Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 9 » Om te skryf vir persoonlike besinning

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseLang display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Om te skryf vir persoonlike besinning

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 9

Module 11

OM TESKRYF VIR PERSOONLIKE BESINNING

Aktiwiteit 1

Om te skryf vir persoonlike besinning

  • Kies een van die volgende onderwerpe en maak ’n inskrywing in jou dagboek of joernaal daaroor:

1. Jy hou nie eintlik baie van sport nie en jy is taamlik onaktief. Jy sou veel eerder ’n boek wou lees of gaan fliek as om aan sport deel te neem. Jy voel egter dat dit nie reg is nie en dat jy oefening moet kry. Jy wonder watter sportsoort geskik sal wees. Skryf jou gedagtes hieroor neer, en probeer om ’n besluit te neem, wat jy ook neerskryf.

2. Jy is met vakansie en jy het ’n wonderlike dag beleef waarin jy opwindende sportaktiwiteite ervaar het. (Gebruik jou verbeelding en dink aan iets interessants.) Skryf al die dag se gebeure neer.

3. Jy is ’n deelnemer aan die Wêreld-moerassnorkelkompetisie in die Waen Rhydd Bog in Wallis. Jy verteenwoordig Suid-Afrika en dis die eerste keer dat jy daar is. Jy het vandag vir die eerste keer gaan oefen. Die kompetisie vind more plaas. Skryf jou gedagtes in jou dagboek neer.

4. Jy het so pas na ’n wedstryd tussen twee meisieskrieketspanne gekyk. Jy het baie besliste idees omtrent meisies wat krieket speel (vir óf teen). Skryf jou gedagtes daaromtrent neer.

Table 1
         
  LU 4.3      
         

Aktiwiteit 2

Om mediatekste te ontwerp

1. Ontwerp ’n buiteblad vir ’n sporttydskrif. Sorg dat dit interessant lyk en kleurvol is, sodat dit ’n moontlike leser se aandag sal trek. Jy kan dit in jou portefeulje plaas. Kreatiwiteit is hier die sleutelwoord. Gebruik ’n aparte vel papier daarvoor en voeg dit los in.

2. Verbeel jou dat jy ’n valskermsweeftuig / branderplank / gholfstel / kano of enige ander sportapparaat het wat jy nie meer gebruik nie. Jy wil dit verkoop. Skryf die bewoording van ’n klein advertensie wat jy in die snuffelkolom van ’n koerant of tydskrif wil plaas. Onthou dat dit bondig, maar volledig moet wees. Elke woord kos geld.

Table 2
         
  LU 4.5      
         

Aktiwiteit 3

Om woordeskat uit te brei

  • Die volgende berig (hier in effens aangepaste vorm) het op 9 April 2003 in Die Burger verskyn:
Table 3
Stokveg dalk as SA sport erkenBUN BOOYENSKAAPSTAD.- Stokgevegte, een van Suid-Afrika se gunsteling inheemse tydverdrywe, gaan dalk eersdaags amptelik as sport erken word. As alles volgens plan verloop, kan die land se voorste stokslaners mekaar reeds in September vanjaar amptelik te lyf gaan by Suid-Afrika se eerste inheemse sportspele in die provinsie Lim­popo. Stokgevegte kan gevaarlik wees, dus word elektroniese stokke nou ontwikkel wat ’n hou sal registreer wanneer een deelnemer ’n ander tref.Die voorsitter van die SA Sportkommissie het gister gesê dat inheemse sportsoorte en speletjies sal uitsterf as die jeug dit nie aanleer nie.Daar word in September ’n inheemse spele gehou om sportsoorte soos stok­ge­vegte amptelik op die sportkalender te hou. Die tradisionele speletjie ncuva, wat met klippies in ’n sirkel op die grond gespeel word, word tans gerekenari­seer sodat mededingers uit nege provinsies elektronies met mekaar kan meeding.Daar is landwyd reeds 230 fasiliteer­ders opgelei om deel­nemers in tradisio­nele sport af te rig. ’n Handleiding word saamgestel waarin die reëls vir die sportsoorte opgeteken sal word.Suid-Afrika neem in Julie vanjaar in Toronto, Kanada aan ’n internasionale byeen­koms vir inheemse sport deel.

1. Kyk na die woord “inheemse” wat in die beriggie gebruik word. Wat beteken dit?

2. Die antoniem van hierdie woord (woord met teenoorgestelde betekenis) is uitheemse. Kan jy sien hoe die antoniem gevorm is? Die “in” is deur “uit” vervang: inheemse word uitheemse. Wat beteken “uitheemse”?

3. Die “in”- en “uit”- deel van hierdie woorde word voorvoegsels genoem omdat hulle vooraan die woord staan, en hulle het ’n funksie, naamlik om die betekenis van die woord te help bepaal. Daar is ook woorde met agtervoegsels, soos die volgende woorde uit die beriggie: deelnemer, fasiliteerder, mededinger.

  • Onderstreep die agtervoegsel in elkeen van die bogenoemde woorde.

4. Verduidelik wat die agtervoegsel se funksie (sy werk) in hierdie woorde is.

5. Soek enige vyf woorde met voorvoegsels en vyf met agtervoegsels in tekste in hierdie module en skryf hulle neer. Onderstreep die voor- en agtervoegsels.

Table 4
         
  LU 6.3      
         

Aktiwiteit 4

Om taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen te gebruik

  • Doen naslaan- en/of kaartwerk oor die volgende en skryf kortliks neer wat jy uitgevind het:

1. die oorsprong van die woord “marathon”

2. die Noordpool

3. die Berg Everest

4. die Pinkster-eiland (Engels: Pentecost Island)

5. die Gobi-woestyn

6. vriesbrand (as iets wat met ’n mens gebeur)

Table 5
                     
  LU 5.1           LU 5.3      
                     

Aktiwiteit 5

Om ’n kort, formele praatjie of aanbieding te gee

  • Berei ’n mondelinge aanbieding voor wat ongeveer vyf tot agt minute sal duur oor enige aspek van sport. Maak dit ook aanskoulik (visueel interessant) deur van modelle, voorbeelde, plakkate, blaaibordvelle of die oorhoofse projektor (selfs ’n Power Point-aanbieding, as jy kan) gebruik te maak. Sorg dat jy kaartjies het met die hoofgedagtes daarop en maak seker dat jou visuele material verband hou en op die regte plek gewys word. ’n Mens moet goed voorbereid wees en goed met jou gehoor kommunikeer. Paslike lyftaal, goeie oogkontak, duidelike spraak en aangename stemtoon is van groot belang.
Table 6
                     
  LU 2.6           LU 6.2      
                     

Aktiwiteit 6

Om bekende woorde korrek te spel

  • Die volgende woorde kom almal in die tekste waarmee julle in hierdie module gewerk het, voor. Kyk goed na hulle en maak seker dat jy weet hoe om hulle te spel;
  • agternagesit
  • hoë
  • toring
  • kilometers
  • chirurg
  • rivier- en damwater
  • Voer die volgende opdragte uit:

1. Skryf twee sinne: gebruik eers “agternagesit” (een woord) in die eerste sin, en dan “agterna gesit” (twee woorde) in die volgende sin om aan te dui wat die verskil in betekenis is.

2. Vergelyk die woord “hoë” met ’n word soos “vroeë”. Spreek die woorde uit en probeer vasstel waarom daar deeltekens op elke e is. Verduidelik dit aan ’n maat en laat jou maat dan sê of jou antwoord reg of verkeerd klink. Vra dan vir jou onderwyser of julle reg is.

Jou maat se evaluering:

3. Hoe sou jy “toring” aan die einde van ’n sin afkap?

4. Hoe sou jy “kilometers” afkort, bv. 30 kilometers:

5. Vind uit wat die ander spelwyse van “chirurg” is en skryf dit neer.

6. Hoekom is daar ’n koppelteken in “rivier- en damwater”? Skryf dit volledig uit om te wys jy verstaan wat dit daar doen.

Table 7
         
  LU 6.1      
         

Aktiwiteit 7

Om jou woordeskat uit te brei

  • Die woorde/uitdrukkings wat in die volgende opdragte voorkom, is almal in die tekste waarmee julle in hierdie module gewerk het.

1. ’n Dekade is tien jaar. Skryf die woord neer vir

1.1 ’n honderd jaar

1.2 vyftig jaar

2. Wat beteken

2.1 om vir iemand ore aan te sit?

2.2 om ongedeerd daarvan af te kom?

2.3 om jou te pletter te val?

2.4 ’n gesoute marathonatleet?

2.5 Die Kaapse Dokter (anders as “die Kaapse dokter, dr Hans van Heerden”)?

3. Waarom is die woorde “kussing” en “preek” in die eerste leestuk tussen aanhalingstekens?

Table 8
         
  LU 6.3      
         

Sommige mense is nou eenmaal net meer waaghalsig as ander. Dink maar aan diegene wat nie kan wag vir die naweek om aan te breek sodat hulle kan gaan rotsklim nie! Ek kry sommer ’n hol kol op my maag as ek net daaraan dink! Dit is vir my erg genoeg om in die kabelkarretjie met sy indrukwekkende kabelstelsel teen Tafelberg op te ry!

’n Mens moet darem baie moed hê om sekere sportsoorte aan te durf.

Is jy ’n bok vir sports?

  • VIR INTERESSANTE INLIGTING KAN DIE VOLGENDE WEBWERF BESOEK WORD: www.baseclimb.com
  • ’n Nuwe, binneshuise klimsentrum, CityROCK, is pas in Observatory, Kaapstad geopen. Dit is Suid-Afrika se grootste 21-eeuse binnenshuise rotsklim-gimnasium. (Bron: JIP, Die Burger, 21 April 2003).

