Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 9
Ons gaan die bogenoemde uitkomstes n.a.v. die onderstaande artikel, Suikerbekkies verfraai tuin , doen.
| Suikerbekkies verfraai tuin |
| MORNÉ DU PLESSIS |
|
|
Uit: Die Burger, 26 November 2002
1. Gebruik ‘n verklarende woordeboek om die betekenis van die volgende woorde op te soek:
1.1 monnik
2. Verduidelik die volgende idiome en/of uitdrukkings:
Beantwoord nou die volgende vrae in volsinne, tensy anders vermeld:
1. Groepwerk:
Ons het ‘n groot probleem met afvalpapier. Die regering het bv. onlangs aangekondig dat ons nie meer met plastieksakke moet gaan inkopies doen nie. Dit is alles pogings om herwinning en besoedeling aan te spreek. Koos Kombuis sing nie verniet in sy weergawe van die destydse volkslied dat op ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee, na links en regs, waar jy ookal kyk, net rommel teen die heinings en bosse gewaai lê nie.
In die eerste module het ons gesien hoe ‘n matriekmeisie ‘n pragtige matriekafskeidrok van afvalpapier gemaak het.
Besin nou oor wat as afvalmateriaal beskou kan word, en hoe elke stukkie afval in iets bruikbaars of kreatief verander kan word.
Dink ook oor wat ons uit die natuur kan gebruik om iets “mensgemaak” te vervang.
Byvoorbeeld:
| LU 5 DINK EN REDENEER |
| Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 5.1 taal gebruik vir dink en redeneer: |
| 5.1.1 pas denk- en redenasievaardighede in verskeie kontekste oor die kurrikulum heen en in persoonlike omstandighede toe; |
| 5.1.2 herken en bespreek die skrywer se belangrikste standpunt en perspektief in verskillende tekssoorte; |
| 5.1.3 ontleed oorsaak en gevolg in meer diepte in lineêre tekste en tekste oor die kurrikulum heen (soos deur die onderliggende oorsake en nie die vanselfsprekende nie, te soek); |
| 5.1.4 ontwikkel en gebruik redenasies wat:- die logika duidelik aan die leser / luisteraar maak;- reaksies en teenkanting antisipeer; |
| 5.1.5 stel ‘n teenargument en verskaf alternatiewe; |
| 5.1.6 gebruik feitlike inligting en interpreteer statistiek met toenemende selfvertroue om argumente te staaf; |
| 5.1.7 gebruik eie ervaringe en kontrasteer dit met dié van ander om ‘n standpunt te verduidelik; |
| 5.1.8 gebruik vrae, afleiding en analise om kritiese denke te ontwikkel en probleemoplossing te bevorder; |
| 5.2 gebruik taal om te ondersoek: |
| 5.2.1 stel vrae oor nasionale en kruiskurrikulêre vraagstukke (soos MIV/vigs, verhoging in rentekoerse); |
| 5.2.2 herken wanneer ‘n spreker of bron dubbelsinnig is, bewyse verkeerd gebruik of ongeldige stellings maak en stel gepaste vrae om akkurater inligting te verkry; |
| 5.2.3 bevraagteken en oorweeg moontlikhede; |
| 5.2.4 ondersoek ‘n verskeidenheid benaderings om navorsing oor ‘n onderwerp te beplan, te organiseer en aan te bied (vir Tale en ander leerarea); |
| 5.2.5 oorweeg verskillende perspektiewe wanneer inligting gekies word; |
| 5.2.6 brei die aantal bronne en die metodes uit om relevante inligting te vind (soos die elektroniese en ander media, koerantargiewe, dokumentêre films, gespesialiseerde biblioteke); |
| 5.2.7 werk aan toenemend ingewikkelde projekte oor leerareas heen en lewer ‘n samehangende produk; |
| 5.4 dink kreatief: |
| 5.4.1 visualiseer, voorspel, fantaseer en empatiseer om betekenis te skep en probleme op te los; |
| 5.4.2 verbeel moontlikhede en alternatiewe om denke uit te brei (stel hipoteses en spekuleer); |
| 5.4.3 gebruik ‘n verskeidenheid maniere om idees te ondersoek en uit te brei (soos skryf, teken, dans, rolspel); |
