Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Om aandagtig vir bepaalde inligting en hoofgedagtes te luister

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseLang display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 7-9)
    By: SiyavulaAs a part of collection: "Afrikaans Huistaal Graad 9"

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Om aandagtig vir bepaalde inligting en hoofgedagtes te luister

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 9

Module 8

Om aandagtig vir spesifieke inligting en hoofgedagtes te luister

AKTIWITEIT 1:

  • Om aandagtig vir spesifieke inligting en hoofgedagtes te luister
  • Om na te dink oor eie luistervaardigheid en sterk en/of swak punte te identifiseer
Table 1
                     
  LU 1.2           LU 5.5      
                     
  • Ons spring hierdie kwartaal weg met ’n luisterbegrip. Jou onderwyser gaan ’n artikel aan jou voorlees (2 keer), jy moet aandagtig luister en jy mag geen aantekeninge maak nie.

1. Noem twee snaakse goed wat die persoon al in die see gesien het.

(2 x ½)

2. Wat is Mark Snyman van beroep?

(1)

3. Wat het hy en sy vriende op die water gedoen?

(1)

4. Wat het hulle aanvanklik gedink sien hulle?

(1)

5. Wat het hulle laat besef dat dit ’n hond is?

(1)

6. Wat was die hond se aanvanklike reaksie?

(1)

7. Hoe het hulle hom tog nader gelok?

(1)

8. Noem EEN moontlike verklaring hoe die hond in die see beland het.

(1)

9. Watter tipe hond is dit?

(1)

10. Hoe gaan Mark keer dat Lucky nie weer amper verdrink nie?

(1)

Table 2
         
  LU 1.2      
         

AKTIWITEIT 2:

  • Om die vaardigheid om visuele beelde en ontwerpe in bv. resensies te gebruik en te bemeester
  • Om die gepastheid van die taal van verskillende ouderdomsgroepe te oorweeg
Table 3
                     
  LU 1.6           LU 4.2      
                     
  • Ons gaan vervolgens na twee tipes resensies kyk. In die eerste een word ’n boek geresenseer en dit is in ’n redelik formele styl geskryf.
  • Die tweede resensie resenseer ’n video en dis in ’n lekker loslitstyl geskryf.KALWERLIEFDE MET ‘N VERSKIL

LIEFDE LAAT JOU RICE KRISPIES ANDERS PROE, deur Tania Brink, Lapa, Pretoria 2002. (Sagte­band, ISBN 7993 3032 9, R39.95.)

SIMONE DE BEAUVOIR het gesê: “The word ‘love’ has by no means the same sense for both sexes, and this is one of the serious misunderstandings that divide them.”

Dit is seker om dié rede dat ons altyd nuwe liefdesverhale sal kry, want misverstande – veral dié wat om die liefde draai – skep ’n mynveld van potensiële skryftemas. Tog is liefdesverhale wat nie ’n uit­eensetting gee van gelyke ka­rakters, deurtrapte liggings of holruggeryde temas nie, taam­lik skaars. En as ’n mens aan tieners en die liefde dink, spook soetsappige boeke soos die reeks Sweet Valley high, Soekie word sestien en Somer­nagdroom by my.

Maar dan is daar Rice Kris­pies: “Shakespeare was mis­kien hierdie hengse roman­tiese skry­wer, maar hy was ’n sek­sis, nes die meeste mans. Hy’t seker heeldag op sy agterent gesit en skryf terwyl ’n vrou vir hom kos maak, sy klere was en sy vuil sokkies agter hom op­getel het.”

Liefde laat jou Rice Kris­pies anders proe deur die jong Bloemfonteinse skrywer Tania Brink is ’n skool­liefdesverhaal met ’n ver­skil. Marzanne Odendal is ’n uitgesproke tiener: Sy dink Shake­speare is pateties; die skoolheld, Armand, is verwaand; om verlief te raak is malligheid; en die enigste werk waaroor ’n mens kan opgewonde raak, is die joer­nalistiek.

Haar vriendin, Nadia, glo die teenoorgestelde en wag in span­ning dat die spreek- woordeli­ke ridder haar na die Mei-dans sal vra. Die dans­atmosfeer frustreer Marzanne, veral toe anonieme liefdes­gedigte per e-pos vir haar gestuur word. Sy vermoed dis die stillerige Wikus, maar dan blyk dit ’n geweldige misver­stand te wees.

Hierdie is ’n boek wat jou reeds van die pragtige omslag en ver­beeldingryke titel. (grammatikale fout, ten spyt) boei. Dit is ’n alternatiewe tienersliefdesver­haal in die­selfde tradisie as Human & Rousseau se Eerste Liefde-reeks. Dit is intelligent ge­skryf, die karakters lyk aan­vanklik stereotiep, maar hou aan om die leser te verras met diepte, humor en die natuur­like tiener-wroegings. Dit is ’n lekkerlees­boek, toeganklik vir meisies én seuns, en per­fek vir die lang somerdae wat wag.

Uit: By, 16 November. 2002

ONKYKBAAR

Die swakste fliek wat ek nog gesien het, was ’n griller getitel The Babysitter. (Ek en ’n vriend het die video uitgeneem omdat die meisie op die om­slag nie vreeslik baie klere aangehad het nie.)

Dit was ’n onkykbare fliek met ’n swak storie­lyn. Let egter op die verlede tyd. Iemand het besluit die rapper Snoop Dogg en ’n paar van sy vriende be­hoort ’n fliek te maak. Die resultaat is Tha East Sidaz wat pas op video uitgereik is. The Babysitter het kompetisie.

Snoop Dogg speel die hoofkarakter met die absurde naam Killa Pop. Killa Pop is ’n dwelm­handelaar en bendeleier wat nog net een dwelmtransaksie wil be­klink voordat hy ’n goeie, skoon lewe wil lei. Dan beland hy in die tronk, omdat een van sy getroue mede-misdadigers hom verraai het. Natuurlik ont­snap hy uit die tronk om wraak te neem.

Dit is regtig moeilik om enigiets goeds oor Tha East Sidaz te sê. Die storie is verveliger as her­uit­sendings van Felicia; die meeste woorde in die dialoog begin met die letter f en die oordadige ge­weld in die fliek is so voorspel­baar dat dit later lagwekkend word.

Die fliek lyk of dit met ’n videokamera geskiet is, en die kamerawerk gaan jou seesiek maak as jy voor die tyd iets

ge­ëet het. Neem dit net uit as uit-die-mode rappers met snaakse vlegseltjies jou amuseer of as jy nog nie leer vloek het nie en ’n gids soek.

jaco jacobs

  • Jou onderwyser gaan vir julle ’n Afrikaanse fliek wys en jou opdrag is dan om die resensent te wees en jou eie resensie te skryf.
  • Jou resensie moet ongeveer 150 - 200 woorde lank wees.
  • Onthou, dis vir jou skoolkoerant, dus moet jy die regte styl/register kies.
  • Jy gaan op die matriks vir langer skryfstukke beoordeel word.
  • Beskou dit as deel van jou portefeulje. AKTIWITEIT 3:
  • Om sinonieme, antonieme, homonieme, homofone en meervoude te verstaan en te kan gebruik
  • Om Adjektiewe, ook die verboë vorme en intensiewe vorme daarvan, te verstaan en te kan gebruik
Table 4
                     
  LU 6.1           LU 6.2      
                     
  • Ons werk nog steeds met die resensie, Kalwerliefde met ’n verskil.

1. Maak ’n kort sinnetjie met die homoniem van elk van die vetgedrukte woorde:

1.1 Die boek boei jou.

1.2 Dit lyk stereotiep.

2. Verskaf ’n sinoniem vir elk van die vetgedrukte woorde.

2.1 Daar is baie geykte karakters.

2.2 Dit blyk ’n misverstand te wees.

3. Daar is ’n paar woorde in die teks wat beteken dat iets al vervelig en algemeen geraak het. Kyk of jy VIER kan kry.

3.1

3.2

3.3

3.4

4. Verskaf die meervoudsvorm van die vetgedrukte woord:

4.1 die omslag van die boek

Table 5
         
  LU 6.1      
         

5. Wat is die intensiewe vorm van:

5.1 verlief?

5.2 nuwe?

6. Verskaf die korrekte vorm van die woorde tussen hakies.

6.1. ’n (wat jou maklik uitspreek oor iets) persoon.

6.2 ’n (wat met romanse te doen het) verhaal.

6.3 dis nie ’n (tradisie) storie nie.

7. WIE WEET?

7.1 Wat is die grammatikale fout in die titel?

7.2 Wat noem jy ’n vrou wat haar vir vroueregte beywer?

AKTIWITEIT 4:

  • Om die korrekte woordorde in sinne te kan gebruik en te verstaan hoe woordorde betekenis kan beïnvloed
  • Om die lydende en bedrywende vorm te kan gebruik
  • Om die ontkennende vorm korrek en op verskillende maniere te kan gebruik
Table 6
         
  LU 6.2      
         
  • Ons oefen bg. leeruitkomstes in n.a.v. die twee voorafgaande resensies.

1. Skryf die volgende sinne in die lydende vorm.

1.1 Misverstande skep ’n mynveld van potensiële skryftemas.

1.2 Die spreekwoordelike ridder sal haar na die Mei-dans vra.

1.3 Ek en ’n vriend het die video uitgeneem.

1.4 Hulle het die fliek met ’n videokamera geskiet.

2. Verbind die twee sinne met die voegwoord tussen hakies. (Let op die korrekte punktuasie).

2.1 Die fliek is so voorspelbaar. Dit word later lagwekkend. (dat)

2.2 Hy het in die tronk beland. Een van sy vriende het hom verraai. (aangesien)

2.3 Een van sy vriende het hom verraai. Hy het in die tronk beland. (gevolglik)

2.4 ’n Mens is versigtig vir liefdesverhale. Hulle is meestal erg soetsappig. (omdat)