LAAT BERIG – Dr Hans van Heerden (kyk leesstuk by Aktiwiteit 5) het die vyfde plek verower in die strawwe yswedloop by die Noordpool. (Die Burger, 25 April 2003)

Assessering

Table 9
LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 vertaal en tolk;
2.6 ’n kort, formele praatjie of aanbieding gee.
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitlike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doel­eindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra;
4.3 vir persoonlike besinning skryf;
4.5 mediatekste ontwerp;
LU 5
DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en ge­bruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.1 taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen gebruik;5.2 taal gebruik om te dink;
5.3 inligting insamel en op verskillende maniere opteken.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 bekende woorde korrek spel;
6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer;
6.3 woordeskat uitbrei.6.4 begrip van 5 000 tot 7 500 alledaagse woorde binne konteks teen die einde van graad 8 demonstreer.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

Eie dagboekinskrywing. Bespreek die elemente van ‘n dagboekinskrywing, bv. dis persoonlik, intiem en in die eerste persoon.

AKTIWITEIT 2

1. Buiteblad-ontwerp: Daar moet eers na verskillende tydskrifte se buiteblaaie gekyk word om ‘n beeld te kry van komposisie en kleur – maak leerders bewus van die feit dat dit aandag moet trek en dus interessant moet wees. Die kuns en kultuur-leerkrag kan dalk hier ‘n inset lewer.

2. Leerders moet eweneens hier leiding kry en voorbeelde ondersoek. Die belangrike feit hier is dat die advetensietjie kort en duidelik moet wees omdat elke woord geld kos. Kontaknommers en / of adres moet gegee word.

AKTIWITEIT 3

1. Dit beteken dit is eie aan die betrokke land, m.a.w. hier sou dit beteken dat dit van Suid-Afrika is.

2. Dit beteken dis van ‘n ander land as die een wat ter sprake is.

3. deelnemer; fasiliteerder; mededinger (Wys op die gebruik van die D in fasiliteerder.)

4. Die funksie in hierdie woorde is om ‘n naamwoord te skep – dis elke keer die “naam” van die persoon wat die aksie uitvoer wat deur die werkwoord aangedui word. ‘n Mens kan ook wys dat die werkwoord meeding is, terwyl die naamwoord mededinger is. (Res uit die Nederlands – soek nog woorde wat “mede” bevat.)

5. enige 10 woorde uit module

AKTIWITEIT 4

1-6 Eie naslaanwerk en kort notas daaroor. Aangesien dit verskeie leerareas betrek, kan baie interessante aktiwiteite hieraan gekoppel word, en beide die opvoeder en die leerders se kreatiwiteit en inisiatief kan hoogty vier!

AKTIWITEIT 5

eie voorbereide praatjie

Die opvoeder moet vooraf leiding gee ten opsigte van die aspekte wat in die module onder hierdie aktiwiteit genoem word.

AKTIWITEIT 6

Voorbeeldsinne:

1.

  • Die polisieman het die dief agternagesit en ná ongeveer vyftig meter het hy hom ingehaal en gearresteer. (Hy het vinnig agter hom aan gehardloop.)
  • Omdat daar te min sitplek was vir al die gaste, het die skoolhoof gesê dat die volwassenes eerste moes sitplek kry, en die leerders kon agterna sit as daar nog oop stoele was. (Hulle het later gesit, nadat die ander mense gaan sit het.)

2. ho/ë (Luister na die klank van die eerste lettergreep – dis ‘n oo-klank.) vroe/ë (Die eerste lettergreep - dis ‘n oe-klank.) Die ë dui ‘n volgende lettergreep aan – dis hoekom dit ‘n deelteken genoem word.

3. Lettergrepe: to/ring.

4. Afkorting: km (Let wel: geen punt; kleinletters). Gee nog voorbeelde uit die metrieke stelsel, bv kg, mm, ens.

5. sjirurg

6. rivierwater en damwater (M.a.w. die koppelteken neem die plek in van water.)

AKTIWITEIT 7

1.1 ‘n eeu

1.2 ‘n halfeeu

2.1 om iemand te kul of te uitoorlê

2.2 om nie seer te kry nie – jy het ongeskaad gebly

2.3 om baie seer te kry as jy val, of jou selfs dood te val

2.4 ‘n baie goeie, ervare marathonatleet

2.5 Die “Kaapse Dokter” is ‘n idiomatiese uitdrukking vir die Suidoostewind wat soms baie hard in die Kap waai en die omgewing skoonwaai en dit sodoende kiemvry maak omdat dit van die besoedeling ontslae raak.

3.Titel: As iemand ‘n “bok vir sports” is, is hy/sy baie gretig om pret te maak; hy/sy is nie bang om iets aan te pak nie. Dit hou verband met die onderwerp wat in die module behandel word, want die sportsoorte waarvan hier geskryf is, is uitdagende aktiwiteite en ‘n mens moet bereid wees om te waag. Die laaste s is tussen hakies omdat die onderwerp eintlik sport is.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks