Gebruik die volgende tien bronne (of bekom nog bronne), sodat jy die opdrag later kan uitvoer.
BRON A - Ontdekking van die wêreld
Europa en Britse Eilande
Noord-Amerika
China
Amerika
Australië
Binneland van Afrika
Noord- en Suidpool
BRON B - Ontdekkers van Afrika
| 1 | Ontdekkers v.C. |
| 2 | Suid-Afrikaners |
| 3 | Mungo Park |
| 4 | Twee Landers |
| 5 | Burton, Speke, Grant, Baker |
| 6 | Livingstone |
| 7 | Stanley |
![]() |
BRON C - “Enkele ontdekkings” in Afrika
| ONTDEKKINGSREISIGER | DATUM(S) | PLEKKE BESOEK |
| 1. Park | 1805 – 6 | Gambia en Nigerrivier |
| 2. Campbell | 1813 | Oranjerivier |
| 3. Moffat | 1820 | Griekwastad en Kuruman |
| 4. Caillil | 1827 – 8 | Timbuktu |
| 5. Die Lander broers | 1830 | Nigerrivier |
| 6. Galton en Andersson | 1850 – 2 | Walvisbaai, Namaqualand, Rehoboth, Damaraland en Ovamboland |
| 7. Burton en Speke | 1857 – 8 | Tanganyikameer |
| 8. Speke | 1858 | Victoriameer |
| 9. Rohlfs | 1879 – 9 | Nylrivier |
| 10. Thomson | 1879 – 80 | Malawimeer |
| 11. Thomson | 1883 – 4 | Kilimanjaro |
| 12. Stanley | 1887 – 9 | Zanzibar |
| 13. Forreau | 1898 – 1900 | Kongorivier |
BRON D - Ontdekkers van Suidelike Afrika
| 600 v.C.1485 1488 1497 1652 | ::::: | Farão IIDiogo Cão stuur seemanne na Afrika DiasDa GamaJan van Riebeeck |
BRON E - Francois le Vaillant (1753 – 1784)
![]() |
Hy besoek Mosselbaai, Plettenbergbaai, Namakwaland, Damaraland, Betsjoeanaland en die Kalahari.
BRON F – Thunberg (1771– 1779)
![]() |
Hy besoek die volgende plekke: Bergrivier, Knysna, Gamtoosrivier, Saldanha, St. Helenabaai, Hexrivierberge, Swellendam, Kromrivier, Sondagsrivier
BRON G – Mungo Park (1805 – 1806)
Die mense is eerste gelok na Afrika deur die stad van rykdom, Timboektoe en om die oorsprong van die Nigerrivier te vind. In 1794 is Mungo Park (Skotland) gekies om dié twee geheime te gaan opklaar. Sy reis het goed begin, maar later is hy besteel en in ‘n tronk gegooi deur van die plaaslike regeerders. Hy het later wel daarin geslaag om te ontsnap en bereik tog die Nigerrivier. Sy ervaringe het hy opgeteken in sy boek: Travels in the Interior Districts of Africa. Sy tweede ekspedisie het in 1805 begin en het rampspoedig geëindig toe Park en sy manne verdrink het nadat hulle deur soldate aangeval is. Tot 1830 het mense probeer om die oorsprong van die Nigerrivier te vind, maar hulle was onsuksesvol.
BRON H – René Caillié (1827 – 1828)
‘n Fransman, René Caillié, het gereageer op die beloning van 10 000 frank. In April 1828 bereik hy Timboektoe om uit te vind dat die stad verarm het en dat die handelskaravane nie meer die plek besoek het nie. René het wel sy beloning ontvang.
BRON I – 1740–1838
Ses mense sterf in die soektog na die oorsprong van die Nigerrivier:
D. HughtonM. ParkF. HornemannJ. RitchieW. OudneyH. Clapperton
BRON J – BURTON, GRANT EN SPEKE
Vir miljoene mense was die Nylrivier in Egipte ‘n belangrike bron van lewe. Elke dag het die mense van die Nyl se water gebruik, maar die oorsprong het altyd ‘n groot geheim gebly. Reeds van vroeg af het die mense probeer om die oorsprong te vind, maar was onsuksesvol as gevolg van groot afstande, kwaai hitte en koors wat die mense oorval het. Ptolemaeus se kaart met die Maanberge het avontuursoekers geprikkel om na die oorsprong te gaan soek.
In 1856 word Richard Burton en John Speke gestuur om die oorsprong van die Nyl te gaan vind. Burton kon 29 tale praat. Albei van hulle raak siek van malaria en Burton raak verlam in sy bene en Speke raak doof en blind. Gelukkig was albei se ongesteldheid net tydelik en kon hulle voortgaan met hulle reis. In 1858 besoek hulle Ujiji (Tanganjikameer) en glo dit is een van Ptolemaeus se mere, maar vind toe uit dat dit nie die oorsprong van die Nyl is nie.
Speke gaan op sy eie soek na die Nyasameer wat geen Europeër nog gesien het nie, maar baie van gehoor het. Hy glo hy het die oorsprong van die Nylrivier gevind, maar hy het nie genoeg verkenning gedoen om sy teorie te bewys nie. Hy noem toe die meer die Victoriameer, na Brittanje se koningin. Twis ontstaan tussen Burton en Speke toe Speke hom van sy ontdekkings vertel.
Speke en James Grant sit hul ontdekkings voort en in 1862 is hulle die eerste Europeërs wat toegelaat word om Uganda binne te gaan. In 1862 staan Speke op die oewer van ‘n rivier wat uit die Victoriameer vloei, maar weereens kry hy nie genoeg bewyse dat die rivier die Nyl is nie.
Burton was nie tevrede met Speke se verhaal nie en hy reël in 1864 ‘n ontmoeting in Engeland sodat Speke kan bewys dat hy die oorsprong van die Nyl ontdek het. ‘n Dag voor die ontmoeting sterf Speke in ‘n skietongeluk. Later is bewys dat die Victoriameer wel die oorsprong van die Nylrivier is.
a) Vertel hoekom mense Afrika die “donker vasteland” genoem het. Is dit waar?
b) Dit is belangrik om te weet dat ontdekkings op verskillende plekke in Afrika plaasgevind het. Gebruik jou eie karakter en help Prof. Beweiznet deur kolletjies te maak waar hulle gereis het. So kan ons beter waarneem hoe en waar mense in Afrika besig was om inligting te bekom of plaaslike inwoners te help.
Groepwerk!
c) Teen die begin van die jare 1800 het daar weer ‘n nuwe belangstelling in Afrika posgevat. Waarom?
Groepwerk!
d) Jul groep kan besluit watter “ontdekkers” ‘n monument behoort te kry. Ontwerp sy monument – met ‘n inskripsie daarby hoekom hy dit verdien.
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| HISTORIESE ONDERSOEKDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip aan te wend om die verlede en hede te ondersoek. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.1 bronne vind: |
|
| 1.2 vrae beantwoord: |
|
| 1.3 antwoorde kommunikeer uit bronne: |
|
AKTIWITEIT 1
(a) Daar was baie dinge oor Afrika wat nog nie opgeklaar was nie (bv. oorsprong van groot riviere, geheime stede, ens.)
Groot dele van Afrika was nog nie gekersten nie. (Christus is deur Christene as die lig van die wêreld beskou.)
(d) Europeërs was in die 19de eeu geweldig geïnteresseerd in die ontdekking van verafgeleë plekke – soos ons vandag in ruimtereise belangstel.
Aangesien daar geen radio of TV was om hulle in te lig nie, het hulle gereeld in koerante, tydskrifte en boeke daaroor gelees. Dié publisiteit het mense geweldig entoesiasties oor ontdekkings gemaak.
(f) Beroemde Britse ontdekkers – stel oorsprong van Nyl aan wêreld bekend. Eintlik het Speke en Burton dit saam gevind; eersgenoemde. het die nuus versprei voordat Burton teruggekeer het na Engeland. (Burton het by die Tanganjikameer siek geword.)