Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax_CNX

You are here: Home » Content » Afrikaans Huistaal Graad 9 » Idees evalueer en gevolgtrekkings maak

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseLang display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Idees evalueer en gevolgtrekkings maak

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 9

Module 11

idees evalueer, en gevolgtrekkings maak

AKTIWITEIT 1:

Om begrip van ’n wye verskeidenheid informatiewe tekste te kan toon, deur bv.

  • idees te evalueer, en
  • gevolgtrekkings te maak

Om aan groepbesprekings deel te neem en belangrike kwessies rondom die omgewing te bespreek

  • Ek wonder hoeveel van julle al ’n walvis van naderby beskou het? Dit sal sekerlik in almal se smaak val, nè!
  • Lees die bygaande berig en beantwoord die vrae wat volg.

ROEP EIEN DALK WALVISSE

Jorisna Bonthuys

1. Walvisroepe sal eersdaags soos vingerafdrukke ingespan kan word om dié soogdiere te help uitken, hoop ’n navorser wat tans hul “stemme” bestudeer.

2. Dié eerste plaaslike studie van die roepe van die suidelike noorkapperwal­visse kan mense se begrip van dié reuse ingrypend verander, glo me. Leonie Hofmeyr-Juritz, ’n doktorale student aan die Universiteit van Pretoria se instituut vir soogdiernavorsing.

3. Sy het die afgelope drie jaar die roepe, trompetklanke, koeiagtige geloei en snorkery van honderde walvisse by Gansbaai en Hermanus opgeneem.

4. Dit blyk die meeste walvisspesies het hul eie repertoire van roepe. Binne die spesie is daar ’n moontlikheid van individuele verskille. Dit is egter nog nie bewys in die geval van suidelike noorkappers nie en word ondersoek.

5. Sommige walvisspesies (soos die swaard- en die boggelrugwalvis) het ’n lingua franca met streekverskille.

6. Hofmeyr-Juritz het reeds 13 verskillende klankgroepe, waaronder stygende en dalende roepe, geïdentifiseer.

7. Walvisse het ’n fyn gehoor en steun op hul vermoë om met klank te kom­munikeer. Noorkappers beweeg meestal op hul eie of tydelik in klein groe­pies (koei-kalfgroepe). Die klanke help hulle om ander noorkappers te vind en oor lang afstande met hulle te kommunikeer.

8. Walvisklanke, waarvan sommige van só ’n lae frekwensie is dat die mens­like oor dit nie kan hoor nie, kan tientalle kilometers ver onder water gehoor word. Dit afstand wat die roepe gehoor kan word, word deur die waterdiep­te- en temperatuur, asook ander omringende geluide bepaal.

9. Walvisagtiges (Cetaceans) het die grootste klankreeks van enige soogdier­groep.

10. Die swaardwalvis, boggelrug-, vin- en die blouwalvis kommunikeer egter almal hoofsaaklik op verskillende frekwensies.

11. Hofmeyr-Juritz waarsku teen ’n toename in klankbesoedeling van die Suid-Afrikaanse kus.

12. Verhoogde skeeps- en vlootbedrywighede, lugverkeer, mynbou en onder­water-navorsing dra by tot klankbesoedeling wat die gedrags- en moontlik selfs die verspreidingspatroon van walvisse kan beïnvloed. In sommige gevalle het walvisse in ander wêrelddele weens navorsing met eksperimen­tele aktiewe sonarstelsels selfs gestrand en gevrek, vermoedelik weens erge skade aan hul gehoorstelsel.

13. Buiten fisieke skade aan sommige spesies kan klankbesoedeling noorkap­pers toenemend van ander walvisse isoleer omdat hulle weens buitensporig hoë klankvlakke hul vermoë om na nader se roepe te luister, inboet.

Uit: Die Burger, 2001

1. Wat is die ooreenkoms tussen vingerafdrukke en walvisroepe?

(3)

2. Hoe word ’n walvis se geluide beskryf? Skryf slegs vier woorde neer.

(2)

3. Vind ’n woord in paragraaf 4 wat dieselfde beteken as “lys”.

(1)

4. Waarom kan ’n mens nie al die walvisklanke hoor nie?

(3)

5. Neem drie faktore wat bepaal van hoe ver af walvisse mekaar kan hoor. Jy kan net woorde / frases neerskryf.

(3)

6. Daar word navorsing gedoen met sonarstelsels en dit laat walvisse soms strand en vrek. Waaraan word dit toegeskryf?

(3)

7. Klankbesoedeling beïnvloed die walvisse op verskillende maniere. Noemenige twee dinge wat klankbesoedeling veroorsaak. ’n Volsin is nie nodig nie.

(2)

8. Vind ’n woord in paragraaf 1 wat dieselfde beteken as “binnekort”.

(1)

9. Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR. Gebruik ’n aanhaling om jou antwoord te bewys.

9.1 Leonie Hofmeyr-Juritz het reeds ’n doktorsgraad.

(2)

9.2 Walvisse kan nie baie goed hoor nie.

(2)

9.3 Walvisse beweeg omtrent altyd in klein groepies.

(2)

9.4 Daar is al heelwat studie gedoen van die roepe van die noorkapper.

(2)

9.5 Walvisse verskil van ander soogdiergroepe?

(3)

  • Lees nou die volgende berig en beantwoord dan die veelkeusevrae deur slegs die korrekte antwoord te onderstreep / omkring.

GROOT GESPOOK OM WALVISSE TE RED

1. St. Helenabaai –In ’n seldsame en onverklaarbare voorval het vier Arnoux’s snoetwalvisse – ’n skaars diepsee-spesie wat gewoonlik in die somer rondom Antarktika hou – gister hier aan die Weskus gestrand.

2. Hulle het voor dagbreek op die klippe in die hawe beland en is te midde van ’n groeiende skare op die kaai in ’n ure lange reddingspoging deur polisie­duikers die see ingehelp.

3. Hoewel hul uiteindelike vertrek met ’n groot gejuig en krete van “Free Willy” begroet is, meen die kenner dr. Peter Best hul kanse op oorlewing is skraal.

4. Beamptes van Seevisserye het gesê die stranding het reeds om middernag ge­beur. Mnr. Louis Groenewald, marienebewaringsinspekteur, het om 3.30 vm. op hulle afgekom.

5. “Hulle het in die donker op die droë klippe gelê. Al vier het kwaai snye van die gespartel opgedoen en een het sy tand uitgestamp. Hulle het geblaas en een het verskriklik geskree – nes ’n baba.”

6. Polisieduikers is ontbied, maar die reuse – elk sowat 8 m lank – kon eers teen 8.30 vm. in die hoogwater die see ingehelp word.

7. Duikers het tot drie ure lank saam met die walvisse, wat rigtingloos gedryf en telkens weer na die hawe gebeur het, geswem om hulle een vir een na die oop see te stuur.

8. Donkerrooi bloedkolle het van tyd tot tyd op die water verskyn.

Sers. Piet Geldenhuys van die Polisie se seegrens-eenheid op Saldanha, wat die operasie gelei het, het gesê vissersbote wat die diere telkens die skrik op die lyf gejaag het, het sake bemoeilik.

9. Best, navorser aan die Suid-Afrikaanse Museum, het die diere se gedrag op die toneel as baie ongewoon beskryf. Volgens hom is baie min bekend oor die Arnoux’s snoetwalvis (Berardius arnouxi) – ’n seekatvreter met ’n bottel­vormige snoet en twee pare stewige voortande.

10. “Hulle word baie selde hier gesien. Hulle hou in die diepsee. Die stranding is ’n skaars en atipiese voorval – dit is slegs die vierde keer dat dit aan die Suid-Afrikaanse kus gebeur.”

11. Volgens hom sal hy verbaas wees as hulle ooit die diepsee haal. Dié bloeien­de soogdiere kan ook deur haaie aangeval word.

Uit: Die Burger, 2001

11. As dit ’n seldsame voorval is, beteken dit dat dit

A dikwels voorkom;B ’n rare voorval is;C ’n interessante verskynsel is;D ’n alledaagse verskynsel is. (1)

12. Iets wat onverklaarbaar is, kan nie

A voorkom word nie;B verhelp word nie;C verduidelik word nie;D geïllustreer word nie. (1)

13. As die walvisse se kans op oorlewing skraal is, beteken dit dat

A die walvisse beslis sal oorleef;B die walvisse se kanse om te oorleef buitengewoon goed is;C die walvisse se kanse om te oorleef redelik goed is;D die walvisse se kanse om te oorleef glad nie goed is nie. (1)

14. Die stranding van die walvisse by St. Helenabaai is veral vreemd omdat

A hulle eintlik net kom waar daar seekatte is;B hulle gewoonlik in die diepsee voorkom;C hulle nie kom waar daar haaie is nie;D die Weskus vol klippe is wat hulle kan sny. (1)

15. Die titel beteken dat

A daar spoke by St. Helenabaai is;B die walvisse baie gespartel het;C die mense baie hard gewerk het om hulle te help;D die area rondom St. Helenabaai vol vreemde verskynsels is. (1)

16. Die kreet “Free Willy”, verwys na

A ’n bekende boek;B ’n bekende rolprent;C ’n bekende akteur;D ’n bekende sportman. (1)

17. Die snoetwalvisse het snye aan hulle lywe as gevolg van

A gevegte met mekaar;B visserbote se enjinskroewe;C die gesukkel op die droë klippe;D die reddingspoging. (1)

18. ’n Snoetwalvis se stapelvoedsel is

A plankton;B seekatte;C vis;D bamboes. (1)

19. Die grootste gevaar wat die walvisse in die see sal hê, is

A haaie wat die bloed sal volg;B skok a.g.v. die reddingspoging;C versteuring van hulle gehoor;D rigtingloosheid. (1)

20. ’n Ander woord vir “kaai” in paragraaf 2 is

A vissersboot;B hawemuur;C strand;D rotse. (1)

21. As jy iemand die skrik op die lyf jaag, dan

A jaag jy hom weg;B maak jy hom bang;C jaag jy hom rond;D bekyk jy sy lyf. (1)

22. Watter een kan nie as ander woord vir “atipiese” in paragraaf 10 beskou word nie?

A SnaakseB RareC SeldsameD Algemene (1)

23. Gee ’n ande gepaste opskrif vir die artikel.

(1)

Table 1
               
        LU 3.4      
               

AKTIWITEIT 2:

Om die volgende te kan gebruik:

  • spelreëls
  • skryftekens
  • ’n woordeboek
Table 2
         
  LU 6.1      
         
  • Interessante tipe vermaak is rotsklim. Lees die onderstaande leesstuk en voer die opdragte uit wat daarop volg.

Kom klouter na hartelus

Is dit jou idee om jou liggaam en (1.  uithouvermoë, uithouvermoeë) tot die uiterste te beproef?

En terwyl jy jou volgende beweging beplan, moet jy in gedagte hou dat enige (2.  oordeelsfout; oordeels fout) van jou kant af kan veroorsaak dat jy pens en (3.  .........................) op die vloer, 10 meter onder jou, beland.

Moenie bekommerd wees nie! Gelukkig is jy aan ’n veiligheidstou vasge­bind. Welkom by CityROCK – ’n (4.  wêreld; werêld; wéreld) vol opwin­ding en uitda­gings. Dit is hier waar adrenalienverslaafdes en amateur-berg­klimmers hul adrenalienspiere kan kielie in (5.  Suidafrika; Suid-Afrika; Suid Afrika) se grootste 21ste-eeuse (6.  wat binne is) rotsklimgimnasium.

CityROCK in Kaapstad spog met ’n klimoppervlakte van 400 m2. Vra (7.  Ma en Pa; ma en pa) om jou (8.  onmidellik; onmiddelik; onmiddellik) soontoe te neem! Hier kry jy verskillende klimroetes wat met verskillende (9.  klere; kleure) gemerk is vir beginners en ander ervare klimmers.

Ervare (10.  help; hulp) is te alle tye byderhand om krisisse te voorkom en die veiligheid van die klimmers te verseker. Maar wees verseker daar is ge­noeg aksie om die adrenalien te laat borrel. Nog ’n bonus is die feit dat die Kaapse weer nie kan inmeng in klimmers se naweekplanne nie!

Aangepas uit: Klein Burger, 5 Mei 2003

1. Kies die korrekte spelling.

2. Kies die korrekte spelling.

3. Voltooi die uitdrukking.

4. Watter een is korrek?

5. Hoe word ons land gespel?

6. Verskaf een woord.

7. Met of sonder die hoofletters?

8. Kies die korrekte spelling.

9. Watter een is dit?

  1. Watter een is dit?
Table 3
         
  LU 6.1      
         

Assessering

Table 4
LU 3 LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer
Dit word bewys as die leerder:
3.1 ‘n wye verskeidenheid tekssoorte lees, persoonlike reaksies vergelyk en gemotiveerde aanbevelings vir ander gee;
3.4 begrip van ‘n wye verskeidenheid informatiewe tekste toon: hoofgedagtes identifiseer en opsommings maak, idees evalueer, die geldigheid van argumente beoordeel, verskillende standpunte bespreek, en tussen menings en feite onderskei;
3.5 verskillende tekssoorte bespreek en verduidelik hoe die hoofkenmerke daarvan tot die funksie van die teks bydra;
3.8 krities op tekste reageer.
Table 5
LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer
Dit word bewys as die leerder:
6.1 met woorde werk:
  • spelreëls en –strategieë, eie spellys vir moeilike woorde, gebruik van hoofletters en skryftekens, die woordeboek en tesourus gebruik, afleiding, samestelling en alledaagse voor- en agtervoegsels gebruik om woordeskat uit te brei, woordfamilies en woorde oor dieselfde onderwerp gebruik om woordeskat uit te brei, die leen van woorde deur tale en die ontstaan van nuutskeppings verstaan, sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme verstaan en gebruik, alledaagse afkortings en anonieme gebruik.;
6.2 met sinne werk:
  • voornaamwoorde, hoofwerkwoorde, medewerkwoorde en deelwoorde, adjektiewe, bywoorde, voegwoorde, determineerders, telwoorde, tussenwerpsels, voorsetsels, grammatikale verskil tussen die funksie van sinsoorte, gebruik van sinsdele soos onderwerp, gesegde, direkte en indirekte voorwerp, bywoordelike en byvoeglike bepalings, hoofsinne en bysinne, tydsvorme, woordorde, aktiewe en passiewe vorm, verandering van sinne van direkte na indirekte rede en andersom, ontkennende vorm, punktuasie.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

1.1 uithouvermoë

1.2 oordeelsfout

1.3 pootjies

1.4 wêreld

1.5 Suid-Afrika

1.6 binnenshuise

1.7 Ma en Pa

1.8 onmiddellik

1.9 kleure

1.10 hulp

  • [Maak seker dat die leerder ook die ander nie-korrekte moontlikhede ken.]

AKTIWITEIT 2

1.1 verhoë

1.2 markte

1.3 rûe

1.4 loopbane

2.1 doodskaam

2.2 smoorkwaard

3.1 losbandiglosse sedes

3.2 agteraf iemand te na kom

3.3 die laaste verkeerde ding wat jou laat optree teen iets/iemand

3.4 ’n passiebaie lief daarvoor

4.1 verjaag

4.2 dink / glo

4.3 verskriklike / aaklige / ongelukkige

4.4 bakleiery / onderonsie / rusie

5.1 suggestie

5.2 trauma

5.3 aggressie

6.1 Suggestiewe bewegings word (deur haar) gemaak.

6.2 Haar ma is deur haar pa aangerand.

6.3 Sy is deur twee vriende in die rug gesteek.

6.4 ’n Voorliefde vir drank is (deur haar) ontwikkel.

7.1 Haar bestuur het ’n terterige beeld aan haar opgedwing.

7.2 Hulle / Fotograwe neem haar af met bottels bier in die hand.

8.1 Christina sê dat sy nog baie kwaad is oor dinge wat gebeur het en dat sy baie aggressief oor sekere dinge kan raak.

8.2 . . . sê dat Christina niks van haar beeld hou nie. Die beeld is aan haar opgedwing.

9.1 Die vriende sê: “Christina is eintlik baie skaam. Sy het seergekry toe sy jonger was.”

10.1 Nee, sy het nie meer ’n senu-ineenstorting nie.

10.2 Nee, sy is nog nooit met drank in die hand afgeneem nie.

11.1 kleure van die reënboog

11.2 Die miere hou van suiker.

12.1 Die beeld is ’n kunswerk.

12.2 Reken die totaal uit!

12.3 Jy gaan uitval. Hou vas!

12.4 Die reël geld vir almal.

12.5 Die strooi(tjie) is geknak.Jy praat strooi, man.

13.1 Alhoewel sy ’n rowwe beeld het, is sy eintlik baie skaam en sensitief. Sy het ’n rowwe beeld, alhoewel sy eintlik baie skaam en sensitief is.

13.2 Sy het traumatiese kinderjare gehad; dus het sy ’n aggressiewe persoonlikheid.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks