos hul verkies.
Volgens natuurbewaarders lyk dit of die groototters in die omgewing al hoe minder geword het, want
Hierdie navorsing sal help om goeie besluite te neem oor hul bewaring en te keer dat hulle bedreig word.
’n Groototter is die grootste roofdier wat in die Kaapse waters hou en weeg tot 16 kg.
Hy het nie kloue soos ander roofdiere nie, maar gebruik sy voorpote soos hande om sy prooi te vang en dit dan met sy sterk kake te eet. Hy verkies krappe, vis, paddas, seekat en selfs klein voëls en klein soogdiere soos muise.
Webbe wat tussen sy tone versteek is, werk soos paddavoete sodat hy vinniger kan swem. ’n Otter het ’n lang, stokkerige snorbaard, ’n platterige stert, klein oortjies en wit merke op sy bruin pels.
Wil jy meer weet oor die otterprojek? Loer by www.Capenature.org.za en klik op “biodiversity”.
Uit: KleinBurger, November 2002
1. Veeartse het klein senders in die twee otters ingeplant.
2. Hy verkies krappe en vis.
3. Natuurbewaarders moet goeie besluite oor hul bewaring neem.
1 Otters se voortbestaan is in gedrang. Hulle natuurlike habitat word besoedel. (omdat)
2. Die Natuurlewevereniging wil meer van hulle sosiale struktuur weet. Veeartse het radiosenders in die otters ingeplant. (dus)
3. Die otter gebruik sy voorpote soos hande. Hy het nie kloue soos ander roofdiere nie. (aangesien)
1. seine
1. kus .................................................. en ..................................................
2. meer ..................................................
3. projek ..................................................
4. struktuur ..................................................
5. radio ..................................................
| LU 6.1 | ||||
Aktiwiteit 2:
Om:
Moenie die digter se naam vergeet nie, en onthou, jy mag nie ’n gedig sommer net fotostateer nie. Jy sal dit moet oorskryf, want daar is kopiereg daarop.
1. Waarom hou jy van hierdie gedig?
2. Wat is jou gunsteling versreël(s) en hoekom is dit jou keuse?
3. Wat is die toon van die gedig? Bewys jou antwoord.
4. Haal treffende beelde uit die gedig aan en bespreek hulle geslaagdheid.
5. Wat is die tema van die gedig?
| LU 3.1 | LU 3.5 | LU 3.8 | LU 5.1 | |||||||||||||||||||
| LU 3 LEES EN KYK |
| Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 3.1 ‘n wye verskeidenheid tekssoorte lees, persoonlike reaksies vergelyk en gemotiveerde aanbevelings vir ander gee; |
| 3.4 begrip van ‘n wye verskeidenheid informatiewe tekste toon: hoofgedagtes identifiseer en opsommings maak, idees evalueer, die geldigheid van argumente beoordeel, verskillende standpunte bespreek, en tussen menings en feite onderskei; |
| 3.5 verskillende tekssoorte bespreek en verduidelik hoe die hoofkenmerke daarvan tot die funksie van die teks bydra; |
| 3.8 krities op tekste reageer. |
| LU 5 DINK EN REDENEER |
| Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 5.1 taal vir dink en redeneer gebruik: |
|
| Dit word bewys as die leerder: |
| 5.1 taal vir dink en redeneer gebruik: |
|
| 5.2 taal gebruik om te ondersoek: |
|
| 5.3 inligting verwerk. |
| LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik |
| Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 6.1 met woorde werk: |
|
| 6.2 met sinne werk: |
|
AKTIWITEIT 1
Seine van die sku otters
Lydende vorm:
1. Klein senders is deur die veeartse in die twee otters ingeplant.
2. Krappe en vis word deur hom verkies.
3. Goeie besluite oor hul bewaring moet deur natuurbewaarders geneem word.
Voegwoorde:
1. Otters se voortbestaan is in gedrang omdat hulle natuurlike habitat besoedel word.
2. Die Natuurlewevereniging wil meer van hul sosiale struktuur weet; dus het veeartse radiosendes in die otters ingeplant.
3. Die otter gebruik sy voorpote soos hande, aangesien hy nie kloue soos ander roofdiere het nie.
Homofoon:
1. Dis nie myne nie, maar syne.
Meervoude:
1. kusse en kuste
2. mere
3. projekte
4. strukture
5. radio’s
As die leerders probleme met hierdie werk het, moet u teruggaan na module1.
AKTIWITEIT 2
Respons op teks