Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Afrikaans Huistaal Graad 9 » navorsingstaak

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseLang display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Download
x

Download collection as:

  • PDF
  • EPUB (what's this?)

    What is an EPUB file?

    EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

    Downloading to a reading device

    For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(what's this?)" link.

  • More downloads ...

Download module as:

  • PDF
  • EPUB (what's this?)

    What is an EPUB file?

    EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

    Downloading to a reading device

    For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(what's this?)" link.

  • More downloads ...
Reuse / Edit
x

Collection:

Module:

Add to a lens
x

Add collection to:

Add module to:

Add to Favorites
x

Add collection to:

Add module to:

 

navorsingstaak

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 9

Module 2

NAVORSINGSTAAK

AKTIWITEIT 1:

Navorsingstaak

Jy moet ‘n navorsingstaak doen, wat behels dat jy inligting inwin om bepaalde vrae te kan beantwoord.

Inwin van inligting en beantwoording van vrae (navorsing).

  • Lees onderstaande beriggie en doen dan die navorsing soos beskryf. Vra jou opvoeder ongeveer 2 weke tyd om die stuk te voltooi.
  • Onthou, hierdie taak gaan elke kwartaal deel van jou punt vir Afrikaans uitmaak.

Ouerpaar in China beboet oor hulle ’n derde kind kry

BEIJING. – ’n Sakeman en sy vrou is met ’n rekordbedrag van 420 000 yuan (meer as R500 000) beboet omdat hulle China se wet van een kind per ouerpaar oortree het. Die Zhang-egpaar van die provinsie Jiangsu het ’n tweede seun gekry. Hulle het ook ’n dogter. Die sakeman het glo sy vrou na ’n ander stad gestuur om die geboorte stil hou, maar die owerhede het dit agtergekom. Kragtens wet mag ’n Chinese paar met tot ses keer hul jaarlikse inkomste beboet word as hulle die eenkind-wet oortree. Die Zhangs verdien sowat 70 000 yuan per jaar. – (Sapa-AFP)

Uit: Die Burger, 10 Sept. 2002

Bevolkingsontploffing lei tot gedwonge enkelkind-gesinne.

  • Sal Suid-Afrika in China se voetspore moet volg?
  • Het ons die nodige hulpbronne ? (water, kos, ens.)
  • Wat is ons bevolkingsgroei? (geboortes en sterftes)
  • Win die mening van ander in of versamel inligting uit toepaslike bronne in en skryf ‘n navorsingsverslag van 300 woorde oor die drie punte.
  • Liasseer jou navorsingstaak in jou portefeulje.
Table 1
                     
  LU 5.1           LU 5.2      
                     

AKTIWITEIT 2:

’n Taaloefening

Lydende en Bedrywende vorm

Voorbeeld:

Table 2
Bedrywend Lydend
Teenwoordige tyd:Die hond eet die been. Die been word deur die hond geëet.
Verlede tyd:Die hond het die been geëet. Die been is deur die hond geëet.
Toekomende tyd:Die hond sal die been eet. Die been sal deur die hond geëet word.
  • Doen nou dieselfde met die volgende: (Begin met die onderstreepte gedeelte.)

1. Die egpaar het ‘n tweede seun gekry.

2. Die sakeman het sy vrou na ‘n ander stad gestuur.

3. Hulle sal nie weer die wet oortree nie.

4. Die Zhangs verdien sowat 70 000 yuan per jaar.

5. Hulle het China se wet oortree.

Table 3
         
  LU 6.2      
         

AKTIWITEIT 3:

Nog ’n taaloefening

Ons gaan nou weer aandag aan taalverskynsels gee. Maak seker dat jy die werk verstaan.

  • Lees die koerantberig en doen dan die daaropvolgende opdragte.

Sout in seelug is natuur se ‘lugskoonmaker’

WASHINGTON. – Die souterige sproei van die see gee skynbaar nie net die lug ’n verfrissende byt nie, maar ook ’n goeie skrop. ’n Span Israeliese navorsers het verlede maand berig dat seesproei help om lugbesoedeling teen te werk. “Die gevolgtrekking is dat die lug wat naby die see-oppervlak ingeasem word, skoon is vanweë die souterigheid in die oseaan,” het Daniel Rosenfeld van die Hebreeuse Universiteit in Jerusalem gesê. “Ons het ’n proses ontdek waarvolgens die natuur skynbaar besoedelde lug taamlik doeltreffend kan ‘reinig wanneer dit van die land oor die see beweeg,” het hy gesê.

