Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 9
AKTIWITEIT 1
Om verskillende taalvorme en sinstrukture te kan gebruik om te kommunikeer, en om bekende woorde korrek te kan spel.
| RAAR MAAR WAAR - UitHuisgenoot, 21 November 2002 | |
| ’n Kanadese man wat verkeerdelik onskuldig bevind is aan poging tot moord toe die voorman van die jurie gehoes het toe hy die bevinding lees, is weer verhoor. Die regter het gedink die voorman sê “onskuldig” en het vir Howard Burke gesê hy kan maar gaan. Maar Burke is dieselfde dag weer in hegtenis geneem nadat die jurielede vir hofbeamptes gesê het hulle het hom skuldig bevind. Die bevinding is vyf dae later verander en die 42-jarige Burke dien nou tronkstraf van twaalf jaar uit. [1]Gaan spoeg buite’n Chinese man wat op sy eerste vlug was, het die vliegtuig se deur probeer oopmaak omdat hy wou spoeg. Die kajuitbemanning het hom kort nadat die vliegtuig opgestyg het, betrap dat hy probeer om die nooddeur oop te maak. Hy het toe al die binneste deksel verwyder en ’n passasier moes hom keer om die deur oop te maak. Volgens berugte het hy gesê hy wil spoeg. Hy is in hegtenis geneem toe die vliegtuig in Shanghai land. [2] | ’n Huisbaas in Japan is in hegtenis geneem toe hy sy eie huis probeer afbrand het om ’n pensioentrekker uit te dryf. Die polisie is ontbied nadat inwoners gesien het Jasoeo Okoemoera gooi petrol om sy eiendom uit. Hy word daarvan aangekla dat hy die huis wou afbrand omdat die 66-jarige man aan wie hy dit verhuur het, agterstallig met die huur was. Die huurder skuld Okoemoera sowat R15 000. [3]Agt mense tussen die ouderdomme van 17 en 21 is in Iowa Amerika, in hegtenis geneem nadat hulle begin drink het by ’n klas vir mense wat gevonnis is weens dronkbestuur. Die polisie sê daar was ’n yslike “dronkpartytjie” by die motel waar die kursus gehou is. Die groep het in een kamer vergader en twee bottels wodka by hulle gehad. [4]’n Noorweegse man het teruggegaan na ’n winkel waar hy as kind lekkers gesteel het en die eienaar R180 gegee om sy gewete te sus. Die twintigjarige man sê hy het die lekkers in Hjalmar Hansen se winkel gesteel toe hy veertien was. Hy het met ’n koevert vol geld opgedaag en dit vir Hjalmar gegee – wat nooit eens van die diefstal geweet het nie. [5] |
| ’n Man van Connecticut het skeerroom gebruik om hom te vermom tydens ’n mislukte rooftog op ’n winkel. Toe drup die room van sy gesig. Mickey Lyman (44) het later skuld beken op aanklag van onder meer aanranding. Hy het die winkel gewapen en met die skeerroom aan sy gesig binnegekom. [6] | Sonder sleutels’n Gewapende Italiaanse rower is gevang toe hy na die misdaadtoneel teruggekeer het om sy motorsleutels te soek. Hy het met sowat R45 000 weggekom nadat hy ’n poskantoor in die noorde van Italië beroof het – maar toe sy motorsleutels in die kasregister vergeet. Hy is gevang toe hy teruggaan om dit te gaan haal. [7] |
1. Skryf die meervoudsvorme neer van:
1.1 man (leesstuk 1)
1.2 moord (leesstuk 1)
1.3 regter (leesstuk 1)
1.4 dag (leesstuk 1)
1.5 jaar (leesstuk 1)
1.6 aanklag (leesstuk 6)
1.7 gesig (leesstuk 6)
1.8 rower (leesstuk 6)
2. Gee die verkleinwoord van elk van die volgende:
2.1 vliegtuig (leesstuk 2)
2.2 nooddeur (leesstuk 2)
2.3 winkel (leesstuk 5)
2.4 geld (leesstuk 5)
2.5 motorsleutels (leesstuk 7)
3. Skryf die enkelvoud van:
3.1 hofbeamptes (leesstuk1)
3.2 jurielede (leesstuk 1)
3.3 lekkers (leesstuk 5)
4. Skryf die volgende in woorde:
4.1 42
4.2 21
4.3 44
4.4 66
4.5 R15 000
4.6 R180
4.7 R45 000
5. Van watter lande is die persone in leesstuk 1, 2, 5 en 7 onderskeidelik?
6. Wat noem ’n mens mense wat van Japan en Amerika kom?
7. Voorsien elke keer die volgende sinne van die gepaste voorsetsel. Jy kan van die leesstukke gebruik maak.
7.1 Die Kanadees is skuldig bevind ............ ’n aanklag van ’n poging ............ moord.
7.2 Hy is weke later .................. hegtenis geneem.
7.3 Hy dien tans sy tronkstraf ...................
7.4 ........................ berigte is die man glo onskuldig!
7.5 Hy het egter ............ vyf maande in die gevangenis skuld beken ............ al die aanklagte.
8. Skryf die eerste twee sinne van leesstuk 2 oor in die hede (asof dit nou gebeur).
9. Skryf elke keer die korrekte vorm van die woord tussen hakies. Skryf die sin oor.
9.1 Die bende het verskriklik baie (wapen) in hul besit gehad.
9.2 Die polisie het die misdadiger (wapen).
9.3 ’n (Wapen) rower het die bank binnegestorm.
9.4 Die seuntjie het ’n klein speelgoed (wapen) in die tuin gebêre.
9.5 Al die soldate is voor die geveg (wapen).
| LU 6.2 | ||||
10. Beantwoord die volgende leidrade. Al die woorde kom uit die leesstukke.
Leidrade:
AF:
1. Die uitspraak/beslissing van die regter, word die ........ genoem.
2. Die plek waar die misdaad plaasgevind het, staan as die ........ bekend.
3. Vul die ontbrekende woord in: Die man van Connecticut wou homself met skeerroom vermom vir die ........ wat hy beplan het.
4. Hoeveel mense is in Iowa weens drankmisbruik in hegtenis geneem?
5. Wat noem ons die gebou waar verskillende possake gedoen word?
6. ’n Groep mense/studente wat ’n kursus bywoon.
DWARS:
1. Hoe oud was die persoon van Noorweë toe hy lekkers gesteel het?
2. Herberg langs die groot pad waar motoriste kan oornag.
7. Dit word deur mense gebruik wanneer hulle skeer.
8. Die deur wat mense in die vliegtuig in tye van nood kan oopmaak, staan bekend as die ........ deur.
9. Sterk drank in Rusland gemaak van gars en aartappels.
10. Brandstof
11. Die mense sorg vir openbare veiligheid.
12. Iemand wat bevoeg is om regsuitsprake te lewer.
13. In hierdie plek het mense wat reeds vir dronkbestuur gevonnis is, begin drink.
14. Kamer aan boord van ’n skip of vliegtuig waar bemanning gewoonlik sit.
15. ’n Chinese man wat op sy eerste vlug was, wou die deur oopmaak, omdat hy wou ....
PREMORFEEM (VOORVOEGSEL, PREFIKS) – dit staan voor die stamDit is ’n morfeem sonder selfstandige betekenis.Dit word voor aan die stam geheg.Die premorfeem het slegs betekenis binne die konteks van die woord.
POSTMORFEEM (AGTERVOEGSEL, SUFFIKS)Dit is ’n morfeem sonder selfstandige betekenis.Dit word agter aan die stam geheg. Die postmorfeem het slegs betekenis binne die konteks van die woord.
