Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 9
1. Kies ‘n maat met wie jy kan saamwerk. Elkeen moet nou ‘n kort staaltjie (“storie”) IN SY/HAAR HUISTAAL vertel van hoe hy/sy of iemand wat julle ken vir ‘n slang geskrik het en wat toe gebeur het. Die ander een moet dit dan tolk, met ander woorde, dit moet nou in Afrikaans oorvertel word. Die tolk moet sin vir sin vertaal. Sodra jou maat klaar vertel het en jy as tolk opgetree het, is dit weer jou beurt om jou storie in jou huistaal te vertel. Dit moet kort wees (nie langer as twee minute nie).
2. Berei ‘n kort praatjie voor, met visuele materiaal (m.a.w. prente / foto’s / plakkate / boeke) oor enige reptiel. Onthou dat dit ‘n formele praatjie is. Jy moet goed voorbereid wees en sorg dat jou lyftaal, toon en register reg is en dat jy oogkontak behou met die toehoorders. Hierdie aktiwiteit kan deel wees van jou deurlopende assessering vir graad nege.
3. Hou ‘n kort klasbespreking oor hoe die mens die natuur skade aandoen deur diere soos byvoorbeeld slange dood te maak.
1. Vind ‘n naslaanboek of naslaanboeke (soos ‘n ensiklopedie) en soek inligting oor enige interessante dier. Lees die inligting en skryf ‘n kort paragrafie van ongeveer 60 woorde uit die naslaanboek. Jou opsomming moet sover moontlik in jou eie woorde wees. Jy moet aan die einde van jou opsomming ‘n BRONNELYS maak. Jou onderwyser sal verduidelik hoe om die naslaanwerk(e) te gebruik en ook hoe die bronnelys moet lyk.
Skryf jou finale opsomming hier:
1. Maak ‘n kleurvolle plakkaat oor ‘n reptiel van jou keuse. Daar moet ‘n opskrif en byskrifte wees. Die byskrifte moet hoofsaaklik volsinne wees. Hierdie plakkaat kan deel van jou portefeulje uitmaak en ook vir assessering gebruik word. Dit moet ‘n kreatiewe stuk werk wees, en jy moet onthou dat wat jy op die plakkaat skryf ook baie belangrik is.
Hier volg ‘n paar hersieningsoefeninge oor die ontkennende vorm, die lydende en bedry-wende vorm en direkte en indirekte rede in Afrikaans:
1. Ontkennende vorm
Skryf die volgende sinne oor in die ontkennende vorm:
2. Lydende vorm
Skryf die volgende sinne oor in die lydende vorm:
3. Bedrywende vorm
Skryf die volgende sinne oor in die bedrywende vorm:
4. Direkte en indirekte rede
Skryf die volgende sinne oor in die indirekte rede:
TOETS: Leesbegrip
Kyk hoe jy in die onderstaande toets vaar:
Ag Aarde, my dier, dis DIE TOEKOMS …
In ‘n opspraakwekkende dokumentêre reeks kyk wetenskaplikes miljoene jare die toekoms in en sien wilde gediertes wat ‘n mens jou nie in jou wildste drome kan voorstel nie: ‘n vuurvaste krimpvark, ‘n springende slak, of ‘n visvanger-aap …
|
1. Sê of die volgende stelling waar of onwaar is en haal ‘n frase uit paragraaf 1 aan om jou antwoord te bewys:
Die span wetenskaplikes het almal van dieselfde land gekom. (2)
2. Hoe lank het dit die wetenskaplikes geneem om hierdie dokumentêre reeks te maak? (2)
3. Kies die regte antwoord en skryf slegs die letter van jou keuse neer:
‘n Spesialis (reël 2) is …
4. Kon die wetenskaplikes regtig sien hoe dit in die toekoms sal lyk? Haal ‘n woord uit die eerste paragraaf aan wat jou antwoord staaf. (2)
5. Kies die beste woord uit die volgende lys om die sin te voltooi:
voorskou voorstel voorspel gesien
“In die kristalbal gekyk” beteken dat die wetenskaplikes ________ het hoe dinge in die toekoms sal lyk. (1)
6. Sê in jou eie woorde wanneer en waar die nuwe dokumentêre reeks uitgereik is. (3)
7. Kies die regte antwoord en skryf slegs die letter van jou keuse neer:
“…soortgelyk aan …” (par. 4) beteken
8. Verduidelik in jou eie woorde wat bedoel word met: “…mees gevorderderekenaar-tegnieke…” (par. 4) (2)
9. Hoe het die vervaardigers dit reggekry om die diere so realisties voor te stel in die dokumentêre reeks? (2)
10. Voltooi:
Al die wetenskaplikes stem saam dat die mens se bestaan op aarde nie
_______ gaan wees nie. (2)
11. Verduidelik in jou eie woorde wat bedoel word met: “… dat hy oor ‘n paar miljoen jaar
uitgesterf sal wees” (par. 6).