3. Skryf die volgende sinne in die ontkennende vorm.

3.1 Ons sal altyd nuwe liefdesverhale kry.

Nee,

3.2 Het jy al ooit hierdie jeugboek gelees?

Nee,

3.3 Kan jy iets goeds oor die fliek sê?

Nee,

3.4 Het Snoop Dogg êrens sukses behaal?

Nee,

3.5 Killa Pop was nog altyd ’n dwelmhandelaar.

Nee,

Assessering

Table 7
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingsryke tekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf
Dit word bewys as die leerder:
4.1 ‘n wye verskeidenheid verbeeldingsryke tekste skryf om die kreatiewe, kritiese en speelse gebruik van taal te verken deur die skryf van gedigte en briewe;
4.2 ‘n verskeidenheid feitelike skriftelike en multimodale tekste vir verskeie doeleindes lewer deur waar gepas, visuele beelde en ontwerpe in die volgende te gebruik: boodskappe, verslae oor aktuele sake, advertensies, plakkate, boek- en filmresensies, ooggetuieverslae, koerantberigte, cv’s, persbriewe, aansoekbriewe, dekbriewe, agenda en notule van vergaderings;
4.4 die skryfproses onafhanklik en met gemak gebruik om tekste te skep.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik
Dit word bewys as die leerder:
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik:
  • denk- en redenasievaardighede, identifisering van skrywer se standpunt en perspektief, oorsaak ontleed, redenasies wat logika duidelik maak en/of reaksies en teenkanting antisipeer, argumente en alternatiewe, feite om argumente te staaf, eie ervaring om standpunt te verduidelik, vrae, afleiding en analise vir kreatiewe en probleemoplossende denke;
Dit word bewys as die leerder:
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik:
  • denk- en redenasievaardighede, identifisering van skrywer se standpunt en perspektief, oorsaak ontleed, redenasies wat logika duidelik maak en/of reaksies en teenkanting antisipeer, argumente en alternatiewe, feite om argumente te staaf, eie ervaring om standpunt te verduidelik, vrae, afleiding en analise vir kreatiewe en probleemoplossende denke;
5.2 taal gebruik om te ondersoek:
  • vrae oor nasionale vraagstukke bv MIV/VIGS, herken dubbelsinnigheid, verkeerde gebruik van bewyse, moontlikhede bevraagteken en oorweeg, uitbreiding van bronne en metodes om inligting te vind, toenemend ingewikkelde projekte;
5.5 taal gebruik om te besin
LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer
Dit word bewys as die leerder:
6.1 met woorde werk:
  • spelreëls en –strategieë, eie spellys vir moeilike woorde, gebruik van hoofletters en skryftekens, die woordeboek en tesourus gebruik, afleiding, samestelling en alledaagse voor- en agtervoegsels gebruik om woordeskat uit te brei, woordfamilies en woorde oor dieselfde onderwerp gebruik om woordeskat uit te brei, die leen van woorde deur tale en die ontstaan van nuutskeppings verstaan, sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme verstaan en gebruik, alledaagse afkortings en anonieme gebruik.;
6.2 met sinne werk:
  • voornaamwoorde, hoofwerkwoorde, medewerkwoorde en deelwoorde, adjektiewe, bywoorde, voegwoorde, determineerders, telwoorde, tussenwerpsels, voorsetsels, grammatikale verskil tussen die funksie van sinsoorte, gebruik van sinsdele soos onderwerp, gesegde, direkte en indirekte voorwerp, bywoordelike en byvoeglike bepalings, hoofsinne en bysinne, tydsvorme, woordorde, aktiewe en passiewe vorm, verandering van sinne van direkte na indirekte rede en andersom, ontkennende vorm, punktuasie.
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit word bewys as die leerder:
1.2 aandagtig luister vir spesifieke inligting en hoofgedagtes en gepas reageer:
1.2.1 maak gevolgtrekkings;
1.2.2 besin oor inligting en menings, stel indringende vrae en bevraagteken waar nodig;
1.6 verskillende taalvariëteite herken en aanvaar, soos verskillende aksente en dialekte, en oorweeg die gepastheid van die taal van verskillende ouderdomsgroepe (bv. sleng).

Memorandum

Is dit ’n haai of ’n skilpad in die diepsee? Nee, dis ’n hond!

Gerhard de BruinRAMSGATE

As visser het hy al baie snaakse goed in die see gesien. Daar was reuse-haaie, seeskilpaaie, skeepshouers, drywende skoene en dies meer – maar ’n opregte boerboel wat in die middel van die oseaan rondswem, aikôna.

Maar dit is presies die storie van die grote wat nié weggekom het nie wat mnr. Mark Snyman (33), ’n kommersiële visser van Ramsgate, eendag aan almal sal kan vertel.

Hy en twee vriende, mnre. Lance Dunn en William Lottering, het verlede Sondag in sy skiboot sowat 3 km van die kus by Ramsgate gehengel toe hulle ’n vreemde ding ’n ent van die boot af sien.

“Aanvanklik het ons gedink dit is ’n seeskilpad. Ek het nog vir hulle gesê as dit een is, is dit die moeder van alle seeskilpaaie. Maar toe skielik, met ’n boog uit die water, kom ’n swaaiende stert te voorskyn en ons het besef dit is ’n hond wat daar swem.”

Hy het dadelik die enjin aangesluit en nader gegaan.

“Ek kon my oë nie glo nie toe ons by hom kom en sien, maar my magtie, dit is mos ’n boerboel.”

Die arme hond was baie bang en het probeer wegswem.

“Ons het die enjin afgesluit en vir hom gefluit. Hy het net daar omgedraai en pylreguit na die boot geswem. Toe ons hom in die boot het, was hy so moeg dat hy nie kon staan nie. Hy het op die dek inmekaar gesak. Ons het dadelik vir hom water gegee. Hy was vreeslik dors.

“Later toe ons aan wal gaan, het hy ook drie bakke kos verslind.”

Hulle het die hond summier Lucky gedoop.

“Waar hy vandaan kom, weet nugter. Dalk het hy op die strand gespeel, in die water beland en is deur ’n stroom meegesleur.

“Of dalk het hy van ’n boot geval. Niemand weet nie.

“Ek is net bly dat ons hom kon red voordat hy verdrink het of deur ’n haai verskeur is.”

Hy en sy vriende is gek na die hond van sowat tien maande oud en wil hom graag hou.

Vir die wis en die onwis is hy egter by die Dierebeskermingsvereniging, ingeval iemand hom opeis.

“Maar voordat iemand hom sal kan opeis, sal die baas baie mooi moet verduidelik wat hy so diep die see in gedoen het sonder dat iemand hulp gaan soek het.

“As niemand hom binne die volgende week opeis nie, is hy ons s’n. Met sý geluk is hy net die gelukbringer wat ek vir my visbedryf nodig het.

“En glo vir my, aan my sy sal hy nie naby die water kom sonder dat hy minstens twee reddingsbaadjies aan het nie.”

Uit: Rapport, 23 Feb. 2003

AKTIWITEIT 1

1. haaieseeskilpaaieskeepshouersskoene

2. kommersiële visser

3. gehengel

4. groot seeskilpad

5. die swaaiende stert

6. bang / hy het weggeswem

7. enjin afgesit / gefluit

8. gespeel en in water beland / van ’n boot geval

9. boerboel

  1. Hy gaan twee reddingsbaadjies aantrek.

AKTIWITEIT 2

Probeer tog gerus om ’n Afrikaanse fliek vir hulle te wys. Wat van Paljas, Klara Viljee, Fiela se kind, ens. ?

  • Onthou, as u al moeg nagesien is, kan die leerders uitruil en dit self doen.

AKTIWITEIT 3

1.1 die boei om jou arm

1.2 lyk in lykshuis

2.1 afgesaagde (sien vraag 3)

2.2 skyn

3.1 geykte

3.2 deurtrapte

3.3 holruggeryde

3.4 stereotiepe

4.1 omslae

5.1 dolverlief / smoorverlief

5.2 splinternuwe

6.1 uitgesproke

6.2 romantiese

  • tradisionele
  • smaak i.p.v. proe
  • feminis

AKTIWITEIT 4

1.1 ’n Mynveld van potensiële skryftemas word deur misverstande geskep.

1.2 Sy sal deur die spreekwoordelike ridder na die Mei-dans gevra word.

1.3 Die video is deur my en ’n vriend uitgeneem.

1.4 Die fliek is (deur hulle) met ’n video-kamera geskiet.

2.1 Die fliek is so voorspelbaar; dus word dit later lagwekkend.

2.2 Hy beland in die tronk, aangesien een van sy vriende hom verraai het.

2.3 Een van sy vriende het hom verraai; gevolglik beland hy in die tronk.

2.4 ’n Mens is versigtig vir liefdesverhale omdat hulle meestal erg soetsappig is.

3.1 Nee, ons sal nooit nuwe liefdesverhale kry nie.

3.2 Nee, ek het nog nooit hierdie jeugboek gelees nie.

3.3 Nee, ek kan niks goeds oor die fliek sê nie.

3.4 Nee, Snoop Dogg het nêrens sukses behaal nie.

3.5 Nee, Killa Pop was nog nooit ’n dwelmhandelaar nie.

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks