Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Tegnologie Graad 6 » Teken van drie-dimensionele figure sonder 'n ruitnet

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseTech display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Technology (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseTech" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Teken van drie-dimensionele figure sonder 'n ruitnet

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

TEGNOLOGIE

Graad 6

3-D DROME

Module 6

TEKEN VAN DRIE-DIMENSIONELE FIGURE SONDER ‘N RUITNET

Jy moet nou leer om ‘n basiese drie-dimensionele figuur sonder ‘n ruitnet te teken. Een manier is om ‘n drie-dimensionele figuur in perspektief te teken deur van verdwynende siglyne op die horison gebruik te maak.

Agtergrond:

Lyne wat al hoe verder van ons gesigsveld is, is geneig om die volgende eienskappe te hê:

  • Dit lyk of parallelle lyne nader na mekaar beweeg totdat hulle op die horison ontmoet. (Dink aan die Karoo-pad)
    Figure 1
    Figure 1 (Picture 1.png)
  • Horisontale lyne van dieselfde lengte lyk of hulle korter word hoe verder hulle van ons af lê.
    Figure 2
    Figure 2 (Picture 2.png)
  • Voorwerpe van dieselfde groottes lyk kleiner hoe verder hulle van ons af lê.
    Figure 3
    Figure 3 (Picture 3.png)

HOE OM ‘N EENVOUDIGE KUBUS IN PERSPEKTIEF TE TEKEN

Figure 4
Figure 4 (graphics1.png)
  1. Teken ‘n vierkant.

2. Teken ‘n horisontale lyn bokant (as jy die bokant wil sien) of in die middel (as jou oog gelyk met die figuur moet wees) of onder (as jy die onderkant wil sien ) die vierkant.

Figure 5
Figure 5 (Picture 4.png)

3. Merk die verdwynpunt iewers op die horisontale lyn. As dit regs van die vierkant is, sal jy die regteraansig sien; links van die vierkant sien jy die linkeraansig.

Figure 6
Figure 6 (Picture 5.png)

4. Trek ligte lyne van elke buitehoek van die vierkant na die verdwynpunt.

Figure 7
Figure 7 (Picture 6.png)

5. Voltooi die kubus deur die agterkant van die figuur in te trek. Die lyne van die sye naby die verdwynpunt is korter as die werklike voorste sye van die vierkant, maar hulle loop parallel met die voorste sye. Die sye na die verdwynpunt is ook korter.

Figure 8
Figure 8 (Picture 7.png)

6. Vee nou die horisontale lyn, die verdwynpunt en lyntjies na die verdwynpunt uit. Trek al die sigbare lyne van die kubus donkerder. Daar het jy nou jou kubus.

Figure 9
Figure 9 (Picture 8.png)

OPDRAG 1:

Voltooi ‘n kubus 30 mm by 30 mm in perspektief sodat jy die linkeraansig kan sien.

Table 1
         
  LU/AS 1.12      
         

Uitdaging:

  • Probeer om dit ook te teken met die verdwynpunt regs van die kubus.

Nog ‘n manier is om van die skuinsaansigmetode teen ‘n hoek van 45° gebruik te maak. (‘n Skuinsaansig is ‘n drie-dimensionele tekening waarvan die siglyne op ‘n hoek van 45° met die horisontale lyn is.)

HOE OM ‘N SKUINSAANSIG-KUBUS TE TEKEN:

Figure 10
Figure 10 (graphics2.png)

1. Teken ‘n vierkant.

2. Teken die sy-aansig en bo-aansig deur by elke punt (sigbare buitehoek) ‘n hoek van 45° vanaf die horisontale lyn te trek. (Die hoeke lê almal na links.)

Figure 11
Figure 11 (Picture 9.png)

3. Meet die lengte van ‘n sy van die vierkant. (vooraansig) Bepaal die lengte van die 45°- sye deur die helfte van die oorspronklike lengte af te meet.

Figure 12
Figure 12 (Picture 10.png)

4. Verbind die punte om die agterkant van die kubus te voltooi, vee alle onnodige lyne uit en trek die kubus se lyne donkerder oor.

Figure 13
Figure 13 (Picture 11.png)

OPDRAG 2:

Teken ‘n kubus waarvan die vooraansig se sye elk 40 mm lank is. Gebruik ook ‘n gradeboog of ‘n tekendriehoek met ‘n hoek van 45º (skuinsaansigmetode).

Table 2
         
  LU/AS 1.12      
         

Uitdaging:

Probeer ook die kubus met ‘n hoek van 45º na regs te teken.

OPDRAG 3A:

Teken ‘n drie-dimensionele figuur van ‘n reghoek op elk van die twee bogenoemde maniere:

Table 3
         
  LU/AS 1.12      
         

a) met verdwynpunt agter regs op die horison;

Figure 14
Figure 14 (Picture 12.png)

b) ‘n skuinsaansig teen 45° met ‘n liniaal en gradeboog (die hoeke lê almal na regs) (breedte: 40 mm).

Figure 15
Figure 15 (Picture 13.png)

OPDRAG 3B:

Table 4
         
  LU/AS 1.12      
         
Figure 16
Figure 16 (graphics3.png)

Uitdaging:

  • Die regte afmetings van ‘n skoendoos is soos volg:

A Lengte: 280 mm

B Breedte: 200 mm

C Hoogte: 100 mm

  • Verklein dit nou vier keer OP SKAAL sodat jy dit in die onderstaande spasie volgens die skuinsaansigmetode kan oorteken.

Volgens skaal: Lengte:

Breedte:

Hoogte:

Wenk:

Teken dit eers as ‘n baksteen en pas dit dan aan deur die detail vir die skoendoos in te teken. Kleur dit ook (volgens die voorbeeld verskaf) en dui die werklike afmeting daarop aan langs elke sy

Agtergrond:

By beide die bogenoemde metodes om ‘n drie-dimensionele voorwerp te teken, is een aansig/vlak van die figuur na voor gedraai. By ISOMETRIESE tekeninge is een hoek van die figuur na vore gedraai.

Wat is ‘n isometriese tekening?

Dit is ‘n drie-dimensionele tekening waarvan die siglyne wat jy kan sien, op ‘n hoek van 30° met die horisontaal is.

HOE TEKEN JY ‘N KUBUS ISOMETRIES?

1. Teken ‘n strepieslyn in die middel van die gegewe spasie.

Figure 17
Figure 17 (Picture 15.png)

2. Maak ‘n punt op die lyn wat die boonste hoek van die kubus sal aandui.

Figure 18
Figure 18 (Picture 16.png)

3. Merk twee hoeke van 30° weerskante van die punt met die horisontaal aan die bokant van die strepieslyn.

Figure 19
Figure 19 (Picture 17.png)

4. Trek ‘n vertikale sy afwaarts so lank soos die lengte van een sy van die kubus.

Figure 20
Figure 20 (Picture 18.png)

5. Meet die boonste twee sye ewe lank.

  1. Trek ‘n stippellyn onder parallel met die boonste een en meet 30° hoeke na bo aan weerskante.

Figure 21
Figure 21 (Picture 19.png)

7. Maak hierdie lyne dieselfde lengte as die vertikale sy.

Figure 22
Figure 22 (Picture 20.png)

8. Trek die twee vertikale lyne weerskante van die middelste lyn.

9. Trek ‘n strepieslyn om die boonste twee hoeke te verbind. Meet 30° aan die bokant vanaf die horisontaal aan beide kante en trek die lyne om te kruis. So word die bo-aansig gevorm.

Figure 23
Figure 23 (Picture 21.png)

OPDRAG 4:

Teken ‘n isometriese kubus waarvan die sye 50 mm is. Gebruik ‘n liniaal, potlood en gradeboog of 30º-tekendriehoek.

Table 5
         
  LU/AS 1.12      
         

Uitdaging:

OPDRAG 5:

Teken ‘n reghoekige figuur (‘n houtblok) waarvan die lengte 80 mm, die breedte 30 mm en die hoogte 40 mm is.

Table 6
         
  LU/AS 1.12      
         

Onthou:

Alle vertikale sye bly vertikaal, maar die skuinslyne is 30° op die horisontaal.

Assessering

Table 7
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen :
Kommunikeer:
1.12 maak gepaste sketse (bv. tweedimensionele sketse van idees met byskrifte, uitgebreide tekeninge van finale oplossing en tekeninge met afmetings) om verskillende inligting gepas en doeltreffend te kommunikeer.

Memorandum

Opdrag 3B

L 70 mm

B 50 mm

H 25 mm

Opdrag 4

Die onderwyser kan die leerders se hele Leereenheid 2 assesseer na die voltooiing van hierdie opdrag of die individuele beoordeling van elke opdrag kan slegs hier oorgedra en opgeteken word.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks