Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Geskiedenis Graad 6 » Vroee nedersettings in SA

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseSS display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Social Sciences (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseSS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Vroee nedersettings in SA

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS

Graad 6

AFRIKA SE ANTIEKE RYKE DRYF HANDEL

Module 16

VROEË NEDERSETTINGS IN SA

Wat het intussen in ons land plaasgevind? Die landbouleefwyse het ongeveer 2 000 jaar gelede ontstaan. Namate boerdery-aktiwiteite vanaf die ooskus al langs die riviervalleie tot op die sentrale plato uitgebrei het, moes mense voortdurend aanpas wat betref hul gereedskap, wapens, skuilings, klerasie, ens. In die klein boere-gemeenskappies het almal min of meer ewe veel mag en rykdom besit. Weens die toename in handel met vee, ivoor, goud, ens. het florende dorpe ontstaan.

Die eerste boere suid van die Limpoporivier het naby die ooskus (Indiese Oseaan) gebly, want die klimaat was gematig, die reënval voldoende en die grond vrugbaar. Graangewasse is gekweek, en in potte geberg. Seekosse is ook versamel. Teen 1000 n.C. was daar al baie nedersettings in die binneland.

Vervolgens gaan ons meer uitvind oor drie baie interessante nedersettings, nl. Mzonjani, Broederstroom en die Boomplaasgrot. Bestudeer deurlopend die tydlyn en kaart.

Aktiwiteit 1:

Om gebeure in die korrekte chronologiese volgorde te plaas tydens die vroeë nedersettings in ons land

[LU 2.1]

Pas kolom A en B bymekaar, deur slegs die korrekte simbool uit kolom B by kolom A neer te skryf.

Table 1
Kolom A Kolom B
1. 0 A. Mapungubwe goudhandel vind plaas
2. 250 n.C. B. Eerste Indiërs vestig hul in “SA”
3. 400 n.C.600 n.C. C. Hollanders onder leiding van Jan van Riebeeck vestig hul aan die Kaap
4. 1050 n.C. D. Geboorte van ChristusSan en Khoina reeds in “S.A.”
5. 1200 n.C. E. Landboudorpies soos Mzonjani en Broederstroom ontstaan (Sien kaart op volgende bladsy)
6. 1652 F. Boerdery versprei na binneland Swartboere woon reeds in riviervalleie van “Natal"
7. 1860 G. Swart boere vestig hul op die hoëveld
  • Toe die eerste boere in Suider-Afrika aangekom het, het hulle hul in die digte woude en boswêreld langs die suid-oostelike kus gevestig. Die gebiede was geskik vir verskuiwingsakkerbou (uitkap- en verbranding van bosse).
  • Toe ‘n landbou-leefwyse eers langs die kus gevestig is, het swart boere al langs die vallei en groot riviere na die binneland se vrugbare grond versprei.
Figure 1
Figure 1 (Picture 7.png)

Aktiwiteit 2:

Om bronne te gebruik om relevante inligting oor die vroeë nedersettings te bekom

[LU 1.3]

Mzonjani

  • Handelaars van Noord-Afrika en die Ooste het langs die ooskus van Afrika geseil en ontdek dat Afrika oor baie waardevolle handelsware beskik. Goud en ivoor is geruil vir krale en kledingstowwe.

Nie lank gelede nie, het ‘n groep padingenieurs, wat besig was om ‘n nuwe pad noord van Durban te bou, vir dae lank opgehou sodat argeoloë opgrawings kon doen nadat ou potskerwe deur stootskrapers blootgelê is. Daarna is nog potskerwe, seeskulpe, klippe, bene van diere en ysterskroewe gevind.

Figure 2
Figure 2 (Picture 8.png)

Mzonjani lê nou ongeveer 20 km noord van Durban, onder die N2-snelweg. Mense ry daagliks daaroor sonder om te besef dat een van die bekendste landboudorpe van Suider-Afrika teen ongeveer 280 n.C. daar geleë was.

(a) Hou ‘n groepsgesprek oor die volgende vrae:

  • Het jy al ooit, terwyl jy in die veld gestap het, iets belangriks of waardevols gevind waarop niemand vantevore afgekom het nie?
  • Is Mzonjani toevallig ontdek?

Boomplaasgrot

Dié grot, by Kango (naby Oudshoorn in die Suid-Kaap) is oor ‘n lang tydperk deur verskeie mense bewoon. Elke laag van die dwarsnee wat deur argeoloë uitgegrawe is, vertel ‘n verhaal van verskillende dele van hul geskiedenis.

b) Bestudeer meegaande diagram oor die Boomplaasgrot en beantwoord die volgende vrae:

1. Watter wapens is in die volgende tydperke gebruik?

  1. a) 40 000 v.C. – 30 000 v.C.

  1. a) 4 450 v.C – 50 n.C.

2. Watter verskillende bedrywighede het plaasgevind?

3. Watter mense het teen 250 n.C. hier gebly, en waarmee het hulle hulself besig gehou?

4. Watter inligting word oor aspekte soos erdewerk en huisdiere verskaf?

Figure 3
Figure 3 (Picture 11.png)

Broederstroom

Broederstroom is een van die bekendste vroeë landboudorpe suid van die Limpoporivier. Dit lê teen die suidelike hange van die Magaliesriviervallei, in die ou Suidwes-Transvaal. Die mense wat teen 350 – 600 n.C. hier gewoon het, het gejag en vee aangehou. Dit was ‘n beboste omgewing met voldoende water en grasveld ongeveer twee dae se stap daarvandaan.

Na 600 n.C. het die dorp verlate geraak. Broederstroom is na ‘n sorgvuldige soektog deur argeoloë van die Universiteit van Witwatersrand gevind. Slegs die vloere en fondamente van die geboue het behoue gebly.

Die huise was meestal rond, met vloere van harde kleipleister. Die dakke was waarskynlik van riet, gestut deur houtpale. Potte met versierings van verskillende vorms en groottes is gevind. Yster is gesmee en verwerk. Kopervoorwerpe is ook gevind.

c) Bestudeer meegaande kaart en sê of die volgende stellings feite (f) of menings (m) is:

Figure 4
Figure 4 (Picture 12.png)

KAART VAN DIE TERREIN

  • Die eerste dorpenaars het hul huise in die noordwestelike deel van die terrein gebou.
  • Broederstroom het na die oostelike deel uitgebrei.
  • Dorpe wat begrawe is, word dikwels per toeval “ontdek”.

Assessering

Table 2
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
HISTORIESE ONDERSOEKDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip aan te wend om die verlede en hede te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 bronne vind:
  • bronne identifiseer wat help om die vraag oor die onderwerp te beantwoord;
1.2 vrae beantwoord:
  • relevante inligting vir ‘n spesifieke doel uit ‘n verskeidenheid van bronne uitsoek en aanteken;
1.3 antwoorde kommunikeer uit bronne:
  • inligting kronologies en logies rangskik wanneer vrae oor mense, gebeurtenisse, artefakte en plekke uit die verlede beantwoord word.
LU 2
HISTORIESE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om bewys te lewer van historiese kennis en begrip.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 kronologie en tyd:
  • gebeurtenisse, mense en veranderings op ‘n tydlyn plaas wat terminologie soos v.C., n.C insluit;

Memorandum

Aktiwiteit 1

(1) d (3) f (5) g (7) b

(2) f (4) a (6) c

Aktiwiteit 2

(a) Ja

(b) (1) sinkers (visvang), pyle en handbyle (klip, hout), beenpylpunte

(Middel Steentydperk) Materiale was al meer gevorderd (Laat Steentydperk)

  1. (1) Maak werktuie, kos, juweliersware, jag, beoefen kuns, bou wonings
  2. (2) Khoina – deels ook swart boere, hou skape aan, erdewerk
  3. (3) Die Khoina het waarskynlik die eerste makgemaakte diere (bv. vetstertskape) en die eerste erdewerk in Suid-Afrika bekendgestel.

(c) f, f, f

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks