Inside Collection (Course): Geskiedenis Graad 6
In 1959 het veral die jonger lede in die ANC weggebreek en die PAC (Pan African Congress) onder leiding van Robert Sobukwe gestig. Hul het geglo dat die ANC nie sterk genoeg optree nie. (Hul gewapende vleuel is Poqo genoem.)
Hierna sou swart verset al hoe groter en dringender word. Die tragedie by Sharpville is ‘n voorbeeld hiervan.
Die PAC het in 1960 landswye protes teen die paswette georganiseer. Op 21 Maart 1960 het ongeveer 10 000 swart mense by die polisiestasie in Sharpville, net buite Vereeniging, bymekaargekom om teen die paswette te betoog. Die polisie het bedreig gevoel en op hulle begin skiet en 68 betogers het gesterf en ongeveer 187 is gewond. Hierdie voorval het wêreldwye reaksie teen die SA regering veroorsaak. ‘n Nadoodse ondersoek het aan die lig gebring dat die meeste van die betogers van agter geskiet is.
Massaprotes, optogte en stakings het gevolg en 'n noodtoestand is in SA afgekondig. Meer as 22 000 mense is aangehou of gearresteer. Binne twee weke is die ANC en PAC verbied en hul leiers moes as bannelinge uit SA vlug. Oliver Tambo het die ANC se bevrydingstryd uit hul hoofkwartier in Zambië voortgesit, omdat die meeste binnelandse leiers in hegtenis geneem is.
(a) Ondersoek meegaande skets in julle groep met behulp van die W-vrae.
Bespreek eers die vrae wat volg met jou maat.
1.4 Waarom het die mense in opstand gekom?
1.5 Wat het gebeur?
Toe die Republiek van SA in 1961 tot stand gekom het, is swart mense weer eens uitgesluit van die regeringsproses. Die tyd van vreedsame protes was verby en gewapende verset teen die regering het gevolg. Algaande het die ANC in 'n massabeweging verander. Lede van die ANC wat nie uit die land gevlug het nie, moes in die geheim optree. Die ANC en SAKP (Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party) het 'n geheime vleuel, Umkonto we Sizwe ("Spies van die Volk") - bekend as MK - gestig en met bomaanvalle en sabotasie teen die regering begin. Nelson Mandela was die eerste bevelvoerder van MK.
![]() |
Grafiese voorstelling van ‘n foto oor die tragedie van Sharpville
Sewentien toonaangewende ANC-leiers is egter op 11 Julie 1963 by Rivonia in Gauteng deur die polisie in hegtenis geneem, terwyl hulle 'n rewolusie teen en oorname van die regering beplan het. Walter Sisulu en Nelson Mandela was deel van die agt wat aan sabotasie tydens die Rivoniaverhoor skuldig bevind is. Laasgenoemde is op 200 aanklagte van sabotasie skuldig bevind en tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis.
Geweld, sabotasie en bomaanvalle het toegeneem ten spyte van die regering se streng optrede. In die VVO is daar op meer sanksies teen SA besluit.
’76 SOWETO-OPSTANDE
Op 16 Junie 1976 het duisende swart skoliere, veral in Soweto, teen die regering betoog, onder andere teen die beleid dat die helfte van hul klasse in Afrikaans moet wees, asook vir behoorlike politieke, ekonomiese en sosiale regte. Daar was weer landswye oproer en opstande in swart woonbuurte toe die polisie op betogers geskiet het. Baie mense het gesterf. Die Erika Theron-kommissie het daarna aanbeveel dat SA se grondwet verander moet word sodat ander bevolkingsgroepe ook aan die regering kan deelneem.
Hierna het elke Onderwysdepartement die reg verkry om te besluit in watter tale onderrig in sy skole aangebied sou word.
(b) Beantwoord die volgende vrae oor meegaande bron.
![]() |
Hierdie aangrypende skets van ‘n foto deur Samuel Nzima, van die dertienjarige Hector Petersen, vertel van die eerste sterfgevalle tydens die Soweto-opstande van 1976.
c) Waarom het onderstaande berig in Engels verskyn?
![]() |
Uit: The Star, 6 Julie 1976
![]() |
In 1977 sterf Steve Biko, leier van die swart Bewussynsbeweging, aan 'n breinbesering na 24 dae in polisieaanhouding. Daar is tydens 'n mediese ondersoek bevind dat hy in die gevangenis geweldige houe teen sy kop moes gekry het. Sy dood het tot bittere verwyt en verontwaardiging, in die buiteland en veral onder swart mense, gelei. In reaksie het die regering 17 organisasies en twee koerante verban. Die Swart Bewussynsbeweging wou veral swart selftrots aanwakker.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| HISTORIESE ONDERSOEKDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip aan te wend om die verlede en hede te ondersoek. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.1 bronne vind: |
|
| 1.2 vrae beantwoord: |
|
| 1.3 antwoorde kommunikeer uit bronne: |
|
Aktiwiteit 1
(a)
(1.1) Swart mense
(1.5) ‘n Anti-pasoptog is deur die PAC by die Sharpeville-polisiestasie gereël. Die polisiestasie is omsingel en polisieversterkings is ontbied. In die proses is 69 mense doodgeskiet en 178 gewond.
(b)
(i) Hector Petersen
(ii) Polisie het op betogers geskiet. Hy is per ongeluk noodlottig gewond.
(iii) 16 Junie 1976
(iv) Soweto, Johannesburg
(v) Sien (ii)
(vi) Korttermyngevolge sluit in:
(c) The Star is ‘n Engelstalige koerant.