| LU 2 |
| PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Dit word bewys as die leerder: |
2.1 vertaal en tolk:2.1.1 stories uit die huistaal oorvertel in die addisionele taal;2.6 ‘n kort, formele praatjie of aanbieding gee:
|
| LU 3 |
| LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 3.4 vir inligting lees en inligting opsom; |
| 3.8 begrip toon van die gebruik van naslaanwerke (inhoudsopgawe, indeks, ensiklopedieë). |
| LU 4 |
| SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitlike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 4.1 skryf om inligting oor te dra. |
| LU 5 |
| DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 5.1 taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen gebruik: |
| 5.1.1 visuele materiaal gebruik wat tekste aanvul. |
| LU 6 |
| TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 6.1 bekende woorde korrek spel; |
| 6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer; |
|
AKTIWITEIT 1
1.-3. Mondelinge werk
AKTIWITEIT 2
AKTIWITEIT 3
AKTIWITEIT 4
1. Ontkennende vorm
1.1 Ek het nog nooit ‘n kwaai swart mamba gesien nie.
1.2 Het jy nog nooit aan ‘n krokodil geraak nie?
1.3 Niemand weet waar die boomslang is nie.
1.4 Daar is nêrens ‘n natuurbewaarder wat die slang sal kom vang nie.
1.5 Moenie vinnig weghardloop nie!
1.6 Nee, die molslang het nog nie die rot gevang nie.
1.7 Nee, die kind sal nooit gesond word nadat die slang hom gepik het nie.
1.8 Nee, daar is niemand wat al aan ‘n luislang geraak het nie.
1.9 Nee, die slang is nie in die huis nie.
1.10 Moet asseblief nie die deur toemaak nie!
2. Lydende vorm
2.1 Die pofadder is deur al die kinders raakgesien.
2.2 Deur wie is die arme slang doodgemaak?
2.3 ‘n Groot rot is deur die slang gevang.
2.4 Die natuur sal altyd deur ons bewaar word.
2.5 Diere moet nie (OF: moenie) seergemaak word nie.
3. Bedrywende vorm
3.1 Ons kan bedreigde diere red.
3.2 Die dokter behandel die pasiënt teen slangbyt.
3.3 My hond jaag ‘n muis.
3.4 Die akkedisse in ons tuin vang ‘n klomp vlieë.
3.5 In die verlede het mense soms skilpaaie geëet.
4. Indirekte rede(Aanvaar enige korrekte variasie.)
4.1 Errol sê dat sy broer gister amper op ‘n slang getrap het. (OF: Errol het gesê dat…)
4.2 Die onderwyseres het belowe (OF: belowe) dat hulle (OF: ons) die volgende dag op ‘n uitstappie sou gaan.
4.3 Jolene het gevra of sy mag saamgaan.
4.4 Jason se ma het gewaarsku dat hulle (OF: ons) nie naby die leeus moes gaan nie.
4.5 Die kinders het geantwoord dat hulle nie so dom was nie.
TOETS
TOTAAL: 20 PUNTE