Voorbeelde:manlik man (stam) + lik (postmorfeem)beman premorfeem (be-) + man (stam)mans man(stam) + s (postmorfeem)mannetjie man(stam) + (n)etjie (postmorfeem)huislik huis(stam) + lik (postmorfeem)verhuis ver(premorfeem) + huis(stam)verhuising ver(premorfeem) + huis(stam) + ing(postmorfeem)huisie huis(stam)+ ie (postmorfeem)huise huis(stam) + e (postmorfeem)
SAMESTELLING (KOMPOSITUM)
Voorbeelde: huis+baas = huisbaas (leesstuk 3)pensioen+trekker = pensioentrekker (leesstuk 3)
VERBINDINGSKLANK
Soms word verbindingsklanke / verbindingskomponent tussen die twee stamme gebruik.
AKTIWITEIT 2
Om bekende woorde korrek te kan spel en om taalvorme en sinstrukture te kan gebruik.
1. Skryf die basisvorm/stam neer van elk van die volgende woorde:
1.1 verkeerdelik (leesstuk1)
1.2 onskuldig (leesstuk 1)
1.3 inwoners (leesstuk1)
1.4 afbrand (leesstuk 1)
1.5 Italiaanse (leesstuk 1)
1.6 huurder (leesstuk 1)
2. Bestudeer die leesstukke en skryf vyf samestellings neer.
| LU 6.1 | ||||
AKTIWITEIT 3
Om vir inligting te kan lees.
| Ongewone reisigers op motor se agtersitplek begroet polisie | |
| JAN TALJAARDGEORGE. - Daar sit hulle toe op die agterste sitplek toe die polisie op hulle afkom: drie groot mans en drie uitgegroeide, wollerige skape, kiertsregop en styf teen mekaar. Daarby nog drie skape in die kattebak van die Peugeot 404 en ’n (mens)bestuurder en passasier voor.En toe die polisie later by die man agter die wiel wou weet waarom hy ses skape in die kar gehad het, was die flink antwoord glo dat daar nie plek vir nog was nie.Inspp. Henry Claassen en Kelvin Heyns van die polisie se honde-eenheid op George kon hul oë skaars glo toe hulle die motor Sondagoggend omstreeks vieruur in Sandkraalweg, Thembalethu, van die pad trek en die ongewone groep insittendes hulle begroet het.Die feit dat die kattebak so effens oop- | gestaan het, was die eerste ding wat die polisiemanne laat onraad vermoed het. Dit was egter eers toe hulle nader ry dat hulle die skape op die agtersitplek gewaar. Die diere was springlewendig, maar hul pootjies was netjies voor hulle vasgemaak en hulle het op hul hamme langs hul reisgenote gesit. By nader ondersoek het dit geblyk dat daar nog drie skape in die effens meer ongemaklike ruimte in die kattebak was. Die skape is na bewering vroeër die nag op ’n plaas in die omgewing gesteel.Een van die menslike passasiers het intussen laat spaander. Teen gisteraand was hy nog steeds op vrye voete.Die ander vier manne, onder wie die bestuurder, is in hegtenis geneem op ’n klag van veediefstal. Die saak word deur insp. Geelslang Swart van die polisie se spesiale veediefstalspan in die Kaap ondersoek.Uit: Die Burger |
1. Wie is die “hulle” waarvan daar in die eerste sin gepraat word?
2. Hoeveel skape het die polisie in die motor gevind?
3. Waarom, dink jy, word mens tussen hakies geplaas?
4. Verduidelik in jou eie woorde waarom die tweede paragraaf van die leesstuk baie snaaks is.
5. Waarvoor staan die afkorting, inspp.? (paragraaf 3)
6. Haal drie opeenvolgende woorde aan wat die dag en tyd aandui waarop die polisie die motor voorgekeer het.
7. Watter woord in paragraaf 3 sê vir die leser dat daar nie gewone insittendes in die motor was nie? Haal slegs die woord aan.
8. Wat het die polisie agterdogtig gemaak?
9. Watter woord in die leesstuk verwys na iets wat baie lewendig is?
10. Haal twee opeenvolgende woorde aan wat vir die leser sê dat die feite nie noodwendig bewys kan word nie.
11. Bespreek moontlike redes waarom die inspekteur se naam “Geelslang Swart” is.
| LU 3.4 | ||||
| LU 3 LEES EN KYK |
| Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 3.4 begrip toon van ’n wye verskeidenheid informatiewe tekste: |
| 3.7 evalueer tegnieke wat in visuele, geskrewe en multimedia-tekste gebruik word om ‘n spesifieke effek te bereik: |
| LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik |
| Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 6.1 met woorde werk: |
| 6.2 met sinne werk: |
| 6.3 werk met tekste: |
AKTIWITEIT 1
1.1 mans/manne
1.2 moorde
1.3 regters
1.4 dae
1.5 jare
1.6 aanklagte
1.7 gesigte
1.8 rowers
2.1 vliegtuigie
2.2 nooddeurtjie
2.3 winkeltjie
2.4 geldjie
2.5 motorsleuteltjies
3.1 hofbeampte
3.2 jurielid
3.3 lekker
4.1 twee-en-veertig of twee en veertig
4.2 een-en-twintig of een en twintig
4.3 vier-en-veertig of vier en veertig
4.4 ses-en-setig of ses en sestig
4.5 vyftienduisend rand
4.6 eenhonderd en tagtig duisend rand
4.7 vyf-en-veertig duisend rand
5 paragraaf 1-Kanadaparagraaf 2-ChinaParagraaf 5-NoorweëParagraaf 7-Italië
6 Japanner/Japanees en Amerikaner
7.1 op, tot
7.2 in
7.3 uit
7.4 volgens
7.5 na, op
8. 'n Chinese man wat op sy eerste vlug is, probeer die deur oopmaak omdat hy wil spoeg.Die kajuitbemanning betrap hom dat hy probeer om die nooddeur oop te maak, kort nadat die vliegtuig opgestyg het. (Aanvaar ook ander moontlikhede.)
9.1 wapens
9.2 ontwapen
9.3 gewapende
9.4 wapentjie
9.5 bewapen
AF:
1. Die uitspraak/beslissing van die regter, word die vonnis.genoem.
2. Die plek waar die misdaad plaasgevind het, staan as die misdaadtoneel bekend.
3. Vul die ontbrekende woord in. Die man van Connecticut wou homself met skeerroom vermom vir die rooftog wat hy beplan het.
4. Hoeveel mense is in Iowa weens drankmisbruik in hegtenis geneem. Agt
5. Wat noem ons die gebou waar verskillende possake gedoen word. Poskantoor
6. ’n Groep mense/studente wat ’n kursus bywoon. Klas
DWARS:
1. Hoe oud was die persoon van Noorweë toe hy lekkers gesteel het? Veertien
2. Herberg langs die groot pad waar motoriste kan oornag. Motel
7. Dit word deur mense gebruik wanneer hulle skeer. Skeerroom
8. Die deur wat mense in die vliegtuig in tye van nood kan oopmaak, staan bekend as die nood deur.
9. Sterk drank in Rusland gemaak van gars en aartappels. Vodka
10. Brandstof. Petrol
11. Die mense sorg vir openbare veiligheid. Polisie
12. Iemand wat bevoeg is om regsuitsprake te lewer. Regter
13. In hierdie plek het mense wat reeds vir dronkbestuur gevonnis is, begin drink. Iowa
14. Kamer aan boord van ’n skip of vliegtuig waar bemanning gewoonlik sit. Kajuit
15. ’n Chinese man wat op sy eerste vlug was, wou die deur oopmaak, omdat hy wou spoeg.
|
|
|
|
| 1.1 | Verkeerd | (e)lik | |
| 1.2 | on | Skuld | Ig |
| 1.3 | in | woon | er+s |
| 1.4 | af | Brand | |
| 1.5 | Italië | -aan(se) | |
| 1.6 | Huur | der |
2 huisbaaspensioentrekkermotorsleutelskasregistermisdaadtoneel