Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Maak 'n verkeersreguleerder

Navigation

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.
 

Maak 'n verkeersreguleerder

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

TEGNOLOGIE

Graad 6

STELSELS EN BEHEER: ‘N ELEKTRIESE SKOK

Module 15

MAAK ‘N VERKEERSREGULEERDER

Aan die Opvoeder: Hierdie opdrag kan individueel of in groepe gedoen word.

(a) Wat is die probleem? Jy is ‘n inwoner van Deurmekaardorp. Die dorp se verkeer is elke dag in totale chaos, aangesien die bestuurders van hul voertuie nie by die hoofkruising stilhou nie. Almal is permanent laat vir hul onderskeie werke, aangesien daar gereeld botsings of verkeersopeenhopings by dié belangrike kruising plaasvind.

(b) Wat is die behoefte? Daar moet ‘n “masjien” ontwerp word wat die verkeer daagliks op ‘n sinvolle manier kan reguleer.

  1. (a) Wat is jou opdrag? Jy moet ‘n prototipe van ‘n masjien ontwerp en maak wat julle by die kruising kan oprig om so die verkeer sinvol te reguleer.

(d) Wat is die beperkings vir jou prototipe? Vir jou stroombaan mag jy die volgende gebruik: 3 gloeilampies (LED’s) van kleure wat verskil van dié van die resistors; ‘n battery en batteryhouer as die energiebron; 7 lengtes koperdraad met klampies as die geleiers, en ‘n houtplankie, 4 duimspykers en ‘n skuifspeld as die skakelaar.

Figure 1
Figure 1 (Picture 1.png)

Daar mag slegs een liggie op ‘n keer brand. Die liggies sal vir die motoriste wys wanneer een baan moet stilhou en ‘n ander baan byvoorbeeld mag ry en op elke hoek van die kruising sal so ‘n masjien opgerig word. Jy moet net een bou.

Vir die staander mag jy jou eie inisiatief gebruik, maar die masjien se prototipe mag nie hoër as 30cm of breër as 20cm wees nie. Dit moet stewig, stabiel en sterk wees.

Opdrag 1

Navorsing

Raadpleeg verskillende bronne en stel ten minste drie oplossings vir hierdie probleem voor. Teken of skrywe neer wat jou moontlike oplossings is.

Figure 2
Figure 2 (Picture 2.png)
Figure 3
Figure 3 (graphics1.png)
Table 1
LU/AS 1.2  

Opdrag 2

Ontwerp

  1. (a) Teken vryhandsketse van drie stroombane wat moontlik as ‘n oplossing vir die verkeersprobleem kan dien. Gebruik ook byskrifte.
Figure 4
Figure 4 (Picture 3.png)
Table 2
LU/AS 1.5  
  1. (a) Teken ook ‘n stroomdiagram van jou finale keuse.
Table 3
(c) Maak prototipes van elke stroomdiagram en, indien dit nie werk nie, skryf ‘n rede/redes by waarom dit nie werk nie. Vra ook jou klasmaats en onderwyser se raad.LU/AS 1.6  

WENK!

  • Moet jy die liggies in serie of parallel skakel as hulle slegs een op ‘n slag mag werk?

  • Waar kan jy iets skuif sodat slegs een liggie op ‘n slag brand?

Figure 5
Figure 5 (Picture 4.png)
Table 4
LU/AS 1.6  
  • Ontwerp ook die staander waarop jy die liggies, skakelaar en battery kan monteer sodat die masjien kan werk. Die masjien sal later outomaties beheer word, maar vir eers sal ‘n werker in diens geneem word om die ligte te wissel. Bespreek eers vooraf die vereistes vir so ‘n staander as ‘n klasgroep. Gebruik byskrifte en kleur. Dui ook afmetings aan, sodat iemand jou idees sal verstaan en ook hoe dit werk.
Table 5
LU/AS 1.5  

Ontwikkel jou beste idee volledig.

Table 6
LU/AS 1.6  

Opdrag 3

Vervaardiging

  1. (a) Bou nou jou staander vir die stroombaan.
Table 7
LU/AS 1.9  
  1. (a) Watter materiaal gebruik jy?

Figure 6
Figure 6 (Picture 5.png)
  1. (a) Watter gereedskap gebruik jy?

Figure 7
Figure 7 (Picture 6.png)
  1. (a) Watter handelinge voer jy uit?

Table 8
LU/AS 1.8  
  1. (a) Monteer nou jou stroombaan aan die staander.
  2. (b) Demonstreer jou “uitvindsel” aan die res van die klas en verduidelik hoe dit werk.
  3. (c) Dink aan ‘n gepaste naam vir jou “uitvindsel”. ‘n
  4. (d) Skryf stapsgewys hoe jy jou “uitvindsel” gemaak het.
Table 9
LU/AS 1.7  

Opdrag 4

Evaluering

Skrywe drie sterk punte oor jou uitvindsel neer.

Table 10
LU/AS 1.10  

Skrywe drie swak punte oor jou uitvindsel neer.

Table 11
LU/AS 1.10  
  1. (a) As jy jou uitvindsel weer moes ontwerp en maak, wat sou jy anders gedoen het?
  2. (b) Wat is jou indrukke oor jou uitvindsel as jy dit met die res van jou maats s’n vergelyk?
Table 12
LU/AS 1.10  
  1. (a) Teken ‘n 3D-skets in kleur met byskrifte van jou finale produk.
Table 13
LU/AS 1.12  
  1. (a) Voltooi die volgende sinne:

Ek het die meeste daarvan gehou

Ek het geleer

Ek sou graag meer wou weet van

Table 14
LU/AS 1.10  

Assessering

Table 15
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen :
Ondersoek:
1.2 vind uit oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en identifiseer en vergelyk die ontwerpaspekte daarvan (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk; waarvan dit gemaak is, hoe dit werk, of dit die omgewing sal affekteer);
1.3 voer, waar gepas, ‘n wetenskaplike ondersoek uit oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik;
Ontwerp:
1.4 skryf of kommunikeer ‘n ontwerpopdrag vir die ontwikkeling van ‘n produk met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid en stel die tegnologiese doel van die oplossing duidelik;
1.5 stel minstens twee alternatiewe oplossings vir die probleem, behoefte of geleentheid voor wat duidelik met die ontwerpopdrag en met gegewe spesifikasies en besprekings (bv. mense, doel, veiligheid, omgewingsimpak, voorkoms) skakel, en teken dit aan;
Maak:
1.7 ontwikkel planne met besonderhede oor die stappe om dinge te maak, insluitend tekeninge of sketse wat help om die planne duidelik te stel;
1.8 kies en gebruik gepaste gereedskap en materiaal om produkte te maak deur die gekose materiaal af te meet, uit te merk, te sny of te skei, te vorm of te vervorm, aan mekaar te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;
1.9 werk doeltreffend en veilig;
Evalueer:
1.10 evalueer die produk volgens die ontwerpopdrag en gegewe spesifikasies en besprekings (bv. mense, doel, omgewingsimpak, veiligheid, voorkoms), en stel verbeteringe en wysigings voor, indien nodig;
1.11 evalueer die aksieplan wat gevolg is en stel verbeteringe en wysigings voor, indien nodig;
Kommunikeer:
1.12 maak gepaste sketse (bv. tweedimensionele sketse van idees met byskrifte, uitgebreide tekeninge van finale oplossing en tekeninge met afmetings) om verskillende inligting gepas en doeltreffend te kommunikeer.1.13 kies en gebruik gepaste tegnologie om die ontwerpproses aan te bied, aan te teken of te kommunikeer (bv. eenvoudige portefeulje, plakkate, diagramme, modelle)

Memorandum

Opdrag 1

Leerders se graad van moeite om die verskillende moontlike oplossings vir die probleem te vind, word beoordeel.

Opdrag 2 A

Kontroleer of die vereiste komponente vir ‘n stroombaan in ‘n leerder se finale keuse ingesluit is.

Die beperkings vir die prototipe is die minumum komponente wat gebruik kan word wat die goedkoopste stroombaan sal verskaf. Moedig leerders egter aan om oorspronklik en kreatief te wees.

(b) Dit is belangrik dat ‘n leerder die stroombaan op ‘n wetenskaplike manier kan weergee.

(c) Dit is belangrik dat leerders met hul stroombane eksperimenteer om die positiewe en negatiewe aspekte van elkeen agter te kom.

Parallel

By die skakelaar

(d) Moedig leerders aan om kreatief en oorspronklik te wees in die ontwerp van ‘n staander vir die stroombaan. Die maksimum-grootte wat aangegee word, moedig die leerders ook aan om die staander so kompak en prakties moontlik te maak. Dis waarna die leerkrag kan kyk as dit geassesseer word.

Opdrag 3

(a) Kontroleer of die staander se spesifikasies op die skets ooreenstem met die werklike produk.

(b) Verbruikbare items is materiale, dus kan jy verf, khoki’s, ‘n verskeidenheid dosies, karton , ens. as antwoorde verwag.

(c) Gereedskap is herbruikbare items, dus kan jy antwoorde soos ‘n skêr, ‘n hamer, verfkwaste, ‘n tang , ens. verwag.

(d) Vir die stroombaan – konnekteer, verbind, heg, plaas, hamer, druk, skuif, monteer, slaan in, ens.;

Vir die staander – knip, sny, vou, buig, plak, heg, plaas, inkleur, kram, ens.

(g) Beoordeel elke leerder se oorspronklikheid en kreatiwiteit.

(h) Die materiale en gereedskap wat gebruik is, word nou saam met die handelinge gebruik om stapsgewys te beskryf hoe die stroombaan en staander gemaak is.

Opdrag 4

(a) Antwoorde sal verskil van leerder tot leerder, solank ‘n leerder sy uitvindsel net krities beoordeel.

(b) Antwoorde sal verskil van leerder tot leerder, solank ‘n leerder sy uitvindsel net krities beoordeel.

(c) soos bg.

(d) soos bg.

(e) soos bg.

(f) Leerder se finale produk as ‘n 3D-skets word beoordeel.

(g) Leerkrag kry die geleentheid om elke stroombaan as ‘n stelsel te assesseer. ‘n Oorheersende kode kan hieruit afgelei word.

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks