Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 9
Aktiwiteit 1
Om te skryf vir persoonlike besinning
1. Jy hou nie eintlik baie van sport nie en jy is taamlik onaktief. Jy sou veel eerder ’n boek wou lees of gaan fliek as om aan sport deel te neem. Jy voel egter dat dit nie reg is nie en dat jy oefening moet kry. Jy wonder watter sportsoort geskik sal wees. Skryf jou gedagtes hieroor neer, en probeer om ’n besluit te neem, wat jy ook neerskryf.
2. Jy is met vakansie en jy het ’n wonderlike dag beleef waarin jy opwindende sportaktiwiteite ervaar het. (Gebruik jou verbeelding en dink aan iets interessants.) Skryf al die dag se gebeure neer.
3. Jy is ’n deelnemer aan die Wêreld-moerassnorkelkompetisie in die Waen Rhydd Bog in Wallis. Jy verteenwoordig Suid-Afrika en dis die eerste keer dat jy daar is. Jy het vandag vir die eerste keer gaan oefen. Die kompetisie vind more plaas. Skryf jou gedagtes in jou dagboek neer.
4. Jy het so pas na ’n wedstryd tussen twee meisieskrieketspanne gekyk. Jy het baie besliste idees omtrent meisies wat krieket speel (vir óf teen). Skryf jou gedagtes daaromtrent neer.
| LU 4.3 | ||||
Aktiwiteit 2
Om mediatekste te ontwerp
1. Ontwerp ’n buiteblad vir ’n sporttydskrif. Sorg dat dit interessant lyk en kleurvol is, sodat dit ’n moontlike leser se aandag sal trek. Jy kan dit in jou portefeulje plaas. Kreatiwiteit is hier die sleutelwoord. Gebruik ’n aparte vel papier daarvoor en voeg dit los in.
2. Verbeel jou dat jy ’n valskermsweeftuig / branderplank / gholfstel / kano of enige ander sportapparaat het wat jy nie meer gebruik nie. Jy wil dit verkoop. Skryf die bewoording van ’n klein advertensie wat jy in die snuffelkolom van ’n koerant of tydskrif wil plaas. Onthou dat dit bondig, maar volledig moet wees. Elke woord kos geld.
| LU 4.5 | ||||
Aktiwiteit 3
Om woordeskat uit te brei
| Stokveg dalk as SA sport erkenBUN BOOYENSKAAPSTAD.- Stokgevegte, een van Suid-Afrika se gunsteling inheemse tydverdrywe, gaan dalk eersdaags amptelik as sport erken word. As alles volgens plan verloop, kan die land se voorste stokslaners mekaar reeds in September vanjaar amptelik te lyf gaan by Suid-Afrika se eerste inheemse sportspele in die provinsie Limpopo. Stokgevegte kan gevaarlik wees, dus word elektroniese stokke nou ontwikkel wat ’n hou sal registreer wanneer een deelnemer ’n ander tref.Die voorsitter van die SA Sportkommissie het gister gesê dat inheemse sportsoorte en speletjies sal uitsterf as die jeug dit nie aanleer nie.Daar word in September ’n inheemse spele gehou om sportsoorte soos stokgevegte amptelik op die sportkalender te hou. | Die tradisionele speletjie ncuva, wat met klippies in ’n sirkel op die grond gespeel word, word tans gerekenariseer sodat mededingers uit nege provinsies elektronies met mekaar kan meeding.Daar is landwyd reeds 230 fasiliteerders opgelei om deelnemers in tradisionele sport af te rig. ’n Handleiding word saamgestel waarin die reëls vir die sportsoorte opgeteken sal word.Suid-Afrika neem in Julie vanjaar in Toronto, Kanada aan ’n internasionale byeenkoms vir inheemse sport deel. |
1. Kyk na die woord “inheemse” wat in die beriggie gebruik word. Wat beteken dit?
2. Die antoniem van hierdie woord (woord met teenoorgestelde betekenis) is uitheemse. Kan jy sien hoe die antoniem gevorm is? Die “in” is deur “uit” vervang: inheemse word uitheemse. Wat beteken “uitheemse”?
