Aan die Opvoeder: Hierdie opdrag kan individueel of in groepe gedoen word.
(a) Wat is die probleem? Jy is ‘n inwoner van Deurmekaardorp. Die dorp se verkeer is elke dag in totale chaos, aangesien die bestuurders van hul voertuie nie by die hoofkruising stilhou nie. Almal is permanent laat vir hul onderskeie werke, aangesien daar gereeld botsings of verkeersopeenhopings by dié belangrike kruising plaasvind.
(b) Wat is die behoefte? Daar moet ‘n “masjien” ontwerp word wat die verkeer daagliks op ‘n sinvolle manier kan reguleer.
(d) Wat is die beperkings vir jou prototipe? Vir jou stroombaan mag jy die volgende gebruik: 3 gloeilampies (LED’s) van kleure wat verskil van dié van die resistors; ‘n battery en batteryhouer as die energiebron; 7 lengtes koperdraad met klampies as die geleiers, en ‘n houtplankie, 4 duimspykers en ‘n skuifspeld as die skakelaar.
![]() |
Daar mag slegs een liggie op ‘n keer brand. Die liggies sal vir die motoriste wys wanneer een baan moet stilhou en ‘n ander baan byvoorbeeld mag ry en op elke hoek van die kruising sal so ‘n masjien opgerig word. Jy moet net een bou.
Vir die staander mag jy jou eie inisiatief gebruik, maar die masjien se prototipe mag nie hoër as 30cm of breër as 20cm wees nie. Dit moet stewig, stabiel en sterk wees.
Opdrag 1
Raadpleeg verskillende bronne en stel ten minste drie oplossings vir hierdie probleem voor. Teken of skrywe neer wat jou moontlike oplossings is.
![]() |
![]() |
| LU/AS 1.2 |
Opdrag 2
![]() |
| LU/AS 1.5 |
| (c) Maak prototipes van elke stroomdiagram en, indien dit nie werk nie, skryf ‘n rede/redes by waarom dit nie werk nie. Vra ook jou klasmaats en onderwyser se raad.LU/AS 1.6 |
WENK!
![]() |
| LU/AS 1.6 |
| LU/AS 1.5 |
Ontwikkel jou beste idee volledig.
| LU/AS 1.6 |
Opdrag 3
Vervaardiging
| LU/AS 1.9 |
![]() |
![]() |
| LU/AS 1.8 |
| LU/AS 1.7 |
Opdrag 4
Evaluering
Skrywe drie sterk punte oor jou uitvindsel neer.
| LU/AS 1.10 |
Skrywe drie swak punte oor jou uitvindsel neer.
| LU/AS 1.10 |
| LU/AS 1.10 |
| LU/AS 1.12 |
Ek het die meeste daarvan gehou
Ek het geleer
Ek sou graag meer wou weet van
| LU/AS 1.10 |
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen : |
| Ondersoek: |
| 1.2 vind uit oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en identifiseer en vergelyk die ontwerpaspekte daarvan (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk; waarvan dit gemaak is, hoe dit werk, of dit die omgewing sal affekteer); |
| 1.3 voer, waar gepas, ‘n wetenskaplike ondersoek uit oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik; |
| Ontwerp: |
| 1.4 skryf of kommunikeer ‘n ontwerpopdrag vir die ontwikkeling van ‘n produk met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid en stel die tegnologiese doel van die oplossing duidelik; |
| 1.5 stel minstens twee alternatiewe oplossings vir die probleem, behoefte of geleentheid voor wat duidelik met die ontwerpopdrag en met gegewe spesifikasies en besprekings (bv. mense, doel, veiligheid, omgewingsimpak, voorkoms) skakel, en teken dit aan; |
| Maak: |
| 1.7 ontwikkel planne met besonderhede oor die stappe om dinge te maak, insluitend tekeninge of sketse wat help om die planne duidelik te stel; |
| 1.8 kies en gebruik gepaste gereedskap en materiaal om produkte te maak deur die gekose materiaal af te meet, uit te merk, te sny of te skei, te vorm of te vervorm, aan mekaar te heg, te las of saam te voeg, en af te rond; |
| 1.9 werk doeltreffend en veilig; |
| Evalueer: |
| 1.10 evalueer die produk volgens die ontwerpopdrag en gegewe spesifikasies en besprekings (bv. mense, doel, omgewingsimpak, veiligheid, voorkoms), en stel verbeteringe en wysigings voor, indien nodig; |
| 1.11 evalueer die aksieplan wat gevolg is en stel verbeteringe en wysigings voor, indien nodig; |
| Kommunikeer: |
| 1.12 maak gepaste sketse (bv. tweedimensionele sketse van idees met byskrifte, uitgebreide tekeninge van finale oplossing en tekeninge met afmetings) om verskillende inligting gepas en doeltreffend te kommunikeer.1.13 kies en gebruik gepaste tegnologie om die ontwerpproses aan te bied, aan te teken of te kommunikeer (bv. eenvoudige portefeulje, plakkate, diagramme, modelle) |
Opdrag 1
Leerders se graad van moeite om die verskillende moontlike oplossings vir die probleem te vind, word beoordeel.
Opdrag 2 A
Kontroleer of die vereiste komponente vir ‘n stroombaan in ‘n leerder se finale keuse ingesluit is.
Die beperkings vir die prototipe is die minumum komponente wat gebruik kan word wat die goedkoopste stroombaan sal verskaf. Moedig leerders egter aan om oorspronklik en kreatief te wees.
(b) Dit is belangrik dat ‘n leerder die stroombaan op ‘n wetenskaplike manier kan weergee.
(c) Dit is belangrik dat leerders met hul stroombane eksperimenteer om die positiewe en negatiewe aspekte van elkeen agter te kom.
Parallel
By die skakelaar
(d) Moedig leerders aan om kreatief en oorspronklik te wees in die ontwerp van ‘n staander vir die stroombaan. Die maksimum-grootte wat aangegee word, moedig die leerders ook aan om die staander so kompak en prakties moontlik te maak. Dis waarna die leerkrag kan kyk as dit geassesseer word.
Opdrag 3
(a) Kontroleer of die staander se spesifikasies op die skets ooreenstem met die werklike produk.
(b) Verbruikbare items is materiale, dus kan jy verf, khoki’s, ‘n verskeidenheid dosies, karton , ens. as antwoorde verwag.
(c) Gereedskap is herbruikbare items, dus kan jy antwoorde soos ‘n skêr, ‘n hamer, verfkwaste, ‘n tang , ens. verwag.
(d) Vir die stroombaan – konnekteer, verbind, heg, plaas, hamer, druk, skuif, monteer, slaan in, ens.;
Vir die staander – knip, sny, vou, buig, plak, heg, plaas, inkleur, kram, ens.
(g) Beoordeel elke leerder se oorspronklikheid en kreatiwiteit.
(h) Die materiale en gereedskap wat gebruik is, word nou saam met die handelinge gebruik om stapsgewys te beskryf hoe die stroombaan en staander gemaak is.
Opdrag 4
(a) Antwoorde sal verskil van leerder tot leerder, solank ‘n leerder sy uitvindsel net krities beoordeel.
(b) Antwoorde sal verskil van leerder tot leerder, solank ‘n leerder sy uitvindsel net krities beoordeel.
(c) soos bg.
(d) soos bg.
(e) soos bg.
(f) Leerder se finale produk as ‘n 3D-skets word beoordeel.
(g) Leerkrag kry die geleentheid om elke stroombaan as ‘n stelsel te assesseer. ‘n Oorheersende kode kan hieruit afgelei word.