Probleemsituasie
Die kinderpasiënte van die Moreson Kinderhospitaal voel baie bedruk. Dit is nie net omdat hulle pyn het a.g.v. siekte nie, maar niemand kom besoek hulle om hul dag op te vrolik nie, omdat hulle families almal ver bly. Die dokters en verpleegsters het hierdie behoefte raakgesien en het besluit om vir hulle ‘n poppekas te bou om hul dag meer op te vrolik en hulle te laat lag.
![]() |
Ontwerpvoorstel
Gebruik jou kennis van pneumatiese en hidrouliese stelsels en ontwerp en maak ‘n karakter met ‘n verrassingselement wat hulle in die poppekas kan gebruik om die pasiënte se dag op te helder.
ONDERSOEK
opdrag 1:
Om die situasie te analiseer
| LU/AS 1.3 | ||||
a) Identifiseer die woorde wat jy nie verstaan nie. Bespreek dit met jou opvoeder.
b) Skryf die situasie kortliks in jou eie woorde oor.
opdrag 2:
Skryf ‘n ontwerpvoorstel neer deur die volgende sin te voltooi
| LU/AS 1.3 | ||||
(Die ontwerpvoorstel is die moontlike oplossing vir die probleem)
Ek gaan ‘n___________ (produk /wat) vir______________
(gebruiker/wie) ontwerp en maak dat dit deur middel van ‘n_______(hoe)
stelsel werk sodat dit ‘n ________ het wat ‘n bedrukte persoon sal laat
______________s dit in die poppekas gebruik word. (Funksie daarvan)
opdrag 3:
Navorsing
| LU/AS 1.3 | ||||
Ons het reeds in hierdie module kennis gemaak met hoe pneumatiese en hidrouliese stelsels werk. Indien jy lus het, kan jy nog verder gaan navorsing doen. Skryf enige interessante inligting hieronder neer. Dui ook die bron aan wat jy geraadpleeg het.
Bron:
opdrag 4:
Doen ‘n dinkskrumaktiwiteit om alle moontlike oplossings vir die probleem te oorweeg
| LU/AS 1.3 | ||||
![]() |
Ontwerp en maak:
Beperkings: (Die reëls wat gevolg moet word)
![]() |
opdrag 5:
Besluit watter van jou oplossings by Opdrag 4 jy verder wil ontwikkel deur jou oplossing te omkring
| LU/AS 1.3 | ||||
opdrag 6:
Teken vryhandsketse van die vooraansig en agteraansig van jou gekose ontwerp
| LU/AS 1.3 | ||||
Vooraansig
![]() |
Agteraansig
![]() |
REALISERING
opdrag 7:
| LU/AS 1.3 | ||||
Watter materiale gaan jy gebruik?
opdrag 8:
| LU/AS 1.3 | ||||
Watter gereedskap gaan jy gebruik?
opdrag 9:
Skryf die werkstappe wat jy gaan volg neer onder die volgende hofies: (Gebruik slegs een werkwoord per sin en skryf duidelik)
| LU/AS 1.3 | ||||
opdrag 10:
Maak nou jou artikel
| LU/AS 1.3 | ||||
Evalueer
opdrag 11:
Gebruik jou eie verbeelding en skryf ‘n kort drama/alleenspraak wat jy met jou model kan opvoer. Gaan vermaak ‘n paar kinderpasiënte in jul plaaslike hospitaal met jul toneelstukkies en maak so ‘n klomp kinderharte bly
| LU/AS 1.12 | ||||
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen : |
| Ondersoek: |
| 1.3 voer, waar gepas, ‘n wetenskaplike ondersoek uit oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik; |
| 1.12 maak gepaste sketse (bv. tweedimensionele sketse van idees met byskrifte, uitgebreide tekeninge van finale oplossing en tekeninge met afmetings) om verskillende inligting gepas en doeltreffend te kommunikeer. |
Opdrag 1
Opdrag 2