Inside Collection (Course): Aardrykskunde Graad 6
Rio de Janeiro – een stad: Twee wêrelde
Let op: Een van die 22 federale state van Brasilië heet ook Rio de Janeiro, maar in hierdie leereenheid ondersoek ons die stad Rio de Janeiro wat tot 1960 die hoofstad van Brasilië was. Die hawestad Rio de Janeiro, in die Baai van Guanabara, is die belangrikste ekonomiese en finansiële sentrum van die land.
1. Wat beteken die naam?
2. Hoe het die naam ontstaan?
3. Die taal wat die meeste inwoners praat:
4. Breedte- en lengteligging:
5. Klimaatstipe in die omgewing van die stad:
6. Getal inwoners:
1. Vinnige groei veroorsaak groot probleme
Maar hoekom die vinnige toestroming na Rio?
In die laaste jare van die vorige eeu was daar wêreldwyd ‘n toestroming van die afgeleë platteland na stedelike gebiede – mense vind die geriewe en vermaak van die stedelike leefwyse onweerstaanbaar! Baie mense is ook oortuig daarvan dat hulle alleen in stedelike gebiede beter geleenthede vir hul kinders se toekoms kan verseker. In Brasilië is dié neiging ook nog aangehelp deur droogtes en probleme in die landbousektor in die binneland.
Werkgeleenthede in Rio word onder meer verskaf deur voedselfabrieke, vervaardigers van tekstielware, elektroniese toerusting en farmaseutiese produkte, sowel as olieraffinaderye.
Die wêreldwye verskynsel van ‘n vinnig groeiende toerismebedryf word ook in Rio de Janeiro ondervind – die stad se strande en omliggende natuurskoon lok mense van oor die hele wêreld. Ongelukkig groei die werkgeleenthede in die nywerhede en toerismebedryf aansienlik stadiger as die bevolking! Die gevolge is voorspelbaar.
![]() |
![]() |
![]() |
Die derdewêreldse krotbuurt van Rio is binne stapafstand van ‘n duur woonstelbuurt.
Maak ‘n lys van die redes vir die toestroming van werksoekers na Rio de Janeiro:
Maak ‘n lys van so veel moontlike ooreenkomste tussen die probleme wat mense in die stede van -Afrika en in Rio de Janeiro ervaar.
Die omstandighede van die arm werksoekers in Rio de Janeiro en enige groot stad in Suid-Afrika is omtrent dieselfde.
Oordink die situasie in Rio de Janeiro. Vir die armes is die vooruitsigte swak. Maar daar moet ‘n oplossing wees vir die erge verarming, die swak lewensomstandighede en die toenemende misdaad. Wat stel julle voor?
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.1 inligtingsbronne , insluitend eenvoudige statistiek, identifiseer om die vraag oor ‘n maatskaplike of omgewingsvraaagstuk of –probleem te help beantwoord;
|
| LU 2 |
| AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
| LU 3 |
| VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
|
GEVALLESTUDIE
1. Vinnige groeiprobleme