| 5.4.4 dink na oor verskille en gebruik dit skeppend en positief (soos verskille in ervaring, kultuur, belangstelling en persoonlikheid); |
| 5.4.5 vergelyk hoe verskillende tale terme in verskillende leerareas uitdruk en skep skakels om met begrip en probleemoplossing te help. |
| LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik |
| Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 6.1 met woorde werk: |
| 6.1.1 gebruik spelreëls en ’n verskeidenheid spelstrategieë om onbekende woorde te spel en bespreek die strategieë wat gebruik word; |
| 6.1.2 skep eie spellys vir moeilike woorde, veral van woorde oor die kurrikulum heen, en bespreek probleemwoorde; |
| 6.1.3 gebruik hoofletters en skryftekens korrek en doeltreffend (kappie, koppelteken, deelteken, afkappingsteken en aksentteken); |
| 6.1.4 gebruik ’n woordeboek en tesourus met selfvertroue, doeltreffend en gereeld om spelling, woordafleiding en die herkoms van woorde te ondersoek; |
| 6.1.5 gebruik afleiding, samestelling en alledaagse voor- en agtervoegsels (ook meervoude-, verkleinings- en geslagsvorme) doeltreffend om woordeskat uit te brei; |
| 6.1.6 gebruik woordfamilies en woorde oor dieselfde onderwerp om woordeskat te ontwikkel; |
| 6.1.7 verstaan dat tale woorde by ander tale leen en hoe nuutskeppinge in ’n taal ontstaan en gebruik dit gepas; |
| 6.1.8 verstaan en gebruik sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme en een woord vir ’n omskrywing gepas binne konteks; |
| 6.1.9 gebruik alledaagse afkortings en akronieme gepas. |
| 6.2 met sinne werk: |
| 6.2.1 identifiseer en gebruik die volgende in konteks: |
|
|
|
|
|
|
|
| 6.2.2 verstaan die grammatikale verskil tussen en funksie van sinsoorte (stel-, vraag-, bevel- en uitroepsinne, asook instruksies) en gebruik dit korrek; |
| 6.2.3 identifiseer en gebruik sinsdele soos onderwerp, gesegde, direkte en indirekte voorwerp en byvoeglike bepalings; |
| 6.2.4 identifiseer en gebruik hoofsinne en bysinne (bywoordelik en byvoeglik) gepas; |
| 6.2.5 gebruik tydsvorme korrek en om fokus te wissel, soos die teenwoordige tyd kan ’n gevoel van onmiddellikheid skep; |
| 6.2.6 gebruik die korrekte woordorde in sinne en verstaan hoe woordorde betekenis kan beïnvloed; |
| 6.2.7 gebruik die aktiewe (bedrywende) vorm en passief (lydende) vorm en verstaan wanneer elkeen gepas is en hoe dit betekenis kan beïnvloed; |
| 6.2.8 verander sinne doeltreffend van die direkte na die indirekte rede, en andersom, met die korrekte gebruik van punktuasie, bywoorde en voornaamwoorde en wissel die gebruik van die twee vorme gepas; |
| 6.2.9 gebruik die ontkennende vorm korrek en op verskillende maniere; |
| 6.2.10 gebruik punktuasie doeltreffend (punt, komma, dubbelpunt, kommapunt, vraagteken, uitroepteken, aandagstreep, hakies, beletselteken, aanhalingstekens, skuinsstreep). |
| 6.3 werk met tekste: |
| 6.3.1 wissel die gebruik van kern- en ondergeskikte sinne (soos om die kernsin aan die einde te plaas) om samehangende paragrawe te ontwikkel; |
| 6.3.2 gebruik verbindingswoorde (soos nietemin, verder) om ‘n logiese denkpatroon in ‘n paragraaf te ontwikkel; |
| 6.3.3 verbind sinne in samehangende paragrawe deur voegwoorde, voornaamwoorde en woordherhaling (waar gepas) te gebruik; |
| 6.4 ontwikkel bewustheid en gebruik van styl: |
| 6.4.1 gebruik verskillende sinslengtes en sinsoorte; |
| 6.4.2 onderskei tussen formele en informele taalgebruik en verduidelik wanneer dit gepas is; |
| 6.4.3 verstaan en gebruik idiomatiese uitdrukkings en taalidioom gepas en kreatief. |
AKTIWITEIT 1
AKTIWITEIT 2