Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Om eenvoudige taalvorme en sinstrukture te gebruik om te kommunikeer

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseLang display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Om eenvoudige taalvorme en sinstrukture te gebruik om te kommunikeer

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 9

Module 7

Om eenvoudige taalvorme en sinstrukture te gebruik om te kommunikeer

AKTIWITEIT 1

Om

  • vir inligting te lees
  • mediatekste krities te ontleed
  • leesstrategieë te gebruik
  • jou woordeskat uit te brei
  • eenvoudige taalvorme en sinstrukture te gebruik om te kommunikeer
Table 1
                                                         
  LU 3.4           LU 3.5           LU 3.6           LU 6.2           LU 6.3      
                                                         
  • Maar in sommige kusstreke is daar tog ook suksesverhale. Die volgende berig, wat oor ‘n besonderse mens handel, het op 18 Julie 2003 in Die Burger verskyn. Lees dit sorgvuldig deur en voer die opdragte uit wat daarop volg.

Bemagtig: Saldanha se werkloses boer

Mossels maak deur na beter lewe oop

Aanvraag só groot ‘hulle kan amper nie byhou nie’

MARENET JORDAAN

SALDANHA. - In ‘n klein geboutjie met ‘n vrolike geel dak in die hawe hier staan sewe vroue en sing terwyl hul vingers flink die dag se oes van 1,2 ℓ mossels skoonskrop.

Die meeste van hulle was ‘n jaar gelede werkloos en die Saldanha Mussel Growers’ Company (Salmusco) het vir hulle ‘n deur na ‘n beter lewe oopgemaak.

Me. Theola Coetzee (23) is een van dié gemeenskapsgedre­we maatskappy se 18 mossel­boere en aandeelhouers. Vir elke kilogram wat die maatskap­py van haar vlot se oes verkoop, kry sy R2,75.

Tog staan sy nog elke dag van 08:00 tot 17:00 saam met die ander vroue in die fabriek agter die skoonmaaktafels.

“Ek is nie bekommerd oor my vlot nie. Ek het ‘n werk nodig gehad,” het sy gesê.

Salmusco het op 1 September 2002 begin sake doen. Die mossel­boere het hul vlotte met behulp van lenings deur die Landbank aangekoop.

Mnr. Alestaire Brown, bestuurder van Salmusco, het gesê die see­toestande en water in Saldanhabaai is ideaal vir mosselboerdery omdat daar gedurig golwe vol voedingryke plankton oor die vlotte spoel.

“Ons mossels kom nooit met sand of vars water in aanraking nie en ons verkoop net lewende mossels,” het Brown gesê.

Die gedagte aan die maatskappy het onstaan uit ontwikkelings­werk­sessies wat die Sentrum vir Geïntegreerde Lande­like Ontwikkeling in die gemeenskap gehou het.

Mnr. Wilfred Williams, plaaslike ekonomiese ontwikkelingsbestuur­der van die sentrum, het gesê die maatskappy gebruik tans net sowat 13 ha van die 50 ha wat hy by Portnet huur.

“Die doelwit is om eers die onderneming te stabiliseer voordat hy uitbrei,” het Williams gesê.

Werk by die fabriek begin reeds douvoordag wanneer die skuite Molina en Don Roco teen 04:00 by die vlotte gaan oes.

Mnr. Jaco van Reel, wat lid van die oesspan is, het gesê hy geniet sy werk omdat hy só die vars oggend-seelug kan inasem. Van Reel was voorheen ‘n kontrakwerker by ‘n staalfabriek.

Saam met hom op die Molina is mnr. Cratton van Niekerk, bedryfsbestuurder van Salmusco en ook ‘n mosselboer.

Hy was voorheen werkloos en het gesê hy het dié geleentheid met albei hande aangegryp.

Volgens Van Niekerk raak die aanvraag byna te groot en kan hulle amper nie by hul klante byhou nie. “Dit is opwindend om jouself te onderhou en te bemagtig. Ons maak nog nie eintlik wins nie, maar ek is elke dag bly om vorentoe te gaan.

marenet@dieburger.com

1. Wat is die onderwerp van hierdie berig? (Met ander woorde, waaroor handel dit?)

2. Kyk na die drie opskrifte.

2.1 Wat beteken dit om iemand te bemagtig?

2.2 Waarom is “Bemagtig” vetgedruk?

2.3 In die hoofopskrif word daar van beeldspraak (‘n metafoor) gebruik gemaak.

(a) Skryf een woord neer wat in die opskrif voorkom wat die belangrikste woord in die metafoor is.

(b) Verduidelik die metafoor in jou eie woorde.

2.4 ‘n Sekere deel van die derde opskrif word tussen aanhalings geskryf. Hoekom?

2.5 Waarom is daar ‘n aksentteken op die o in “só”?

3. Die eerste paragraaf (die inleiding) is ‘n belangrike deel van die teks. Dit is ook waarom dit in vetdruk geskryf word. Ons kan sien dat die register (m.a.w. die toonaard) hier lig en positief is. (Jul onderwyser sal julle ‘n bietjie meer oor register vertel.)

3.1 Soek die volgende woorde in die eerste paragraaf wat hierdie ligte, positiewe atmosfeer skep, en skryf hulle neer:

(a) twee byvoeglike naamwoorde:..................................... en .....................................

(b) een bywoord ................................................................

(c) een werkwoord ..........................................................

3.2 Kies die korrekte woord en onderstreep dit:

  • Die toonaard van hierdie stuk is optimisties / pessimisties.

3.3 Daar is hier en daar sinne wat in die direkte rede geskryf is. Die doel daarvan is om die mense as ‘t ware self met die leser te laat “praat” en dit so ‘n bietjie meer persoonlik te laat klink.

  • Skryf die volgende sinne oor in die indirekte rede:

(a) “Ek is nie bekommerd oor my vlot nie. Ek het ‘n werk nodig gehad,” het sy gesê.

(b) “Ons mossels kom nooit met sand of vars water in aanraking nie en ons verkoop net lewende mossels,” het Brown gesê.

3.4 Waarvoor staan die t in 1,2 t (in die eerste paragraaf)?

3.5 Waarvoor staan ha in die sin: “… die maatskappy gebruik tans net sowat 13 ha van die 50 ha water wat hy by Portnet huur” (paragraaf 10).

3.6 Soek een sin in die stuk wat die volgende beteken: “It is exciting to support and empower yourself.” Skryf dit neer.

3.7 Wat is die mossels se voedsel? (Net die woord is genoeg.)

3.8 Verduidelik in jou eie woorde wat die volgende is:

(a) ‘n vlot

(b) klante

Table 2
                                                         
  LU 3.4           LU 3.5           LU 3.6           LU 6.2           LU 6.3      
                                                         

AKTIWITEIT 2

Om

  • te skryf om inligting oor te dra
  • mediatekste te ontwerp
Table 3
                     
  LU 4.1           LU 4.5      
                     

1. Verbeel jou jy is ‘n eenvoudige visserman (of sy vrou). Skryf ‘n resep neer van ‘n dis wat jy vanaand vir aandete sal maak. (Dit moet een of ander seekosresep wees.)

2. Ontwerp ‘n boekomslag vir ‘n boek met seekosresepte. Beide die titel en die skrywer se naam moet op die omslag verskyn en dit moet mooi geïllustreer wees sodat mense dit dadelik op die rak in die boekwinkel sal raaksien. As jy nie mooi kan teken nie, kan jy prente uit ou tydskrifte gebruik (bv. om ‘n collage te maak) vir die omslag.

  • Doen dit op ‘n skoon vel papier wat jy in jou portefeulje kan plaas.
Table 4
                     
  LU 4.1           LU 4.5      
                     

Assessering

Table 5
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die este­tiese, kulturele en emosio­nele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.2 sommige elemente van poësie verstaan;
3.4 vir inligting lees;
3.5 mediatekste krities ontleed;
3.6 leesstrategieë gebruik;
3.8 begrip van die gebruik van naslaanwerke toon.
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitlike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doel­eindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra;
4.5 mediatekste ontwerp;
4.6 skryf as ‘n proses benader.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 bekende woorde korrek spel;
6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer;
6.3 woordeskat uitbrei.

Memorandum

AKTIWITEIT 3

1. Dit handel oor werklose mense (veral een vrou) wat hulself bemagtig het deur mossels te kweek en te bemark.

2.

2.1 Dit beteken om iemand sekere vaardighede te leer wat hy/sy kan gebruik om beter te lewe.

2.2 Dit is die belangrikste woord.

2.3 (a) deur

(b) Dit is asof die mense ’n deur oopgemaak het om uit een plek te stap na ’n ander beter plek; of die deur is oopgemaak sodat nuwe geleenthede kan binnekom.

2.4 Dit is die woorde wat die mense self gesê het.

2.5 Dit beklemtoon die woord – m.a.w. dit sê dat dit baie groot is.

3.

3.1 vrolike geel

3.2 flink

3.3 (a) Sy het gesê dat sy nie oor haar vlot bekommerd (was) nie, want sy het ’n werk nodig gehad. (enige korrekte sin)

(b) Brown het gesê dat hulle mossels nooit met sand of vars water in aanraking kom nie en dat hulle net lewende mossels verkoop. (enige korrekte sin)

3.4 ton

3.5 hektaar

3.6 “Dit is opwindend om jouself te onderhou en te bemagtig.”

3.7 plankton

3.8 Dis ’n houtkonstruksie wat op die water dryf.

3.9 mense wat by jou koop

AKTIWITEIT 4

1. eie resep

2. eie ontwerp

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks