Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 6 » Die besigheidskonsep

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseEMS display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Economic and Management Sciences (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseEMS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Die besigheidskonsep

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

Graad 6

DIE SAKEPLAN

Module 8

DIE BESIGHEIDSKONSEP

DIE BESIGHEIDSKONSEP

Selfs die beste entrepreneur in die wêreld sal maar sukkel om sekere besighede in sekere omgewings suksesvol te bedryf.

  • n Naaldwerkwinkel in die middel van ‘n industriële gebied sal beswaarlik suksesvol wees.
  • Sal dit raadsaam wees om ‘n baie deftige restaurant langs die rioolwerke oop te maak?

Dit is dus baie belangrik dat ‘n entrepreneur sy/haar huiswerk baie deeglik sal doen voordat hy/sy begin. ‘n Goeie en deeglike sakeplan sal verseker dat hy/sy dit wel sal doen. Só kan alle moontlike aspekte van die besigheid ondersoek word voordat enige geld daarin belê word.

Die hoofrede waarom iemand in ‘n besigheid betrokke raak, is om geld te maak. Maar om geld te kan maak, moet die kliënte se tevredenheid gewaarborg word – soos ons reeds voorheen bespreek het. ‘n Goeie sakeplan sal help om te bepaal of dit geslaagd sal wees. ‘n Sakeplan moet aantoon waarom die besigheid sal slaag in die area waar dit beplan word en waarom die produk/diens wat aan potensiële kliënte gelewer sal word, sal bevredig. Daar moet op die volgende vrae geantwoord kan word:

  • Wat gaan gedoen word?
  • Hoe gaan dit gedoen word?
  • Waar gaan dit gedoen word?
  • Hoe gaan die produk gestoor word?
  • Hoe gaan die diens/produk aan die kliënte versprei word?
  • Hoe gaan die na-verkoopdiens gelewer word?
  • Het die produk ‘n unieke, treffende naam en voorkoms?
  • Wie gaan die verbruikers of teikenmark wees?
  • Wat gaan gedoen word?

Daar is hoofsaaklik vyf verskillende tipes (kategorieë) besighede waarin iemand betrokke kan raak:

  1. grondstowwe
  2. vervaardiging
  3. verspreiding
  4. verkope
  5. diens

Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde:

  • aflewering van ballonne
  • voorsiening van skoonheidsmiddels
  • aflewering van skoonheidsmiddels
  • bottelering van minerale/suiwer water
  • teel van ongewone troeteldiere
  • maak van besigheidskaartjies met foto’s
  • skoonskrif
  • motorwas/poleer
  • matskoonmaakdiens
  • tydelike kinderoppasdiens
  • handwerkbedryf
  • platejoggie
  • poppe en speelgoed maak
  • eksklusiewe dagboeke, groetekaartjies
  • kosaflewering
  • tuindienste
  • aankope, toedraai, versier en aflewering van geskenke
  • kruieboerdery
  • grasversorging
  • swembadversorging
  • babadoekaflewering
  • troeteldierversorging
  • troeteldieroppasdiens
  • maak van eie tuinkompos
  • leesdiens vir bejaardes en blindes
  • tweedehandse klerewinkel
  • inkopiediens
  • versiering/afronding van tuinklippe
  • telefoonantwoorddiens
  • vensterskoonmaakdiens
  • kersvervaardiging
  • ysvoorsiening
  • konfyt
  • kweek van plantjies

Skryf uit hierdie lys van voorbeelde ten minste twee voorbeelde by elke kategorie van besigheid neer:

Table 1
Kategorie Voorbeeld
  1. Grondstof
 
  1. Vervaardiging
 
Table 2
  1. Verspreiding
 
  1. Verkope
 
  1. Diens
 
Table 3
LU 4.2  

Entrepreneurs luister en soek gedurig na sake-idees wat hulle uit tydskrifte, koerante, gesprekke met vriende, ander besighede en bestaande dienste en produkte kry. ‘n Ware entrepreneur soek idees om bestaande dienste en produkte te verbeter/verander ten einde die verbruikers tevrede te stel. Die produk/diens waarmee ‘n entrepreneur afskop, word dikwels met ‘n beter idee/ander idee vervang namate die entrepreneur sy kliënte se behoeftes leer ken.

Onthou, ‘n entrepreneur mag glo dat hy/sy ‘n idee het, maar sal daar genoeg wins daaruit gemaak kan word om ‘n bestaan te voer? Die entrepreneur moet eers die gepaste kliënte vind en daarna hul behoeftes bevredig deur die geskikte diens/ produk te lewer.

Hoe word dit gedoen?

Voorbeeld:

Marius wil met ‘n motorwasbesigheid begin. Hy woon in ‘n area waar baie mense nuwe motors besit en daagliks groot afstande aflê. Die motors word uiteraard gou vuil en die eienaars het nie altyd die tyd om hul motors te was nie, al hou almal van ‘n skoon motor. Daar het egter pas ‘n nuwe vulstasie naby hulle oopgemaak met ‘n outomatiese motorwasdiens. Indien ‘n bestuurder by hierdie spesifieke vulstasie meer as R100 se brandstof ingooi, kan hy sy motor by die outomatiese wassery laat was vir slegs R8. Dit is in direkte kompetisie met Marius, want die diens word ook baie vinnig gelewer.

Marius het uitgewerk dat, indien hy sy motorsjampoe, water en tyd in berekening bring, hy nie minder as R10 per was kan vra nie. Dit sal veroorsaak dat die kliënte sal verkies om eerder by die vulstasie hul motors te laat was wanneer hulle brandstof ingooi.

Miskien moet Marius net sy bemarking reg doen. Dalk moet hy konsentreer op aspekte waaraan die vulstasie geen aandag gee nie. Indien hy nie die vulstasie t.o.v. prys kan klop nie, wat dan van die kwaliteit van dienslewering en gerief vir die kliënt?

Miskien moet Marius sy bemarking beplan rondom aspekte soos die volgende:

  • om die kliënt se motor by sy huis te was;
  • ‘n deeglike skoonmaak van allooiwiele in te sluit;
  • die versekering te gee dat lugdrade nie beskadig sal word nie;
  • dat skoonmaak die stofsuig van die binneruim insluit;
  • dat slegs produkte van hoë gehalte gebruik word;
  • persoonlike en betroubare diens;
  • dat ruite met spesiale middels skoongemaak word;
  • geen lang toue nie; ens.

Marius moet hierdie diens van hom met mening adverteer en op die voordele daarvan konsentreer. Hy moet egter ook bereid wees om slegs ‘n basiese motorwas, sonder enige ekstras, aan te bied teen R5, sodat die kliënte kan ervaar dat hy/sy nog steeds die reg het om ‘n keuse uit te oefen. Marius moet ook bereid wees om voortdurend na sy kliënte te luister om te verseker dat hy altyd een stap voor sy mededingers sal wees in ‘n poging om die kliënte tevrede te stel.

Assessering

Table 4
LU 4
ENTREPRENEURSKENNIS EN -VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om entrepreneurskennis, -vaardighede en -houdings te ontwikkel.
Ons weet dit as die leerder die volgende doen :
4.2 identifiseer ‘n verskeidenheid moontlike sakegeleenthede in die gemeenskap (skoolkoöperasies, sport, vermaak, toerisme);
4.3 ontwerp ‘n reklameveldtog as promosie vir ‘n produk wat winsgewend sal wees;
4.4 ontwikkel en implementeer ‘n eenvoudige sakeplan vir ‘n handels- of diensonderneming wat van die huis of die skool bedryf kan word;
4.5 beskryf hoe die vier elemente van die bemarkingsamestelling in ‘n eenvoudige sakeaktiwiteit gekombineer word.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks