Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Tegnologie Graad 6 » Ontdek energie

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseTech display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Technology (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseTech" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Ontdek energie

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

TEGNOLOGIE

Graad 6

STELSELS EN BEHEER: ‘N ELEKTRIESE SKOK

Module 12

ONTDEK ENERGIE

Agtergrond

Raai-raai? Wat noem ons die vermoë om te werk? Wat kan nooit geskep of vernietig word nie? Wat kan slegs van een vorm na ‘n ander oorgedra word? Dis reg!

E _______________

Die vernaamste bron van energie in die natuur is die son, deurdat dit hitte en ligenergie uitstraal. Plante gebruik hierdie lig- en warmte-energie en verander dit in chemiese energie wat hulle gebruik om te groei.

Die mens en diere benodig ook energie vir alles wat hulle doen. Ons kry ons energie deur kos te eet. Die chemiese energie wat in die kos vasgevang is, word in ons liggame verander in kinetiese (bewegings-) energie wat die spiere in ons liggame in staat stel om hul werk te verrig.

Alle voedsel wat ons eet, bevat dus energie in ‘n mindere of meerdere mate. In watter eenheid word die hoeveelheid energie wat in voedsel teenwoordig is, gemeet?

Opdrag 1

Bestudeer die etikette op blikkies of pakkies voedsel. Voltooi die volgende tabel om die energiewaarde van verskillende voedselsoorte te bepaal.

Table 1
VOEDSEL HOEV. VOEDSEL, bv. 100g KILOJOULES per 100g
     
     
     
     
     
Table 2
LU/AS 2.4  

Opdrag 2

Watter voedselsoorte bevat die meeste kilojoules per 10 g/ml?

Gevolgtrekking

Voedselsoorte soos vette, olies, proteïne, suiker en stysel kan energie aan jou liggaam verskaf. Suiker en stysels (koolhidrate) verskaf meer en vinniger energie aan jou liggaam. As jy nie genoeg oefening kry nie en dus nie van hierdie energie ontslae raak nie, word die energie in die vorm van vet in jou liggaam gestoor.

Table 3
LU/AS 2.4  

Opdrag 3

Waarom eet ‘n atleet wat aan byvoorbeeld ‘n marathon soos die Comrades deelneem, pasta voor die marathon?

Table 4
LU/AS 2.4  

Voedsel gee vir ons energie om werk te kan verrig. Net so het masjiene ook energie nodig om te werk.

Daar is baie verskillende soorte energie, naamlik:

Table 5
Chemiese energie ‘n Voorwerp het die vermoë om energie te toon as gevolg van sy chemiese samestelling.
Potensiële energie Enige voorwerp wat nie op die aarde se oppervlak is nie, het die potensiaal om weer na die aarde toe terug te val as gevolg van die aarde se aantrekkingskrag.
Kinetiese energie (bewegings) Die energie wat ‘n bewegende voorwerp het.
Warmte-energie Die vermoë van ‘n voorwerp om warmte uit te straal.
Lig-energie Die vermoë van ‘n voorwerp om lig uit te straal.
Elektriese energie Die vermoë van ’n voorwerp om elektrisiteit te gelei.
Klank-energie Die vermoë van ‘n voorwerp om klank voort te bring.

Daar vind gedurig oordrag van energie plaas binne ‘n voorwerp. Ons noem dit energie-omsetting.

Opdrag 4

Noem ‘n voorbeeld waar die volgende energie-omsetting plaasvind. Kies uit die volgende moontlikhede (‘n stoof, ‘n hoëtroustel, ‘n gloeilamp, ‘n bal aan ‘n rek, ‘n elektriese trein, ‘n motorbattery).

  1. (a) elektriese energie na klank-energie
  2. (b) elektriese energie na warmte-energie
  3. (c) potensiële energie na kinetiese energie
  4. (d) elektriese energie na lig-energie
  5. (e) elektriese energie na kinetiese energie
  6. (f) chemiese energie na elektriese energie
Table 6
LU/AS 2.4  

In hierdie module gaan ons spesifiek kyk na elektriese energie. Elektrisiteit is baie nuttig, want dit is ‘n tipe energie wat maklik omgesit kan word in ander vorms van energie. Dit besoedel of beskadig nie die omgewing nie en kan veilig en maklik gestoor word.

Ons kry hoofsaaklik twee tipes elektrisiteit, naamlik hoofstroomelektrisiteit en battery-elektrisiteit.

Opdrag 5A

Maak ‘n plakkaat van elektriese toestelle wat met hoofstroomelektrisiteit en met battery-elektrisiteit werk.

Table 7
LU/AS 2.4  

Agtergrond

Figure 1
Figure 1 (Picture 11.png)

Chemiese energie is elektriese energie wat byvoorbeeld in batterye se chemikalieë vasgevang word en het dus die potensiaal om ‘n elektriese stroom op te wek. By ‘n nat battery word twee metale, naamlik koper en sink, genaamd elektrodes, in ‘n suuroplossing genaamd elektroliet geplaas. ‘n Chemiese reaksie word veroorsaak, wat ‘n elektriese krag skep. Negatiewe elektrone vloei deur die suuroplossing van die koper na die sink. Die stroom vloei met die draad weer na die koper en so vloei die elektrisiteit aan. Die chemiese energie wat in ‘n battery gestoor word, word in VOLT gemeet. Ons kry dus batterye van verskillende sterktes en elk met ‘n positiewe en negatiewe pool.

Figure 2
Figure 2 (Picture 12.png)

‘n Italianer, Allessandro Volta, het in 1790 die eerste battery gemaak.

Stroom vloei altyd van ‘n positiewe pool na ‘n negatiewe pool in ‘n stroombaan. ‘n Elektriese stroom vorm dus wanneer elektrone in ‘n stukkie draad almal in dieselfde rigting beweeg. Om elektriese energie te verskaf, moet die elektrone in ‘n ononderbroke baan, genoem ‘n elektriese stroombaan, beweeg. Die enigste manier hoe ‘n persoon kan agterkom of daar ‘n stroom vloei, is om na sy uitwerking te kyk.

Watter basiese komponente het ‘n elektriese stroombaan?

  • Daar moet ‘n energiebron, byvoorbeeld ‘n battery, of elektrisiteit of ‘n opwekker wees;
  • Daar moet ‘n geleier wees, waardeur die elektriese energie kan vloei. Dit is gewoonlik ‘n metaal en bied min weerstand teen elektriese stroom.
  • Daar moet ‘n skakelaar wees waarmee jy die stroombaan kan laat vloei of onderbreek.
  • Daar moet ‘n lading wees wat die elektrisiteit gebruik, dit wil sê, ‘n lig-, klank-, beweging-, of warmtebron, sodat die chemiese energie omgesit kan word in elektriese energie wat dan een van bogenoemde vier kan word.
Figure 3
Figure 3 (Picture 13.png)

Isolators is materiaal wat nie elektrisiteit gelei nie, soos plastiek, rubber en glas. Dit word om metaaldraad of om gloeilamphouers gesit om te keer dat die stroom deur ander metaalvoorwerpe vloei wat daaraan raak.

Opdrag 5B

Elke komponent van ‘n stroombaan het ‘n spesifieke simbool sodat dit moontlik is om ‘n stroomdiagram van ‘n stroombaan te teken.

Table 8
       
  KOMPONENT SIMBOOL  
  ‘n Battery    
  ‘n Geleier    
  ‘n Skuifskakelaar    
  ‘n Gloeilamp    
  ‘n LED    
  Stroomrigting    
       
Table 9
LU/AS 1.13  

Opdrag 6

Skrywe of die volgende reëls oor hoe om versigtig met hoofstroomelektrisiteit om te gaan WAAR of ONWAAR is. Doen dit eers individueel en daarna in ‘n groep.

Table 10
  INDIVIDUEEL GROEP
a. Maak jou hande altyd droog voor jy aan elektriese skakelaars of toestelle werk.    
b. Jy mag ‘n prop uittrek terwyl die muurskakelaar nog aan is.    
c. Moenie ‘n prop uit ‘n muurskakelaar aan die drade uittrek nie - veral nie as die skakelaar nog aan is nie.    
d. ‘n Verslete of uitgerafelde koord kan nie ‘n brand veroorsaak nie en is dus nie gevaarlik nie.    
e. Dit is in orde om ‘n klomp passtukke in een sok te sit as jy verskillende toestelle tegelyk wil gebruik.    
f. Muurproppe word ook in badkamers aangebring.    
g. Dit is gevaarlik om ‘n metaalvoorwerp in ‘n muurprop te steek.    
Table 11
LU/AS 1.9  

Jy kan baie seerkry as jy ‘n elektriese skok opdoen deurdat ‘n elektriese stroom van ‘n hoofstroomelektrisiteitsbron deur jou liggaam vloei. Jy kan ernstige brandwonde opdoen, jou spiere trek saam wat maak dat jy nie die draad kan los nie en jou hart en jou longe kan ophou werk.

Assessering

Table 12
Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
1.13 kies en gebruik gepaste tegnologie om die ontwerpproses aan te bied, aan te teken of te kommunikeer (bv. eenvoudige portefeulje, plakkate, diagramme, modelle)
LU 2
TEGNOLOGIESE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en verantwoordelik toe te pas.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
Verwerking:
2.4 toon kennis en begrip van die komponente van ‘n eenvoudige elektriese stroombaan (bv. verbindingsdrade, battery, skakelaar, uitset-/leweringstoestel), en hoe elektriese energie na ander vorms (bv. lig, hitte, klank, beweging) omgeskakel kan word.

Memorandum

Energie

(kilo) Joule

Opdrag 1

Hang af van blikkies voedsel wat gebruik is.

Opdrag 2

Voedselsoorte wat suiker en stysels bevat.

Opdrag 3

Die atleet moet genoeg energie kan opgaar om die wedloop te kan voltooi en pasta bevat baie energie.

Opdrag 4

(a) ‘n hoëtroustel

(b) ‘n stoof

(c) ‘n bal aan ‘n rek

(d) ‘n gloeilamp

(e) ‘n elektriese trein

(f) ‘n motorbattery

Opdrag 5A

  • Hoofstroom-elektrisiteit Battery-elektrisiteit
  • Televisie flits
  • Bedlampie CD-speler
  • Haardroër
  • Ketel
  • Verwarmer
  • CD-speler

Opdrag 6

(a) W

(b) O

(c) W

(d) O

(e) O

(f) O

(g) W

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks