Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Tegnologie Graad 6 » Speel met battery elektrisiteit

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseTech display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Technology (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseTech" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Speel met battery elektrisiteit

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

TEGNOLOGIE

Graad 6

STELSELS EN BEHEER: ‘N ELEKTRIESE SKOK

Module 13

KOM ONS “SPEEL” MET BATTERY ELEKTRISITEIT

Opdrag 1

Maak ‘n elektriese stroombaan met ‘n nat battery.

Benodigdhede :

  • ‘n Suurlemoen wat as die elektroliet dien.
  • ‘n Koper- en sinkplaatjie/of ‘n bronsdrukspyker en staalskuifspeld wat as die elektrodes dien.
  • Twee koperdrade wat die geleiers moet wees.
  • ‘n Gloeilampie in ‘n gloeilampstaander wat die lig moet verskaf.
  • Twee skuifspelde wat die metaalplaatjies en die geleiers aanmekaar skakel.

Metode :

  • Sny die suurlemoen in die helfte en gebruik een helfte.
  • Druk die koperplaatjie/bronsdrukspyker aan die een kant in en die sinkplaatjie/staalskuifspeld aan die anderkant.
  • Maak ‘n skuifspeld aan elk van die drade vas en skuif die skuifspelde oor die plaatjies.
  • Maak die ander punte van die drade aan die gloeilampie vas.
Figure 1
Figure 1 (Picture 1.png)

Waarneming:

Brand die gloeilampie?

Verbind ‘n gewone battery (‘n droë sel) en oefen totdat die gloeilampie brand met ‘n gewone battery.

Teken ‘n stroomdiagram van die stroombaan as die gloeilampie brand.

Hoe kan jy die chemiese energie verhoog sodat die gloeilampie helderder kan brand?

Table 1
LU/AS 1.3  

Opdrag 2A

Eksperimenteer met elk van die volgende voorstelle en merk af watter voorstel die beste resultaat toon.

Figure 2
Figure 2 (graphics1.png)
Figure 3
Figure 3 (graphics2.png)
Figure 4
Figure 4 (graphics3.png)

‘n Battery kan uit verskillende selle bestaan

Figure 5
Figure 5 (Picture 2.png)

As ‘n gloeilampie nie brand nie, draai dit eers om

Table 2
LU/AS 1.3  

Agtergrond

Selle kan op twee maniere verbind word om ‘n battery te vorm.

  • Selle is in serie wanneer ‘n positiewe pool van een sel met ‘n negatiewe pool van die volgende sel geskakel is. Hoe meer selle in serie geskakel word, hoe groter is die stroom wat gelewer word. ‘n Gloeilamp sal dus helderder brand.
Figure 6
Figure 6 (graphics4.png)
Figure 7
Figure 7 (graphics5.png)

  • Selle word parallel geskakel as al die positiewe pole van die selle van ‘n battery met mekaar verbind word om die positiewe aansluiter by die battery te vorm.

Figure 8
Figure 8 (Picture 3.png)
  • Die negatiewe pole word ook so aanmekaar geskakel. Hoe meer selle in PARALLEL geskakel word, hoe langer kan die selle dieselfde stroom lewer.

Figure 9
Figure 9 (Picture 4.png)

Opdrag 2B

Maak verskillende skakelaars vir ‘n elektriese stroombaan. Kyk hoeveel verskillende tipes skakelaars u kan identifiseer wat in elektriese toestelle gebruik word.

  1. (a) Wat is ‘n skakelaar?

Dit word gebruik om stroombane aan of af te skakel sodat elektrisiteit daardeur kan vloei of nie kan vloei nie.

  1. (a) Maak elkeen van die volgende skakelaars en verbind dit met ‘n battery en ‘n gloeilampie om te kyk hoe dit werk. Maak die drade aan skuifspelde vas en hou hulle met ‘n rekkie teen die battery. Haal die isolasie (plastiek) aan die punte van die drade af voor jy dit aan die skuifspelde verbind.

As jy twee batterye of meer langs mekaar wil gebruik, kan jy dit in ‘n karton of plastiekbuis sit.

Voorbeeld 1:’n Skuifskakelaar

Figure 10
Figure 10 (Picture 5.png)

Voorbeeld 2: ‘n Drukskakelaar

Figure 11
Figure 11 (graphics6.png)

Wat gebeur as jy een skuifspeld nader aan die ander skuif?

Table 3
LU/AS 1.3  
  1. (c)1. Ontwerp jou eie skakelaar deur van plastiek as die nie-geleier gebruik te maak. Gebruik byskrifte en kleur om te verduidelik.
  • Maak ‘n prototipe van jou skakelaar en verbind dit in ‘n stroombaan. Werk jou skakelaar?
  • Watter tipe skakelaar het jy gemaak?
Table 4
LU/AS 1.6  

Assessering

Table 5
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen :
Ondersoek:
1.2 vind uit oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en identifiseer en vergelyk die ontwerpaspekte daarvan (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk; waarvan dit gemaak is, hoe dit werk, of dit die omgewing sal affekteer);
1.3 voer, waar gepas, ‘n wetenskaplike ondersoek uit oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik;
Ontwerp: 1.6 kies een van hierdie oplossings, gee geldige redes vir die keuse en ontwikkel die keuse verder deur middel van grafika en/of modellering;

Memorandum

Opdrag 1

Ja ( hang af of die verbindings korrek is). Monteer meer batterye in serie in die stroom.

Opdrag 2 B

(b) Die stroombaan word aangeskakel byvoorbeeld as:

1. die skuifspeld teen die duimspyker geskuif word

2. die een klinknael se kop teen die ander klinknael se kop gedruk word

3. die een oppervlak met tinfoelie teen die ander oppervlak met tinfoelie gedruk word

4. die gebuigde koperplaat teen die ander plaatjie op die houtblokkie gedruk word

5. die skuifspeld teen die grafietgedeelte gedruk word

  • Die gloeilamp se liggie sal al hoe helderder brand.

(c) Moedig leerders aan om oorspronklik en kreatief te wees, aldus die opdrag om van plastiek as nie-geleier gebruik te maak. Enige dun plastiek soos bv. van ‘n 2 ℓ- koeldrankbottel of roomyshouer kan geknip, gevorm en gebruik word.

Collection Navigation

Content actions

Download module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks