1. Groepbespreking:
Gesels oor die nasionale vraagstuk, VIGS, die verspreiding daarvan, hoe groot die probleem eintlik is en watter bydrae elkeen van ons kan lewer. Bring vooraf inligting saam. Wie ken iemand wat HIV-positief is?
Lees die volgende artikel en beantwoord dan die vrae wat volg:
| Sterre verenig teen vigs-euwel | ||
| Ek wil nou nie te swaarmoedig raak hier op ‘n Maandag nie, maar my aanvanklike gedagtes sluit aan by ‘n groot musiekpaartie later vandeesmaand, een wat julle maar gerus kan gaan ondersteun omdat dit nie alleen met internasionale musieksterre spog nie, maar ook ‘n goeie saak ondersteun.Die (swaarmoedige) onderwerp is MIV/vigs. Nou ja, dié van julle wat sug en dink boring, dit gebeur net met ander mense, laat ek julle verseker dat hierdie epidemie elkeen van ons raak – enkellopendes, dié wat gekys is, getroudes, gay mense en straight mense. | Dit raak mense wat so kuis soos ‘n afgetrede monnik is, dié wat in ‘n ernstige verhouding met een persoon is en daardie rakkers wat lukraak lêplek vind.Die groot probleem is dat mense onkundig daaroor is, dat mense nie weet wat die moets en moenies is nie. Dis hierdie onkunde wat veroorsaak dat mense óf glad nie belang stel om oor MIV/vigs te praat nie, óf eenvoudig blindelings voortgaan met ‘n hoërisiko-lewenstyl.Daar is bv. nog mense wat glo dat die MI-virus deur toiletsitplekke, saunas, storte of in swembaddens oorgedra kan word. | Óf dat ‘n mens die virus kan opdoen deur kontak te hê of te raak aan mense wat MIV-positief is.Die boodskap om mee af te sluit, is dat mense die oogklappe moet bêre. Dis ‘n universele probleem wat ons almal se aandag verg. Vind uit omtrent die onderwerp; dis belangrik dat jy weet.Aangepas uit: Jip, Die Burger, 11 November 2002 |
1. Verskaf ‘n sinoniem vir die volgende woorde:
1.1 swaarmoedig
1.2 lukraak
1.3 universele
1.4 kuis
1.5 rakkers
2. Maak ‘n kort verduidelikende sin met die volgende homofone:
2.1 styl
steil
2.2 sluit
slyt
3. Maak ‘n kort verduidelikende sin met die homoniem van die vetgedrukte woord:
3.1 Ek raak swaarmoedig.
4. Verskaf die meervoudsvorm van:
4.1 monnik
4.2 sauna
5. Verskaf die lydende vorm van:
5.1 Die epidemie raak elkeen van ons.
5.2 Mense moet die oogklappe bêre.
5.3 Ons gaan die partytjie ondersteun.
6. Verskaf die bedrywende vorm van die volgende sin:
6.1 Vigs word nie deur toiletsitplekke oorgedra nie.
7. Verskaf die indirekte rede van die volgende sin:
7.1 Die skrywer sê: “Dis ‘n universele probleem wat ons almal se aandag verg.”
8. Verbind die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies:
8.1 Hy wil nie swaarmoedig raak nie. Hy moet die probleem onder ons aandag bring. (nietemin)
8.2 Dis ‘n universele probleem. Dit verg ons almal se aandag. (dus)
8.3 Dit is ‘n groot probleem. Ons doen niks daaraan nie. (nogtans)
Lees die volgende artikel en beantwoord dan die vrae wat volg:
Omgewingsentrum vir kinders van oral
Die Parmalat-omgewingsentrum wat vroeër vandeesmaand by Soetwater amptelik geopen is, bied ‘n puik geleentheid vir kinders, en veral dié van agtergeblewe gemeenskappe, om onderrig te ontvang in ‘n groot verskeidenheid aspekte van die omgewing.
Soetwater, die droom van Jan Labuschagne, ‘n voormalige onderwyser aan die Laerskool Kommetjie, het vir 80 kinders en vier onderwysers op ‘n slag plek. ‘n Groot verskeidenheid opvoedkundige aspekte word aangeroer, maar daar is drie fokusgebiede: pret en avontuur, natuur- en omgewingstudie en opvoeding- en gesondheidskwessies.
Wat die natuur- en omgewingstudie betref, het Soetwater baie om te bied. Daar is ‘n ryk biodiversiteit met maklike toegang tot ‘n hele aantal verskillende ekologiese stelsels.
Dié stelsels sluit bergfynbos, duin-madeliefies, seisoenale vleilande sowel as rotskus en sandstrande in.
Kinders en onderwysers word bewus gemaak van allerlei aspekte van Soetwater, soos die Khoi-khoi-visvanggate, skulphope, meer as 200 faunaspesies, 550 floraspesies, die teenwoordigheid van die endemiese swarttobie en die vuurtoring wat steeds in gebruik is.
Skole wat plek wil bespreek vir die driedaagse kamp of vir daguitstappies kan Jane Sanda by 021 783 2806 bel. Leierskampe vir leerlingrade en vakansie-avontuurkampe vir kinders is ook beskikbaar.
Aangepas uit: Die Burger, 19 November 2002
1. Skryf een volsin van nie meer nie as 20 woorde oor wat Soetwater bied.
2. Verduidelik in een volsin van nie meer nie as tien woorde na watter ekologiese stelsels verwys word.
3. Wat beteken dit as hy ‘n “voormalige” onderwyser is? Dit hoef nie ‘n volsin te wees nie, maar dit mag nie sewe woorde oorskry nie.
4. Wat is fauna en flora? Verduidelik in twee aparte sinne. Dit hoef nie volsinne te wees nie, maar saam mag dit nie meer as ag woorde wees nie.
1. Gebruik ‘n verklarende woordeboek om die betekenis van die volgende woorde uit te vind. Die woorde kom uit die artikel in Aktiwiteit 3.
1.1 biodiversiteit
Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord dan die vrae wat volg.
![]() |
(Hierdie illustrasie is geïnspireer deur ‘n spotprent van Fred Mouton wat in Die Burger verskyn het.)
1. Watter wetgewing het aanleiding gegee tot hierdie spotprent?
2. Wat sal met jou gebeur as jy hierdie wetgewing verontagsaam? Verskaf ‘n aanhaling uit die spotprent.
3. Na wie verwys die muis as hy van “Valli” praat?
4. Hoekom het die mense, volgens die spotprent, nie nodig om op die strande te ry nie?
5. Hoekom volgens die spotprent, het jy ‘n 4x4 nodig om gewone paaie te gebruik?
2. Wat dink jy is die hoofrede waarom hierdie wetgewing ingevoer is? Probeer aan meer as een rede dink.
| LU 2 PRAAT |
| Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 2.4 gevorderde interaksievaardighede toon deur aktief aan groepbesprekings, gesprekke, debatte en ondersoeke deel te neem: |
| LU 3 LEES EN KYK |
| Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 3.4 begrip toon van ’n wye verskeidenheid informatiewe tekste: |
| 3.7 evalueer tegnieke wat in visuele, geskrewe en multimedia-tekste gebruik word om ‘n spesifieke effek te bereik: |
| LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik |
| Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 6.1 met woorde werk: |
| 6.2 met sinne werk: |
| 6.3 werk met tekste: |
| LU 4 SKRYF |
| Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingsryke tekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 4.4 gebruik die skryfproses onafhanklik en met gemak om tekste te skep: |
AKTIWITEIT 1
AKTIWITEIT 2
AKTIWITEIT 3
AKTIWITEIT 4
AKTIWITEIT 5