Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Om sommige elemente van die digkuns te verstaan

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseLang display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Om sommige elemente van die digkuns te verstaan

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 9

Module 6

Om sommige elemente van DIGKUNS te verstaan

AKTIWITEIT 1

Om

  • sommige elemente van poësie te verstaan
  • jou woordeskat uit te brei
  • Ons lees eers ‘n kort gediggie oor ‘n gewone visserman wat ‘n merkwaardige offer gebring het. Hierdie gedig is geskryf na aanleiding van ‘n kort koerantberiggie wat ongeveer 1961 in Die Burger verskyn het. Daar was dus regtig ‘n visserman genaamd Jimmy Read.
Table 1
                     
  LU 3.2           LU 6.3      
                     

1. Lees die volgende gedig en beantwoord die vrae wat daarop volg.

JIMMY READ

Een windnag het ‘n vissersboot gesink,maar hy het in die branders ingeduik,‘n drenkeling na die reddingsboei gesleepen halfpad na die wit strand self verdrink.

Met elke nag van wind en storm lê‘n nat lyk op die sand van Roggebaai,op plekke deur die krewe weggevreeten in seebamboes en alge vasgedraai.

En hul wat donker nagtemoet beur deur die gemaal en die gewoeldat óns mag leef, word later op ‘n boek se bladsyas ‘n gedig, koud, eensaam, uitgespoel.

Uit: R.K. Belcher: Ver Land. HAUM, Kaapstad. 1961.

1.1 Wat het Jimmy Read gedoen wat veroorsaak het dat hy vir altyd onthou sal word?

1.2 Wat is ‘n drenkeling?

1.3 Waarvoor gebruik ‘n mens ‘n reddingsboei?

1.4 Voltooi die sinne deur die ontbrekende dele van die vetgedrukte woorde in te vul:

  • Jimmy Read was ‘n held, want hy het ‘n helde...............verrig. Sy held...................optrede het iemand anders se lewe gered.

1.5 Dink jy daar lê regtig elke stormnag ‘n lyk op die Roggebaaise strand? Sê net JA of NEE.

1.6 Gee ‘n rede vir jou antwoord.

1.7 Probeer om te verduidelik wat die laaste strofe vir jou beteken. Om jou te help: Iemand kan nie letterlik op ‘n boek se bladsy as ‘n gedig uitgespoel word nie. Dis figuurlik bedoel, m.a.w. dis beeldspraak (metafories). Onthou ook dat daar nie net een regte antwoord hoef te wees nie. Dit kan verskillend geïnterpreteer word, maar dit moet ‘n aanvaarbare interpretasie wees.

1.8 Wat is die verskil tussen ‘n visserman (ook: visterman) en ‘n hengelaar? Slaan dit na indien nodig.

‘n Visserman (visterman) is

‘n Hengelaar is

1.9 Dink jy Jimmy was ryk? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

1.10 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies:

  • Jimmy se dood was ‘n (tragedie) gebeurtenis.

Table 2
                     
  LU 3.2           LU 6.3      
                     

AKTIWITEIT 2

Om

  • vir spesifieke inligting te luister
  • aandagtig te luister tydens ‘n bespreking
  • sosiale en etiese kwessies te debatteer
  • jou woordeskat uit te brei
Table 3
                                             
  LU 1.3           LU 1.4           LU 2.4           LU 6.3      
                                             

1. Jou onderwyser gaan nou uit ‘n berig voorlees wat op 23 Julie 2003 in Die Burger verskyn het. Dit handel oor die regte van Suid-Afrikaanse lynvissers. Baie van hierdie vissers is van visvang afhanklik om aan die lewe te bly. Luister aandagtig en voer dan die opdragte uit wat volg.

  • (Onderwyser lees voor.)

1.1 Wat beteken “beperkte lynvisbronne”? Kies die regte sin en onderstreep dit.

(a) Dit is lynvis waarvan daar min oor is.

(b) Dit is lynvis wat deur buitelandse vissersbote gevang word.

(c) Dit is lynvis waarvan daar ‘n oorvloed is.

1.2 Ongeveer hoeveel vissers was by die vergadering? (Skryf ‘n volsin.)

1.3 Oor watter soort vis was die vissers veral ontevrede? (Gee een woord.)

1.4 Noem nog twee soorte vis wat (volgens die Departement) bedreig word. (Noem net die name.)

1.5 Wat is kommersiële vissers? (Skryf ‘n volsin.)

1.6 Wat bedoel mnr. Kenneth George as hy sê hy is “tronk-in en tronk-uit” net omdat hy vir sy kinders kos wil gee? Verduidelik in jou eie woorde.

1.7 Verduidelik in jou eie woorde (in ‘n volsin) wat mnr. Moosa bedoel as hy sê dat die bron so uitgeput is dat alle vangste opgeskort kan word.

Table 4
                     
  LU 1.4           LU 2.4      
                     

2. Lees die volgende briewe wat in Die Burger se brieweblad verskyn het (18 Julie 2003).

Spaar SA vis vir stropers?

Ek het met afgryse die briewe van Chris le Roux en André Bruwer (Brieweblad, 16/7) gelees.

Kan die minister vir ons verduidelik wat ons nou met ons skibote moet doen en wat van die multi-miljoenrand-bedryf met al sy werkgeleenthede gaan word? Wat gaan van die vakansiedorpies word?

Is alles as gevolg van die vier kabeljoutjies wat ek die afgelope seisoen gevang het? Weet hulle wat die gevolge van hul besluit is? Is dit dan nie deel van die Grondwet dat die land se burgers hulle mag geniet en in die land se voorspoed deel nie? Of spaar ons ons vis vir die buitelandse stropers?

ALBERT LUBBEKuilsrivier

Armes sit nou sonder kos

Ek en my vriende het ‘n hele aantal jare lank ‘n permit gehad om vis in die Blouberggebied te trek. Ons het baie geld aan ons toerusting bestee. Ons het die betrokke wette geëerbiedig. Ons het nooit groot geld daaruit gemaak nie. Inteendeel, ons het werk en kos verskaf aan agtergeblewenes van Blouberg. As daar die dag ‘n trek was, het almal vis gehad om te eet.

Ons is twee jaar gelede ingelig dat ons permitte nie meer geldig is nie en dat ons teen ‘n bedrag van R6 000 per net weer moet aansoek doen. Ons het dit gedoen, net om later in kennis gestel te word dat ons permitte nie goedgekeur is nie.

Nou is daar mense van Blouberg sonder inkomste en kos. Ons kan nie bekostig om hulle uit ons eie sak te voed nie. Ons sit met bote, nette en voertuie wat nou staan en vergaan.

Dit laat ‘n mens wonder of mnr. Valli Moosa, minister van omgewingsake en toerisme, weet hoeveel arm en honger mense en gesinne deur sy ondeurdagte besluite geraak word. Weet hy hoeveel mense sit nou sonder daardie lekker bokkoms? Was hy al ooit teenwoordig waar daar vis getrek word? As hy was, sou hy gesien het dat dit ‘n toeriste-attraksie is. Oorsese toeriste het ons al by verskeie geleenthede op film vasgelê. Aan die Weskus is daar nou byna geen bokkoms te sien nie.

Nodeloos om te sê, ons het ons aansoekgeld van R6 000 per net verbeur. Baie van ons moes die geld leen. Wat gaan dit kos om die minister tot ander insigte te bring/dwing? Is daar dan niemand soos raadgewers en/of kundiges op dié gebied om hom te help om sy oë oop te maak nie? Ons wag saam met die honger mense.

BOKKOM-LUSKraaifontein

3. Verdeel in groepe van so vyf leerders per groep en bespreek die kwessie. Gebruik die volgende as riglyne in jul bespreking:

  • Is die inkomste wat die vissers uit hul vangste kry, noodsaaklik vir hulle om van te lewe?
  • Waar gaan hulle geld vandaan kry om van te lewe as hulle nie meer kan visvang nie?
  • Figure 1
    Figure 1 (graphics1.png)
    Het hulle ‘n kans gehad om hulle saak te stel voor die besluit deur die Departement geneem is?
  • Is dit regverdig dat hulle nie meer mag visvang nie?
  • Wie het dan die reg om vis te vang?
  • Ken jy ‘n beroepsvisserman of –vrou?
  • Wat van mense wat slegs vir hul plesier visvang?
  • Kos dit baie geld om so ‘n tydverdryf te beoefen?
  • Wat word nou van sulke mense se bote en toerusting?
  • Mag landsburgers maak wat hulle wil en daardeur die wet oortree? (‘n Ander briefskrywer het gesê: “Ons sál gaan visvang …hulle kan ons nie almal opsluit nie!”)
  • Weet julle iets omtrent die perlemoenstropery aan ons kus? Wat sê julle daarvan?
Table 5
                     
  LU 1.3           LU 1.4      
                     

Assessering

Table 6
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 mondelinge tekste verstaan;
1.3 vir spesifieke inligting luister;
1.4 aandagtig luister tydens ‘n bespreking.
LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.4 sosiale en etiese kwessies debatteer;
2.7 ‘n kritiese bewustheid van eie taalgebruik toon.
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die este­tiese, kulturele en emosio­nele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.2 sommige elemente van poësie verstaan;
3.4 vir inligting lees;
3.5 mediatekste krities ontleed;
3.6 leesstrategieë gebruik;
3.8 begrip van die gebruik van naslaanwerke toon.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 bekende woorde korrek spel;
6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer;
6.3 woordeskat uitbrei.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

1.1 Hy het iemand gered wat besig was om te verdrink.

1.2 ’n Drenkeling is iemand wat besig is om te verdrink ( wat in gevaar is om te verdrink).

1.3 ’n Reddingsboei is iets wat ’n mens na ’n drenkeling gooi sodat hy/sy daaraan kan vasklou om te voorkom dat hy/sy nie onder die water verdwyn en verdrink.

1.4 heldedaad heldhaftige

1.5 nee

1.6 Dit is ’n metafoor wat beteken dat Jimmy Read altyd onthou sal word. Elke stormnag dink mense aan sy heldedaad.

1.7 Dit beteken dat Jimmy Read se heldedaad die digter geïnspireer het om die gedig te skryf, en net so word almal wat heldhaftig optree (in watter omstandighede ookal) se dade betekenisvol en kan dit mense inspireer om uit aaklige omstandighede iets moois te skep. Dit kan ook iets oor die skryfproses sê: die skep van kuns uit chaos (vgl. Opperman). Dis dalk te gevorderd vir hierdie ouderdomsgroep. Meer basies: Vissermanne moet swoeg en sweet om vir ons voedsel (vis) te voorsien – hulle is dus besonderse mense (“helde”).

1.8 ’n Visserman vang vis uit ’n skuit / boot (op groot skaal), terwyl ’n hengelaar van die rotse of die strand visvang (op klein skaal).

1.9 Jimmy was waarskynlik nie ryk nie, want gewone vissermanne leef normaalweg van die hand in die tand.

1.10 tragiese

AKTIWITEIT 2

1. U lees die koerantberig duidelik voor aan die leerders nadat u hulle daarop voorberei het dat vrae en bespreking sal volg. Hulle moet dus daarop ingestel wees om baie sorgvuldig te luister. Sosiale en etiese kwessies kom hier aan die bod. Wys hulle op idomatiese taalgebruik (bv. “tronk-in en tronk-uit”).

Table 7
Regte: Vissers vra nog ‘n kans
‘Vis is ons erfenis’
Moosa sê bron is só uitgeput dat alle vangste opgeskort kan word
LLEWELLYN PRINCEKAAPSTAD – “Die regering begryp nie wat vis vir ons beteken nie. Dit is nie net kos of ‘n passie nie, maar die kern van ons gemeenskap. Óns erfenis, wat oor honderde jare opgebou is, en nou wil hulle dit met ‘n oogwink van ons wegvat!”Só is gister gesê toe meer as 300 ontstoke Kaapse vissers, mans én vroue, in die saal van die Anglikaanse kerk Holy Trinity in Kalkbaai vergader het nadat hulle ingevolge nuwe maatreëls nie lynvisvangregte ontvang het nie. Hulle was veral ontevrede omdat hul reg om snoek te vang, in gevaar was.Die direktoraat mariene en kusbestuur het aan 450 bote in die Wes-Kaap lynvisvangregte toegeken nadat 742 aansoeke volgens amptenare van die direktoraat vir kommersiële lynvisvangregte ontvang is.Mnr. Andy Johnson, voorsitter van die Fisher’s Association, het gister namens die vissers gesê hulle is bereid om na die konstitusionele hof te gaan indien daar nie dringend aandag aan die kwessie gegee word nie.“Ons is gebreinspoel om te glo dat die kwotastelsel die enigste stelsel is om die mariene bronne te beskerm. Dis ‘n leuen, want ons het die grondwetlike reg om kos aan ons vroue en kinders te voorsien. Ons wéét wat in die see aangaan,” het hy gesê.Johnson het gesê die regering se mening dat visvang vir hulle ‘n voorreg is, is pure onsin en dat die huidige stelsel ‘n bewys is dat die regering meer omgee vir groot sakeondernemings as vir sy eie mense.Mnr João Simoẽs, wat al tien jaar ‘n visser in Kalkbaai is, het gesê hy word gedwing om sy kinders uit die skool te haal en gaan sy huis ook verloor indien hy nie binnekort na die see terugkeer nie.“Hoekom gee hulle nie vir ons persoonlik lisensies as hulle dit nie aan die booteienaars wil gee nie? My hele lewe is van die see afhanklik!” het hy uitge­roep. Mnr. Kenneth George het gesê vis was al die jare sy lewe. “Ek is moeg vir tronk-in en tronk-uit net omdat ek kos vir my kinders wil gee. Daar moet nóú iets gedoen word omdat die kinders nie sal wil wag om te eet nie,” het hy gesê.En van die vissers het geskreeu: “Aksie is nou nodig! Ons sál gaan visvang en wil sien wie ons gaan keer om ons basiese reg uit te oefen. Die tronke is te vol, hulle kan ons almal nie opsluit nie!”● Mnr. Valli Moosa het Dinsdag gesê hy verstaan die belangrikheid van vis vir die vissersgemeenskap en dat die onlangse toekenning van lisensies nie almal bevredig het nie, maar dat die visbronne só bedreig word dat lynvisvangste moontlik heeltemal opgeskort kan word. Die beperkte lynvisbronne moet beskerm word om te verseker dat dit nie heeltemal uitgeput raak nie. Die Departement voel dat snoek, kabeljou en geelstert beskerm moet word. Moosa het gesê sy departement sal met die vissers in verbinding bly.Die Burger, 24 Julie 2003(Berig aangepas)

2. Eie leeswerk is hier die belangrikste. Leerders kan woordeboeke gebruik om woorde na te slaan, of vir u vra om woorde te verduidelik. Die aard van koeranttekste kan ook bespreek word: briewe aan die pers en berigte deur verslaggewers.

3. ’n Klasbespreking waarin sosiale en etiese kwessies bespreek word is (bv. armoede, werkloosheid, onderhandeling of die gebrek daaraan, wetsgehoorsaamheid, uitputting van natuurlike hulpbronne). Die leerders gebruik die riglyne om hul besprekings te struktureer. U tree as fasiliteerder op en rig ook die bespreking.

1. Leerders luister.

1.1 (a)

1.2 Daar was ongeveer vyftig vissers by die vergadering.

1.3 snoek

1.4 witsteenbras en kabeljou

1.5 Kommersiële vissers is mense wie se werk dit is om vis te vang, m.a.w. hulle doen dit om den brode. (U kan hierdie uitdrukking vir die leerders leer.)

2. Leerders lees en voer opdragte uit.

2.1 Hy bedoel dat hy die wet oortree as hy visvang om kos op die tafel te hê, en hy bedoel waarskynlik dat hy al meer as een keer in die tronk was as gevolg daarvan.

2.2 Daar is so min van hierdie soorte vis dat mense verbied sal word om dit te vang.

3. groepbespreking

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks