- Die woord bevolkingsverspreiding kan maklik ontleed word. Bevolking verwys na mense en verspreiding dui op waar hierdie mense woon - waar mense op die aarde woon. As jy na die meegaande wêreldkaart kyk, sal jy sien dat die mense nie eweredig oor die wêreld versprei is nie. In sekere gebiede is daar groter konsentrasies mense as in ander.
1. Faktore wat die beweging van mense en hul vestiging beïnvloed
Daar is sekere faktore wat ‘n groot rol speel in die keuse van ‘n plek van vestiging.
Natuurlike faktore:
Klimaat:
Aangename temperature (tussen 10oC en 30oC) en gemaklike lugvogtigheid lok mense. Daar moet nie toestande van uiterstes soos windstorms of uitermate hoë reënval wees wat die gebied teister nie. (Meer oor die klimaat se rol in Module 3.)
Hulpbronne:
Mense gaan waar daar in hul basiese behoeftes voorsien kan word, en voedsel en water is die belangrikste van hierdie behoeftes.
Menslike faktore
Ekonomie:
Waar daar geld te maak is, daar sal mense hulle vestig (dikwels ten spyte van ‘n onaangename klimaat).
Politieke besluite:
‘n Land se regering kan deur sy besluite omstandighede vir sy inwoners baie onaangenaam maak en daardeur verskuiwing van mense teweegbring.
Iets interessants: - Ongeveer 90% van die wêreldbevolking woon in die Noordelike Halfrond.
- Ongeveer 60% van die wêreldbevolking woon in gebiede wat laer as 200 m bo seespieël geleë is.
Bestudeer ‘n wêreldkaart in jul atlasse om sodoende as ‘n groep moontlike antwoorde op die volgende vrae te vind:
- Om watter rede is die gebiede by a, b en c yl bevolk?
- Om watter rede is die bevolking by d en e ook besonder yl?
- Het die Amasonerivier in Brasilië iets met die bevolkingsverspreiding in dié land te doen? (Verduidelik)
- Gee moontlike oorsake vir die bevolkingskonsentrasie in die noordoostelike hoek van Afrika.
- Sou julle sê dat Australië verstedelik is?
2. Die keuse: in die stad of op die platteland?
- Die meeste van die graad 6-leerders in Suid-Afrika woon in die stad of op ‘n groot dorp! Hoe weet ons dit? Ons weet dit, want meer as die helfte van ons land is VERSTEDELIK. Dit beteken dat meer as 50 % van ons land se mense in groot dorpe of stede woon. Sulke syfers word met sensusopnames vasgestel.
- As jy die kaart op bladsy 3 ondersoek, is dit duidelik dat die mensdom nie eweredig verspreid oor die aarde woon nie, maar op sekere plekke gekonsentreer is. Maar dit was nie altyd só nie. Van die vroegste tye af was daar stede, reeds in die Bybelse tye al, maar steeds het die meeste mense nie in daardie stede gewoon nie. Eers sowat 50 jaar gelede kon ons sê dat die meeste mense in ons land nie meer op die platteland woon nie, maar in stede saamgetrek is. En hierdie syfer wissel van land tot land.
- In die verskuiwing tussen die stad en die platteland het tegnologie nog altyd ‘n belangrike rol gespeel. Soos nuwe beroepe ontstaan, so sal mense van werkplek en dikwels van woonplek verander. In die praktyk beteken dit dat mense van die platteland na stede toe sal trek meesal om ‘n nuwe betrekking te aanvaar.
- Die aanwending van tegnologie beteken ook dikwels dat die mens met die masjien vervang word en dat die persoon wat sy werk verloor het, hom na die stad wend omdat daar waarskynlik meer werkgeleenthede is.
Wat het ongeveer 200 tot 250 jaar gelede in Brittanje en die res van Europa gebeur?
Faktore wat die beweging van mense na die stad aangehelp het:
- As gevolg van landboutegnologie word minder mense benodig om die grond te bewerk om voedsel te produseer.
- As gevolg van die mediese tegnologiese vooruitgang is die aanwas van mense hoër en het mense stad toe gegaan waar (hopelik) meer werkgeleenthede was.
- Stoomtegnologie het gelei tot die bou van fabrieke (op die steenkoolvelde), wat veroorsaak het dat tuisnywerhede op die platteland oorbodig geraak het.
- Beter werksomstandighede en betaling in die stede.
- Gesels met jou ouers oor die situasie in Suid-Afrika en hou daarna ‘n klasbespreking oor die patrone van verstedeliking in Suid-Afrika onder leiding van julle onderwyser.
- Soek veral ooreenkomste en verskille tussen die destydse Europa en die hedendaagse Suid-Afrika. Skryf nou ‘n kort paragraaf oor die onderwerp.
Interessante statistieke oor hoe vinnig verstedeliking in die verlede in Europa plaasgevind het:
Brittanje
- In 1800 – 25 % van die bevolking verstedelik
- In 1900 – 75 % van die bevolking verstedelik
Die stad Milaan in Italië
- Tussen 1951 en 1956 het die inwonertal van dié stad met 1,5 miljoen toegeneem! Nie minder nie as 70 % van hierdie nuwe intrekkers was uit die platteland van Suid-Italië afkomstig.
- Oor die afgelope sowat 50 jaar was daar so ‘n vaste patroon van mense wat van die platteland af na stede verhuis het, veral stede met vinnig groeiende nywerhede, dat die platteland in baie gevalle beskou is as voedingsbron vir arbeid vir die nywerhede! So erg was die ontvolking dat daar dele soos die noorde van Noorweë, die weste van Ierland en Noord-Skotland is waar daar amper nie meer sprake van lewensvatbare gemeenskappe is nie. Wat die probleem vererger, is die neiging dat dit die jonger mense is wat wegtrek, en dat dit die bevolkingsaanwas verder vertraag.
- In sommige lande word daar stappe geneem om die proses om te swaai, soos die Italianers wat fabrieke in die suide van die land begin vestig het.
3. Europa: verandering in die vestiging van mense oor die afgelope 50 jaar
Die kaart toon die stedelike gebiede in Wes-Europa (in swart aangedui) waarheen die meeste mense oor die afgelope 50 jaar gestroom het. Dit het gelei tot ‘n gemiddelde stedelike groei van 2% per jaar. Gebruik jou atlas en identifiseer die stedelike gebiede deur die nommers op die kaart langs die stad te plaas
Table 1
| Madrid |
|
| Barcelona |
|
| Milaan |
|
| Stockholm |
|
| Londen |
|
| Rotterdam |
|
| Parys |
|
| Kopenhagen |
|
| Marseilles |
|
| Lissabon |
|
In aktiwiteit 4 word na stedelike gebiede in plaas van stede verwys. Dit is omdat in baie gevalle soveel uitbreiding rondom individuele stede plaasgevind het, dat daar nou nie meer tussen stede onderskei kan word nie – die een vloei in die ander. Die Ruhr-gebied in Duitsland is een waar daar ‘n hele aantal stede so aaneengeskakel is dat grense nie meer bestaan nie. Dié van julle wat gebiede soos die Nelson Mandela Metropool, die gebied tussen Kaapstad en Kuilsrivier, die Witwatersrand of ander metropole in ons eie land ken, sal verstaan. In die geval van die Ruhr-gebied en ander Europese gebiede is die beboude gebiede net baie groter.
Is toestroming na die stad ‘n probleem of ‘n geleentheid?
Is die ontvolking van die platteland ‘n probleem of ‘n geleentheid?
- Jul groep is die kabinet van jul land se regering. Julle moet nou dringend ‘n besluit neem oor die ontvolking van die platteland en die gevolglike toestroming na die stad. Gaan julle dit teenwerk of toelaat (en dan bestuur)?
- Gebruik die gedagtes in die raam hieronder, en nog meer waaraan julle kan dink, en bespreek die saak deeglik. Skryf dan ‘n persverklaring van tussen 150 en 200 woorde waarin julle jul besluit bekend maak en motiveer.
* Die vooruitgang van die land * Gemeenskapslewe gaan tot niet – wat bly oor op die platteland? * Jongmense vertrek; ouer mense bly agter * Kerke * Skole * Huise * Beheerde plakkery * Winkels en motorhawens * Tegnologie * Wat leer die geskiedenis ons? * ‘n Aanval van die vyand * Inkomste van munisipaliteit * Die aanlê van paaie en die verskaffing van dienste * Werkgeleentheid * Watter rol moet die regering speel? * Die “verloop van die lewe” * Voor- en nadele * Toerisme * Landsbelang * Emigrasie
Table 2
| Leeruitkomstes(LUs) |
| |
| LU 1 |
| AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 inligtingsbronne , insluitend eenvoudige statistiek, identifiseer om die vraag oor ‘n maatskaplike of omgewingsvraaagstuk of –probleem te help beantwoord;- relevante inligting vir spesifieke doeleindes uit bronne kies en dit opteken;
- breedte- en lengteligging gebruik om relevante plekke op kaarte te vind;
- inligting gebruik om oplossings vir probleme voor te stel;
1.5 verslag doen oor ondersoeke deur bespreking, debat, gestruktureerde skryfwerk, grafieke, tabelle, kaarte en diagramme. |
Table 3
| LU 2 |
| AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
- kan verduidelik waarom meer mense op sommige plekke woon as ander;
- kan identifiseer hoe toegang tot verskillende soorte hulpbronne ontwikkeling op verskillende plekke beïnvloed;
- sommige maniere waarop die samelewing die omgewing verander het, beskryf.
|
| LU 3 |
| VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
- ongelykhede binne en tussen samelewings identifiseer;
- sommige faktore wat op verskillende aardrykskundige skale en op verskillende plekke tot maatskaplike en omgewingsongelykheid lei, ontleed;
- optrede evalueer wat tot die deel van hulpbronne en die vermindering van armoede in ‘n spesifieke konteks lei.
|
BEVOLKINGSVERSPREIDING
1. Faktore wat die beweging van mense en hul vestiging beïnvloed
2. Die keuse: Stad of platteland
3. Verandering in die vestiging van mense in Europa