Aktiwiteit 1:
Om ’n persbrief te kan skryf
Sonde met die hond moet einde kry – hof
Antoinette Pienaar
’n Inwoner van ’n deeltitelkompleks in Moreletapark is met ’n hofbevel in die Pretoriase hooggeregshof gelas om ontslae te raak van haar aggressiewe hond wat heeltyd blaf en mors.
Me. Tanya Grobler se bure kla al sedert Julie 1999 dat die kompleks se tuindienste nie by haar “donkerkleurige baster wolfhondreun” kan verbykom om hul gras te sny nie.
Die “uiters aggressiewe” hond blaf glo aanhoudend sonder rede en los merke waar hy teen mure opspring.
Sy ontlasting word glo ook nie opgetel nie. Dit het luidens hofstukke ’n stank gelaat en brommers gelok wat ’n gesondheidsgevaar skep.
“As gevolg van die hond se aggressie, weier die tuindienste om Grobler en haar aangrensende bure se tuine te versorg. Sy het ook nie in terme van die kompleks se gedragsreëls aansoek gedoen om ’n hond aan te hou nie,” lui die hofstukke.
Die inwoners het haar reeds in Januarie verlede jaar gevra om van die hond ontslae te raak. Sy het nie op die versoek, óf ’n prokureursbrief, gereageer nie. Ingevolge die hofbevel moet sy binne 48 uur nadat die bevel op haar beteken is vir die hond ’n ander heenkome kry, anders word die balju gemagtig om die hond aan die Dierebeskermingsvereniging te oorhandig.
Uit: Beeld, Januarie 2002
Die RedakteurDie BurgerPosbus 234Kaapstad 8000
(laat een reël oop)
Geagte Heer
(laat een reël oop)
Sonde met die diere
(Laat een reël oop)
PARAGRAAF
PARAGRAAF
PARAGRAAF
Die uwe Moeggesukkel
(laat een reël oop)
M. PretoriusBergsigstraat 13Pretoria2000datum
| LU 4.2 | ||||
Aktiwiteit 2:
Om bepaalde taalaspekte te bemeester en toe te pas
1. Die hond los merke waar hy teen die mure spring.
2. Sy het nooit sy ontlasting opgetel nie.
3. Dit het ’n stank gelaat.
1. hooggeregshof
2. balju
3. uur
4. bevel
1. moet
2. weier
3. mure
1. die hofstukke lui.
2. die hof las jou om iets te dien.
1. Daar bestaan ’n gesondheidsgevaar. Die hond se ontlasting word nie opgetel nie. (want)
2. Sy doen niks omtrent die hond nie. Die bure het al baie gekla. (alhoewel)
| LU 6.1 | ||||
Aktiwiteit 3:
Om te toets of bepaalde taalvaardighede bemeester is deur foute te identifiseer en te korrigeer
In die volgende sinne wat oor Die Groot Vyf handel, word daar telkens aangedui hoeveel foute daar is.
1. Omdat leeus in oop gebiede hou word hulle maklik deur jagters en vee wagters geskiet. (2)
2. Eers nadat ’n prooidier plat getrek is maak die mannetjie sy verskyning om vir die maal aantesit. (3)
3. Van die witrenoster van Afrika lewe daar slegs nog ’n handjievol in Oos Afrika. (1)
4. Die kameelperd word in droeë streke met verspryde bome suid van die Sahara aangetref. (2)
5. Die enigste ander lit van die giraffamilie is die okapis. (2)
6. Die jagters wie die olifant skiet is agter sy ivoor tande aan.
……………………………………………………………………………………………………
Uit: Huisgenoot, 28 Junie 2001
| LU 6.1 | ||||
Aktiwiteit 4:
Om:
Die kat-kisante
Soos ’n skadu volg hulle hul base, gehoorsaam hul bevele en spring selfs deur ’n ring om besoekers te vermaak. Pure kat sal hulle wel in hulle base se skote gaan lê en spin, teen die goue beelde skuur of hulle op die Persiese matte opkrul, maar die res van die tyd gedra die katte van die Boeddhistiese tempels in die Verre Ooste hulle kompleet soos honde.
Hulle loop oral agter die monnike aan, wag geduldig terwyl hulle bad, volg hulle na die etenstafel en drentel agterna wanneer hulle mediteer en bid. En as die baas sê sekere heiligdomme is verbode, luister hulle so getrou soos ’n hond.
In Birma, Laos en Thailand lei gewone huiskatte, gemeet aan Westerse standaarde, ’n hondelewe. Hul gemiddelde lewensverwagting is maar twee jaar, teenoor die vyftien of twintig jaar wat ’n Westerse kat lag-lag kan haal.
Omdat Boeddhiste alle lewende wesens respekteer, moet die monnike alle lewe beskerm. Kat se kind was slim genoeg om hom in die tempels tuis te maak. Die Boeddhiste glo immers ’n kat het Boeddha se heilige geskrifte gered toe die dier ’n muis verjaag het wat reg was om daaraan te knibbel.
By die Phe Chaung-tempel in Birma doen die tempelkatte selfs meer as om muise te vang. Die monnike het hulle geleer om deur ringe te spring en toeriste van so ver as Frankryk, Duitsland, Italië en Japan kom kyk na dié vreemde katgedrag.
Uit: Huisgenoot, 3 Mei 2001
| LU 5.1 | LU 5.2 | LU 5.3 | ||||||||||||||
Aktiwiteit 5:
Om die ontkennende vorm korrek te kan gebruik
Kom ons gebruik die leesstuk oor die kat-kisante en kyk hoe goed julle vaar.
1. Hulle loop oral agter die monnike aan.
2. Boeddhiste respekteer alle lewende wesens.
3. Almal kom kyk na hierdie vreemde katgedrag.
4. Hulle luister altyd so getrou soos ’n hond.
5. Was jy al ooit in ’n Boeddhistiese tempel?
1. Skadu
2. Monnik
3. Geskrif
1. Frankryk
2. Duitsland
3. Italië
4. Japan
| LU 6.2 | ||||
2. Duitsland
3. Italië
4. Japan
Aktiwiteit 6:
Om ’n bepaalde tekssoort vir inligting deur te lees, die geldigheid van argumente te beoordeel en dan gevolgtrekkings te maak
SUURPOOTJIE SE HABITAT BEDREIG
Martina Smit
Hulle skuifel op die punte van hul tone – dis dié dat die ou mense hulle seerpootjies gedoop het. Wat later suurpootjies geword het, oor hulle so skaam is en in die vaal bossies van die Suurveld voorkom.
Maar minder as 3% van hierdie dwergskilpaaie se habitat in die laagland van die Kaapse plantkoninkryk bestaan nog. Die suurpootjies is een van ses vlagskipspesies wat toon hoe gesond die ekologie van die wêreld se kleinste plantkoninkryk is, sê dr. Ernst Baard van wetenskaplike dienste van Wes-Kaapse Natuurbewaring.
Luidens ’n verslag wat in Julie deur die Green Trust en die Endangered Wildlife-trust bekend gestel is, is biodiversiteit in die Wes-Kaap en Suid-Afrika op ’n afdraande pad.
Suurpootjies is die enigste Suid-Afrikaanse skilpaaie wat volgens die internasionale Rooidataboek bedreig word. Die grootste rede vir die afname in hul habitat is boere wat die renosterveld omploeg vir die plant van koring en wingerde. Tog het groter bewustheid daartoe gelei dat die suurpootjies se getalle oor die afgelope twee dekades gestabiliseer het.
Nog ’n bedreiging is uitheemse plantegroei soos port jacksons, hakea en rooikrans, wat die suurpootjies se habitat stadig laat agteruitgaan.
Suurpootjies kom nog in 48 geïsoleeerde habitatstreke in die gebied tussen Piketberg en die Helderbergkom, en Worcester en Tulbagh voor, asook in die Ceresvallei. Hierdie streke is meestal in private besit van veral boere. Die skilpaaie met hul kenmerkende stervormige patrone word selde groter as 10 cm
Hulle kan tot 30 jaar oud word, en lê gewoonlik twee tot vier eiers elke lente nadat hulle seksuele rypheid op agt jaar bereik het. Aangesien hul ondoeltreffende verteringstelsel saad net so weer uitwerp, is hulle belangrike saadverspreiders.
Die lot van die suurpootjies is nou in die hande van die Kaapse Aksie vir Mense en die Omgewing(Cape). Die strategie en aksieplan om die Kaapse plantkoninkryk te bewaar, is in 2000 aanvaar en sal oor die volgende twintig jaar toegepas word. Volgens Baard doen Cape tans aansoek by die Wêreldbank om finansiering van R812 miljoen.
Onder die projekte wat reeds begin is, is die Cape-Laaglandeprojek, wat biodiversiteit in die laaglande identifiseer en bewaar, en die Agulhas-biodiversiteitsinisiatief in die Overberg. Maatreëls soos belastingvrystelling word geformuleer om boere aan te spoor om natuurlike grond te bewaar.
Verder is ’n eenheid vir bewaringsbeplanning van Kaapse Natuurbewaring gestig, wat inligting oor sensitiewe gebiede en bedreigde spesies aan ontwikkelaars, grondeienaars en beplanners verskaf. Dié Stellenbosse eenheid het verlede week sowat R330 000 van die internasionale bewaringsorganisasie Critical Ecosystem Partnership Fund ontvang vir die volgende twee jaar, sê Baard.
“Ons is nie teen ontwikkeling nie, maar dit moet op die regte plekke en vir die regte mens beplan en gedoen word.
Uit: BuiteBurger, 24 September 2002
1. Wat is hierdie skilpaaie vroeër genoem en hoekom is hulle so genoem? (3)
2. Wat word hulle vandag genoem en hoekom word hulle so genoem? (3)
3. Wat, dink jy, is die internasionale Rooidataboek? (3)
4. Wat het hierdie Rooidataboek van ons suurpootjie gesê? (3)
5. Wat is die grootste bedreiging vir die suurpootjie se habitat? (3)
6. Noem nog ’n verdere bedreiging. (3)
7. Hoekom word hulle as belangrike saadverspreiders gesien? (3)
8. Verduidelik hoe jy ’n suurpootjie sal kan uitken. (3)
8.1 Die suurpootjie se habitat in die laagland is nog onaangetas. (2)
8.2 Op tweejarige ouderdom begin die wyfie eiers lê. (2)
9.1 volgens .................................................. (1)
9.2 indringer plantegroei .................................................. (1)
| LU 3.1 | LU 3.4 | |||||||||
| LU 3 LEES EN KYK |
| Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 3.1 ‘n wye verskeidenheid tekssoorte lees, persoonlike reaksies vergelyk en gemotiveerde aanbevelings vir ander gee; |
| 3.4 begrip van ‘n wye verskeidenheid informatiewe tekste toon: hoofgedagtes identifiseer en opsommings maak, idees evalueer, die geldigheid van argumente beoordeel, verskillende standpunte bespreek, en tussen menings en feite onderskei; |
| 3.5 verskillende tekssoorte bespreek en verduidelik hoe die hoofkenmerke daarvan tot die funksie van die teks bydra; |
| 3.8 krities op tekste reageer. |
| LU 4 SKRYF |
| Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingsryke tekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 4.1 ‘n wye verskeidenheid verbeeldingsryke tekste skryf om die kreatiewe, kritiese en speelse gebruik van taal te verken deur die skryf van gedigte en briewe; |
| 4.2 ‘n verskeidenheid feitelike skriftelike en multimodale tekste vir verskeie doeleindes lewer deur waar gepas, visuele beelde en ontwerpe in die volgende te gebruik: boodskappe, verslae oor aktuele sake, advertensies, plakkate, boek- en filmresensies, ooggetuieverslae, koerantberigte, cv’s, persbriewe, aansoekbriewe, dekbriewe, agenda en notule van vergaderings; |
| 4.4 die skryfproses onafhanklik en met gemak gebruik om tekste te skep. |
| LU 5 DINK EN REDENEER |
| Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 5.1 taal vir dink en redeneer gebruik: |
|
| Dit word bewys as die leerder: |
| 5.1 taal vir dink en redeneer gebruik: |
|
| 5.2 taal gebruik om te ondersoek: |
|
| 5.3 inligting verwerk. |
| LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik |
| Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 6.1 met woorde werk: |
|
| 6.2 met sinne werk: |
|
AKTIWITEIT 2
Lydende vorm:
1. Merke word deur die hond gelos waar hy teen die mure spring.
2. Sy ontlasting is nooit deur haar opgetel nie.
3. ‘n Stank is daar gelaat.
Meervoud:
1. howe
2. balju’s
3. ure
4. bevele
Homfone:
1. My moed begewe my.
2. Maak die deur wyer oop.
3. Die miere val die suiker aan.
Homonieme:
1. Die klok lui.
2. Maak die las heel.
Voegwoorde:
AKTIWITEIT 3
Die groot vyf
1. hou, word (komma tussen gesegdes)veewagters (samestellings een woord)
2. platgetrekis, maak (komma tussen twee gesegdes)aan te sit
3. Oos-Afrika (Verbindings met ‘n windrigting)
4. droëverspreide
5. lid (lit is by ‘n boom)okapi’s (sien reël in mod. 1)
6. watskiet, isivoortande
AKTIWITEIT 4
Die kat-kisante
Navorsingsopdrag
AKTIWITEIT 5
1. Nee, hulle loop nêrens agter die monnike aan nie.
2. Nee, geen lewende wesens word deur Boeddhiste respekteer nie.
3. Nee, niemand kom kyk na hierdie vreemde katgedrag nie.
4. Nee, hulle luister nooit so getrou soos ‘n hond nie.
5. Nee, ek was nog nooit in ‘n Boeddhistiese tempel nie.
Meervoude:
1. skadu’s
2. monnike
3. geskrifte
Inwoners:
1. Fransman
2. Duitser
3. Italianer
4. Japannees
Tale:
1. Frans
2. Duits
3. Italiaans
4. Japannees
AKTIWITEIT 6
Suurpootjie se habitat bedreig
1. seerpootjies, omdat hulle op die punte van hulle tone skuifel
2. suurpootjies, omdat hulle so skaam is en in die suurveld woon.
3. Al die bedreigde spesies word daarin aangeteken.
4. Hulle is die enigste Suid-Afrikaanse skilpad wat bedreig word.
5. boere wat die veld omploeg vir boerdery
6. uitheemse plantegroei, soos port jacksons
7. As gevolg van ‘n swak spysverteringstelsel werp hulle die sade net so weer uit.
8.1 Onwaar: “maar minder as 3% van die dwergskilpaaie se habitat… bestaan nog”.
8.2 Onwaar: “seksuele rypheid op agt jaar bereik het”.
9.1 luidens
9.2 uitheemse plantegroei