Virusse, kieme en bakterieë is onsigbaar en is oral in die lug om ons teenwoordig. Wetenskaplikes sê dat virusse miljoen keer kleiner is as 'n millimeter. Ons asem elke dag baie virusse in, maar gelukkig word ons nie altyd siek nie. (Ek wonder wat 'n rekenaarvirus is?)
Die persoon wat uitgevind het hoe siektes werklik veroorsaak word, is Louis Pasteur. Hy het vasgestel dat die lug om ons vol kieme is, kieme wat so klein is dat dit net met 'n sterk mikroskoop sigbaar is. Hierdie kieme veroorsaak dat, onder meer, kos en melk gou sleg word as dit nie op die regte manier bewaar word nie.
Die ontdekking van die proses wat Pasteur beroemd gemaak het, dra ook sy naam: pasteurisasie. Hy het bewys dat voedsel lank bewaar kan word as dit kiemvry is. Hy het gevind dat as melk verhit word tot onderkant kookpunt en weer dadelik afgekoel word, die kieme of bakterieë daarin doodgaan. Hierdie proses word pasteurisasie genoem en word vandag in melkerye gebruik.
Hierdie ontdekking het gemaak dat feitlik alle kossoorte, bv. vleis, vis, groente en vrugte kiemvry in houers of blikkies ingemaak kan word. Die voedsel word in die blik gekook totdat dit kiemvry is en dan verseël. Hierdie voedsel kan lank veilig bewaar word.
KLASGESPREK
a) Gebruik meegaande vrae om die gesprek te begin. Daarna kan jul jul eie vrae vra!
b) Navorsing
Die entstof teen die gevreesde hondsdolheid is seker een van Pasteur se belangrikste ontdekkings. Hy kon nie die oorsaak van die siekte vasstel nie, want die virus was te klein om met sy mikroskoop waar te neem. Hy het egter entstof uit die rugmurg van besmette hase gemaak om mense te behandel wat deur dol honde gebyt is. Die entstof het hy op 6 Julie 1885 op ‘n negejarige seun, Joseph Meister, wat drie dae tevore deur ‘n dol hond gebyt is, gebruik. Die seun het gesond geword en die entstof was ‘n groot sukses. Verder moet jy self in ‘n boek gaan naslaan wat gebeur het …
Verskaf die spesifieke woord(e) wat jou gehelp het om die res van bg. inligting te bekom in die:
Louis Pasteur wil graag hierdie entstof teen hondsdolheid vir die eerste keer op ‘n mens toets.
Hou ‘n klasgesprek oor die volgende en voltooi dan die opdragte.
Pasteur, die harde werker, het een keer gesê: “Hierdie drie dinge: wil, werk en sukses dek ons hele lewe. Wil maak die deur na skitterende en gelukkige loopbane oop, werk stap oor die drumpel, en aan die einde van die reis kom sukses om ons pogings te bekroon.”
d) Joseph Lister: Vader van die moderne snykunde
Operasies was gedurende die eerste helfte van die negentiende eeu nog baie gevaarlik. Die meeste pasiënte wat 'n operasie ondergaan het, het gewoonlik gesterf. Infeksie het in die wonde ingetree en die pasiënte het aan bloedvergiftiging gesterf.
Lees hieroor in die volgende aktiwiteit!
Lister wou 'n oplossing vind. Nadat hy bewus geword het van Pasteur se ontdekking van kieme het hy besef dat die lug vol kieme (bakterieë) is wat die snywonde binnedring. Kieme het dus infeksie in die wonde veroorsaak.
e) Opdrag
(i) Jy het al agterkom dat veranderinge skielik of geleidelik plaasvind. Bestudeer die volgende bronne en skryf vyf ernstige probleme neer wat in die destydse hospitaalsaal/gang voorgekom het. Gebruik ‘n aparte foliovel.
BRON 1
Lister het besluit dat alle instrumente en die snydokters se hande ontsmet (kiemvry) moes word. Hy het 'n ontsmettingsmiddel ('n oplossing van karbolsuur) ontwikkel wat die kieme in wonde vernietig het. Hierdie middel het veroorsaak dat 'n roof oor die wond vorm en sodoende verhoed dat kieme die wond binnedring.
Lister het sy nuwe metodes oor en oor bewys. Hy het dadelik begin om die dokters en verpleegsters op te lei om hul klere, hande en instrumente te ontsmet. Hy het 'n groot bydrae gelewer om operasies veiliger te maak en mense se lewens te red.
![]() |
Hospitaal
"Laat my toe om u te bedank omdat u skitterende navorsingswerk my die waarheid getoon het van u teorie aangaande kieme as die oorsaak van verrotting. U het my die beginsel geleer wat my metode van antiseptiese behandeling so 'n sukses gemaak het. As u ooit in Edinburg kom, sal u beloon word deur in ons hospitaal te sien in watter groot mate die mensdom by u werk gebaat het ..."
(iii) Hou ‘n groepbespreking en vertel vir mekaar van ‘n operasie wat jy al ondergaan het. Het Lister se ontdekking ‘n invloed op jou siekte gehad?
(iv) Maak ‘n lys van al die voorsorgmaatreëls wat vandag in hospitale getref word om infeksie in operasiewonde te voorkom.
| VOORSORGMAATREëLS WAT LANK GELEDE GETREF IS | VOORSORGMAATREëLS WAT VANDAG GETREF WORD |
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| HISTORIESE ONDERSOEKDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip aan te wend om die verlede en hede te ondersoek. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.1 bronne vind: |
|
| 1.2 vrae beantwoord: |
|
| 1.3 antwoorde kommunikeer uit bronne: |
|
| LU 2 |
| HISTORIESE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om bewys te lewer van historiese kennis en begrip. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.1 kronologie en tyd: |
|
| 2.2 oorsaak en gevolg: |
|
| 2.3 ooreenkomste en verskille: |
|
Aktiwiteit 1
Pasteurisasie (hittebehandeling) is die proses waartydens melk gesteriliseer word, m.a.w. kiemvry gemaak word. As melk tot net onder kookpunt verhit word, word skadelike kieme (bakterieë) wat dalk daarin mag wees, doodgemaak. So word melk veiliger om te drink, die voedingswaarde word behou en dit bly langer vars. Dit het later die weg gebaan vir die inlê van voedsel en drank. Kos word in die blikke gekook om sodoende lug, wat skadelike kieme mag bevat, uit te dryf. Terwyl die blikke nog warm is, word dit verseël. Die inhoud bly dan baie lank goed.