Uit: BuiteBurger, 10 Sept. 2002

Homofone en Homonieme

  • Homofone is woorde wat dieselfde klink, maar verskillend gespel word.

Voorbeeld:

  • Ek lei die perd na die water.
  • Die perd ly aan ‘n siekte.
  • Gebruik nou die volgende woord se homofoon in ‘n kort, verduidelikende sin.

Die lug is skoon.

  • Homonieme is dieselfde woord wat twee betekenisse het. Gewoonlik is die woorde ook verskillende woordsoorte.

Voorbeeld:

  • Die souterige sproei van die see. (s.nw.)
  • Ek sproei dit nat. (ww.)
  • Gebruik nou die volgende woorde se homonieme in ‘n sin. Maak seker dis die woordsoort wat gevra is!

1. ‘n Verfrissende byt. (s.nw.)

(ww.)

2. Die lug is skoon. (s.nw.)

(ww.)

3. ‘n Goeie skrop. (s.nw.)

(ww.)

4. ‘n span navorsers (s.nw.)

(ww.)

Table 4
         
  LU 6.1      
         

Lande en Volke

In hierdie module het ons al met ‘n paar inwoners van verskeie lande/provinsies kennis gemaak.

  • Wat noem ons mense wat woon in:

1. Gauteng?

2. die Kaap?

3. Suid-Afrika?

4. Bellville?

5. Israel?

6. China?

7. Dis ‘n (Gauteng) vrou.

8. ‘n (Kaap) motor.

9. ‘n (Suid-Afrika) burger.

10. ‘n (Israel) dosent.

11. ‘n (China) egpaar.

Meervoude

  • Verskaf die meervoudsvorm van die volgende woorde wat in hierdie module voorkom.

1. rugsak

2. rug

3. proses

4. projek

5. program

6. bedrag

7. egpaar

8. ouerpaar

9. krokodil

10. klapmus

Table 5
         
  LU 6.1      
         

Voegwoorde

  • Verbind die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies.

1. Seesproei help om lugbesoedeling teen te werk. Seesproei is souterig. (aangesien)

2. Besoedelde lug word gereinig. Besoedelde lug beweeg van die land oor die see. (indien)

  • Definieer die term voegwoord:
Table 6
         
  LU 6.2      
         

AKTIWITEIT 4:

Kom ons wees kreatief

‘Groen’ trouskepping van herwinde papier

CECILIA DE JAGER

’n Matriekmeisie van Bellville se kunsprojek om ’n trourok van papier te maak, het sulke opslae gemaak dat dit selfs ’n draai by die Aardeberaad en op die TV-program Top Billing gemaak het. “Ek het nooit gedink dit gaan so uitdraai nie,” het Marizanne Thiart, ’n leerling aan Hoërskool Bellville, gesê. Volgens Marizanne wou sy iets anders doen as die tradisionele wit trourok en het sy met herwinde sementsakke, kreukelpapier, ryspapier en servette binne vyf dae ’n moderne, kleurryke trou-uitrusting opge-tower. In Mei vanjaar het Marizanne die uitrusting ingeskryf vir die Hoërskool Fairmont in Durbanville se “From another world”-kompetisie. Dit is by die kompetisie se modeparade waar die rok aandag begin trek het nadat iemand in die gehoor dit raakgesien het. Marizanne en ’n paar ander meisies is genooi om met hul skeppings op Top Billing te verskyn. “Ek moes die rok effens verander vir Top Billing, so nie het die sementmaatskappy publisiteit kry.” Die rok moes vir die opname van die program, wat Vrydagaand uitgesaai is, vir ’n dag lank uit sy vertoonplek in die Ubuntu Village by die Aardeberaad verwyder word. Volgens Marizanne is die rok so gewild dat dit net nooit by die huis uitkom nie. Die rok is vanaf die Aardeberaad na die Zig-Zag-uitstalling by die Kasteel geneem en van daar is dit na die Kaapse Toerismeburo. “Hulle voel die rok beeld Afrika uit,” sê Marizanne. Vir Marizanne is die rok maar net die begin van haar loopbaan. Sy is van plan om na skool mode-ontwerp te studeer. “Ek het eintlik gehoop iemand belangrik sal die rok raaksien noudat dit soveel aantrek trek.”

Uit: Jip, 9 Sept. 2002

KLASGESPREK

  • Terwyl julle as klas oor die volgende praat, kies die korrekte of beste gedagtes en skryf hulle neer.

1. Aardeberaad: Wanneer en waar is die laaste Aardeberaad gehou? Wat is die doel daarvan?

2. Herwinning van afvalmateriaal: Doen ons genoeg?

3. Besoedeling: Hoe lyk dit in Suid-Afrika?

Table 7
         
  LU 2.4      
         
         

STELWERK (kreaktief)

  • Ontwerp jou eie plakkaat om mense aan te moedig om te herwin. Dink aan ‘n treffende sin of twee.
  • IS DIE PLAKKAAT ‘N BEWYS DAARVAN DAT EK MY BESTE WERK GELEWER HET?
Table 8
         
  LU 4.2      
         

Assessering

Table 9
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 2 PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit word bewys as die leerder:
2.2 idees, feite en menings oor uitdagende onderwerpe akkuraat en samehangend oordra deur ‘n verskeidenheid feitelike, mondelinge tekssoorte te gebruik;
2.4 gevorderde interaksievaardighede toon deur aktief aan groepbesprekings, gesprekke, debatte en ondersoeke deel te neem.
LU 4 SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf
Dit word bewys as die leerder:
4.1 ‘n wye verskeidenheid verbeeldingstekste skryf om die kreatiewe, kritiese en speelse gebruik van taal te verken deur die skryf van gedigte en briewe;
4.2 ‘n verskeidenheid feitelike skriftelike en multimodale tekste vir verskeie doeleindes lewer deur waar gepas, visuele beelde en ontwerpe in die volgende te gebruik: e-boodskappe, verslae oor aktuele sake, advertensies, plakkate, boek- en filmresensies, ooggetuieverslae, koerantberigte, cv’s, persbriewe, aansoekbriewe, dekbriewe, agenda en notule van vergaderings.
LU 5 DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik
Dit word bewys as die leerder:
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik:
  • denk- en redenasievaardighede, identifisering van skrywer se standpunt en perspektief, oorsaak ontleed, redenasies wat logika duidelik maak en/of reaksies en teenkanting antisipeer, argumente en alternatiewe, feite om argumente te staaf, eie ervaring om standpunt te verduidelik, vrae, afleiding en analise vir kreatiewe en probleemoplossende denke;
5.2 taal gebruik om te ondersoek:
  • vrae oor nasionale vraagstukke bv MIV/VIGS, herken dubbelsinnigheid, verkeerde gebruik van bewyse, moontlikhede bevraagteken en oorweeg, uitbreiding van bronne en metodes om inligting te vind, toenemend ingewikkelde projekte.
LU 6 Taalstruktuur en-Gebruik
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer
Dit word bewys as die leerder:
6.1 met woorde werk:
  • spelreëls en –strategieë, eie spellys vir moeilike woorde, gebruik van hoofletters en skryftekens, die woordeboek en tesourus gebruik, afleiding, samestelling en alledaagse voor- en agtervoegsels gebruik om woordeskat uit te brei, woordfamilies en woorde oor dieselfde onderwerp gebruik om woordeskat uit te brei, die leen van woorde deur tale en die ontstaan van nuutskeppings verstaan, sinonieme, antonieme, homonieme, homofone, paronieme verstaan en gebruik, alledaagse afkortings en anonieme gebruik;
6.2 met sinne werk:
  • voornaamwoorde, hoofwerkwoorde, medewerkwoorde en deelwoorde, adjektiewe, bywoorde, voegwoorde, determineerders, telwoorde, tussenwerpsels, voorsetsels, grammatikale verskil tussen die funksie van sinsoorte, gebruik van sinsdele soos onderwerp, gesegde, direkte en indirekte voorwerp, bywoordelike en byvoeglike bepalins, hoofsinne en bysinne, tydsvorme, woordorde, aktiewe en passiewe vorm, verandering van sinne van direkte na indirekte rede en andersom, ontkennende vorm, punktuasie;
6.4 ontwikkel bewustheid van styl:
  • sinslengtes en sinsoorte, formele en informele taalgebruik, idiomatiese uitdrukkings en taalidioom.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

Navorsingstaak

Ouerpaar in China beboet oor hulle ‘n derde kind kry

Elke leerder moet ‘n navorsingstaak in hulle portefeulje hê. U sal die leerders moet help met bronne wat hulle kan gebruik. Dit is ook belangrik in UGO dat daar kruisbestuiwing tussen die verskillende leerareas moet wees. U kan dus vir die Aardrykskunde-mense vra om u te help deur hieroor met die leerders te gesels.

  • Gebruik die matriks om die taak na te sien.

AKTIWITEIT 2

‘n Taaloefening Lydende en Bedrywende vorm

1. ‘n Tweede seun is (deur die egpaar) gekry.

2. Sy vrou is (deur die sakeman / hom) na ‘n ander stad gestuur.

3. Die wet sal nie weer (deur hulle) oortree word nie.

4. Sowat 70 000 yuan word per jaar (deur die Zhangs) verdien.

5. China se wet is (deur hulle) oortree.( ) = opsioneel

AKTIWITEIT 3

Nog ‘n taaloefening

Sout in seelug is natuur se “lugskoonmaker”

Homofone

Skakel die lig aan, asb.

Homonieme

1. Die hond byt my.

2. Ek lug my mening.

3. Ek skrop my vuil hande.

4. Ons span die perde in.

Lande en Volke

1. Gautenger

2. Kapenaar

3. Suid-Afrikaner

4. Bellvilliet

5. Israeliet

6. Chinees

7. Gautengse

8. Kaapse

9. Suid-Afrikaanse

10. Israeliese

10. Chinese

Meervoude

1. rugsakke

2. rûe

3. prosesse

4. projekte

5. programme

6. bedrae

7. egpare

8. ouerpare

9. krokodille

10. klapmusse

Voegwoorde

1. Seesproei help om lugbesoedeling teen te werk, aangesien dit (seesproei) souterig is.

2. Besoedelde lug word gereinig, indien dit (besoedelde lug) van die land oor die see beweeg.

3. Voegwoord: Laat leerders in hul eie woorde die samevoegingsfunksie van die voegwoord beskryf.

AKTIWITEIT 4

Kom ons wees kreatief “Groen” trouskepping van herwinde papier

KLASGESPREK

Hier kan u baie lekker gesels oor die kwessie van besoedeling, herwinning, die Aardeberaad wat in 2002 in Gauteng gehou is, ens.

Die leerders kan weer artikels uit tydskrifte en koerante bring wat oor hierdie tema handel. Vra ook dat hulle spesifiek advertensies/plakkate bring. As u nog nie ‘n voorbereide leespunt het nie, kan u dit nou laat doen.

STELWERK (kreatief)

Gebruik van die leerders se advertensies en plakkate wat hulle gebring het, bv. spesifiek aan “Hou die Kaap in die haak” en wat van Zibi? Zip dit in ‘n Zibiblik! Daar was ook iets soos, “Is jy die Jors wat die plek bemors?” Dit kan goed werk saam met die gedig wat volg.

  • ‘n Matriks wat u kan gebruik by die beoordeling van die plakkate is ingesluit.

GEDIG

U kan baie tyd spandeer aan die verskynsel van dialekte in Afrikaans. Dink aan die Trônsvôlers, die Namakwalanders, Malmesbury se bryers, ens.

As u miskien ‘n episode van die destydse televisiereeks, Manakwalanders, kan opspoor, kan u dit vir die leerders wys. Dan kan u ‘n opdrag uitwerk wat kan dien as ‘n respons op teks wat in die portefeulje geplaas kan word. Of miskien kan u ‘n program waarin bv. spesifiek die Kaapse dialek gepraat word, gebruik. Daar is baie van hulle.

Dink ook aan die roman, Diekie van die Bo-Kaap. Daar was sprake dat ‘n rolprent daaroor gemaak word. Miskien word dit vrygestel en dan het u wonderlike materiaal om mee te werk.

Verder is daar honderde gedigte wat spesifiek in die Kaapse dialek geskryf is. Spandeer gerus tyd om nog sulke gedigte met u kinders te lees en te bespreek.

Doen byvoorbeeld Ek is oek important

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Reuse / Edit:

Reuse or edit collection (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.

| Reuse or edit module (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.