3. Die “in”- en “uit”- deel van hierdie woorde word voorvoegsels genoem omdat hulle vooraan die woord staan, en hulle het ’n funksie, naamlik om die betekenis van die woord te help bepaal. Daar is ook woorde met agtervoegsels, soos die volgende woorde uit die beriggie: deelnemer, fasiliteerder, mededinger.
4. Verduidelik wat die agtervoegsel se funksie (sy werk) in hierdie woorde is.
5. Soek enige vyf woorde met voorvoegsels en vyf met agtervoegsels in tekste in hierdie module en skryf hulle neer. Onderstreep die voor- en agtervoegsels.
| LU 6.3 | ||||
Aktiwiteit 4
Om taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen te gebruik
1. die oorsprong van die woord “marathon”
2. die Noordpool
3. die Berg Everest
4. die Pinkster-eiland (Engels: Pentecost Island)
5. die Gobi-woestyn
6. vriesbrand (as iets wat met ’n mens gebeur)
| LU 5.1 | LU 5.3 | |||||||||
Aktiwiteit 5
Om ’n kort, formele praatjie of aanbieding te gee
| LU 2.6 | LU 6.2 | |||||||||
Aktiwiteit 6
Om bekende woorde korrek te spel
1. Skryf twee sinne: gebruik eers “agternagesit” (een woord) in die eerste sin, en dan “agterna gesit” (twee woorde) in die volgende sin om aan te dui wat die verskil in betekenis is.
2. Vergelyk die woord “hoë” met ’n word soos “vroeë”. Spreek die woorde uit en probeer vasstel waarom daar deeltekens op elke e is. Verduidelik dit aan ’n maat en laat jou maat dan sê of jou antwoord reg of verkeerd klink. Vra dan vir jou onderwyser of julle reg is.
Jou maat se evaluering:
3. Hoe sou jy “toring” aan die einde van ’n sin afkap?
4. Hoe sou jy “kilometers” afkort, bv. 30 kilometers:
5. Vind uit wat die ander spelwyse van “chirurg” is en skryf dit neer.
6. Hoekom is daar ’n koppelteken in “rivier- en damwater”? Skryf dit volledig uit om te wys jy verstaan wat dit daar doen.
| LU 6.1 | ||||
Aktiwiteit 7
Om jou woordeskat uit te brei
1. ’n Dekade is tien jaar. Skryf die woord neer vir
1.1 ’n honderd jaar
1.2 vyftig jaar
2. Wat beteken
2.1 om vir iemand ore aan te sit?
2.2 om ongedeerd daarvan af te kom?
2.3 om jou te pletter te val?
2.4 ’n gesoute marathonatleet?
2.5 Die Kaapse Dokter (anders as “die Kaapse dokter, dr Hans van Heerden”)?
3. Waarom is die woorde “kussing” en “preek” in die eerste leestuk tussen aanhalingstekens?
| LU 6.3 | ||||
Sommige mense is nou eenmaal net meer waaghalsig as ander. Dink maar aan diegene wat nie kan wag vir die naweek om aan te breek sodat hulle kan gaan rotsklim nie! Ek kry sommer ’n hol kol op my maag as ek net daaraan dink! Dit is vir my erg genoeg om in die kabelkarretjie met sy indrukwekkende kabelstelsel teen Tafelberg op te ry!
’n Mens moet darem baie moed hê om sekere sportsoorte aan te durf.
Is jy ’n bok vir sports?
LAAT BERIG – Dr Hans van Heerden (kyk leesstuk by Aktiwiteit 5) het die vyfde plek verower in die strawwe yswedloop by die Noordpool. (Die Burger, 25 April 2003)
| LU 2 |
| PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.1 vertaal en tolk; |
| 2.6 ’n kort, formele praatjie of aanbieding gee. |
| LU 4 |
| SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitlike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 4.1 skryf om inligting oor te dra; |
| 4.3 vir persoonlike besinning skryf; |
| 4.5 mediatekste ontwerp; |
| LU 5 |
| DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 5.1 taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen gebruik;5.2 taal gebruik om te dink; |
| 5.3 inligting insamel en op verskillende maniere opteken. |
| LU 6 |
| TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 6.1 bekende woorde korrek spel; |
| 6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer; |
| 6.3 woordeskat uitbrei.6.4 begrip van 5 000 tot 7 500 alledaagse woorde binne konteks teen die einde van graad 8 demonstreer. |
AKTIWITEIT 1
Eie dagboekinskrywing. Bespreek die elemente van ‘n dagboekinskrywing, bv. dis persoonlik, intiem en in die eerste persoon.
AKTIWITEIT 2
1. Buiteblad-ontwerp: Daar moet eers na verskillende tydskrifte se buiteblaaie gekyk word om ‘n beeld te kry van komposisie en kleur – maak leerders bewus van die feit dat dit aandag moet trek en dus interessant moet wees. Die kuns en kultuur-leerkrag kan dalk hier ‘n inset lewer.
2. Leerders moet eweneens hier leiding kry en voorbeelde ondersoek. Die belangrike feit hier is dat die advetensietjie kort en duidelik moet wees omdat elke woord geld kos. Kontaknommers en / of adres moet gegee word.
AKTIWITEIT 3
1. Dit beteken dit is eie aan die betrokke land, m.a.w. hier sou dit beteken dat dit van Suid-Afrika is.
2. Dit beteken dis van ‘n ander land as die een wat ter sprake is.
3. deelnemer; fasiliteerder; mededinger (Wys op die gebruik van die D in fasiliteerder.)
4. Die funksie in hierdie woorde is om ‘n naamwoord te skep – dis elke keer die “naam” van die persoon wat die aksie uitvoer wat deur die werkwoord aangedui word. ‘n Mens kan ook wys dat die werkwoord meeding is, terwyl die naamwoord mededinger is. (Res uit die Nederlands – soek nog woorde wat “mede” bevat.)
5. enige 10 woorde uit module
AKTIWITEIT 4
1-6 Eie naslaanwerk en kort notas daaroor. Aangesien dit verskeie leerareas betrek, kan baie interessante aktiwiteite hieraan gekoppel word, en beide die opvoeder en die leerders se kreatiwiteit en inisiatief kan hoogty vier!
AKTIWITEIT 5
eie voorbereide praatjie
Die opvoeder moet vooraf leiding gee ten opsigte van die aspekte wat in die module onder hierdie aktiwiteit genoem word.
AKTIWITEIT 6
Voorbeeldsinne:
1.
2. ho/ë (Luister na die klank van die eerste lettergreep – dis ‘n oo-klank.) vroe/ë (Die eerste lettergreep - dis ‘n oe-klank.) Die ë dui ‘n volgende lettergreep aan – dis hoekom dit ‘n deelteken genoem word.
3. Lettergrepe: to/ring.
4. Afkorting: km (Let wel: geen punt; kleinletters). Gee nog voorbeelde uit die metrieke stelsel, bv kg, mm, ens.
5. sjirurg
6. rivierwater en damwater (M.a.w. die koppelteken neem die plek in van water.)
AKTIWITEIT 7
1.1 ‘n eeu
1.2 ‘n halfeeu
2.1 om iemand te kul of te uitoorlê
2.2 om nie seer te kry nie – jy het ongeskaad gebly
2.3 om baie seer te kry as jy val, of jou selfs dood te val
2.4 ‘n baie goeie, ervare marathonatleet
2.5 Die “Kaapse Dokter” is ‘n idiomatiese uitdrukking vir die Suidoostewind wat soms baie hard in die Kap waai en die omgewing skoonwaai en dit sodoende kiemvry maak omdat dit van die besoedeling ontslae raak.
3.Titel: As iemand ‘n “bok vir sports” is, is hy/sy baie gretig om pret te maak; hy/sy is nie bang om iets aan te pak nie. Dit hou verband met die onderwerp wat in die module behandel word, want die sportsoorte waarvan hier geskryf is, is uitdagende aktiwiteite en ‘n mens moet bereid wees om te waag. Die laaste s is tussen hakies omdat die onderwerp eintlik sport is.